Subscribe to our email list
 4 Maart 2016

Beste Leser
 Rest in the Lord, and wait patiently for him (Ps 37:7 KJV)
NG Kerk-logo
SINODENUUS
1. Algemene Sinode Moderamen: Pastorale Brief
Die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk het in 'n pastorale brief aan lidmate hulle kommer oor die situasie in ons land, sowel as die eise wat aan lidmate van ons kerk gestel word, uitgespreek. 
"Ons is saam met ons susterskerke in ’n Seisoen van Menswaardigheid. Ons wil graag meewerk om respek tussen mense te herstel. Ons wil ook met deernis na mense luister en soos dit gelowiges betaam, mense omarm. Ons verbind ons in die Seisoen opnuut tot selfprysgewende liefde. Ons wil op hierdie wyse ’n kragtige getuienis oor die alternatiewe soort lewenstyl wat Jesus ons geleer het, lewer."
Hierdie brief is vroeër die week aan ons predikante en kerkkantore gestuur vir verspreiding na lidmate. Oorweeg gerus om die volledige briewe, in Afrikaans sowel as in Engels, ook verder bekend te maak.

Isabella de Kock
2. NG Droogtehulpfonds oor R2 Miljoen!
Dit is met groot dankbaarheid dat ons oor die vordering met die NG Droogtehulp-projek kan berig. Sedert hierdie inisiatief sowat 7 weke gelede begin het, en uitgebrei het tot 'n nasionale projek van die NG Kerk, is die doelwit van R2 miljoen reeds vroeër hierdie week bereik! Die totale bedrag wat reeds ingesamel is, staan tans op R2 126 373.
Inspirerende verhale van gemeentes en individue se onbaatsugtige hulp en betrokkenheid word deurgaans op die projek se webwerf en Facebook bygevoeg. Jy kan steeds betrokke raak - kontak Isabella de Kock by omgee@kaapkerk.co.za of 021 957 7113 met navrae. Inligting oor bankbesonderhede is hier.
Biskop Malusi Mpumlwana
3. Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland
3.1 Moderamen
Die moderamen (lees hier) vergader op 8 en 9 Maart by Stellenberg-gemeente in Durbanville. 
Daar gaan meer tyd ingeruim word om as 'n vergadering van leiers onderskeidend na te dink oor sake wat van kritiese belang is in hierdie tyd.
So gaan bv deeglik besin word oor die rol van plaaslike ekumene in die gemeenskap. Biskop Malusi Mpumlwana (Algemene Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke [SARK) tree in hierdie verband as spreker op. Verder sal daar genoeg ruimte geskep word vir terugvoering oor en bespreking van die besluite van Oktober 2015 se Algemene Sinode. Belangstellendes kan hieronder meer agtergrond oor die SARK se werk kry ... 
Biskop Malusi Mpumlwana
3.2 Ringsleiersforum en Kerkraadslede Byeen
Die ringsleiersforum (bestaande uit die voorsitters van ons ringe), sowel as die kerkraadslede wat deel van die moderamen uitmaak, vergader die vorige dag, op 7 Maart, by Stellenberg.
Ons dink aan elkeen betrokke by hierdie vergaderings en wens die afgevaardigdes 'n veilige reis na Stellenberg toe. Mag die vergadering gekenmerk word deur 'n fyn aanvoeling vir wat regtig in hierdie tyd van belang is. 
Ringsleiersforum
Lede van die Ringsleiersforum in Januarie byeen
Chris Blignaut en pasient
4. Getuienisaksie: Ooguitreik!
Mosambiek: Honderde mense sien binnekort weer!

Een van die mees merkwaardige uitreike, naamlik die gereelde Ooguitreik na Mosambiek, vind binnekort weer plaas. Vir die eerste keer sal dit in Milanje, teen die suidoostelike grens van Malawi aan Mosambiek se kant, plaasvind.
In die bestek van net ‘n paar dae word daar gewoonlik tot 700 mense ondersoek wat weer sal kan sien (met brille wat aan hulle verskaf/goedkoop verkoop sal word) en tot 70 mense wat stokblind was as gevolg van katarakke, sal weer kan sien.
Ons dank die Here vir hierdie span asook vir donateurs wat ruimhartig gegee het om hierdie wonderlike werk te help voortsit. Lees meer wat dr Chris Blignaut vertel.

5. Oor Menswaardigheid Nagedink
Die nasionale taakspan van die Seisoen van Menswaardigheid het vroeër hierdie week hulle jaarlikse vergadering by Le Chateau in Kempton Park gehad. Elize Morkel, voorsitter, skryf: "Die verteenwoordigers van die vier susterskerke het opnuut onder die indruk gekom van ons as dissipels van Jesus Christus se roeping om, ten spyte van sake waaroor ons mag verskil, liefde, eenheid en respek te leef in ons verhoudings met mekaar en ander."
Nasionale Taakspan Seisoen van Menswaardigheid
Agter: Collin Goeiman, Anandie Vosloo, Freddie Schoeman, Leepo Modise, Rev Sejake, Anton Mieny, Meschak Sibeko, De Wet Mouton, Rudolph Scharneck, Marius Maree, Braam le Roux
Voor: Victor Pillay, Dawid Kuyler, Willie Julius, Tshidi Masiki, Barnabas Ngqulelwa, Willie de Koker, Jan Grobbelaar, Elize Morkel, Elize Julies, Chris van Wyk
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
6.1 "Courageous Conversations"

Die Sentrum vir Publieke Getuienis het verlede week 'n baie geslaagde aand saam met in Harmonie buite Franschhoek gehad. Dit is deel van 'n reeks gesprekke wat ons “Courageous Coversations” noem. Op die foto verskyn Johan Beukes, Braam Hanekom, Conrad Sidego, Tony Leon, Moss Ntlha en Franklin Sonn. Sien ook Donald Katts se rubriek in Die Burger oor die byeenkoms (lees hier).
in Harmonie-gespreksgenote
6.2 Gemeentes, maak 'n Verskil in JOU dorp!
Nasionale wetgewing bepaal dat alle plaaslike begrotings tussen Maart en Mei vir insae aan die burgerlike samelewing voorgelê moet word vir inspraak. Dit klink mooi op papier, maar gebeur nie noodwendig in die praktyk nie.
Braam Hanekom skryf: "Graag wil ons alle gemeentes aanmoedig om by jul plaaslike regering aan te klop met die versoek dat insae in die nuwe begroting verkry kan word. Ons is seker dat daar in elke gemeente een of twee lidmate is met skerp finansiële insigte wat kundige advies kan verleen. Ons is verder oortuig, dat al is die ekonomie taai, daar in elke begroting altyd 'n paar duisend rand wegkruip wat veel beter tot voordeel van die gemeenskap aangewend kan word. 
Verwys asb hierdie saak na die toepaslike kommissie of bediening op die kerkraad. Ons, die burgerlike samelewing, sal eenvoudig net meer by hierdie prosesse betrokke moet raak. Die geleentheid is daar."
Cassie Aucamp
Wim Dreyer
7. Tussenkerklike Raad: Geweld op Kampusse
In 'n verklaring van die Tussenkerklike Raad (TKR), waarvan die Gereformeerde Kerke in SA, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die NG Kerk lid is, word kommer oor die huidige geweld op ons universiteitkampusse uitgespreek.
"Die kerk se profetiese roeping dring ons om juis in sulke tye te getuig van die versoening in en deur Jesus Christus. Die Heer van die Kerk het versoening gebring tussen God en gebroke mense, en dring ons deur sy woorde en voorbeeld om sonder voorbehoud te streef na versoening tussen mense oor alle grense heen. Jesus Christus gee ons die hoop dat versoening ook nou tussen studente op ons kampusse en verskillende belangegroepe in ons land moontlik is."
Lees die volledige verklaring aangeheg. Dit is ook in Engels beskikbaar - klik hier
Foto's: Cassie Aucamp (GKSA) en Wim Dreyer (NHKA)
8. Dr Koos van der Vyver: Troos in ons Hospitaalgange
'n Mens vergeet nooit daardie mens wat sy hand in joune gesit en vir jou gebid het toe jy bang en alleen in jou hospitaalbed gelê en wag het om geopereer te word nie. Dis in sulke tye dat dr Koos van der Vyver al vir menige pasiënt of naasbestaandes 'n groot riem onder die hart was. Hy is een van ons sinode se twee PSD's vir Hospitaalpastoraat en vertel hieronder meer oor wat sy werk behels.
Dr Koos van der Vyver
9. #imagine Experience: Borg 'n #imagineer!
Al is jy dalk nie direk by #imagine Experience betrokke nie, kan jy beslis hierdie "movement" ondersteun! Jou skenking sal 'n #imagineer wie se fondse dit nie toelaat nie, bemagtig om die #imagine experience 2016 by te woon. Wat 'n wonderlike geskenk. Donasies kan ook via itickets gemaak word - volg net die skakel
#imagine borg
Sophia de Kock
10. NG Alg Sinode: Welkom, Sophia!
Dis 'n lekker voorreg om Sophia de Kock hartlik te verwelkom as deel van die NG Kerk-familie in Pretoria!
Sy is sedert 1 Maart 2016 die nuwe persoonlike assistent van die algemene sekretaris van die Algemene Sinode, Gustav Claassen. 

Sophia se man, Charl, is 'n kapelaan verbonde aan die SANW. 
Haar kontakinligting in Pretoria is:
E-pos: algemenesinode@ngkerk.org.za
Tel: 012 342 0092
Faks: 012 342 0380

Ons vertrou dat jy gou tuis in hierdie nuwe omgewing sal wees, Sophia. Seën op jou werk!
ALGEMEEN
1. Legitimasie op Stellenbosch
Dis 'n voorreg om ons opregte seënwense oor te dra aan die kandidate wat op Donderdagaand 25 Februarie in die NG Moederkerk op Stellenbosch gelegitimeer is.  
Aan Nicola Alberts, Konette Louw, Lenois Stander en Louis van der Riet: ons vier saam met julle die Here se sorg en genade wat in hierdie hoogtepunt in julle lewens weer onderstreep is! 
Kollegas Hannes Theron, Marius Nel, Frederick Marais, Eddie Orsmond, Quintus Heine en Charl Stander het oa aan die liturgie van hierdie spesiale geleentheid deelgeneem. 
Ons is saam met Charl Stander (skriba van die moderatuur, Parke-gemeente) dankbaar vir die voorreg om sy seun, Lenois, se legitimasie te deel. 
Louis, Konette, Nicola en Lenois
Louis van der Riet, Konette Louw, Nicola Alberts en Lenois Stander
2. Ring van Swellendam ROL nuwe Planne uit ...
Die Ring van Swellendam het vroeër hierdie week alte lekker by Kleinbaai ontspan toe hulle onder leiding van Gielie Loubser (PSD: Gemeentebegeleiding) vir 'n spanbou saam was. Daar is ernstig besin oor die missionale karakter van die kerk, terwyl die manne onder meer ook hulle hand aan rolbal kon waag!
Party het die bal sonder probleme by die "kitty" gekry, terwyl ander gelyk het asof hulle 'n stille gebedjie opstuur met die rolslag ... Meer aksiefoto's is op Facebook!
Ring van Swellendam Rolbal-kampioenskappe
Vlnr Almo Zietsman, Francois Herselman, Hennie Prins, Marius Joubert, Gielie Loubser,
Jakkie du Preez, Dirkie van Heerden, Charl van Rensburg en André Theron
Hennie Prins in aksie op rolbalbaan
Hennie Prins (McGregor) - fyn kyk!
Marius Joubert
Marius Joubert (Robertson) - aksie!
3. Badisa: Doppies maak Slim!
Badisa se formele Dagsorgsentrums en Tuisprojek benut allerlei doppies, klein en groot, veral vir  kognitiewe ontwikkeling.  Die doppies word aangewend om oa wiskundige konsepte soos sortering, aanleer van woorde, kleur en getallebegrip vas te lê. Lees gerus aangeheg hoe Zylia Volschenk verduidelik.

Gemeentelede kan ingespan word om soveel doppies moontlik te versamel en by die naaste Badisa Dagsorgsentrum of Gemeenskaps Dagsorgsentrum  af  te laai. Tydskrifte, leë toiletrolletjies, eierhouertjies en selfs leë blikmelk-blikke is van die artikels wat bykans altyd benodig word vir verskeie skeppende aktiwiteite. 
Badisa Tuisprojek Doppies
Aartsbiskop Thabo Makgoba
4. Anglikane oor Selfdegeslagverbintenisse
Die Anglikaanse Kerk in Suider-Afrika se aartsbiskop Thabo Makgoba het onlangs die Sinode van Biskoppe se besluite oor selfdegeslagverbintenisse aan Anglikane verduidelik.
Hy skryf oa oor die belang van eenheid in die kerk: "... we strongly affirm that we are united in this: that none of us feels called to turn to another and say ‘I no longer consider you a Christian‚ a brother in Christ‚ a member of the body of Christ’. None of us says ‘I am no longer in communion with you.’ We find that our differing views on human sexuality take second place alongside the strength of our overpowering conviction of Christ among us. As long as we‚ the Bishops of this Province‚ know unity in Christ in this way‚ human sexuality is not‚ and cannot be allowed to be‚ for us a church-dividing issue."  Sy volledige brief is hier beskikbaar.
5. Raakgelees ... Basaars deur die Jare
Stap terug in die geskiedenis, na 44 jaar gelede toe die NG Gemeente Tamboerskloof ook basaar gehou het (en hulle ds Scotty nog 'n klein seuntjie was!)
In 'n spesiale bylaag oor basaars in die Sarie-tydskrif van Oktober 1972 het die kollig ook op hierdie gemeente (en hul dames met modieuse "beehive" haarstyle en al!) geval. Tamboerskloof hou op Saterdag 5 Maart weer basaar, met die gebak en koffietafels nog op presies dieselfde plekke. En vandag se basaarpoedings lyk nog net so lekker soos destyds ... 
Tamboerskloof Basaar 1972 Basaarpoeding 1972
6. Lydenstyd: Nadenke en Stilte, Afsondering en Gebed
'n Onlangse studie bevestig wat baie mense reeds weet: stiltetyd, gebed en geloof dra by tot jou lewensgehalte. Die Lydenstyd help hiermee, as ons weer fokus daarop om tot rus te kom en na te dink oor Jesus se lyding. 
Quintus Heine (aktuarius van die sinode) skryf: "Dit is 'n tyd om sonder antwoorde voor die gekruisigde Jesus te buig en ons lewe in sy hande te gee."
Die NG Gemeente Sonstraal in Durbanville is tans besig met 'n reeks oor rus vind in Christus. Hier is die eerste van 'n reeks video-opnames waarin Andries Cilliers hierdie onderwerp hanteer. Ander opnames oor hierdie onderwerp is ook op Sonstraal se You Tube-kanaal beskikbaar. (Met dank en erkenning oorgeneem.)

Hoof- en kleinletters
7. Die Taal wat ons Praat (en Skryf)
Ons kry van tyd tot tyd navrae oor die gebruik van hoof- en kleinletters in VrydagNuus. Wat sê die taalfundi's? Wanneer gebruik ons hoofletters as na God verwys word?

Waar “Sy”, “Hy”, “Hom” en “U” in die plek van God se Naam (as persoonlike voornaamwoord) gebruik word, word dit met ’n hoofletter geskryf.

Bv “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie. " (Ps 116:1)

Waar "sy" en "u" met betrekking op God egter besitting aandui (as besitlike voornaamwoord gebruik word), kry dit nie ’n hoofletter nie.
Bv “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh 3:16)
Bv "Dankie vir jou harde werk in diens van God en sy kerk.
(Bg taalreël het die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), sowel as Norme vir Afrikaans van prof WAM Carstens as bron.)
Twitter Facebook
Henriette en Francois Swart
PREDIKANTENUUS
Francois Swart: 30 Jaar Diens!
Op Sondag 28 Februarie het Francois Swart 'n langdiens sertifikaat vir 30 jaar in die NG Gemeente Bellville-Uitsig ontvang.
In reaksie skryf Francois: "Ons reis saam met Uitsig se mense wat ons lewens elke dag kleur, verryk en verras ..."
Ons goeie wense aan jou en Henriette, Francois!
Terloops: 'n huweliksverrykingkursus vir pare wat hulle huwelik wil uitbou, word op 16 en 17 Maart deur Francois by die NG Gemeente Stellenberg aangebied.
Rig navrae hieroor aan  Karin by karin@stellenberg.co.za of 021 976 4519.
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Wellington: Paasfeesproduksie

'n Lydenstyd-produksie waarin die stryd tussen Lig en duisternis met klank en beweging uitgebeeld word. Hierdie interkulturele passiespel is op 13 Maart in Wellington Moedergemeente en op 20 Maart in NG Gemeente Welgemoed (beide geleenthede om 19:00 vir 19:30). Kontak vdwests@gmail.com of 082 775 5954.
Interkulturele Passiespel
2. H2O-Aid Konsert laat Fondse inSTROOM!
Hier is spesiale nuus! Die H2O-Aid konsert wat ten bate van die NG Droogtehulpfonds in NG Stellenbosch-Welgelegen aangebied is, het die mooi bedrag van R23 400 ingesamel. Van die bekende kunstenaars wat opgetree het, sluit in Winand Grundling, Johann Nel, André Terblanché, Marlie Katzke, Gemayel Kroukamp en Schalk Wasserman. Groot dank aan Winand vir hierdie inisiatief!
H2O-konsert
Musiekinstrumente
3. VGK Ashton: Musiekinstrumente Gesoek
Die VGK Ashton is op soek na musiekinstrumente vir hulle lof- en aanbiddingsgroep. Gemeentes wat dalk oor instrumente beskik wat nie meer gebruik word nie, maar steeds in 'n goeie werkende toestand is, is welkom om met ds Franco du Toit kontak te maak by calebchayim1@gmail.com of 072 584 5525.   
Missie Japan-logo
NUUSBRIEWE
1. Missie Japan Gebedsflits
Stéphan van der Watt nooi gemeentes om direk met hulle in Japan te skakel deur middel van Skype - soos die NG Gemeente Swellendam en Viljoenskroon in Februarie tydens eredienste met groot seën gedoen het. Kontak Stéphan om reëlings hiervoor te tref. 
Missie Japan se gebedsflitse vir Maart 2016 is hier beskikbaar.
2. Nuus uit Kokstad
Uit Kokstad skryf Christo en Deleste Wooding dat daar beterskap is na 'n terugslag met sy gesondheid. Hy is dankbaar vir al die ondersteuning wat hy ook met sy werk ontvang. Lees gerus van die besige Paasvakansie wat voorlê, met uitreike vanaf Stellenberg en JAM, sowel as die vooruitsig van 'n nuwe dak vir Bambisana. Voorbidding word gevra vir die ernstige waterkrisis waarin Kokstad tans is - lees die volledige nuusbrief en kontak Christo by wooding1@telkomsa.net.
KUIERKANS
Klik op die advertensies hieronder om 'n groter weergawe te sien. Hierdie naweek is daar net mooi oral 'n lekker tradisionele basaar of mark. Gaan loer gerus in.
Franschhoek Feesmark
Franschhoek
Chrismar Villas basaar
Chrismar Villas
Durbanville-plaasfees
Durbanviille-Bergsig
NG Parowvallei-Oos basaar
Parowvallei-Oos
Alta du Toit Paasopvoering
Alta du Toit
Die Strand basaar
Die Strand
NG Tamboerskloof Basaar
Tamboerskloof
NG Kuilsrivier Ritmefees
Kuilsrivier
Stellenberg-logo
VAKATURES
1. NG Gemeente Stellenberg: Jeugleraar
Stellenberg-gemeente is ’n makro-gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad en bestaan uit 4200 belydende en 1450 dooplidmate.  Die gemeente se droom is:  “Om uit te reik oor alle grense”. Hier is tans 'n vakature vir 'n jeugleraar. Meer inligting is hier - reageer voor 11 April 2016.
NG Kleinmond
2. NG Gemeente Kleinmond: Medeleraar
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord. Die gemeente met sy 2107 belydende lidmate is geleë tussen Hermanus en Gordonsbaai. Die gemeentegrense strek van Rooi-Els in die weste tot by Arabella in die ooste en sluit die dorpe Rooi-Els, Pringlebaai, Bettysbaai en Kleinmond in. Sluitingsdatum: 31 Maart 2016 - lees hier verder.
3. NG Gemeente Pionierspark (Windhoek)
Medeleraar - Opdrag: Jeug

Die NG Gemeente Pionierspark in Windhoek bied hierdie geleentheid en uitdaging as medeleraar binne ’n stadskonteks aan ’n energieke persoon wat ’n sterk roeping ervaar ten opsigte van kinder- en jeugbediening binne die gemeente se groter gesinsbediening.
Belangstellendes moet voor 21 Maart 2016 reageer - klik hier.
Huis van Heerde-logo
4. Badisa Huis van Heerde
Kinder- en Jeugsorgwerkers

Huis van Heerde, Badisa se Kinder- en Jeugsorgsentrum in Moorreesburg, wag aansoeke in van gekwalifiseerde kinder- en jeugsorgwerkers met betrekking tot twee vakante poste. 'n Geldige rybewys sal dien as aanbeveling.  
Rig aansoeke/CV’s aan:
Die Bestuurder by karenvb@heerde.co.za of faks dit na 022 433 3466. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 11 Maart 2016.
Rene Potgieter
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... René Potgieter

Elke Woensdagoggend kom 'n besondere groepie vroue by ons gemeente bymekaar. Vir 'n uur of wat kan die vuil skottelgoed en die deurmekaar huis maar wag. Hulle het 'n behoefte om te kom rus by die voete van hulle Meester. Uit die soms hartseer verhale van hierdie vroue word ek diep bewus van innerlike krag om te oorleef ten spyte van uiters moeilike omstandighede. 

So het een van hulle onlangs met ons gedeel hoe sy al op 11-jarige ouderdom skool moes verlaat om te gaan werk, want daar was nie kos in die huis nie. Op 14 is sy verkrag en daarna deur verskeie mans misbruik. Sy het maar rond geswerf tussen mense, want sy het nooit 'n ouerhuis geken nie. Op 18 is sy getroud met 'n man wat haar net verder mishandel het. Vandag erken hierdie brose vrou egter as dit nie vir Here se genade was nie, was sy nie hier om haar storie te vertel nie. Ten spyte van al die hartseer en swaarkry is sy so sterk in haar geloof en jubel sy oor God se goedheid in haar lewe.

Dit het my net weer laat besef hoe maklik ek oor onbenullighede kla. Mag ek en jy juis tydens hierdie jaar se Wêreldbiddag vir Vroue dink aan soveel vroue wat ten spyte van moeilike omstandighede uitstyg en oorleef. Kom ons bid vir die Here se genade oor vroue wie se stem nog nie gehoor word nie, vir daardie vroue wat hulle kinders moet grootmaak ten spyte van beperkte middele, vir daardie vroue wat dikwels nie 'n ander heenkome het om te ontsnap van die mishandeling nie. Kom ons tree in vir hulle.

* * * *

René, leraar van die NG Gemeente Gamkavallei in Beaufort-Wes, vertel: "Ek het die voorreg om leraar te wees van 'n gemeente waar wit en bruin lidmate saam die Here aanbid. Baie gesinne in die omtrek leef in uiterste armoede, maar hulle verhale van oorlewing is voedsel vir my siel. Die Here doen daagliks wonders hier. Van kindertjies wat kos ontvang, jongmense wat die Here soek, mense wat ten spyte van verskille saam die Here aanbid." Kontak haar hier.
In groene weiveld en by stille water
laat Hy my uitrus in 'n bar en dorre streek.
Die steiltes ken Hy en die skerpste draaie:
Hy rig my altyd op die regte paaie.

Nie een sal U ooit van u skaap berowe:
U is by my in diep en donker klowe.
Wanneer ek afdwaal, haak u staf my nader
en met u stok verdryf U die gevare.
By U is ek beveilig en geborge:
Bevry is ek van vrese en van sorge.

(Beryming van Ps 23 deur Lina Spies)

Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za