Lees deur internet, klik hier >>
20 Oktober 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Ons vier ...
... die herontdekking van God se genade.
... die redding deur die geloof wat God skenk.
... die hernude fokus op die Skrif.
... die insig dat Christus ons enigste Verlosser is.
... dit alles tot eer van God.
(Met dank aan Kerkbode en Nico Simpson)
SINODENUUS
1. Leer en Aktuele Sake
Hoe hoor 'n mens God se stem?

Die Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) is besig met 'n projek oor die oordrag van die betekenis van die Bybel, vertel Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing). "Hoe hoor 'n mens God se stem en hoe leer jy die wil van God ken in die Bybel? 
Dosente van die kweekskool, predikante en studente - ook van studierigtings soos musiek, wiskunde en die gasvryheidsbedryf - neem deel aan die projek. Die afgelope week is met opwinding by die kuratorium gewerk om inligting in te samel. Ons begin eersdaags materiaal ontwerp vir opleiding." (Foto onder.)
Leer en Aktuele Sake
V.l.n.r. Pieter vd Walt (STLAS), Marnél Smit, Niki de Vries, Karlie Liebenberg (projekassistent), Christene Venter, Wilco Strydom en Siegfried Louw (kameraman en fasiliteerder)
Verwers
2. Hoop en Versoening Trust
Die Hoop en Versoening Trust, wat onder die Sentrum vir Publieke Getuienis val, het die afgelope week 'n projek op Sutherland geloods om die mens-waardigheid van die inwoners aan te spreek. Sien hier 'n aantal foto’s wat wys hoe 'n gemeenskap saamspan om huise te verf. (Foto's onder.)
Kontak Danelle (Sentrum vir Publieke Getuienis) by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202. Op die foto regs is Jan Grobbelaar, Diensgroep Getuienisaksie se voorsitter, en van die inwoners aan die verf.

Sutherland voor
Voor
Sutherland - na
Na
3. Taakspan Kommunikasie, bly te kenne!
Ontmoet die Sinode van Wes-Kaapland se Taakspan Kommunikasie. Die taakspan bestaan uit verteenwoordigers vanuit ons vyf sinodale diensgroepe, kollega Lysander Prins (VGK Kaapland se Kommunikasie, Publikasie en Argief-bediening), 'n verteenwoordiger vanuit die moderatuur, die kommunikasiepersoneellede, die saakgelastigde en kundige lede wat ad hoc betrek word. 
Elkeen se uiteenlopende insette dra daartoe by dat hierdie groep 'n besonder geseënde en kreatiewe span vorm. Ons wens die nuutverkose voorsitter, Francois Herselman, van harte geluk met sy nuwe rol in die taakspan. Kontak die kommunikasiekantoor by kommunikasie@kaapkerk.co.za of 021 957 7195.
Sinodale Taakspan Kommunikasie
Agter v.l.n.r: Francois Herselman, Mariëtte Odendaal, Isabella de Kock, Helené Fouché,
Ankia du Plooÿ, Lysander Prins
Voor vlnr: Charl Stander, Marieta Visagie, Salomi Steenkamp, Bossie Minnaar
Sosiale media
4. Sentrum vir Publieke Getuienis
Hier is 'n geleentheid aan predikante vir opleiding in sosiale media. Christian Vision Africa is 'n internasionale maatskappy wat die evangelie deur sosiale media en blogs aan miljoene mense in Afrika bring. Hulle is op die voorpunt van die nuutste navorsing rondom sosiale media en gemeenskapsbou.
Op Woensdag 25 Oktober is daar 'n geleentheid vir 'n paar van ons predikante om opleiding in dié verband by Christian Vision te ontvang. Dit sal van 09:00 – 12:00 in Durbanville plaasvind. Kontak Danelle by 021 957 7202 of spg@kaapkerk.co.za vir meer inligting en om te registreer. 
5. VGK Kaapland: Nuus uit Ondersteuningsbediening
Lysander Prins laat weet: “Ons Ondersteuningsbediening vir Kommunikasie, Publikasie en Argief het ’n werkswinkel aangebied by die VGK Ring van Monti in die gemeente Zwelitsha.
Daar was 50 deelnemers uit die ring. Die opleiding het gehandel oor basiese kerkkantoor administrasie, die skryf van notules, bekendstelling van die elektroniese nuusbrief en meer. Die belangrikheid van die argief en die bewaring van doop- en lidmaatregisterafskrifte is ook bespreek. ‘Dokumente wat in 'n kerkargief bewaar word, is soos lewende getuies van God se handelinge en van sy verhouding met sy kinders.’ (Benedetto, Robert en Alvis, 1986).” (Foto onder)
VGK Ring van Monti
6. Arbeidsbediening
Biblia Hawesending Nasionaal: konferensie in PE

Biblia Hawesending Nasionaal het die afgelope week deeglik besin oor hoe hul bediening sal moet aanpas by die veranderinge en ontwikkelinge wat in die toekoms binne ons Suid-Afrikaanse hawens gaan plaasvind. Lees meer hier en sien die foto onder. Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za met navrae. 
Konferensielede
Agter v.l.n.r.: Rodney van Wyk, Elna Britz, Martin Britz, Robert Wileman, Marvin
Petersen, Leon Bezuidenhout, Ronnie Odendal, Carin Brink, George van der Walt,
Sandra Leeuwner, Hannes Pretorius
Voor v.l.n.r.: Daniël Bruwer, Lene November, Patrick Gcaza,
Jaco Leeuwner en Dane du Plessis
#imagine
7. #Imagine Kidz-nuus!
News about #Imagine Kidz! "During the October holidays #Imagine Kidz was hosted at 15 venues throughout South Africa. Each unique, yet united in Christ. Have a look at the latest photos on their website.
The content of an #Imagine Kidz is packed in a powerful 3-day program that you can use anywhere and for any duration once you get creative. Read more ...
So far Jan Kempdorp and Kathu will be hosting experiences during the December holidays. Please pray for their preparation. Visit #Imagine Kidz on Facebook or contact JC at jc@imaginekidz.com.
Delmas-Wes logo
8.  Diensgroep Diaconia
Ondersteuning aan Delmas na tornado
Ons dink in die besonder aan kollegas, vriende en lidmate in die Delmas-omgewing (Sinode Hoëveld), wat groot skade gely het weens die onlangse tornado se spoor van verwoesting.
Die NG Gemeente Delmas-Wes is op grondvlak gemoeid met hulpverlening aan rampslagoffers en sal groot waardering vir ons voorbidding in uitdagende omstandighede hê. Die Sinode van Wes-Kaapland se Diensgroep Diaconia is dankbaar dat ons ook uit ons sinodale rampfonds ’n klein bydrae tot die gemeente se fondse vir hulpverlening kon maak. Meer inligting oor die noodverligting, soos ontvang van die Sinode Hoëveld, is hier.
Bokang en Anninka
ALGEMEEN
1. 
Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie
Ekonomie en grondbesit onder loep

Belangstellendes word vriendelik uitgenooi na ’n oggend-konferensie by die Fakulteit Teologie met die tema: “Engaging 'radical economic transformation' and land ownership in South Africa”. Dit vind plaas op 3 November vanaf 09:00 – 13:00 in die Attie van Wijk Ouditorium (Dorpstr 171, Fakulteit Teologie, US). Die hoofsprekers sluit in me. Bokang Mpeta, dosent in Ekonomie, US en dr. Anninka Claassens, Direkteur: Land and Accountability Research Centre. Reageer voor 1 Nov.; meer inligting is hier.
Robert Vosloo
2. Reformasie 500
Calvyn as vlugteling; Reformasie as vlugteling-beweging
Enigeen wat nog ’n geleentheid soek om iets by te woon waar Reformasie 500 gevier word, kan oorweeg om op Saterdag 28 Oktober in Franschhoek te wees om na Robert Vosloo (sistematiese teoloog van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch) te gaan luister. Hy behandel ’n baie interessante en relevante tema: “Calvyn as vlugteling en die Reformasie as vlugteling-beweging”. Dié byeenkoms begin om 10:30 in die kerksaal van die NG Gemeente Franschhoek en is deel van die Hugenote Vereniging se Algemene Jaarvergadering. Klik hier.
3. Ring van Helderberg se Disakloof
Verblyfopsies net reg vir Desember!

Die Disakloof Jeugkampterrein is dalk net die plek waar jy hierdie Desembervakansie heerlik kan wegbreek!
Disakloof (Clarenceweg, Bettiesbaai), is 'n nie-winsgewende organisasie van die Ring van Helderberg, wat opheffings- en ontspanningsgeleenthede vir die jeug skep. Die kampterrein bied wooneenhede en kampeer- sowel as karavaanstaanplek van 'n hoë standaard, met billike tariewe en sorgsame personeel. Fasiliteite is geskik vir jeug- en kerkgroepe, kampeerders, voetslaners en maatskappye se spanbougeleenthede. Plek is tans nog vir Desember en Januarie 2018 beskikbaar. Bespreek by bookings@disakloof.co.za of besoek die webwerf hier. Geniet gerus die virtuele toer.
Eerstejaarskamp
Nelson Mandela Universiteit Eerstejaarskamp - klik bo.
Wellington Eerstejaarskamp 2018
Wellington Eerstejaarskamp
19-21 Januarie - klik bo.
Kerkklok
6. Kerkklok gesoek!
Die NG Gemeente Brackenfell-Wes is op soek na 'n kerkklok om te koop, tweedehands of nuut en gietyster of brons. Mate: 300 mm deursnee x 300 mm hoog. Kontak Leon Christiaans by 072 421 1264.
Prof Coetzer
7.  Pastorale beradingskursus: saamgestelde gesinne
Hierdie kursus, wat kyk na die pastorale begeleiding van saamgestelde gesinne, word op Sa. 11 Nov. in Potchefstroom deur prof. Wentzel Coetzer van NWU aangebied. Die kursus handel oor al die slaggate en uitdagings van saamgestelde gesinne en is gebaseer op die boek van Ron Deal, The smart stepfamily – 7 steps to a healthy family. Klik hier vir meer.
8.  Badisa Trio: Poppieprojek
-  vir kinderbeskerming
Badisa se poppieprojek is ‘n skitterende inisiatief wat dit vir elke mens moontlik maak om by te dra tot die beskerming van kinders in SA.
Badisa Trio verkoop pragtige lappoppe ten bate van kinderbeskerming. Elke poppie het 'n naam en verteenwoordig die kinders aan wie Badisa daagliks dienste lewer. Klik langsaan.
Die poppies kos R120 en die wins gaan direk vir kinderbeskermingsdienste aan hierdie kinders. Vir meer inligting of om ‘n poppie te bestel, kontak Sjean Smit by 021 987 2940 of ssmit@badisatrio.org.za.
Olaf Tveit
9. World Council of Churches (WCC) Talk show!
Various staff members of the World Council of Churches (WCC) and partner organisations based in Geneva presented their work in the form of a talk show during a meeting of the ecumenical officers' network, which brought together some forty professionals working on ecumenical relations in different WCC member churches in Africa, Asia, the Caribbean, Europe and the Middle East as well as North and South America.
Get to know more about the extensive ecumenical network of which the Dutch Reformed Church is blessed and privileged to be a part – see below.
Talk show
Logo
10.  UKZN: Masters in Religion or Theology
A reminder about an exciting opportunity for the academic year 2018. The School of Religion, Philosophy, and Classics at the University of Kwa-Zulu Natal, in cooperation with the Church of Sweden, is offering a unique opportunity for interested students to complete a Masters in Religion or Theology with a focus on gender and health. Please find all the relevant information here. Applications close on 20 October!
Bishop Malusi Mpumlwana
11. Raakgelees 
11.1 SACC: Generating hope for people in despair!
In an article in the Daily Maverick, Bishop Malusi Mpumlwana, General Secretary of the South African Council of Churches (SACC), notes that the SACC National Conference has opted "to turn to organs of civil society and our congregations to generate hope for the post-apartheid promise of South Africa – a just, equitable, reconciled, peaceful and sustainable South Africa ... free of corruption and deprivation, where every child born is free to develop to its God-given potential."  Click here for the full article.
11.2 Gesonde(r) tydsbesteding
As jy soms voel asof tegnologie en eksterne faktore jou lewe en tyd beheer, kan jy oorweeg om hierdie webwerf te besoek. Daar is allerlei slim toepassings en uitvindsels wat ’n mens help om gesonder gewoontes aan te leer, jou tyd beter te beplan, om te fokus en prioriteite te help behou. Dit sluit “F.lux” en “InboxWhenReady” in – gaan kyk gerus. (Dankie, Francois Maritz van Ceres!)
UIT ONS RINGE
1.
Ring van Beaufort: Dankbaarheid ...
Fraserburg se Fritz Kotzé laat weet dat die ringsitting van die Ring van Beaufort regtig wonderlik verloop het op hul dorp.
"Ons het aanklank gevind by Psalm 122, die Pelgrimslied van Dawid wat getuig oor dankbaarheid. Tydens die sitting het ons ook besin en nagedink oor dankbaarheid en die effek/impak wat dankbaarheid op die mens/gemeente/gemeenskap het." Bekyk gerus die foto (onder) om te sien watter bekendes almal teenwoordig was. Ringe is na alles ’n belangrike deel van ons Gereformeerde kerkverstaan en met hierdie berigte en foto’s help bou ons aan ons gemeenskap van gelowiges.
Ringslede
Voorste ry v.l.n.r.: Hendrik Ackerman, Jan Stadler, Albertus van Zyl, Fritz Kotzé, Jannie Olivier
Middelste ry: Lourentia Jordaan, Jaques Grobler, Beulah Grobler, Ria Hatting, René Potgieter, Dewald Hoffman, Fanie Theron, Flip Botha

Agter: Japie van Straaten, Chris Briers, Herman Burger, Johan Badenhorst
Rhoda en Almatine
2. Ring van Stellenbosch vergader
Die Verenigende Ring van Stellenbosch het op 16 Oktober by Stellenbosch-Welgelegen ringsitting gehou.
Leon Cronje, ringskriba, skryf: "By die geleentheid het gasspreker, Rhoda Kadalie (links saam met Almatine Leene), gesels oor etiese leierskap. Sy het die kerk uitgedaag om nie stil te wees nie, maar daadwerklik 'n positiewe bydrae in SA te lewer. Die gemeente wat doleer, Stellenbosch-Welgelegen, het ook die ring versoek om saam te treur oor die besluit van die spesiale Algemene Sinode van 2016 oor selfdegeslagverhoudinge. Lees verder
Deel met ander
GEMEENTENUUS
1. Durbanville: geloofsgewoontes – deel met ander
Dit bly inspirerend om te sien op watter kreatiewe maniere ons gemeentes lidmate ondersteun in hulle geloofsreis. Deur hierdie stories (getuienisse!) te deel, help ons mekaar om God sigbaar te maak vir die wêreld.
NG Durbanville oefen bv. hierdie kwartaal die geloofsgewoonte van mededeelsaamheid in. Lees hier hoe hulle dié gewoonte prakties in lidmate se huise inneem ... Dalk ’n lekker plan wat elders ook kan werk?
Kobus Anthonissen - kursus by Bellville-Uitsig
NG Bellville-Uitsig - kursus
Kobus Anthonissen
Kobus Anthonissen
3. Oudtshoorn: geseënde uitreik na Zimbabwe!
Op 27 September het 'n groep van 14 lidmate vanaf Oudtshoorn vir 'n uitreik na Zimbabwe vertrek. Vier groot viertrekvoertuie is gebruik om die vrag Bybels, geskenke en mense te vervoer. Onder hulle besoeke tel gemeentes en skole in die Binga-distrik, Bulawayo en Morgenster as deel van die meer as 5 800km wat afgelê is. Lees verder. (Foto onder; meer op Oudtshoorn-Welgeluk se Facebook.)
Zimbabwe-uitreik
Dr Richard Blackaby
NG Stellenberg: Spirituele leierskap
11 en 12 November - klik bo.
Gelowiges en rykdom
NG Stellenberg: Gelowiges en rykdom
30 Oktober - klik bo.
Uniting process
6. Uniting process in Pretoria
Cobus van Wyngaard, pastor at the DRC Pretoria, writes on Facebook: "The church councils of URCSA Melodi ya Tshwane and DRC Pretoria have formally approved our joint statement of intent which will lead us into a united congregation. It has been a great journey of dreaming and reflecting about out ecclesiology, but also of thinking about the concrete processes which will bring about changes.
On 5 November, 10:30 on the c/o Bosman and Madiba street, we will have our Reformation day service together, and during this event we will formally sign the statement of intent." See more ...
Twitter Facebook
Groentetuin
EKOLOGIE
1. Elke gemeente het ’n tuin
“As ek die kans sou kry om weer in ’n gemeente te wees, sou ek ’n gemeente-groentetuin as deel van my bediening begin.” So sê David Botha, bestuurder van die Ekologie Projekspan.  
“Wat daarvan as julle gemeente begin met 'n tuinmaakprojek as deel van julle kategeseprogram?” Lees hier meer.  
2. Food for thought
The World Council of Churches provides us with ten commandments to address the existential challenge of hunger and inequity in an innovative and spiritually engaging manner. These include:
  • Give thanks for the food you eat.
  • Do not waste food.
  • Be grateful to those who grow and prepare food for your table.
Food for thought ... click here.
(And kindly consider a special prayer for our farming community.)
10 Gebooie
Eko-vriendelike politikus
Eko-vriendelike vervoer – algemeen in Nederland,
uitsonderlik vir 'n afspraak met die koning! 
BEHOU DIE HUMOR
Metusalag se verjaardag
Vals alarm ... net Metusalag wat weer
verjaardagkerse doodblaas ...
NUUSBRIEWE
CLF: Jaareind-geskenkies vir minder as R50!
CLF bied nou reeds wonderlike opsies as Kersgeskenke vir minder as R50!
Dit sluit geskenke soos gebedsgidse, sakboekies, groetekaartjies, boekmerke en drupmatjies ("coasters") vir jou lessenaar, klas of selgroep (sien links onder) in. Hier is meer inligting.
Onder (regs) is ook inligting oor die jongste pamflet in die Reformasie-reeks, "Vrygemaak. ... om te sorg vir God se skepping", deur Nadia Marais.

Plaas bestellings by order@clf.co.za of 021 873 6964.
Matjies
Drupmatjies
Vrygemaak
Vrygemaak om te sorg vir die skepping
PUBLIKASIES
Kerkbode voorblad
Klik bo vir e-Kerkbode
Interaksie
Vrouebediening se Interaksie
KUIERKANS
Kuierkans
Vakatures
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 3 November 2017.
Koringberg
1. NG Koringberg: Voltydse leraar
'n Herinnering: Die NG Gemeente Koringberg is ‘n plattelandse gemeente binne die Sinode van Wes-Kaapland se grense, ongeveer 120 km van Kaapstad en bestaan uit 140 belydende lidmate en 19 dooplidmate.
Die gemeente is opgedeel in een dorpswyk en vier buitewyke. Hier is 'n vakature vir 'n voltydse leraar - reageer voor 6 Nov. Diensaanvaarding is 1 Maart 2018. Lees hier verder.
Musieknoot
2. NG Kuilsrivier-De Eike: Orrelis
Kuilsrivier-De Eike het ‘n vakature vir ‘n orrelis om diens te aanvaar op 1 Januarie 2018 of so spoedig moontlik daarna. Volledige inligting en aansoekvorms is by hul kerkkantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2017. Vir meer inligting, skakel met Mariana van Schalkwyk by 021 903 3818 (08:00 tot 13:00) of ngkeike@cybersmart.co.za.
Logo
3. Badisa vakature
Huis Zenobia du Toit: Geregistreerde verpleegkundige

Huis Zenobia du Toit, ’n Badisa-program in Heidelberg, Wes-Kaap, het ’n vakature vir ’n geregistreerde verpleegkundige. Inligting oor die vereistes en verantwoordelikhede rondom hierdie pos is aangeheg. Aansoeke sluit op 1 Desember.
Nelus Niemandt
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Nelus Niemandt
Mense wat sê dat die wêreld heeltemal te vinnig verander, is heeltemal reg. Thomas Friedman argumenteer in Thank you for being late dat ons leef in 'n tyd waar die tempo van verandering vinniger is as die mensdom se vermoë om daarby aan  te pas. Dit laat jou wonder waar kerkmense inpas. Is die heel beste plan om eenvoudig vas te skop? Vastigheid in die ewige waarhede van ons tradisie te soek?  
Ons kan lesse leer by die vorige piek van verandering in ons geskiedenis. Tydens die Renaissance het mense ook deur tye van intense ontdekking gegaan.  500 jaar gelede was dit vir kerke in die Gereformeerde tradisie ʼn tyd van nuwe geboorte en kreatiewe oplossings. Mense van die Reformasie het teruggeleun in die verlede en diep gedelf in die kerk se bronne, maar ook uitgereik na ʼn hoopvolle nuwe toekoms. Hulle het die kuns van vrugbare verandering geleer. 

* * *
Nelus Niemandt is dosent in Missiologie aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hy is passievol oor die kerk en dol oor fliek. Hy is ook al byna 60 jaar lank 'n getroue ondersteuner van die Leeus.
Sola Refo
Herdenk die Hervorming
As ons moedverlore en hooploos
vol klagtes, ellendes en treursange
leef, dan is geloof in U ons troos,
U is ons Here, God van ons verlange.
- Cas Vos (klik hier, met dank: e-Kerkbode)
Vriendelike groete

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.