Subscribe to our email list
 8 April 2016

Beste Leser
He is risen
"The resurrection does not solve a puzzle, or answer some question. The resurrection deepens The Mystery."
- Leonard Sweet 
SINODENUUS
1. #imagine 2016

'n Mens hoef net na die foto's op sosiale media te kyk om iets van die omvang van die pas afgelope #imagine jeugsaamtrekke te begryp. Met meer as 3 500 tieners in die suide byeen en 'n toegewyde logistieke span was hierdie jaar se geleentheid geseënd ver bo verwagting!
Anriëtte de Ridder het haar pos as PSD: Jeug- en Familiebegeleiding op hierdie ongelooflike hoogtepunt begin. Sy deel belangrike inligting oor opvolgaksies en materiaal om die beweging in gemeentes voort te sit. Bekyk selfs meer foto's in die splinternuwe e-Kerkbode en hier (dankie, Oudtshoorn-Welgeluk!)
#imagine bus
#imagine hashtag #imagine gebedstasies
Anriëtte selfie Kosmaak by #imagine
Swellendam-tieners
Taakspan Publieke Getuienis-lede
2. Publieke Getuienis
Rassisme, Versoening & Vorentoe

Teen hierdie tyd weet ons almal dat SA 'n paar uitdagings het as dit kom by rassisme, versoening en heling. Die Sentrum vir Publieke Getuienis stel daarom graag die volgende geleentheid bekend:  ‘n interaktiewe dialoog tussen lidmate van die NGK en VGK aangaande rassisme, versoening en die pad vorentoe vir SA.
Dit vind op Do 7 April (vandag!van 19:00 – 21:00 by onderskeidelik die NG Gemeente Caledon-Wes, die VGKSA Wynberg en die NG Gemeente Oostersee plaas. Op Do 14 April van 19:00-21:00 word die gesprek by die NG Gemeente Welgemoed gehou. Verversings sal bedien word en die gesprekke sal deur lede van die taakspan van die Sentrum vir Publieke Getuienis gefasiliteer word. Belangstellendes kan Salomi Steenkamp so gou moontlik by 021 957 7202 of spg@kaapkerk.co.za kontak.
Vuyani Minya
3. Getuienisaksie:
Welkom, ds Vuyani Minya!

Getuienisaksie verwelkom ds Vuyani Minya op hul span. Hy is verbonde aan die VGK Zwelitsha, King William’s Town in die Oos-Kaap en het van 1 April ook ’n 50% aanstelling by Getuienisaksie. Hy sal veral op gemeentebou met ’n missionêre gerigtheid van VGK-gemeentes in die Oos-Kaap fokus. Leierskapsontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid van gemeentes sal veral aandag geniet.  
Vuyani het in 2008 op Stellenbosch afgestudeer, is getroud met Siphokazi en het twee kinders, Sinovuyo Agape en Siphosethu Azariah. Ds Minya vertel meer van homself - klik hier.
4. Gemeentebegeleiding: Gielie vertel
Die Diensgroep Gemeentebegeleiding is een van vyf diensgroepe (afdelings) in ons sinode. Die taakspanne van Gemeentebegeleiding is:
Jeug- en Familiebegeleiding,
Predikantebegeleiding,
Nuwe Geloofsgemeenskapontwikkeling,
Gemeentebegeleiding en
Vrouebediening.
Gielie Loubser, PSD: Gemeentebegeleiding, stel sy diensgroep se taakspanne en werk in die volgende video bekend. Daar waar gemeentes begeleiding of hulp nodig het, wil hierdie diensgroep graag 'n rol speel.
Kontak Gielie by gielie@sun.ac.za vir meer inligting oor Gemeentebegeleiding.
SACC-logo
5. SA Raad van Kerk uitgesproke oor Nkandla
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), waarvan die NG Kerk en 31 ander lidkerke deel is, het op 31 Maart 'n sterk bewoorde mediaverklaring oor die Konstitusionele Hof se uitspraak rakende Nkandla uitgereik. Die NG Kerk identifiseer homself ten volle hiermee, aldus dr Gustav Claassens, algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode. Lees gerus die mediaverklaring aangeheg.
6. Gekkedag-grap oor Huwelik toe Geen Grap
Daar was vanjaar op 1 April heelwat Gekkedag-berigte wat sommige lidmate op hol gehad het. Een daarvan was dat die NG Kerk toelaat dat mans meer as een vrou kan hê (’n sg poligame huwelik). Die berig het oa voortgegaan om te noem dat die NG Kerk ’n kommissie het wat die wettiging van poligame huwelike ondersoek.
Natuurlik was dit bedoel as ’n grap – maar sonder dat dit ooit ’n grap genoem is. Die Algemene Sinode se algemene sekretaris, Gustav Claassen, moes uiteindelik ’n verklaring in reaksie hierop uitreik. Klik hier om dit te lees.
Namibiese Sinode-logo
7. Sinodesitting in Namibië
7.1 Moderatuur verkies

Tydens die afgelope sitting van die Namibiese sinode (18-21 Maart) is die volgende persone tot die moderatuur vir die volgende vier jaar verkies: vlnr Clem Marais (herkose skriba), Johannes Maritz (herkose assessor), André Olivier (moderator), Thijs vd Merwe (aktuarius), Christa Louw (addisionele lid) en Ernst Coetzee (addisionele lid).
André Olivier het geen bekendstelling onder ons lesers nodig nie: hy was voorheen predikant in Villiersdorp, Piketberg en Kaapstad, voordat hy hom in 2011 in Aranos in Namibië gaan vestig het. Ons seën vir hierdie leiers toegebid!
Namibië moderatuur 2016
7.2 Getuienis oor Selfdegeslagverhoudings
"Ons stem nie met julle saam nie, maar ons aanvaar julle integriteit en gaan julle nie los nie!" Dit is in parafrase die boodskap wat die Namibiese sinode verlede naweek laat hoor het aan diegene wat tevrede is met die Algemene Sinode se 2015-besluit oor homoseksualiteit.
Die volledige besluit, soos oorgeneem uit Feldmuis, Namibië se elektroniese nuusbrief, is hier beskikbaar.
7.3 "Die Bybel is die Woord van God", benadruk Namibië
Ons leef in tye waarin baie bekende en aanvaarde standpunte nie net bevraagteken word nie, maar selfs ook verander. Dit laat mense al meer onseker en dit kom voor of daar sosiaal-maatskaplike verval plaasvind, 
Teen hierdie agtergrond het die NG Kerk in Namibië weer benadruk hoe daar omtrent die Bybel bely en geglo word. Belangstellendes kan hier lees. (Dankie, Feldmuis.)
Clem Marais
7.4 Namibië deel van Algemene Sinode?
Namibië se skriba, Clem Marais, berig dat die sinvolheid vir die Namibiese sinode om deel van die NG Kerk Algemene Sinode te bly, al geruime tyd bevraagteken word. Hulle verhouding met die Algemene Sinode moet hersien word, want 'n dringende herskikking van bande blyk nodig te wees.
Die sinode het pas 'n taakspan, olv dr André Olivier, aangewys om 'n proses van besinning oor die toekomstige funksionering van die NGKN te begelei. Hulle moet binne vier maande terugrapporteer en moet oa aandag gee aan Namibië se breë ekumeniese verhouding (wat die verhouding met die Algemene Sinode insluit), plaaslike strukturering, plaaslike teologiese opleiding en die vorming van nuwe reformatoriese geloofsgemeenskappe. 
Alta Vrey
8. Kerkargief neem afskeid van Alta Vrey
Aan die einde van Maart 2016 het Alta Vrey na 16 jaar in die Argief, en byna 33 jaar in diens van die NG Kerk, die tuig neergelê.  
Die Kerk verloor 'n magdom kennis wat Alta met haar saamneem. Haar taak het onder andere ingesluit die historiese databasis van predikante, in memoriam, die bymekaarsit van sinodebesluite, die benoeming van 'n menigte foto’s, die skep van 'n museumdatabasis.
Lees gerus me Marlene Schoeman, voormalige hoofargivaris, se groetwoorde hier.
Alta, ons waardeer jou toegewyde diens en wens jou en Gert seën op die nuwe paaie toe.
Danelle Jordaan
9. Sinode van Wes-Kaapland verwelkom Danelle Jordaan 
Danelle Jordaan het op 1 April 2016 amptelik as ontvangsdame by die sinodale kantoor in Bellville begin. Ons vertrou dat alle besoekers en diegene wat die sinodale kantoor skakel, haar vriendelike stem en verwelkoming as 'n aanwins sal beleef.
Danelle, is jy baie welkom in ons geledere! Mag jy spoedig tuis voel en baie bevrediging uit jou werk put.
Barend Vos
ALGEMEEN
1. Andrew Murray-pryswenners!
Die wenners van hierdie spesiale pryse is pas bekendgemaak. VrydagNuus vier dit graag met dankbaarheid saam met elkeen van die waardige wenners!
Die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek: Barend Vos vir Die ewigheid in my hart. (foto regs)
Die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys: Living with Dignity – African Perspectives on Gender Equality (Sun Press, met redakteurs Elna Mouton en Len Hansen van Stellenbosch, Getrude Kapuma van Malawi en Thomas Togom van Kenia).
Die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk in ’n amptelike SA-taal: Jong teoloë praat saam ...(Bybel-Media) met as inisieerder en ­redakteur Annette Potgieter. 
Die Andrew Murray-FAK-prys word vanjaar die eerste keer toegeken vir ’n buitengewone bydrae tot Christelike musiek: Chris Lambrechts
’n Spesiale Andrew Murray-­prys gaan aan die kerkhistorikus en Africana-versamelaar, Gerdrie van der Merwe
Belangstellendes kan gerus die mediaverklaring hier lees. Inligting oor die toekenningsaand sal binnekort beskikbaar wees.
CLF-logo
2. CLF: Pinkster 2016
Christus kom herstel ons Menswaardigheid

In aansluiting by die NG Kerk-familie se Seisoen van Menswaardigheid, dink ons met vanjaar se Pinksterreeks as kerkfamilie saam daaroor dat die Here alle mense na sy beeld geskape het en dat Jesus sy kerk in ons tyd opnuut van dié waarheid bewus maak. As dissipels van Jesus hoor ons die waarheid van God se Woord en wil gehoorsaam reageer as sy gestuurdes om na die gebroke wêreld uit te reik met die boodskap dat Christus ons menswaardigheid kom herstel het.
Ons sluit ook aan by die Wêreldraad van Kerke se program vir menswaardigheid, om daarmee die NG Kerk-familie se eenheid met die ekumeniese kerk oor die wêreld heen te erken. Kry die Pinksterreeks in Afrikaans en Engels by hierdie skakel.
Volmoed Retreat Centre
3. Gesoek: Jong leiers wat wil Luister
Hoe neem jy as Christen deel aan die publieke diskoers oor versoening, geregtigheid, en sosiale kohesie in Suid-Afrika? Wil jy deur kennis, ervaring en gesprek meer hieroor leer? 'n Unieke 10-weke residensiële program word vanjaar aangebied by Volmoed (Hermanus) van 22 Mei tot 29 Julie. Vir meer inligting en inskrywings, besoek gerus Facebook en klik hier of kontak Edwin Arrison by earrison78@telkomsa.net.  
4. Conference: Gender and Resistance
Julie Claassens stuur nuus oor die Circle of Concerned African Women Theologians, wat op op 5 en 6 Mei 'n konferensie oor "Gender and Resistance" op Stellenbosch aanbied. Onder die deelnemers is Julie Claassens, Magriet de Villiers, Amanda Gouws, Nobuntu Matholeni, Nadia Marais en Charlene van der Walt. Die program is hier beskikbaar. Bevestig jou teenwoordigheid voor Vr 29 April by Marita Snyman by maritasnyman@sun.ac.za.
5. Gender en Gesondheid-klas Gradueringskonferensie
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die Gradueringskonferensie van die MTh Gender en Gesondheid-klas 2014-2015 van die Universiteite van Stellenbosch en KwaZulu-Natal.
Die konferensie vind plaas van 20-21 April 2016 by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch en dien as 'n vertoonvenster vir die graduandi wat hul navorsing sal aanbied binne die veld van Gender, Gesondheid en Teologie. Vind die program aangeheg. RSVP voor 18 April 2016 na Charlene van der Walt by charlenevanderwalt@sun.ac.za.
Leon Klein
6. Ekklesia: Clergy and Clergy Family Wellness
This short course on family wellness, presented by Rev Dr H Leon Klein (on 18 April from 09:00 to 12:00 at the Faculty of Theology, US), is specifically designed to address and equip the clergy family and those seeking to care for them, with basic, practical tools in dealing with the unique mental and emotional challenges such as burnout, stress and depression this particular family unit is faced with daily. Click here to register - please note the closing date of 11 April.
Marianne J Kruger
7. Berading-voos en Moedeloos? HospiVisie het Hulp!
Voel jy soms berading-voos, moeg en moedeloos met al die lyding, trauma en dood waarmee jy gereeld gekonfronteer word? Daar is ander wat soms ook 'n gevoel van empatie-uitputting beleef. Oorweeg gerus HospiVisie se CPD-seminaar op Vr 13 Mei (noordelike voorstede) OF Sa 14 Mei (suidelike voorstede) om te leer hoe om dit te hanteer, en te voorkom (3 VBO-punte). Die aanbieder is Marianne Kruger, kliniese en voorligtingsielkundige. Reageer voor 4 Mei - lees hier verder
*Daar is 'n formele vennootskap tussen die Diensgroep Armoede en Sorg en HospiVisie rondom pastorale sorg (onder meer hospitaalpastoraat).
8. Raakgelees: Oor Vergifnis
Reggie Nel skryf in 'n artikel op Netwerk24 oor vergifnis. Daarin haal hy Martin L King jr se woorde aan: "Vergifnis is nie ’n sporadiese geleentheid is nie, dis eerder ’n leefstyl wat groei uit ’n bepaalde gesindheid. Ons kies om die kwaad te oorwin en om nie toe te laat dat bitterheid ’n vastrapplek in ons lewe kry nie."
Heel gepas vir ons huidige situasie. Lees die volledige artikel hier. (Met dank en erkenning van Netwerk24 oorgeneem).

Dion Forster
9. Not a Lecture, just a Thought ...
 Hope is not Optimism ...

Vir diegene wat in die huidige politieke klimaat twyfel of ons nog rede tot hoop het, mag hierdie bydrae interessant wees. Dion Forster, predikant van die Metodistekerk en dosent by US se kweekskool, sê in sy vlog (video-blog):
"Christians need to hold on to hope, and not just optimism - because we believe in a God who is active in history. History does not contain all of reality, there is a reality that is greater than history and at any moment, as John de Gurchy, the great SA theologian, puts it 'at any moment we may see the God of the unexpected break through and do something truly wonderful.' "

Die volledige opname is hier. And remember, this is not a lecture, it is just a thought.
Twitter Facebook
Volume-knop
10. Spits jou Ore: Wanneer is hard TE hard?
Vir enigeen betrokke by kerkmusiek, of dit nou klassiek of moderne "praise and worship' is, of die orrel, die klavier of die "band" die begeleiding moet doen.
"When it comes to volume in worship, how much is too much? At the Calvin Institute of Christian Worship, they have been learning a lot about universal design, defined by The Center for Universal Design at North Carolina State University’s College of Design as 'the design of products and environments to be usable by all people, to the greatest extent possible, without adaptation or specialized design.' They have been thinking about how this principle applies to worship, including the volume of music in worship." Kry die volledige artikel hier.
11. Oor (Kerk) Kommunikasie nagedink ...
Vir elkeen wat iewers met die kerk (sinode/ring/gemeente) se kommunikasie gemoeid is. Tydens 'n jaarlikse konferensie van meer as 120 kommunikasiebeamptes betrokke by geloofsake, bemoedig James Forbes van New York  met dié woorde: "Take God’s love, justice, mercy, and truth that you receive, then mix it, write it, video it, print it.” In doing so, each will see the legacy of faith and give it away." 
Die konferensie van die Religion Communicators Council’s
 (vanjaar in New York aangebied) bou brûe tussen geloofgroepe en bespreek nuwe maniere van kommunikeer. Wat 'n voorreg: so 'n geleentheid tot voordeel van die kerk se kommunikasie ...
Plaaslike Verkiesing
Suid-Afrikaners sal op 3 Augustus vanjaar in die plaaslike verkiesing kan stem. Stemgeregtigdes word aangemoedig om hulle tydens die laaste registrasienaweek
(van 9 tot 10 April) te registreer. Om uit te vind of jy geregistreer is, sms jou ID-nommer na 32810.
GEMEENTENUUS
1. Opstandingsondag op Calitzdorp
By die NG Gemeente Calitzdorp is snoek en roosterkoek Sondagoggend net voor die erediens bedien ter herinnering aan die opstandingontbyt op die strand ...
"Toe sê Jesus vir hulle: 'Kom eet.' Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: 'Wie is U?' nie. Hulle het geweet dat dit die Here is, Jeus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis." (Joh 21:12-13)
Calitzdorp snoek en roosterkoek vir Opstandingsondag
Vredelust gemeente
2. Vredelust: Let op nuwe Kontakinligting
Van die NG Gemeente Vredelust in Bellville ontvang ons die volgende: Daar is inligting in die Jaarboek 2016 oor Vredelust wat onvoorsiens verander het.
Vervang “Admin beampte” asb met "Registerhouer" - en e-pos: info@churchadventure.co.za en faks 021 950 4467. 
Kontreimark groente
3. Koue Bokkeveld Kontreimark
Die gemeente van Op-Die-Berg (Ceres) bied reeds 10 jaar in samewerking met Stellenberg hulle gesellige kontreimark aan. Vanjaar se mark is op Vr 15 April vanaf 12:00.
Fondsinsameling vir projekte in die gemeenskap en samewerking van die gemeenskap is die hoofdoel. Hierdie mark word deur die meeste kerke in die Koue Bokkeveld ondersteun. Feitlik alle produkte word deur die gemeenskap geskenk. Op die markdag werk almal saam en tree ’n plaaslike koor, rieldansers en ’n boereorkes van die Bokkeveld op.
Die  meeste fondse gaan vir Op-die-Berg se plaaslike Badisa-program en ander kleiner projekte. Stellenberg gebruik 10% van die inkomste vir hulle JAM-uitreike in die Koue-Bokkeveld-gemeenskap (sien volgende berig). "Ons is oortuig daarvan dat ons deur hierdie mark uitdrukking gegee aan ons gestuurdheid na ons plaaslike omgewing, vertel Bossie Muller van NG Op-die-Berg. 
Ondersteun hulle gerus op 15 April. Jy wil hierdie kuier nie misloop nie!
Bokkeveld Roosterkoek
Roosterkoek soos net die Bokkevelders kan 
Koue Bokkeveld-karakterbou
Karakterbou is die Koue Bokkeveld-manier ...
4. Uitreik na Bokkeveld groot Sukses!
Leiers van verskillende uitreike (van die VGKSA Kraaifontein en Klipheuwel, Jabulani Africa Ministries, Houtbaai, Op-die-Berg en andere) het die afgelope vakansie by Op-die-Berg (Ceres) ontmoet.
As deel van die NG Gemeente Stellenberg Jeugaksie se visie vir jeugontwikkeling in 'n nie-rassige beweging is gefokus op die ontginning van leierskap en potensiaal van saamgestelde spanne. Anton Duvenage, die geestelike leier van die span se uitreik onder die Bokkeveld seisoenwerkers, het dit as 'n mooi verhaal van samewerking, netwerke wat groei, en ontwikkeling tot opbou en seën van verskillende gemeentes en gemeenskappe beskryf.
Bokkeveld-uitreik
Stellenberg uitreik Bokkeveld
CH2-logo
5. NG Gemeente Worcester-Brandwag
Wie wil CH2 saam invoer? 

"Aan hierdie kant van die Du Toitskloof-berge wil ons (NG Worcester-Brandwag) graag 'n fondsinsameling saam met CH2 hou. Is daar 'n gemeente aan die ander kant van Du Toitskloof berge, bv Bellville, Stellenbosch, Paarl wat saam met ons vir CH2 wil invoer Kaap toe? Skakel die kerkkantoor (023 347 4990) of ngkwb@telkomsa.net, as julle belangstel. Ons kyk na 'n datum rondom 14 Oktober 2016. Vir toekomstige konserte kan dit ook anderkant toe om werk. As jy nie weet wie CH2 is nie, Google gou! 
PREDIKANTENUUS
1. Kleinmond neem afskeid van Nico en Michelle Rabe

In Kleinmond is aan die einde van Maart van Nico en Michelle Rabe afskeid geneem.
Nico skryf soos volg hieroor: "Na aftrede is ons gelukkig genoeg om in Kleinmond te kan bly.  Dit is 'n gemeente waar meer as die helfte van die lidmate pensioenarisse is. Gevolglik het ek nou al baie raad vir aftrede gekry. Die aanneemlikste is dat 'n mens vir die eerste jaar vir alles moet nee sê en net rus, en as jy na 'n jaar agterkom dat jy daarvan hou, dan hou jy aan om dit te doen. In die dorp is daar 'n klub en organisasie en vereniging vir omtrent alles onder die son. Ons sien daarna uit om dinge te doen waarvoor ons tot nou toe nie die tyd gehad het nie en ook om ons berge en see meer te verken en te geniet.  Ek is wel besig om die brugpredikant-kursus te doen, maar dit is vir die toekoms."
Ons wens julle baie vervulling so tussen die berge en die see toe, Nico en Michelle!
Michelle, Erica en Nico Rabe
Michelle, Erica (dogter) en Nico Rabe
Marnus en Angelique Havenga
2. Havengas na Duitsland
Angelique Havenga se kontrak by die NG Gemeente Wellington het op 31 Maart ten einde geloop en sy het toe demissie (met behoud van status) ontvang.
Angelique en haar man, prop Marnus Havenga, beplan om binnekort oorsee te vertrek vir verdere studies. Marnus is besig met sy PhD in Sistematiese Teologie en Angelique beoog ook verdere studies.
Mag die Duitse paaie vele vreugdes en vervulling inhou!
Anton Duvenage en Bianca Engelbrecht
3. Anton, welkom in Onrusrivier!
Ons deel graag in die spesiale vreugde van die NG Gemeente Onrusrivier, waar Anton Duvenage op Sondag 10 April deur sy pa, Why Duvenage (van NG Stellenberg) bevestig word.
Anton is aangestel in 'n twee jaar vastetermynpos en sal hoofsaaklik vir nuwe gemeenteontwikkeling, saam met jeugbediening, verantwoordelik wees.
Sy intreepreek is die aand om 18:00 in die kerkgebou. Ons seënwense gaan aan Anton en sy verloofde, Bianca Engelbrecht (saam op die foto).
Lisel Joubert
4. Lisel Joubert na NG Gansbaai
Lisel Joubert het die beroep as predikant vir die NG Gemeente Gansbaai aanvaar. Sy woon al 17 jaar in Franskraal en was voorheen betrokke by NG Gemeente Onrusrivier en Gansbaai, en as navorsingsgenoot by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch. Lisel is getroud met Deon, wat in die omgewing boer, en hulle het twee kinders, Maya (13) en Frederik (11). 
Lisel sien daarna uit om nou voltyds in die bediening in haar eie tuisgemeente te staan. Sy word op 8 April amptelik in die gemeente ontvang en sal op 10 April haar intreepreek lewer. Ons bid haar voorspoed en seën op haar werk toe.
5. Moorreesburg verwelkom Gerhard Louw
Moorreesburg het Gerhard en Daniela Louw amptelik op 1 April in die gemeente verwelkom. Kort na die skoolkwartaal afgeskop het, op Sondag 17 April om 09:00, lewer hy sy intreepreek. Gerhard en Daniela is die ouers van twee pragtige dogters, Anika (13) en Nina (11). Hy was voorheen predikant in Lindley in die Vrystaat en Dundee-Suid in Kwazulu-Natal sedert 2006. Ons opregte wense vir vrede en seën op julle bediening in die Swartland! 
Nina, Anika, Gerhard en Daniela Louw
6. Elize Nel, welkom in NG Gemeente Aggeneys!
Elize Nel, van Zeerust in Noord-Wes, het vandeesmaand by die NG Gemeente Aggeneys in Namakwaland ingeval. Sy het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en was voorheen oa by die NG Gemeente Zeerust en NG Koedoeskop in Limpopo betrokke.
Elize se bevestiging (op Sa 9 April) word deur haar broer, ds Jan Nel van NG Westonaria-Oos, waargeneem, met haar intreepreek om 17:00 die middag. Mag die nuwe paaie in en om Aggeneys gevul met genade en die Here se sorg wees!
Elize Nel
Elize Nel
Stephan Naude
Stephan Naude
7. Riviersonderend ontvang Stephan Naude
In Riviersonderend word Stephan Naude op Vrydag 8 April om 18:00 met handeoplegging as predikant bevestig, waarna 'n Overbergse feesmaal wag, laat weet Kobus Pretorius, sy kollega.
Stephan is vanaf 1 Maart in 'n deeltydse vasgestelde termynpos van twee jaar aangestel. Hy beoog om in hierdie twee jaar sy verdere studies in Ou Testament onder prof Louis Jonker aan die US te voltooi.
Sy intreepreek is op Sondag 10 April om 10:00. Saam met Riviersonderend se mense wil ons ons opregte wense vir seën en vervulling in jou bediening, sowel as jou verdere studies stuur, Stephan! 
8. Maryke Venter: Nuwe kapelaan in Bredasdorp!
Die NG Gemeente Bredasdorp het ook rede om te glimlag! Maryke Venter is op 17 Maart daar bevestig en is as kapelaan by Air Force Base Overberg werksaam. Haar intreepreek is op Sondag 10 April. Sy het aan die Universiteit Pretoria studeer en baie onlangs uit Gauteng na die mooie Overberg verhuis. Mag jy en GJ die Here se leiding en voorsiening in al julle weë ervaar - baie seën!
GJ en Maryke Venter
Niel Steyn en Riaan de Villiers
Niel Steyn en Riaan de Villiers
9. Two Oceans: Run as One
"Ek wou graag vir meer as myself hardloop en het besluit om dit as fondsinsameling vir die SA Kinderhuis in Kaapstad te doen.
Hierdie kinders het 'n uitdagende en dikwels hartseer lewenspad, soveel moeiliker as wat ek my kan indink ... ons moet ontdek hoe ons langs mekaar kan kom op ons lewenspaaie, want ons het baie om by mekaar te leer en mekaar mee te dien."
Aan die woord is Riaan de Villiers, predikant in die NG Gemeente Kaapstad (die Groote Kerk).
Hy het vanjaar op 26 Maart sy eerste Two Oceans-ultramaraton voltooi. Lees gerus hier verder.

EKOLOGIE
Die Southern African Faith Communities' Environment Institute (SAFCEI), waarvan die NG Kerk lid is, herinner in hulle April-nuusbrief onder meer aan Earth Day, wat op 22 April gevier word. 
Hulle nooi gemeentes en individue om hierdie kans te benut om na te dink hoe jy 'n verandering kan maak, jou impak op die natuur kan minimaliseer en die skepping in die geheel kan vier.
Lees hier verder. Besoek gerus ook www.earthday.org.
Morgenster
NUUSBRIEWE
1. Zimbabwe
Morgenster Sendingstasie Nuus

Susan Murray skryf in hul jongste nuusbrief oa: "Die Henry Murray Gedenkfonds het in 2008 onder Henry se inisiatief as die Morgenster Noodfonds begin en word deur Getuienisaksie administreer. Na Henry se afsterwe in 2014, is die naam verander om hom te gedenk.
Oor die jare is baie noodlydendes, weduwees en weeskinders hierdeur gehelp. Aanvanklik is kinders tot op A-vlak (soos ons graad 12) en enkeles op tersiêre vlak gehelp, maar vir finansiële redes moes hulp later beperk word slegs tot op O-vlak (soos ons graad 11) sodat hulle ’n basiese kwalifikasie kan verwerf. Die suksesverhale van kinders wat deel was van die eerste bedeling, is egter ‘n wonderlike getuienis en ek wens dat dit moontlik was om 'n beursfonds te stig vir die baie ander wat nie die geleentheid tot verdere studies het nie." Lees die volledige nuusbrief.
Oudio-Bybel
2. Bybelgenootskap van SA
e-Saaier

In die e-Saaier van Maart 2016 word onder meer berig oor die eerste klankopname van 'n volledige Engelse Bybel wat in SA opgeneem is en op 17 Maart tydens die Alg Jaarvergadering van die Bybelgenootskap van SA in Bellville bekendgestel is. 
Die MP3-stel kan hier bestel word. Lees gerus verder ... 
'n Insetsel oor die Bybelgenootskap van Suid-Afrika sal op Saterdag 9 April tussen 07:30 en 9:00 op KykNET, DStv Kanaal 144, uitgesaai word. Lees hier.

Christo Wooding verjaardagkoek
3. Nuus uit VGK Kokstad
In hulle jongse nuusbrief skryf Christo en Delesté Wooding oor die afgelope Pasika (Paasfees), hulle 33ste in die Transkei.
'n Hoogtepunt was die 19 nuwe kerkraadslede wat voorgestel is. Christo moes onder andere ook 29 kinders doop en 10 nuwe lidmate aanneem. Na die diens in Kokstad het die gemeente Christo verras met 'n verjaardagpartytjie en 'n pragtige verjaardagkoek (sien foto). Dankie vir die broodnodige gebede en ondersteuning aan Christo en Delesté. Die volledige nuusbrief is hier
4. Missie Japan: Nuus- en Gebedsflitse
In Missie Japan se jongste nuusbrief vra Tobie de Wet, tans saam met Annalie as gestuurdes op besoek aan Japan, spesiaal voorbidding vir Stéphan.
Stéphan word Vrydag ingehuldig as dosent in Pastorale Sorg (Praktiese Teologie) aan die Kweekskool van die Reformed Church of Japan (RCJ). By die geleentheid moet hy 'n akademiese referaat lewer voor plus-minus 100 predikante en ander.
Sy tema is "Die geskiedenis van pastorale teologie en pastorale sorg se ontwikkeling; die noodsaaklikheid en betekenis daarvan in Japan vandag". Alles is in Japannees! Dit het hom weke, nee, maande van navorsing en voorbereiding gekos. Eintlik is dit "ondenkbaar," of liewer ongelooflik dat hy op hierdie stadium taalgewys op hierdie vlak moet/kan funksioneer. Bid asb vir hom en vir hierdie besondere geleentheid. Pastorale Sorg is eintlik 'n nuwe veld vir Japan en die Reformed Church of Japan, maar 'n baie nodige veld wat na die drie-dubbele ramp van 2011 soos nooit te vore onder die aandag van die land en die kerk gekom het.
Tobie en Annalie de Wet en kleinkinders
Tobie en Annalie de Wet saam met die Van der Watt-kinders tussen die prentjiemooie kersiebloeisels van Japan
PUBLIKASIES
Hier is nuus oor enkele van die jongste publikasies uit die CLF-stal. Besoek www.clf.co.za vir meer.
Ons leef soos kinders van God
Ons het goeie verhoudinge met ander en veral ons familie nodig om gelukkige en vervulde lewens te geniet. In hierdie boek word aan die hand van sestien treffende boodskappe 'n pad gestap. Nader aan God en nader aan mekaar. Lees hierdie boek as jy en jou gesin meer wil weet oor hoe om jou volle potensiaal te bereik - oor hoe om waarlik te leef as kinders van God. Klik hier.
Alkohol: Ken jy die feite?
Wat is die effek van alkohol op 'n mens se liggaam? Wat is alkohol nou eintlik en hoekom kan dit in 'n probleem ontaard as jy te veel alkohol gebruik? 'n Eenvoudige, gratis pamflet moontlik gemaak met befondsing van die Department van Landbou.
Klik hier om hierdie gratis pamflet te bestel.
KUIERKANS
Ons gemeentes vier en kuier altyd graag!  Ondersteun gerus - klik onder.
Vredelust Living Network Krisissentrum en Hannes van Wyk
NG Vredelust
Badisa Huis Zonnekus Wine and Hat Evening
Huis Zonnekus: Wine & Hat Eve
Badisa Huis Zonnekus Basaar
Huis Zonnekus Basaar
Barrydale Basaar
NG Barrydale Basaar
NG Kerk in SA-logo
VAKATURES
1. NG Kerk in SA: PSD Teologiese Navorsing

Die sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir 'n Predikant in Sinodale Diens (PSD) in die Diensgroep Toerusting bekend. Meer oor die PSD: Teologiese Navorsing se verantwoordelikhede en die vereistes vir die pos is hier te lese.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 5 Mei 2016.
Argief
2. NG Kerk in SA Argief: Argiefbeampte
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor ’n vakature vir ’n argiefbeampte by die Kerk se Argief in Stellenbosch.
Meer oor die verantwoordelikhede, kennis en vaardighede verlang, is aangeheg.
Reageer voor 18 April 2016.
3. NG Gemeente Brandvlei: Voltydse Leraar
Brandvlei is in die Boesmanland geleë, op die teerpad tussen Calvinia en Upington in die Noord-Kaap, met 142 belydende en 31 dooplidmate. Hier is tans 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Belangstellendes word genooi om onderaan meer te lees. Reageer voor die sluitingsdatum van 4 Mei 2016.
Worcester-De la Bat
4. NG Worcester-De la Bat: Jeugwerker
Die NG Gemeente Worcester-De la Bat in die Breedevallei is ’n kategoriale gemeente met die fokus: bediening aan Dowes. Sowat 540 leerders is deel van die gemeentebediening. Daar is twee jeugbedieningspunte, nl die De la Bat Skool vir Dowes (180 leerders) en die Nuwe Hoop Sentrum vir Gehoorgestremdes (360 leerders). 'n Jeugwerkerspos bestaan tans by die Nuwe Hoop Sentrum vir Gehoorgestremdes - lees onderaan meer oor hierdie termynbepaalde kontrakpos en reageer voor 22 April 2016.
NG Gemeente Bellville-Uitsig logo
5. NG Gemeente Bellville-Uitsig
5.1 Fasiliteitbestuurder

Van die NG Gemeente Bellville-Uitsig in Ridgeworth, Bellville, ontvang ons inligting oor 'n vakature vir 'n bestuurder van die gemeente se fasiliteite. Lees gerus hier meer oor die vereistes en uitsette. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 April 2016.
5.2 Kassier
Uitsig wag ook aansoeke in vir die pos van kassier in hulle gemeente. Die pos is 'n 5/8 pos van 25 werksure per week. Onderaan is meer hieroor. Reageer asseblief voor 30 April 2016.
Badisa-logo
6. Badisa - Herfsvreugde Tehuis vir Bejaardes
Geregistreerde Verpleegkundige

Herfsvreugde Tehuis vir Bejaardes is 'n program van Badisa in Bonnievale. Hier is tans 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegkundige en belangstellendes kan onderaan meer hieroor lees. Reageer voor 30 April 2016.
NG Parow-Welgelegen kerkgebou
7. NG Gemeente Parow-Welgelegen
7.1 Skriba/Kassier

Aansoeke word by NG Gemeente Parow-Welgelegen ingewag vir die vulling van bg pos. Die volledige advertensie is hierby aangeheg. Die sluitingsdatum vir aansoeke is verleng tot 15 April 2016.

7.2 Kantoorhoof
Parow-Welgelegen bied ook 'n geleentheid in 'n nuutgeskepte pos as kantoorhoof in hulle poste struktuur. Meer oor die vereistes, kwalifikasies en ondervinding vir hierdie pos is hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is verleng tot Vrydag 15 April 2016.
Chris Jones
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Chris Jones
Jans Rautenbach sê onlangs in 'n onderhoud dat die verlede 'n derduiwel kan wees. Dat 'n mens nie kan teruggaan om verdorde lote oor te plant nie. Of al die seermaak, hartsere en verlepte drome tussen derduisende vergeelde eergisters uit te skoffel nie.
Hoe bou en leef en reis ons - waarvan droom ons, sodat ons eendag 'n mooi verlede kan agterlaat? 

Volgens Jans is daar talle dromers. Handevol talent. Meester-vertolkers. Rye skrywers. Hope tekste ... Ek wil byvoeg, óók in die kerk. Maar saam hiermee ook skottelsvol holrug reseppies. Stoelevol kamma-kenners. Gretige vertoners. Derduisende kykers. 

Treffend vertel hy: Jy kan nie 'n toekoms uit hiep-hiep hoera's skep nie. En wie beter as Jesus ken dit? Die een week gooi die skare hul klere lofsingend voor Hom, net om Hom die volgende week aan 'n kruishout vas te spyker! Papierdun hosannas. Hoe kan jy ooit fondamente hierop bou?

Ons moet bly droom - ook oor God se koninkryk - maar drome sonder dissipline is soos balonne sonder gas. Om te bek is een ding. Maar om die regte ding te doen, 'n ander - aldus Jans.

* * * *
Chris Jones is vanaf 2008 aan die Eenheid: Morele Leierskap, Fakulteit Teologie, US, gekoppel. Kontak Chris by chrisjones@sun.ac.za.
"A leader is best when people barely know he exists, when his work is done, his aim fulfilled, they will say: we did it ourselves." - Lao Tzu
Goeie wense vir jóú leierskap daar waar jy woon en werk.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za