Subscribe to our email list
 18 Maart 2016

Beste Leser
SINODENUUS
1. NG Kerk Kommunikasie:
NUWE (e)pad met e-Kerkbode!

Spesiale nuus! Kerkbode trek nou as digitale Christelike koerant 'n splinternuwe baadjie aan! In 'n progressiewe besluit het die NG Kerk Algemene Sinode Moderamen (ASM) vandeesweek die ontwikkeling van 'n e-Kerkbode goedgekeur. Dit sal die NG Kerk se kommunikasie optimaliseer en nuwe koers aandui. Belangstellendes kan hierdie spogproduk beslis nou met nuwe oë bekyk. Kerknuus sedert 1849 - en nou NUUT! Die e-Kerkbode vervang nie die huidige Kerkbode nie; die gedrukte weergawe gaan voort soos voorheen - goeie nuus vir lojale intekenare oraloor.
e-Kerkbode
2. ASM fokus op Rassisme en Menswaardigheid - en Meer
Die moderamen van die NG Algemene Sinode het vandeesweek vir drie dae by eMseni naby Kemptonpark vergader. 
Hoog op die agenda was 'n belangrike en tydige gesprek oor rassisme (as deel van menswaardigheid), met Sean Moo
dley van die Anti Racism Network of SA (ARNSA) wat die vergadering toegespreek het. Lees in hierdie verband 'n belangrike brief van die algemene sekretaris, Gustav Claassen, oor die NG Kerk se standpunt-inname teen rassisme: klik hier.
Missionale transformasie het ook baie aandag geniet. Klik hier vir meer oor die ASM-vergadering, soos berig deur Charl Stander (skriba: Sinode van Wes-Kaapland).
Wes-Kaapland verteenwoordigers by die ASM
Heerden van Niekerk, Nelis Janse van Rensburg, Leon Venter, Elize Morkel, Frederick Marais, Melanie Thirion en Charl Stander
3. Palmsondag 20 Maart: 'n Liturgie
Uit die kantoor van die Algemene Sinode ontvang ons 'n voorgestelde liturgie vir gebruik op Palmsondag (20 Maart 2016). Dit is hier beskikbaar.
4.1 Badisa: Internasionale Maatskaplike Werk-dag
Badisa se Bestuursprogram het op Donderdag 10 Maart die Internasionale Dag vir Maatskaplike Werk in Somerset-Wes gevier. Daar het Nelis Janse van Rensburg (NG moderator) en Averell Rust (HUB, Badisa) oa as sprekers opgetree. Belangstellendes kan Nelis se toespraak hier lees.
'n Spesiale verbintenis tot die Etiese en Gedragskode van die maatskaplikewerk professie is terselfdertyd deur Ronel van Zyl hanteer. En is die maatskaplike werkers nie heerlik verras en welverdiend bederf nie!
Vir meer oor Badisa: kontak Annemarie Bezuidenhout, bemarker en fondswerwer, by abezuidenhout@badisa.org.za of besoek www.badisa.org.za.
Maatskaplike werkers steek kerse aan
Hilda Davids (Badisa Kuilsrivier), Madigah Kamaar (Badisa Wynberg) en Estie de Wet (Badisa Tygerberg) by kerse wat geregtigheid, rentmeesterskap, uitnemendheid
en diensbaarheid simboliseer
Maatskaplike werkers bederf
Badisa se maatskaplike werkers is welverdiend verras en bederf. Hier glimlag
Suretha Carstens en Lizelle Swart (beide van Badisa Kuilsrivier) breed!
4.2 Badisa: Verander die Wêreld, Een vir Een ...
Badisa, die gesamentlike maatskaplike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en die VG Kerk (Kaapland), bied as deel van hulle uitgebreide netwerk ook kinder- en jeugsorgsentra. Hieronder tel die Durbanville Kinderhuis, die Herberg Kinderhuis op Robertson en Huis Andrew Murray op Wellington.
Ondersteun jou gemeente Badisa finansieël, of word 'n spesiale deuroffer binnekort ten bate van hulle werk opgeneem? Klik op die grafika onder vir video's oor die besondere werk wat by hierdie drie sentra gedoen word.
Durbanville Kinderhuis-logo
Durbanville
Herberg Kinderhuis-logo
Die Herberg
Huis Andrew Murray
Huis Andrew Murray
5. Getuienisaksie: Alpha bring Vars, Opwindende Filmreeks uit
Alpha het onlangs ’n slinternuwe, opwindende produk, die Alpha Film Series, ontwikkel wat veral deur gemeentes gebruik sal kan word om mense te help om hul pad met Jesus te begin stap. Dit word op 14 April geloods. Lees meer
Alpha Film Series
Bybel Instituut-studente
6. Biblia Hawesending & Bybel Instituut: Effektiewe Vennote
Marvin Petersen van Biblia Hawesending Kalkbaai laat weet dat hulle baie suksesvol met die Bybel Instituut van Suid-Afrika saamwerk. Vanjaar sal dit vir die tweede keer wees. Die Bybel Instituut se 2015-studente het hul praktiese opleiding by Biblia so sinvol gevind dat hulle vanjaar weer sewe van hul studente by Biblia wou laat praktiese opleiding doen. Ses is reeds by Biblia se Woensdag Uitreike ingeskakel en een help met Jeugopleiding.
"Met behulp van die Bybel Instituut-studente word die sosiale gapings tussen die mense van die Kalkbaai-gemeenskap ook oorbrug. Dis nie net ons wat hulle help nie; Biblia baat baie by hulle insette ook," getuig Marvin Petersen. 

Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.
Namibiese Sinode-logo
7. Sinodesitting in Namibië
Die Namibiese sinode kom DV van 18-21 Maart vanjaar vir die 17de keer sedert 1957 byeen. 'n Volle 111 afgevaardigdes word by die NG Gemeente Pionierspark in Windhoek verwag. Van hulle sal 50 dominees wees en 51 ouderlinge of diakens.
Die sentrale teks vir die vergadering is die gebed van Jesus in Johannes 17 en die oorkoepelende tema: "Die geloofsgemeenskap waarvoor Jesus gebid het." Kom ons dink aan ons susters en broers by hierdie vergadering.
Ds Willie van der Vyver
ALGEMEEN
1. Met medelye: ds Willie van der Vyver
Ons het verlede week verneem van die afsterwe van ds Willie van der Vyver op 6 Maart in die geseënde ouderdom van 94.  Hy is in 1958 georden as predikant in die NGSK Philippi, waarna hy ook in Retreat, Laingsburg, Eppingtuin (later Ruyterwacht) en van 1974 tot sy aftrede in 1986 in La Belle dien.
'n Roudiens vir ds Van der Vyver is op Vrydag 11 Maart in die NG Gemeente Bellville-Oos deur ds Johan Mocke gelei.
Belangstellendes kan aangeheg meer oor sy lewe lees. 'n Huldeblyk deur ds Piet du Toit is ook daarby ingesluit. Ons innige simpatie aan sy drie kinders, familie en geliefdes met hierdie groot verlies. 

2. SEFSA: Nuwe Visie vir SA
Na 'n beraad van die nuwe Socio-Economic Future of South Africa (SEFSA) inisiatief, waarby geloofs-, burgerlike samelewings-, sowel as gemeenskaps- gebaseerde organisasies betrokke is, het die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba 'n mediaverklaring uitgereik. Hy beskryf hierdie inisiatief as 'n breë nasionale konsultasieplatform vir konsensus bou, een waardeur geloofsgemeenskappe  diegene wat aktief werk om korrupsie uit te wis, kan ondersteun.
"For me as a Christian, observing Lent and approaching Easter, the SEFSA process reflects the workings of the movement of the Holy Spirit, transforming people, offering them new alternatives and encouraging them to be bold." 

'n Klankopname van 'n onderhoud met die aartsbiskop oor SEFSA is hier vir diegene wat meer wil hoor. (Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis was ook deel van die SEFSA-beraad op 11 en 12 Maart.)

Sentrum vir Geloofsvorming
3. Betekenisvolle lewe: Geloofsreis
Van die Sentrum vir Geloofsvorming (oor jare 'n VBO-vennoot van Communitas), in samewerking met die HalfTime Instituut, ontvang ons inligting oor 'n retraite wat fokus op betekenisvolle lewe.
Dit vind van 15-17 April by Oewerzicht naby Greyton plaas en word aangebied deur Gys van Schoor en Tommy O'Kennedy. Hierby aangeheg is die uitnodiging, meer detail oor die retraite, sowel as die inskrywingsvorm. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2016.
Nicolene Joubert
4. HospiVisie en Sentrum vir Kontekstuele Bediening:
Spiritualiteit en Gesondheidsorg

André de la Porte (HospiVisie) stuur inligting oor 'n tweejaarlikse konferensie oor spiritualiteit en gesondheidsorg wat van 19-21 Oktober in Kaapstad en 24-26 Oktober in Pretoria plaasvind.
Die hoofsprekers is die internasionaal bekende prof Christina M Puchalski van die VSA en prof Nicolene Joubert, onder meer president van die "Association of Christian Counsellors in South Africa" (ACCSA).
Belangstellendes kan aangeheg meer lees oor die hooftemas en konferensie vennote. Inligting oor oproepe vir referate vir die konferensie is hier. Rig verdere navrae aan André de la Porte by andred@hospivision.org.za.
5. Raakgehoor: Die BLY in die Blye Boodskap ... Genade, Doop, Geloof!
Opmerkings van gespreksgenote tydens die insiggewende "Geloof op die Markplein"-gesprekreeks as deel van die afgelope Woordfees 2016 op Stellenbosch. 
"Ek het 'n gereformeerde 'chassis'. Vir my is die Bybel die Woord van God." - Stephan Joubert
"Die kinderdoop onderstreep juis die genade." - Julie Claassens
"Ek glo G
ód handel in die doop." - Piet Naudé

Gelukwense aan die Stellenbosch Moederkerk en Johan van der Merwe vir hierdie sinvolle betrokkenheid by die Woordfees.

Geloof op die Markplein-gesprek
Gespreksleier Johan van der Merwe saam met Julie Claassens, Stephan Joubert en Piet Naude
6. Groot vreugde vir US Fakulteit Teologie se Forteins!
Die 16 jaar wat Jenny Fortein (60) as skoonmaker by die fakulteit teologie by die Universiteit Stellenbosch gewerk het, was alles die moeite werd toe haar seun, Eugene (35), gister sy doktorsgraad in teologie verwerf het.
“Ek het net geweet ek moet vir my kind gee dít wat ek en sy pa nooit gehad het nie,” het Fortein gister ná die gradeplegtigheid in die Endlersaal gesê.
Lees gerus die inspirerende nuus, met erkenning aan Anika Marais en met dank oorgeneem uit Die Burger van 17 Maart, hier. (Foto: Stefan Els)
Jenny en Eugene Fortein
Annelie Botes
7. Raakgelees: As jy niks het om oor te dans nie, sing!
Die bekende skrywer Annelie Botes skryf op Facebook: "Tans los ek by Parkheuwel-gemeente (in Port Elizabeth) af, want hulle orrelis sterk aan ná siekte.
Hoe die sout-van-die-aarde-mense van daardie gemeente se gemoedere nog regopstaande bly in die verwaarloosde en gehawende fabrieksomgewing, is 'n raaisel. Maar hulle stáán, en aan esprit de corps ontbreek dit hulle allermins.
Verlede Sondag het hulle saamgespan om 'n lofprysingsnagmaal te hou. "Vir enigeen wat smag na sing uit die onderbors, is dit 'n uitnodiging om te kom saamsing aan oujare se gunstelinge. In die lig van Paastyd het ons goedwillige gaskunstenaars genooi, en wil ons vra: Here, seën ons en hoor ons sing hier in Korsten. Onderskraag ons om sterk te staan in donker tye waarin mense mekaar so liederlik afbreek. Al het ons nie veel om oor te dans nie, kos dit niks om te sing nie." 
Die res van Annelie se vertelling is ook die moeite werd om te lees. Klik hier. (Met dank aan Mossie Mostert in Noord-Kaapland eNuus van 15 Maart.)
Doringkroon
8. Paasfees: Kleur dit Prakties in
Paasfees is 'n tyd in die kerklike jaar waar gesinne en lidmate die verlossing van Jesus Christus op 'n besondere manier kan ervaar.
Diegene wat nie Paasnaweek weggaan nie, kan bure wat ook tuisbly, verras met iets te ete of 'n ander bederf in die gees van Christus se groot offer. 'n Paasfees-uitstalling in jou huis, met eenvoudige simbole en skrifgedeeltes om aan die Paasgebeure te herinner, kan ook help om hierdie hoogtepunt van ons kerklike jaar sinvol in te kleur. Belangstellendes kan hier verder lees. 
9. Nuus van die Bybelgenootskap
9.1 Oor die Ontstaan en Geskiedenis van die Bybel

Die Bybel is die topverkoper van alle tye. In 'n video van sowat 8 minute gee die Kanadese Bybelgenootskap 'n verduideliking van die geskiedenis en ontstaan van die Bybel, asook hoe dit so wyd versprei is. Die skryf, kanonisering en vertaling van die Bybel word ook kortliks hanteer. Dalk 'n opsie om te oorweeg vir 'n bespreking oor die Bybel met 'n jeuggroep - sien onderaan.
'n Kort geskiedenis van die Bybel
9.2 Bybelgenootskap: Hoe goed ken jy jou Bybel?
Die Bybelgenootskap van SA nooi belangstellendes om hulle kennis van die Bybel te toets. Voltooi 'n Bybel-vasvra en kyk hoe goed jy jou Bybel ken. Dalk iets vir die skoolvakansie wat voorlê?
Klik hier en speel saam!
Twitter Facebook
Vredelust Embrace mammas
GEMEENTENUUS
1. Vredelust Embrace
Verander lewens Stap vir Stap!

Vredelust Embrace is 'n program wat op vroeë kindontwikkeling, veral die eerste 1000 dae van 'n kind se lewe, fokus.  
Die program identifiseer en verbind 'n ma/"volunteer/connector" met 'n ma/ "caregiver" van minderbevoorregte gemeenskappe.  
Vredelust het hierdie projek in vennootskap met die Diensgroep Armoede en Sorg ontwikkel. Enige belangstellende gemeente kan hulle nader indien hulle soortgelyke projekte wil begin - verwys na die aangehegte brosjure en lees hier verder
2. Interkerklike Paasprogram in Sedgefield
Die NG Gemeente Karatara (Sedgefield) is bevoorreg om vanjaar vir ’n tweede keer deel te hê aan ’n interkerklike Paasprogram wat aangebied word as deel van die jaarlikse Sedgefield Slow Festival. Die program bestaan uit 'n kort pelgrimsroete van 3.2 km en 'n paasviering deur 'n gesamentlike koor tydens die afsluitingseremonie van die fees op Paassondag 27 Maart om 14:00.
'n Wonderlike geleentheid vir 'n Paasgetuienis te midde van die fees! Lees aangeheg meer en kry die roetekaart hier.
Segdefield Kruisweg
Dr Allan Boesak
3. VGK Bellville: Die Nalatenskap van Allan Boesak
Hierdie konferensie, aangebied deur die Allan Boesak Legacy Centre for Leadership, vind op Ma 21 Maart van 09:00 tot 14:00 by die VGKSA Bellville plaas. Die fokus van dié geleentheid is op die nalatenskap van Dr Boesak.
Sprekers: prof Nico Botha (UNISA) en dr Eugene Fortein (VGK Citrusdal). Daar is twee paneelbesprekings met: Vader Michael Weeder (Dean, St George’s Cathedral), prof Jimmy Ellis (emeritus Sosiologie), eerwaarde Chris Wessels (Emeritus Morawiese Kerk) en ds Derrick Marco (VGK Woodstock). Meer inligting is aangeheg.
4. NG Helderberg: Kruisweg-stasies
Ter voorbereiding vir die Pase, nooi Helderberg jou om iets van Jesus se laaste ure te ervaar deur hullle Kruisweg-stasies te besoek by Firmountweg 82, Somerset-Wes. Dit is oop vanaf Dinsdag 15 Maart tot Donderdag  24 Maart (Kantoorure van 08:00-19:00), asook op Paasvrydag 25 Maart( 08:00-13:00).
Enigeen is ook welkom om hulle Lydensweek-dienste van Ma  21- Do 24 Maart om 18:30 by te woon. Hieronder is 'n voorsmakie van die stasies se simboliek.
Helderberg Kruisweg Spykers inslaan Helderberg Kruisweg Kruisiging
VGK Villiersdorp
5. VGKSA Villiersdorp vier 75 Jaar!
Die VGK Villiersdorp vier op 27 April 2016 hulle 75ste bestaansjaar! Die feestelikhede begin reeds op 9 April om 09:00 met 'n plattelandse markdag/basaar op die Villiersdorp-skougronde.
Die week van feesvieringe neem 'n aanvang op Sondag 24 April, met dr Albertus Titus, gemeenteseun, as spreker. Die onthulling van 'n gedenksteen, waarvoor lidmate klippe tot die oprigting bygedra het, geskied ook die oggend voor die erediens, ter nagedagtenis aan hulle wat ons ontval het. 1 Samuel 7:12 EBENHAESER "Tot hiertoe het die Here ons gehelp." Verskeie verrigtinge vind plaas gedurende die feesweek.
Op So 1 Mei word afgesluit met die Feesdiens en die bediening van die nagmaal, waargeneem deur ds Pieter Grove, moderator van die VGK Kaapland sinode. Verskeie oudleraars en evangeliste sal optree tydens die diens. 
Navrae: Johan Wagenstroom by wagenstroom@telkomsa.net of 028 840 0076 of 082 847 2225.
NG Brackenfell
6. Kruiswandel in Brackenfell
Tydens Groot Lydensweek, van 21 – 26 Maart, is Brackenfell-gemeente (Kerkstraat) se tuin oop (via die parkeerarea agter die kerk) vanaf 09:00 tot 21:00 vir enigeen om 'n gebedswandel te doen op die kruisweg van Jesus. Hierdie kruisweg, waarby 'n labarint ook ingesluit is, bestaan uit 14 stasies wat jou neem van Getsemané tot by Jesus se graf, met 'n 15de stasie, "die Opstanding".
In die kerkgebou is daar ook ‘n kruiswandel. Die kerkgebou sal Maandag tot Donderdag oop wees vanaf 17:30. Om 19:00 is daar ‘n erediens en daarna sal die kerkgebou weer oop wees vir die kruiswandel. Op Vrydag is die erediens om 09:15; die kerkgebou is oop vanaf 08:00 en weer na die erediens vir die kruisweg. Saterdag is slegs die tuin oop. Sondag is die Paasfees-erediens om 09:15 en die tuin en kerkgebou is vanaf 08:00 oop.
7. NG Gemeentes van Calvinia Trap weer vir Sending
Uit Calvinia kry ons lekker nuus oor hierdie projek, wat sedert 2002 jaarliks plaasvind.
Vanjaar word daar weer getrap vir sending. Die datums waarop dit gebeur, is 1 en 2 April 2016. Die roete lyk vanjaar soos volg: Begin op Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp, dan Vredendal, Klawer (oornag op Klawer), en dan terug na Vredendal, Lutzville na Strandfontein. Dit maak die roete ongeveer 240km lank.
Ondersteun hierdie groep gerus - bid vir hulle veiligheid, ondersteun hulle as hulle deur jou dorp ry en maak 'n finansiële bydrae. Kry meer inligting by Noel Viljoen by viljoen@hantam.co.za en lees hier verder ... 
Fietstrap vir Sending-groep
Die 2014-groep was (voor): Alewyn Nel en Cassie Steenkamp
Agter vlnr: oom Jasper Hoon, Dirk Viljoen, Noel Viljoen, Koos Louw, Hessie Krige en twee ondersteuners van Vredendal
NG Bellville-Wes logo
8. NG Bellville-Wes: Vrouekamp
Van Bellville-Wes ontvang ons inligting oor 'n vrouekamp wat van 15-17 April by Disakloof aangebied word. Dit kos R480 pp.
Die tema van die kamp is "Gelukkig is die vrou wat ..."
Kontak die kerkkantoor by 021 948 2402 vir meer inligting en inskrywingsvorms. 
Die volgende VrydagNuus is datum is 8 April 2016. Stuur inligting asseblief voor Woensdag 6 April om 12:00 na kommunikasie@kaapkerk.co.za vir oorweging van plasing in daardie uitgawe.
LiG
PUBLIKASIES
1. LiG fokus op Kerkjaar
Het jy geweet dat LiG nou in elke uitgawe op die kerkjaar fokus? En dat dit gemeentelede kan bemagtig in hulle geloofsgroei? Hieronder is 'n paar veranderinge wat aan LiG gemaak is om (onder andere) predikante in hulle bediening te help.
Om as gemeente teen 'n afslagprys in te teken, kontak Jeanne Human by jeanne@tydskrifte.co.za of 021 864 8252. Besoek www.lig.co.za vir selfs meer inspirasie - vir jou en jou mense.
• Elke uitgawe fokus op 'n spesifieke tyd in die kerkjaar.
• Artikels en stories sluit aan by die kerkjaar.
• Meer artikels oor geloof – in gemaklike taal, maar nie oppervlakkig nie.
• Nuwe rubrieke:
o Idees met hart – projekte wat gemeentes, kleingroepe of individue kan aanpak.
o Leef ligter – pas God se skepping só op.
o Resepte – sluit aan by die kerkjaar.

LiG-advertensie
CLF-logo
2. CLF: Pinksterreeks 2016
CLF stel weer ‘n Pinksterreeks vir 2016 beskikbaar met die oorhoofste tema: Christus kom herstel ons menswaardigheid. Die onderskeie preekriglyne sal binnekort in Afrikaans en Engels beskikbaar gestel word. Lees hier meer.
KUIERKANS
Klik op die advertensies hieronder om 'n groter weergawe te sien. Dis skoolvakansie én langnaweek, as jy nog rede soek om iewers by 'n basaar of fees saam te kuier! 
Jannie du Toit
1. NG Moedergemeente George: Jannie du Toit
Sanger Jannie du Toit tree Woensdagaand 30 Maart om 19:00 in Moedergemeente George op en die inkomste van die aand word aan die Droogtehulpfonds geskenk.
Kaartjies is by al die George gemeentes se kerkkantore te koop teen R30 pp. Navrae: Drew by 044 874 42036. Verversing tydens pouse te koop; opbrengs ten bate van Badisa se George-tak.
NG Eendekuil Gemeentefees
NG Eendekuil
NG Barrydale Basaar
NG Barrydale
VGK Villiersdorp Oesbasaar
VG Villiersdorp
NG Sedgefield Basaar
NG Sedgefield
VAKATURES
1. NG Stellenbosch-Sentraal: Deeltydse Jeugwerker
Die gemeente van Stellenbosch-Sentraal bied aan persone wat hulle roeping wil uitleef ten opsigte van kinder- en jeugbediening 'n geleentheid om aansoek te doen vir 'n deeltydse pos as jeugwerker. Sluitingsdatum: 18 April. Lees hier verder
NG Parow-Welgelegen kerkgebou
2. NG Gemeente Parow-Welgelegen
2.1 Skriba/Kassier

Aansoeke word by NG Parow-Welgelegen ingewag vir die vulling van bg pos. Die volledige advertensie is hierby aangeheg. Let asb op die sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag 29 Maart 2016. 
2.2 Kantoorhoof
Parow-Welgelegen bied ook 'n geleentheid in 'n nuutgeskepte pos as kantoorhoof in hulle poste struktuur. Meer oor die vereistes, kwalifikasies en ondervinding vir hierdie pos is onderaan. Sluitingsdatum: Dinsdag 29 Maart 2016.
Kerkklok
3. NG Gemeente Brackenfell: Koster
Die NG Gemeente Brackenfell wag aansoeke in vir die pos van koster. Die suksesvolle kandidaat sal diens aanvaar op 1 Mei 2016. Meer oor die pligte en vereistes is aangeheg. Reageer asb voor of op 8 April 2016.
Robert Vosloo
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Robert Vosloo

Ek het onlangs 'n preek van Johannes Calvyn oor Galasiërs 6:9-11 gelees waarin die 16de eeuse Hervormer die volgende sê:  “Vir solank ons menslikheid in ons het, kan ons nie anders as om – soos in 'n spieël – onsself te sien in die persoon wat arm en verag is nie, ja, selfs al is daardie persoon die verste vreemdeling … As 'n Moor of 'n Barbaar onder julle verskyn, bring so 'n persoon met hom 'n spieël saam waarin ons hom as 'n broer en naaste kan herken”. 

Ons samelewing en selfs kerke word vandag gekenmerk deur groeiende polarisasie. Ons kyk toenemend na mekaar met agterdog en wantroue.  In só 'n tyd is dit goed om die woorde van die vlugteling Calvyn te onthou dat ander mense, insluitende vreemdelinge en selfs ons vyande, by wyse van spreke 'n spieël met hulle saamdra waarin ons – as ons mooi kyk – sal sien dat hulle ons mede-ménse is, dat ons almal na die beeld van God geskape is.   

* * * *
Robert Vosloo is sedert 2005 verbonde aan die teologiefakulteit, Universiteit Stellenbosch. Hy is tans professor in sistematiese teologie. Vanaf 1994-2004 was hy predikant in die Ned Geref Kerk Durbanville. Belangstellendes kan hom per e-pos kontak by rrvosloo@sun.ac.za
Toe swerms soldate kom soek na Hom,
in die tuin vra wie Jesus is,
die een wat glo die Christus is,
het Hy helder geantwoord:
“Ek is.”

Met straaltjies bloed en sweet
wat pad soek deur die stof aan sy slape
het God vir ons gesig gekry.
(Uittreksel uit "Ek is", 'n gedig deur Neels Jackson)

Geseënde Paasfees!
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za