Lees deur internet, klik hier >>
19 April 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1.Sinode 2019
1.1 Temas van sinodesessies
Gemeentes het twee maniere gehad om te sê waaroor hulle by die sinode wou praat. Daar kon via e-pos terugvoer gegee word en tydens die moderatuursbesoeke is die geleentheid gebied om aan te dui wat vir hulle belangrik is. Die 16 fokusareas van Sinode 2015 is ook in ag geneem. 
Tydens die sinode gaan elke tema hanteer word deur die Woord saam te lees en tafel-gesprekke gaan plaasvind onder leiding van ’n tafelleier. Tafelleiers sal met hulle selfone kommentaar kan instuur wat tydens die sessie verwerk sal word. Die kommentaar van die tafels gaan as rigtinggewend beskou word.
Onder is die temas wat gespruit het uit die insette wat vanuit gemeentes gekom het:
Temas
Agenda
1.2 Agenda beskikbaar
Die agenda vir Sinode 2019 is nou beskikbaar en skakels is per e-pos aan alle kerkkantore en afgevaardigdes gestuur. Die agenda kan ook aanlyn hier gevind word of as PDF-dokument afgelaai word. Gedrukte kopieë sal by registrasie uitgedeel word. Kontroleer asseblief of julle gemeente se afgevaardigdes korrek verskyn op hierdie lys. Laat weet asseblief onmiddellik vir Sanet Gunter by skriba@kaapkerk.co.za as daar enige veranderinge is.
AMSS
2. AMSS
2.1 Lukas-retraite 28 April - 1 Mei
Henri Nouwen het gesê: "Om op God te wag is om deel te word van God se wag op ons." Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit maak voorsiening vir wegbreek-retraites waar mense, deur eenvoudige ritmes van stilword en luister, begelei word om vir God ruimte te maak om nuut met ons te werk. Jy word uitgenooi om so 'n geleentheid van drie dae by te woon - klik hier vir meer inligting oor die koste en om die inskrywingsvorm af te laai. Besoek gerus die sentrum se webtuiste en lees onder 2.3 meer van die administratiewe koördineerder wat onlangs aangestel is.
Herfs
2.2 Herfs-retraite in Mei
Hierdie retraite by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit is in 'n werkswinkelstyl wat jou kans gee om te oefen om stil te word, sensitief te luister na God se stem vir jou en om kreatief op die Skrif te mediteer. Die fasiliteerder is Kobus Mouton. Klik hier vir meer en kontak Derine Piek via e-pos of by 021 873 2151 om te bespreek.
Derine
2.3 AMSS verwelkom Derine Piek
Die AMSS het vanaf 1 April vir Derine Piek aangestel as administratiewe koördineerder. Derine het ’n sterk agtergrond in die gasvryheidsbedryf en sal alle navrae en besprekings van die sentrum hanteer. Sy sien ook daarna uit om gaste op begeleide toere van die nuut-geopende fasiliteit te neem. Die sentrum bied van een- tot vyfdagretraites asook wegbreek- en spanbousessies aan. Vir navare en besprekings, kontak haar by 021 873 2151 of via e-pos by admin@andrewmurraysentrum.co.za. Welkom in die nuwe pos, Derine!
Dilemma
3. Gesprek oor genadedood
Het die mens die reg om sy/haar "oomblik" te kies? Al hoe meer stemme word gehoor van mense wat nie wil wag op die einde nie, maar dit eerder aktief wil ontmoet. 
Kom luister en gesels saam oor die mediese, prinsipiële en wetlike aspekte rakende genadedood op 2 Mei van 09:00-12:30 by Communitas, Stellenbosch. Drie VBO-punte kan verdien word. Klik hier om die inskry-wingsvorm af te laai en om meer te lees van die sprekers. Stuur jou vorm tesame met die betalingsbewys na Wilma by wler@sun.ac.za / faks 086 563 7128.
Logo
4. Statistiek van #imagine 2019 
"Die
#imagine 2019 Experiences het regoor die land 6259 bywoners verwelkom die naweek van 29 tot 31 Maart. Dit was ʼn geseënde naweek gevul met samesyn, lofprysing, aanbidding, werkswinkels en vele meer! Daar was altesaam daar 4640 tieners, 810 vrywilligers en 809 leiers, wat gekom het van 315 dorpe, 1411 kerke en tussen 30 en 40 denominasies is verteenwoordig." So skryf Luané McLachlan, #imagine projekkoördineerder. Gaan besoek gerus die Facebook- en webblad vir meer inligting, getuienisse, video’s en foto’s!
5. Laat wiel vir lees!
Diaconia/Nal'ibali nooi gemeentes om hulle boeke-insameling te ondersteun. Maak asseblief tweedehandse of nuwe boeke vir kinders onder tien jaar in enige landstaal bymekaar en stuur dit saam met julle afgevaardigdes sinode toe.
Die LAAT-WIEL-WAENTJIE sal van 13-17 Mei op die grasperk buite die vergaderlokaal op Goudini gereedstaan. Koringberg is ’n klein Swartlandse gemeenskap met 100 kinders onder die ouderdom van ses jaar. Daar is tans geen biblioteek nie. Die NG Gemeente Koringberg het saam met Diaconia/Nal’ibali die uitdaging aanvaar om vir kinders in Koringberg te lees. Hierdie insameling van kinderboeke sal ten bate van die Koringberg-leesprojek wees. Saam kan ons ’n toekoms vir alle kinders in ons land skep! Kontak Diaconia by 021 957 7109 of via e-pos.
Missional Worship: Connecting Liturgy and Life
Communitas & Ekklesia present: Missional Worship: Connecting Liturgy and Life 7-8 August - click above (more information to follow) 
GEMEENTENUUS
La Rochelle getuienisgeleentheid 24 April
Getuienisgeleentheid by NG La Rochelle 24 April 
HoutbaaiGemeente Sonsopkoms Paasdiens 21 April
HoutbaaiGemeente Sonsopkoms Paasdiens 21 April
NG Bellville-Noord vier 65 jaar op 5 Mei
NG Bellville-Noord vier 65 jaar op 5 Mei
UIT ONS RINGE
Ringe
Ring van Durbanville: huweliksvoorbereidingsklasse
Die doel van die huweliks- en verhoudingsbediening is om leraars by te staan met huwelikskategese, huweliksvoorbereiding en huweliks-verrykingsprogramme vir persone wat gaan trou. 
Paartjies wat huweliksvoorbereiding wil deurloop, kan Francois Swart vir meer inligting kontak by 082 781 6854. Klik hier om meer te lees. Hierdie is 'n inisiatief van Durbanville ring - almal  is welkom!
PREDIKANTENUUS
Karlien en Hennie
Karlien v. Wyk groet NG Welgemoed
Op Vrydag 19 April preek Karlien van Wyk vir oulaas by NG Welgemoed na bykans drie jaar in die gemeente. Vanaf 1 Mei begin sy by NG Nuwerus bedien. Karlien trou op Saterdag 27 April met Hennie Becker, en Welgemoed neem afskeid van haar op Sondag 28 April. Karlien skryf: "Ek is baie dankbaar vir die wonderlike tyd in Welgemoed en wat ek by my drie medeleraars kon leer, maar is opgewonde oor die nuwe paadjie in die plattelandse omgewing." Karlien se bevestiging in Nuwerus word op 5 Mei om 10:00 deur haar pa, Jan Grobbelaar, gedoen.
Seënwense, Karlien en Hennie - ook vir jul troudag die 27ste!

GEBEDSVERSOEKE
ALGEMEEN
1. Met medelye: Jan Abraham Visagie
22.07.1933 – 15.04.2019
Dis met groot hartseer dat ons afskeid neem van ds. Jan Visagie wat op Maandag 15 April op die ouderdom van 86 oorlede is. Ds. Jan is in 1969 in Piketberg gemeente georden en is daarna beroep na die buurdorp Eendekuil, van waar hy in 1997 emeriteer. 
Ons innige simpatie aan sy familie, onder andere sy kinders Francois, Myrtle, Jan Abraham en Jeanne Marié. Die dankdiens, gelei deur sy skoonseun Heinrich Carstens, vind op Saterdag 20 April om 11:00 vanuit die NG Gemeente Caledon-Wes plaas.

Ds. Van Lill
2. In Memoriam: Christiaan Johannes van Lill
13.04.1945 – 13.04.2019
Sonnekus gemeente groet 'n legende met die nuus van die afsterwe van ds. Chris van Lill. Sy eerste gemeente was Ysterplaat-Suid, waarna hy 24 jaar by NG Sonnekus bedien het. "Ons dra vir Bernette, kinders en kleinkinders in ons gebede. Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy ons geseën het met 'n fenomenale persoon. Ons sal altyd aan jou met die hoogste waardering en baie liefde dink," skryf die skriba namens die gemeente. Die begrafnis is Sondag 21 April om 15:00 by Sonnekus, Beaufortstaat 12, Milnerton.

3. Conference on sexual reformation
You are hereby invited to a conference hosted by the Gender Unit of the Beyers Naudé Centre for Public Theology of the Faculty of Theology, Stellenbosch University and the Faculty of Theology, North-West University on Sexual reformation? Theological and ethical reflection on human sexuality. The conference will take place on 6-7 May - attached find the registration form, program and abstracts. The closing date for registration is 29 April - send an email to maritasnyman@sun.ac.za. Below are some of the speakers.

Charlene van der Walt
Charlene van der Walt
Ashwin Thyssen
Ashwin Thyssen
Reggie Nel
Reggie Nel
Ntozakhe Cezula
Ntozakhe Simon Cezula
Annual Youth Day Lecture 17 May
Annual Youth Day Lecture 17 May - click above
Third HospiVision Conference
HospiVision third biennial conference - click above for more
H Bosman
6. Stellenbosse besprekingsgroep
Op Dinsdag 23 April ontvang die Stellenbosch Sentraal Studie- en besprekingsgroep vir Hendrik Bosman (Ou Testament, Fakulteit Teologie, US). Hy praat oor migrasie en identiteitspolitiek. Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal. Kontak Piet Walters by pew@sun.ac.za en klik hier om die kwartaalprogram af te laai.
NUUSBRIEWE
URCSA newsletter
Van der Watts
2. Nuus uit Japan
In April se kort nuusbrief van Missie Japan word onder meer vertel van Elmar en Nadine du Rand, wat onlangs in Japan begin bedien het, wat via 'n lewendige video-uitsending met 'n gemeente in Bloemfontein tydens hul oggenddiens gesels het. Gemeentes wat belangstel, kan hulle gerus hier kontak om só 'n gesprek te reël, hulle sal dit baie waardeer! Stéphan en sy gesin vertrek binnekort na Amerika, waar Stéphan 'n beurs gekry het om navorsing by die Calvin Theological Seminary te gaan doen, en in 2020 besoek die Van der Watt-gesin weer Suid-Afrika. Geluk, Stéphan, en voorspoed met jou navorsing!

PUBLIKASIES
Voorblad
1. In die Kerkbode van 19 April...
word stories van insluiting, kommer en hulp vertel.
◊ Lees Johanna van Eeden se profiel van 'n merk-waardige kerkraadslid wat aan Kerkbode sê: "I have cerebral palsy. Cerebral palsy does not have me."
◊ Altesaam 60 mense, meestal boere maar ook ses predikante, het na vyf sprekers by ’n grondberaad by Williston in die Karoo geluister.
◊ Twee "bystandstories" bied lesers die geleentheid om slagoffers van sikloon Idai in Mosambiek te help, en 'n rampfonds is gestig na die NG Kerk op Redelinghuys op 9 April afgebrand het.
Bly op hoogte van die nuus by www.kerkbode.co.za.  

2. Droomlewe van Bybel-Media
Andries Cilliers kyk in Droomlewe na hoe ons drome van God kom. In die lig van die verhaal van Josef spoor hy lesers aan om ook hulle drome te ondersoek en te vra hoe hulle God se droom vir hulle kan leef. Droomlewe  is aanlyn beskikbaar by Bybel-Media of bestellings kan gestuur word na bestel@bmedia.co.za

Hymn book
CLF has a variety of hymnals available, including the brand new Sing praises all you people - for multi-language church services. Order at order@clf.co.za.
4. LiG: materiaal vir selgroepe
Het jy geweet dat LiG elke maand 'n stel vrae het vir selgroepe of kleingroepe? April s'n kan hier in PDF-formaat afgelaai word. 
Elke persoon lees 'n spesifieke artikel in LiG, en ons gee vrae en Bybelverse sodat daar lekker oor dié relevante onderwerpe gesels kan word. 
LiG vir jou pad
EKOLOGIE
Photographer documents endangered species
Photographer Joel Sartore is traveling around the world to photograph species on the verge of extinction. He founded the National Geographic Photo Ark project to use the power of photography to inspire people to help save species at risk before it is too late. Read more about the project and its conservation effort here.

BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Bothasig Basaar
VAKATURES
Vakatures
Calvinia
NG Calvinia: Vakature vir 'n aflosleraar
Calvinia is geleë in die Hantam Karoo in die Noord-Kaap, ongeveer 400 km vanaf Kaapstad, Beaufort-Wes en Upington met Vredendal as die naaste groot dorp. Die gemeente het 'n vakature vir 'n aflosleraar vir die tydperk 1 Julie tot 31 Oktober 2019. Hier is meer inligting - aansoeke sluit 20 Mei 2019.

TEN LAASTE
Ons hoop dat hierdie Paasfees vir ons lesers 'n ware Christusfees sal wees. Luister gerus na Hoe Groot is ons God deur Juanita du Plessis. As julle op ons paaie gaan wees, wens ons julle 'n voorspoedige reis en veilige tuiskoms.

VrydagNuus-groete 
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.