Lees deur internet, klik hier >>
 10 Maart 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za
 

Beste Leser
Lydenstyd
"Net Jesus Christus - Hy alleen kan vir ons intree as ons Heer.
Net Hy alleen betaal die prys - ons buig voor Hom, ons Voorspraak, neer.
Geen sonde wat ek doen sal Hy nie kan versoen.
Geen offer wat ek gee, maak ooit sy liefde meer.
Net Solus Christus! - Hy alleen."

(Vonkk 341)
Theunis Botha
SINODENUUS
1. NG Sinode van Wes-Kaapland beroep
Theunis Botha vir Predikantebegeleiding

In gevolge Reglement 2.10.2 van die Sinode van Wes-Kaapland, het die gevolmagtigde taakspan van die moderamen tydens 'n benoemingsvergadering op 8 Maart 2017 vir ds Theunis Botha van Stellenbosch-Welgelegen in die pos: PSD vir Predikantebegeleiding benoem. Hierdie pos maak deel uit van die Diensgroep Gemeentebegeleiding. Die approbasietydperk neem onmiddellik 'n aanvang. 
Indien geen besware ontvang word nie, sal die beroepsbrief en diensaanbod op 23 Maart 2017 oorhandig word. Bid asseblief vir ds Botha dat die Here vir hom sal leiding gee oor die besluit wat hy moet neem. 
2. NG Wes-Kaapland Moderamen
2.1 Multikultureel = Missionaal

By die afgelope week se moderamenvergadering is genoegsame tyd afgestaan aan nadenke oor die verskillende gestaltes van multikulturaliteit in ons gemeentes.
Tinus van Zyl het verskillende gaste na die vergadering uitgenooi om hulle getuienis hieroor te deel. Hierdie gaste het ingesluit:

* Echo Youth - met Niel Steyn (Table View), Miga Coetzee en Aubrey Thompson 
* Beaufort-Wes se Gamkavallei - met René Potgieter en Kirlina Magalie

* Parowvallei - met Riaan Britz en Martie Martin

* Parowvallei-Oos - met Theo Swart
Aangrypende verhale van die Here se ingrype, beskikking en wonderwerke is vertel. Getuienisse van God wat mense se harte verander om kerk in 'n nuwe konteks te gaan wees vir 'n wêreld in nood. Lees gerus by GEMEENTENUUS hoe Riaan Britz en Theo Swart onderskeidelik iets van hulle getuienis hieroor deel.
Op die sinode se Facebook is baie meer getuienisse en foto's.
Sprekers oor multikulturaliteit
1.2 Jeugstrategie
Gemeentes, hier is Hulp en Hulpmiddels!

Anriëtte de Ridder het hierdie week 'n verskeidenheid hulpmiddele vir gemeentes se jeugbediening en geloofsvorming by die moderamen bekendgestel. Klik hier.
Enkele hiervan is:
* 'n Nuttige handleiding oor geloofsvorming (klik hier)
* Gooi en gesels-speletjie
* Die onsglo-toepassing (binnekort op Playstore)
* Die dinkjeug-webwerf (klik hier)
* Verskillende #imagine geleenthede vir uitreik, leierskap en toerusting
* Paaspakkies vir families vir die Paastyd (klik hier)
Kontak José by die Jeugkantoor met navrae: jose@sun.ac.za of 021 808 9050.
Gooi en gesels-speletjie
Gooi-en-gesels speletjie
Geloofsvorming handleiding
Handleiding Geloofsvorming
Seisoen van Menswaardigheid
1.3 Seisoen van Menswaardigheid in Kollig
Die Seisoen van Menswaardigheid het sewe fokusareas geïdentifiseer waar mense se waardigheid aangetas word, nl ras, ekologie, gestremdheid, geslag, armoede, seksualiteit en siekte. CLF het pas ses pamflette gedruk waar  hierdie temas vanuit die Skrif belig word.
Gemeentes en gelowiges word ingelig en uitgedaag om te reageer op hierdie temas. Die gratis pamflette (in beide Afrikaans en Engels) is beskikbaar by CLF – gemeentes kan dit bestel by 021 873 6964 of info@clf.co.za. Dit is ook op die CLF-app gelaai. (Sien ook EKOLOGIE)
Siekte Rassisme Skepping
Landskap kuns in semunarium
2. Seminarium
SAAM op reis - 'n Getuienis

"Ons kyk mekaar in die oë en hoor mekaar se stories. Ons kamp saam en worstel in mekaar se teenwoordigheid om die uniekhede van elkeen te probeer verstaan en te soek na maniere om beter te vaar in ons getuienis as volgelinge van Jesus Christus. Ons sit in mekaar se ruimtes en hoor die pyn van ervarings wat ons nie ken nie. Ons leer saam om geloofsonderskeidend na die lewe te kyk." 
Eddie Orsmond (die seminarium se NG Kerk bestuurder) gee 'n getuienis oor hierdie geloofsreis vir die Stellenbosch seminarium se gesamentlike program vir bedieningsontwikkeling, simbolies vergestalt met paaie deur landskappe ...

3. Publieke Getuienis
Kerk se stem op Markplein

Die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) het tot stand gekom om binne die NG Kerk-familie te funksioneer en regtig die kerk se stem op die markplein te wees - om 'n konkrete verskil vanuit die evangelie van Jesus Christus te maak.
Braam Hanekom (PSD) verduidelik (klik op die video regs) wat die SPG vanjaar aan gemeentes kan bied en hoe gemeentes betrokke kan raak. Kontak gerus die kantoor by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202.
4. Pensioenfonds en Voorsorgfonds se Trustees vergader
Die trustees van die Amptenare Pensioenfonds van die NG Kerk in Suid-Afrika het op Donderdag 2 Maart in Bellville vergader. Die lede van die Amptenare Vastebydrae Pensioenfonds en Amptenare Voorsorgfonds vergader saam. Die samestelling is so dat die werkgewer (NG Kerk in SA) se lede dieselfde is.  Die werknemers kies ook vier lede. Ons waardering vir hierdie ywerige groep se omsien na die belange van die lede en in die besonder aan Benita en Coenie namens ABSA Konsultante en Aktuarisse.
Trustees
Agter vlnr: Benita Bodkin (ABSA), Ingrid van Eck, Coenie Louw (ABSA), Kenny Raats, Bossie Minnaar, Stephanie van der Merwe, Stephan Pretorius, Ronel Killian, Rudolph Bezuidenhout
Voor vlnr: Karen Minnaar, Anneri Uys, Christo Meyer, Elize van der Westhuizen
#imagine
5. #imagine2017
Die kos is bestel, die verhoog word gebou ... 
Spur, Henties en die pannekoektannies staan reg.
Die band oefen en die selfoonlaaistasie is opgestel.
Ons is reg vir #imagine2017 - al wat kort is jy!
#imagineers are you ready? Get your ticket 
here! Register now!
Klik onder vir die video.

Videoskakel
6. Diaconia: Nal’ibali vir Leesgenot in Oudtshoorn
"Maats, het julle geweet daar is 'n sterretjie binne in 'n Appel?" So begin Righardt le Roux van Nal'ibali storie vertel vir 'n groep 4-5 jariges van Little Bo Peep en Vreugde Voetjies kleuterskole Vrydag toe Nal'ibali in Oudtshoorn gekuier het om die krag van stories en lees te vier!
(Nal’ibali, ’n program gemik op lees-vir-genot vir alle ouderdomme kinders, is een van die drie platforms waardeur die Diensgroep Diaconia hulle vroeë kindontwik-keling-programme bedryf.) Besoek www.diaconia.co.za en lees hier verder.
Leeslekker
7. KIX se groot Donasie aan MES
Die KIX kinders (Kinders in Christus en Sonstraaltjie van die VG kerk) het verlede jaar 'n "Otjiekos"-projek gehad ten bate van organisasies wat robotbedelaars van die strate af help, en baie goeie toerusting is verskaf rondom goeie gesondheid en "toxic charity".
Op 2 Maart kon die Maats in Aksie-groepie van Strand-Noord-gemeente, onder leiding van Bianca Nortje. vir Anelle Erasmus verras met 'n tjek van R28 500, ingesamel deur 13 van die KIX-groepe. Van so ver as Lutzville en Oudtshoorn het KIX-groepies geld bymekaar gemaak, waarvan hulle hul plaaslike gemeenskappe gehelp het, en die res vir MES kon gaan.  Die Maats in Aksie-groep het R11 000 van die totale bedrag ingesamel!  

MES bemagtig mense holisties om onafhanklike, betekenisvolle volhoubare lewens te hê. KIX is dankbaar dat hulle bydrae kan help om 'n verskil te maak in die lewens van mense wat op ons strate woon. Kontak die Jeugkantoor vir meer oor KIX.
KiX-kinders
NG Gemeente Strand-Noord se maats oorhandig die tjek aan MES
Stofgang boekrak
8. Stofgang Gratis Boekrak: help!
Graag wil ons weer ’n dringende beroep doen op almal wat boeke het wat in die pad is of nie meer gebruik word nie: die studente op Stellenbosch benodig asb daardie boeke!
Die bekende Stofgang-boekrakke is onlangs opgegradeer en is baie leeg na die studente daar gedraai het. Kontak asb vir Amanda van Niekerk (K 1009, Fakulteit Teologie) by 021 808 9138 of by toerusting@sun.ac.za indien jy kan help met hierdie verdienstelike projek. Dit sluit enige boeke in, nie net teologiese publikasies nie.
Richard Holloway
9. Sinodale Koördineringspan
Welkom, Richard

Die moderamen het hierdie week vir Richard Holloway van St Helenabaai aangewys as hulle verteenwoordiger op die koördineringspan (SKS). Dit volg nadat Nioma Venter onlangs as PSD aangestel is. Die ander verteenwoordiger is Christo Benade van NG Suiderstrand. Ons wens beide hierdie kollegas insig en seën vir hulle betrokkenheid in hierdie span toe.
ALGEMEEN
1. Echo Youth = Nuwe Geloofsgemeenskappe
Echo Jeugontwikkeling het tans 13 huise vir jongmense in nood, 'n plaasprojek en weeklikse programme by 11 skole.
Hulle nuwe Echohuis in Stellenbosch is in bedryf! Al die huise in die Kaap het in Stellenbosch bymekaargekom om die nuwe huis aan die Here te wy. Daar is wonderlike leiers wat die projek bestuur in samewerking met die plaaslike gemeente.
Die Echohuise in die Kaap het verlede naweek 'n baie suksesvolle pretloop aangebied; meer as 300 mense het deelgeneem. Echo Kaap hou maandeliks 'n gesamentlike erediens. Kontak Niel Steyn van die NG Gemeente Table View en Echo vir meer inligting: niel@echoyouth.co.za
Joyce, wat voorheen in een van Echo se hoërskoolhuise vir meisies gewoon het, is nou 'n leier in hulle Vyfster Kommune! Belangstellendes kan haar getuienis luister (video onder). So gee Echo hande en voete aan een van die sinode se fokusareas, nuwe geloofsgemeenskappe.

Echo
Ian Nell
2. Prof Ian Nell lewer Intreerede
Ian Nell lewer op 6 April 2017 sy professorale intreerede met die volgende tema: "Ons weet aan wie ons behoort? Die drama van Bedieningspraktyk in ‘n postkoloniale Afrika-konteks". Lees meer oor Ian hier.
Die intreerede vind plaas in die Attie van Wijk-ouditorium om 17:30 en indien u belangstel om dit by te woon, stuur 'n e-pos voor 31 Maart aan Marieke Brand by mariekeb@sun.ac.za.
Baie geluk en seënwense met die nuwe verantwoordelikhede, Ian.
3. Piketberg se Skribas bou Bande
Petro Smit, NG Eendekuil se skriba, skryf soos volg oor die samekoms van die Piketberg ringskribas op 23 Februarie by Cornerstone op Piketberg: "Daar is lekker gekuier en ook raad gevra en gegee. Die groep het terselfdertyd dankie gesê aan Erina Grobbelaar van Piketberg, wat na 26 jaar afgetree het. Sy het dikwels vir die res van die groep raad gegee. Ongelukkig kon Annamarié de Lange (22 jaar by Porterville) en Sandra de Villiers (Koringberg) nie die geleentheid bywoon nie . Almal was dit eens dat hierdie kuier 'n vaste instelling moet word!" Op die foto onder is die skribas byeen. Hul diensjare word in hakies na hulle name aangedui.

Skribas
 Agter vlnr: Reinet Jonker, Piketberg; Petro Smit,  Eendekuil (20 j); Erina Grobbelaar, Piketberg (26 j); Gerda Stroebel, Redelinghuys (3j); Willa Kapp, Hopefield (5 j)
Voor: Marian Coetzee, Aurora (10 j) en Carin Crous,  Moorreesburg (10 j)  
4. Ekumene:
4.1 Ecumenical United Nations Office (EUNO)

Om deel van 'n groter geloofsgemeenskap te wees, om deur ons ekumeniese betrokkenheid en vennote die praktiese gestalte van kerkwees in die breë wêreld te beleef, is 'n voorreg wat die NG Kerk koester. Daarom is ekumene ook een van ons eie se fokusareas.
Die World Council of Churches (WCC) is een van die internasionale ekumeniese liggame waarvan die NG Kerk sedert Junie 2016 weer lid is. Die WCC is oa betrokke by die Ecumenical United Nations Office (EUNO), gehuisves in die Church Centre vir die Verenigde Nasies (United Nations) in New York. Hier is ’n sterk fokus op "justice and peace" (video langsaan).
Die pragtige loodglas uitbeelding van ’n oog in die venster van die Tillman Chapel in die Church Centre, wat direk op die VN-kantoor oorkant die straat uitkyk, versinnebeeld die basis van hul vennootskap en werk saam met die VN.
Kyk gerus. 

NGK se uitgangspunte oor ekumene
Olav Fykse Tveit
4.2  Raakgelees ... oor Ekumene
World Council of Churches a worldwide fellowship
The World Council of Churches (WCC) has adopted a regional focus on Africa for its pilgrimage of justice and peace during 2017. 
WCC general secretary Rev Dr Olav Fykse Tveit noted that many people across the globe look to the WCC with a question: “What can we contribute as a worldwide fellowship?”
“The unity among the disciples is needed for the world to believe – to know – that in Jesus we have seen the true God and heard the truth about God,” he said. The full speech can be read here.
Refo500
5. Reformasie 500
Sing die Solas!

"Met die 500-jarige viering van die Reformasie vanjaar, het die Afrikaanse kerkgemeenskap nou 'n lied gekry waarin hulle die vyf slagspreuke van die kerkhervorming kan uitsing. Dié slagspreuke - 'Die Skrif alleen', 'Genade alleen', 'Geloof alleen', en 'Alleen aan God die eer' - staan algemeen bekend as die Solas, omdat dit telkens in Latyn begin met die woord 'sola' wat 'slegs' of 'alleen' beteken." Klik gerus hier om meer te lees en vir die besondere  lirieke van hierdie lied (VONKK 341). Rig navrae aan musiek@bmedia.co.za. (Met erkenning aan e-Kerkbode.)
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Parowvallei
Kleurlose, klaslose Multikulturaliteit

Riaan Britz (NG Parowvallei) getuig by die moderamenvergadering (7-8 Maart) oor veranderinge wat die Here ook in homself moes bewerk vir die gemeente se bediening oor grense heen.
"Die kerk moet wees waar die mense is. Die kerk moet gaan na waar die mense is. Ons moet die behoefte hoor, en as kerk reageer.
'There's a heaving, pushing mass called the 'unchurched' who are often sick of the church, but still hungry for God ...'" Klik hier vir meer oor hierdie gemeente se kragtige getuienis. Kontak Riaan by sam480@mweb.co.za met navrae.
Parowvallei se getuienis oor multikulturaliteit
Koffie-ontvangertjie
2. Parowvallei-Oos dien hele Gemeenskap
NG Parowvallei-Oos dien die hele gemeenskap koppie per koppie koffie, en met hulle lewens. 
Theo Swart skryf: "Die Here het ’n wonderwerk laat gebeur deurdat ons gemeente se hart oor die afgelope klomp jare oopgemaak is vir almal in die gemeenskap rondom ons. Die wonderwerk gaan steeds voort omdat almal, ten spyte van kleur of taal, ’n tuiste vind by ons. Jy kan verseker wees dat elkeen by die deure verwelkom word met ’n drukkie en elke persoon wat ons die eerste keer besoek, ontvang ’n spesiale kruisie van die gemeente". Lees meer
hier
Seën op julle goeie werk, Parowvallei-Oos! Ons beaam heelhartig wat Theo skryf:
"
Die wonderwerk van omgee vir mekaar is nie net beperk tot Sondae nie". 
3. NG Gemeente Calvinia laat steeds speke sing vir Sending!
Dit is vanjaar die 16de jaar wat ywerige fietsryers van Calvinia trap vir sending! Noel Viljoen laat weet dat hulle vanjaar op 24 en 25 Maart ry; die roete begin op Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp, dan Vredendal, oornag op Klawer en dan terug na Vredendal, Lutzville na Strandfontein - ongeveer 240 km!
Lees asb onderaan meer en oorweeg gerus hoe jy hierdie baie verdienstelike projek kan ondersteun! Kontak Noel by viljoen@hantam.co.za of 082 890 4489.
Groepfoto
Badisa KOM-eetprojek
4. Beaufort-Wes
KOM werk/eet/vroue/kombuis/word

Die Kerklike Omgee Missie (KOM)-projek het 22 jaar gelede begin as ’n beskeie antwoord op Beaufort-Wes se groot armoede-probleem.
Albertus van Zyl (predikant in die NG Gemeente Gamka-Oos) vertel meer oor hierdie hoopgewende projek, wat met die jare verskeie "babas" bygekry het. Dit sluit in Kom Kombuis, Kom Vroue, Kom Eet, Kom Word.
Lees gerus hier – dis is dalk net die inspirasie wat jy nodig het om iets soortgelyk in jou dorp te doen!
Op die foto langsaan is een van die treffende KOM-eetprojek borde wat besoekers met die inry in die pragtige Karoo-dorp begroet. Vir R50 koop jy vyf etekaartjies wat aan hongeres uitgedeel kan word vir 'n gesonde bord kos. Dankie, Badisa en KOM!
Werkers van die KOM werkprojek
Trotse werkers van die KOM-werkprojek staan gereed
Laat Kerkorde
5. Kerkorde Vind Pad Karoo toe!
Tydens die moderamenvergadering (7 en 8 Maart) is blykbaar geskiedenis gemaak!
Tallie van den Heever (NG Boesmanland) wys ons daarop dat die Kerkorde uiteindelik ook vir Beaufort-Wes bereik het!
Hier, om die geleentheid te vier, staan die mooie Alexanderbaai se Len Schreuder (Ring van Namakwaland se kerkraadslid by die moderamen), by Jan Stadler (Ring van Beaufort) met die ontvangs van die Kerkorde. Duidelik ’n gewigtige oomblik! 
Terloops: die Kerkorde van die NG Kerk is op die sinode se webwerf beskikbaar vir diegene wat dit (ook nog) nie in harde kopie het nie.
Klik hier.
Jan het blykbaar Dinsdagaand die hele aand Kerkorde gelees ... Ons het groot waardering vir sulke entoesiastiese ondersteuning van kerksake!

Tieners en tegnologie
6. Ouerskap en Tieners in ’n Digitale era
NG Kerk Parow-Panorama (Rembrandtsingel 14, Panorama) bied ’n geselsaand op Sondag 12 Maart om 18:30 aan met die tema: “Ouerskap en tieners in ‘n digitale era”. Japie Swanepoel van Digital4Christ kom fasiliteer die gesprek. Hy het ook tydens #Imagine 2016 ‘n soortgelyke werkswinkel vir die tieners aangebied.
Ringe
7. Huweliksvoorbereidingskursus
NG Bellville-Uitsig stuur inligting oor 'n kursus vir almal wat dink daaraan om binnekort te trou. Daar word onder meer leiding gegee oor intimiteit, konflikhantering en algemene riglyne vir ’n gesonde huwelikslewe. Die kursus strek van Ma 13 tot Wo 15 Maart van 20:00 – 21:00 by NG Kerk Bellville-Uitsig, Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth, Bellville. Kontak die kerkkantoor by 021 919 4220 of vir Francois Swart by 082 781 6854. 
Vier die lewe
8. Vrouekonferensie NG Stellenberg 
SOS en Stellenberg Annibrand bied aan:
'n Vrouekonferensie: ’n Nuwe lewe, ’n Nuwe jy by NG Stellenberg van 4 tot 7 April vanaf 09:00 tot 15:00. 
Die kursus, gebaseer op kunsterapie, sluit middagete asook alle kunsmateriaal wat tydens die kursus gebruik word, in.
Die aanbieders is Hennie en Elna Kotze. Besprekings kan gemaak word by sos@stellenberg.co.za en d
aar is slegs plek vir 30 persone bo die ouderdom van 19  jaar.
Klik hier vir meer inligting.
Vir meer inligting oor die NG Gemeente Stellenberg, besoek hulle webwerf of Facebook.
PREDIKANTENUUS
Goudini verwelkom WP en Ronette Bornman
In Rawsonville word daar met groot dankbaarheid uitgesien na 'n nuwe seisoen wanneer WP du Plessis en sy vrou, Ronette, hierdie naweek ontvang en bevestig word in die NG Gemeente Goudini. WP het aan die Weskus grootgeword en teologie op Stellenbosch studeer, waarna hy sedert 2013 in Edenburg in die Vrystaat in die bediening was.
Mag die nuwe omgewing vir julle en die twee honde en drie katte (!) 'n wonderlike nuwe ontdekkingstog van die Here se trou en sorg wees, sodat julle jul leuse "Leef en laat leef!" met oorgawe in die gemeente kan uitleef. Baie welkom by ons!
WP en Ronette du Plessis
Handevat
EKOLOGIE
1. Geleentheid vir hande vat
'n Ekologie-bediening bied 'n wonderlike geleentheid om hande te vat en die eenheid van die kerk en gemeenskap te ervaar. Dit bied ook die geleentheid vir gemeentes en kerke om 'n profeet en avokaatsrol vir omgewingsgeregtigheid te speel. Die Taakspan vir Ekologie gee hier 'n paar riglyne vir gemeentes.
2. Seisoen van Menswaardigheid
Ons rol in God se skeppingsverhaal

Maak gerus 'n punt daarvan om CLF se pamflet, "Ons rol in God se skeppingsverhaal" te bestel. Dit bevat nuttige inligting oor die mens en die natuur, aktuele besprekingsvrae oor ekologiese sake, sowel as lekker praktiese wenke en hulpbronne. As jy en jou gemeente erns maak met ons ekologiese verantwoordelikheid, is hierdie 'n spesiale hulpmiddel. Dankie aan die Seisoen van Menswaardigheid en CLF; dis pragtige, praktiese materiaal! Klik hier.
3. Koolstof-vas vir Lydenstyd
Kom ons gebruik Lydenstyd om uit liefde die aarde te koester. Algaande sal ons ontdek dat ons diep geseën word. Hier is die riglyne vir die week (met dank aan Estelle Botha wat die koolstofvas vir Lydenstyd, gebaseer op die Anglikaanse Kerk se "Carbon fast for Lent" vertaal en verwerk het.) 14 Maart se riglyn: Maak alle druppende krane reg, by die huis, by die werk en by die kerk! 
EWN network
4. WCC Seven Weeks for Water
As reported last week, during Lent the Ecumenical Water Network (EWN) tries to connect with churches, faith based organizations and individuals – through the Seven Weeks for Water, and to raise awareness around World Water Day on 22 March.  
The World Council of Churces (WCC)'s Pilgrimage of Justice and Peace has a regional focus on Africa on 2017 and the Seven Weeks for Water takes us on a pilgrimage of water justice in Africa this year.
Week 2: Feminization of water poverty in Africa - click here.
NUUSBRIEWE
1. L’Chaim-nuusbrief van Simcha Bediening aan Jode
In hierdie uitgawe is nuus oor die Lausanne Consultation on Jewish Evangelism, wat op 5 November 2016 by die Logos Christen Kerk plaasgevind het.
Die spreker, dr Richard Harvey, ’n lektor aan die All Nations Christian College in die VK, het ook ’n openbare lesing met die onderwerp "A Messianic-Jewish perspective on the way towards reconciliation in the Israel-Palestinian conflict" aan die Fakulteit Teologie, US, gelewer.
Die nuusbrief gee ook inligting oor Joodse feeste wat in hierdie dae gevier word. Klik hier
.
Richard en Monica Harvey breek brood
Richard en Monica Harvey spreek die kiddusj-seën uit oor die sabbatsbrood
by Beit Ariel Messiaans-Joodse gemeente
2. Missie Japan Nuusflits: Lydenstyd
“Wanneer jy in hierdie lydenstyd die uitdagings en pyn van jou eie konteks bepeins, mag jy ook die gedeelde lyding van jou Japannese broers en susters onthou. Lees gerus hieronder verder oor Japannese Christene se lyding, en hoe ons vandag kan bid vir, en saam met, hulle.”
So skryf Stephan van der Watt in Missie Japan se nuusflits. 
Missie Japan
CLF-logo
PUBLIKASIES
CLF: Traktaatjies tot Pamflette in 60 Jaar
Die gebruik van traktaatjies as evangelisasiemiddel dateer baie eeue terug, selfs tot voor die boekdrukkuns. Dwarsdeur die onstuimige jare van die Reformasie is daar baie van traktate gebruik gemaak om nuwe idees te versprei. Sestig jaar gelede se vaal koerantpapiertraktaatjies het plek gemaak vir kleurvolle pamflette met baie aktuele onderwerpe wat uitnooi tot geloof, geloof bou, wat lewenswaardes en -vaardighede help vestig, wat inligting gee oor die maatskaplike vraagstukke van ons tyd en wat troos en hoop bring. Daar word jaarliks steeds meer as ʼn miljoen pamflette in 20 tale versprei! Lees hier.
KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Klik asb op die advertensies vir meer inligting. 
NG De Tyger Basaar 11 Maart
NG De Tyger Basaar
11 Maart
Alta du Toit Sonskynfees 25 Maart
Alta du Toit Sonskynfees
25 Maart
NG Kuilsrivier-De Eike
3. 40 Jaar vir Kuilsrivier-De Eike
Vanjaar is hierdie gemeente 40 jaar oud en hulle vier die besondere genade met 'n spoggerige dinee vir 400 mense op Vrydagaand 10 Maart, en 'n spesiale erediens wat op Sondag 12 Maart om 09:00 deur ds Johan Morkel gelei sal word. Lees gerus hier verder. Alle oudlidmate en andere met bande met die gemeente is hartlik welkom.
4. Jan Kriel Skool vier 80 Jaar!
Sedert 1937 verras Jan Kriel se kinders gereeld met iets eiesoortig en "magic" uit die skoolbanke. Dis wéér sulke tyd en die groot inspirasie hierdie jaar is dat ons besondere skool 80 jaar oud word.
Op Woensdag 29 en Donderdag 30 Maart bied Jan Kriel Skool 'n baie spesiale Cirque du Soleil-styl konsert vir oud en jonk aan. Koop nou al jou kaartjies (R50 pp) om die groot pret en betowering te beleef. Kontak Marieke by 021 903 1108 vir kaartjies of meer inligting.
Wanneer laas was jy by die sirkus? Hierdie fantasiewêreld lewe van akrobate, tuimelaars, narre en ballerinas - 230 leerders én 'n paar onderwysers - en behoort jou asem skoon weg te slaan. Daarvoor sorg professionele afrigting en oorspronklike kostuums. Onthou, jóú ondersteuning gee Jan Kriel se kinders 'n kans!
Jan Kriel Skool Sirkus 29-30 Maart
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VGK logo
1. VGK Macassar: Kassier
Hierdie gemeente het ‘n vakante kassierpos. Persone wat aan die verwagte vereistes voldoen, kan aansoek doen. Lees hier meer. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 19 Maart 2017.
CV's kan  gepos word na VGK Macassar, Posbus 90, Macassar 7134, of via e-pos gestuur word na vgkmac@telkomsa.net.
Vir navrae skakel 021 857 2926 gedurende kantoorure.
NG Wellington-Oos
2. NG Gemeente Wellington-Oos
Vakature – Kinderwerker

'n Liefde vir kinders, die vermoë om kinders te begelei in geloofsgroei- en geloofsekerheid, die bou van verhoudinge en die vermoë om onafhanklik te funksioneer, is kritiese aspekte van hierdie pos. CV's kan gefaks word na 086 630 4284 of per e-pos na margaux@ulumahr.co.za gestuur word. Aansoeke sluit Donderdag, 23 Maart 2017. Lees meer hier.
Badisa logo
3. Badisa: Uit en Tuis Crèche, Goodwood
Uit en Tuis Crèche is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). 
Aansoeke van entoesiastiese persone met ’n deeglike kennis van voorskoolse versorging word vir hierdie betrekking ingewag. Aansoeke sluit op 24 Maart - lees hier meer. 
Durbanville Kinderhuis logo
4. Badisa: Durbanville Kinderhuis
Administratiewe Assistent (Halfdag)
Durbanville Kinderhuis beskik oor 'n halfdagpos vir 'n administratiewe beampte: bemarking en fondswerwing.
Klik hier om meer te lees oor die minimun vereistes, sowel as die posbeskrywing. Voornemende aansoekers moet ʼn volledige CV met verwysings rig aan jstrauss@durbanvillekinderhuis.org.za teen 13 Maart.
Pieter van Jaarsveld
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Pieter van Jaarsveld
Kan dit wees dat die Bybel lankal reeds gesê het wat neurowetenskap nou eers bewys? Inderdaad!
* Positiewe sielkunde beklemtoon positiwiteit en geluk (Johannes 10:10), want negatiewe emosies veroorsaak die afskeiding van die streshormoon, kortisol, wat kroniese moegheid veroorsaak, uitbranding, vergeet, breinskade, 74% van siektes! Vyf minute van negatiwiteit veroorsaak dat liggaam vir ses uur lank geen IgA (wat vir jou immuunsisteem verantwoordelik is) afskei nie. Gevolg? Siektes. Wat vra Fil.4: 8 van ons? Onthou, geluk is 'n keuse.
* Rom. 12:2: Verander jou gedagtes en jou lewe vernuwe! Neuroplastisiteit: Jy kan jou brein herbedraad. Sê daagliks vir 30 dae: "Ek is 'n gelukkige mens en net goeie goed gaan met my gebeur". Ander mens in 30 dae! Dink net hoe jy jou lewe kan verander met die kennis van neuroplatisiteit!
* Geskape na die beeld van God: Brein gelykstaande aan 100 miljard skootrekenaars. Wat 'n potensiaal!
Laat mens dink, nè!
                                                              ******
Pieter van Jaarsveld, 'n erkende internasionale konsultant in leierskapsontwikkeling in die sakewêreld, is ook 'n bekende in radio-en televisieprogramme. Hy het twee meestersgrade (in sielkunde en teologie) en 'n doktorsgraad (oor mense se selfbeeld). Pieter en sy vrou, Irene, het twee getroude seuns. Hy is ook die outeur van drie topverkopers.
Dankie vir hierdie inspirerende gedagtes wat jy met ons deel, Pieter!
Dankie vir die geduld met die laat versending van hierdie uitgawe weens tegniese uitdagings buite ons beheer.
Ek vertrou dat hierdie VrydagNuus (wat so amper régtig eers VRYDAG die lig gesien het, steeds wyd gelees, gedeel en geniet sal word. Dis deel van ons kerk se getuienis.

Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Subscribe to our email list.