|
|
|
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland |
| 1. Sinode 2019
1.1 Versoek aan gemeentes
Gemeentes word versoek om asseblief op Sondag voor die sinodesitting (12 Mei) tydens die erediens vir hulle afgevaardigdes voorbidding te doen en hulle weg te stuur met die opdrag om saam met die ander gemeentes van die sinode met fyn onderskeiding na die Here se wil te soek. Gemeentes word ook gevra om op een van die Sondae na afloop van die sinodesitting (19 of 26 Mei) aan afgevaardigdes geleentheid te bied om tydens die erediens te getuig oor hulle ervaring van die sinodesitting. Gemeentes word ook versoek om ernstig voorbidding te doen vir die sinodesitting en vir die besinning oor elke onderwerp.
| |
| 1.2 Ons herinner alle kerkkantore en sinodegangers...
daaraan om Diaconia/Nal'ibali se boek-insameling te ondersteun en nuwe of tweedehandse boeke vir kinders onder tien jaar in enige landstaal bymekaar te maak en saam met die afgevaardigdes sinode toe te stuur. Hierdie insameling van kinderboeke sal ten bate van die Koringberg-leesprojek wees, 'n klein Swartlandse gemeenskap met 100 kinders onder ses jaar oud, en geen biblioteek nie. Kontak Diaconia by 021 957 7109 of via e-pos.
| |
| 2. Geen VrydagNuus 17 Mei
As gevolg van Sinode 2019 sal daar volgende week geen VrydagNuus verskyn nie. Daar sal wel 'n daaglikse SinodeNuus digitale nuusbrief uitgestuur word propvol nuus oor die verloop van die sinode, sprekers en natuurlik die afgevaardigdes. Stuur egter steeds berigte aan kommunikasie@kaapkerk.co.za.
| |
| 3. Die verhaal van die AMSS
In Februarie vanjaar is die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington geopen en ingewy, maar wat is die verhaal agter die ontstaan van die sentrum? Op die onderstaande video word gesels oor Andrew Murray se nalatenskap, en hoe sy hele verhaal - en die erkenning wat aan hom gegee wou word - aanleiding gegee het tot die stigting van hierdie sentrum wat predikante en lidmate kan besoek om verdiepte spiritualiteit te beleef.
| |
| 4. Election 2019
Braam Hanekom of the Centre for Public Witness was on the election trail on Wednesday with the Electoral Code of Conduct Observer Commission. Braam is seen here in Khayelitsha with Archbishop Thabo Makgoba of the Anglican Church. Observers are neutral outsiders who are present during voting, counting and the declaration of results, to be able to tell the world that the process was transparent, free and fair.
| |
| 5. Badisa Trio: Koop 'n plakker en help 'n kind!
Van 26 Mei tot 2 Junie herdenk ons Nasionale Kinderbeskermingsweek vir die bewusmaking van kinders se regte. Badisa Trio het in 2018 hulp verleen aan 10 890 mense (gesinne en kinders). 'n Hartseer en skokkende statistiek van ons land is dat 42% van die 18,6 miljoen kinders verwaarloos of mishandel word. Badisa Trio daag individue en organisasies uit om hul fondsinsamelingsinisiatef te ondersteun deur 'n plakker vir Kinderbeskermingsweek te koop teen R10. Kontak Sjean Smit by 021 987 2940 of via e-pos by info@badisatrio.co.za.
| |
| 6. Vier Moedersdag met KiX
Gewoonlik gee KiX met Moedersdag net 'n werskaf-idee waar iets spesiaals gemaak word as 'n geskenkie wat kinders vir hul ma's kan gee. Sommige groepies het dalk die behoefte om nie net besig te wees nie, maar ook 'n boodskap oor moeders saam te doen. Hierdie les is ideaal daarvoor en kan gratis hier afgelaai word.
| |
| 7. Vigsherdenkingsondag 19 Mei
Die Vigstaakgroep herinner graag gemeentes daaraan dat Sondag 19 Mei Vigsherdenking-sondag is. Ons wil alle gemeentes aanmoedig om daarvoor ruimte te skep tydens die erediens die 19de. Die volgende gebed en die gesamentlike vigsverklaring van die NG Kerk, VGK en die Calvyns Protestante Kerk kan ook gebruik word. Vir meer volledige liturgiese riglyne, kontak Aneleh Fourie-Le Roux by management@cabsa.org.za.
| |
| 1. Strooidak kuier in Williston
Die jaarlikse uitreik tussen Strooidakkerk in die Paarl en Williston gemeente strek reeds oor 16 jaar. Van 26-29 April het die Paarliete weer ’n snoek- en patatbraai en wynveiling in Williston gehou en toiletsakkies is aan inwoners van die plaaslike ouetehuise oorhandig. In Oktober sal Williston weer hulle befaamde Williston-vleisfees by die Strooidakkerk kom aanbied. Alle fondse wat ingesamel word, gaan om die Williston gemeente finansieel te ondersteun. Paarl Post berig hieroor met foto’s - sien onder en klik hier.
| |
| 2. NG Ceres hou musiekfees
Ceres Moedergemeente bied van 25-26 Mei ’n musiekfees aan. Saterdagaand se program, onder leiding van prof. Awie van Wyk, sluit in toonsettings van Boerneef se gedigte sowel as gaskunstenaars soos Leon Gropp. Kaartjies vir die musiekaand kos R150 en sluit 'n ligte ete in.
Tydens Sondag se erediens doen prof. Van Wyk die orrelbegeleiding vergesel deur Anton Delen op trompet. Skakel die kerkkantoor weeksdae tussen 09:00 en 13:00 by 023 312 1340 vir besprekings en meer inligting.
Klik op die advertensie langsaan om meer te lees van hierdie geleentheid.
| |
| 1. Sonstraal verwelkom Johan en Antoinette Conradie
Johan en Antoinette Conradie word amptelik op Sondag 12 Mei om 09:00 by die NG Gemeente Sonstraal verwelkom. Johan sal sy intreepreek tydens hierdie geleentheid lewer en die bevesting word behartig deur Eugene Malan en Carika Hanekom. Johan se vorige gemeentes was Kakamas, Kimberley-Vooruitsig, en die laaste tien jaar het hy by NG Townsview in die suide van Johannesburg bedien. As gebore Kapenaar, wou Johan graag terugkom en hy skryf dat hy Sonstraal gemeente se beroep as antwoord op sy gebede beskou: "Ons is opreg dankbaar en sien met groot opgewondenheid daarna uit om julle te leer ken as ons nuwe geestelike familie." Baie seën vir julle - en welkom terug!
| |
|
V.l.n.r. Johannes, Johan, Antoinette en Madeleine Conradie | |
| | |
| 2. Nuwe jeugwerker by George-Bergsig ontvang
Op Sondag 12 Mei verwelkom George-Bergsig gemeente vir Douglas en Ninke Stanley. Douglas gaan as jeugwerker verantwoordelik wees vir die gemeente se jong lidmate. Hy word tydens die oggenddienste (08:30 en 10:00) aan die gemeente bekendgestel en welkom geheet.
Ons wens die Stanley-egpaar en George-Bergsig seënwense toe!
| |
| 1. Innige simpatie
Ds. RBT (Ben) Rens (30.12.1928 – 05.05.2019)
Ons het die hartseer nuus ontvang dat ds. Ben Rens op Sondag 5 Mei oorlede is. Ds. Rens het in 1956 tot die bediening toegetree en sy laaste gemeente was die NG Gemeente Prince Alfred’s Hamlet van 1971 tot 1994. Voor dit het hy by Hartsvallei en Tadcaster gemeentes bedien. Ons dink met medelye aan sy vrou Martie en hul kinders en kleinkinders in hierdie hartseer tyd. 'n Troosdiens word op Saterdag 11 Mei om 11:00 by NG Prince Alfred’s Hamlet deur Jan Grobbelaar gehou.
| |
| 2. Stellenbosse besprekingsgroep Op Dinsdag 14 Mei ontvang die Stellenbosch Sentraal Studie- en besprekingsgroep vir Peter Nagel (Ou en Nuwe Testament, Fakulteit Teologie, US). Die onderwerp is "Overburdening Jesus with divinity causes theological limitations: Matthew 4:1‑11 as test case". Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal. Kontak Piet Walters by pew@sun.ac.za met enige navrae.
| |
| 3. Workshop: Disability Inclusion Facilitators for Churches
While people with disabilities are eager to play an active role in the life of congregations, they are often excluded – for various reasons.
Project RampUp will conduct a training workshop for concerned people in churches who are motivated to make a positive difference regarding this challenge. Save these dates for the workshop which will take place at Padre Pio Retreat Centre, Elarduspark, Pretoria from 22-26 July. Contact Erna Möller with enquiries at 021 345 4915 or erna@tlm.co.za.
| |
| 5. Raakgelees
Redes waarom millennials hoofstroomkerke bywoon
Moenie net aanneem dat jou kerk niks het wat aantreklik is vir die millennials nie, skryf Andrew Ponder Williams. In sy artikel lys hy vyf maniere waarop hoofstroomkerke op ’n besondere wyse toegerus is om in voeling te wees met jonger generasies en verskaf hy wenke oor hoe ’n gemeente dit kan uitbou en benut:
1. Ons deel ons geloof op 'n geloofwaardige manier.
2. Ons tradisies verskaf standvastigheid in 'n wêreld wat voortdurend verander.
3. Ons gee vryelik.
4. Ons lewe doelgerig.
5. Ons fokus en wegspringplek is genade.
| |
|
Klik bo om Missie Japan se Mei-nuusflits te lees | |
| | |
| The Mommy Diaries Bestel aanlyn by CLF. | | Ek is by julle is 'n interaktiewe Pinksterreeks vir kinders.
Bestel hier. | |
| | |
| Is there is a difference between hurricanes, cyclones and typhoons?
Hurricanes, cyclones, and typhoons are all the same weather phenomenon; we just use different names for these storms in different places. In the Atlantic and Northeast Pacific, the term "hurricane" is used. The same type of disturbance in the Northwest Pacific is called a "typhoon" and "cyclones" occur in the South Pacific and Indian Ocean. Mozambique have recently been plagued by cyclones Idai and Kenneth. Regardless of what they are called, they are giant, spiralling tropical storms with wind speeds of over 250 kilometers per hour, that can unleash more than 9 trillion liters of rain a day and are capable of annihilating coastal areas and causing massive death tolls. Source: National Geographic.
The increased occurences of these storms are linked to climate change and rising temperatures across the globe. After one of the hottest years on record, Sir David Attenborough looks at the science of climate in the hour-long video below.
| |
|
LiG-lesersdag 1 Junie - klik bo en koop jou kaartjies hier. | |
NG Sonstraal: Hemelbesem optrede 19 Mei - klik bo | |
| | |
| 1. NG Kenridge: Finansiële beampte
Aansoeke word ingewag vir hierdie voltydse pos by die NG Gemeente Kenridge. Die pligte behels boekhouding, salarisse, debietorders, kollektes, die hantering van alle finansiële navrae en die finansies ten opsigte van die gemeente se aksies en bedieninge. Rig navrae aan bestuurder@ngkenridge.co.za. Doen aansoek teen 31 Mei - lees hier verder.
| |
| 2. NG Calvinia: Vakature vir 'n aflosleraar
Calvinia is geleë in die Hantam Karoo in die Noord-Kaap, ongeveer 400 km vanaf Kaapstad, Beaufort-Wes en Upington met Vredendal as die naaste groot dorp. Die gemeente het 'n vakature vir 'n aflosleraar vir die tydperk 1 Julie tot 31 Oktober 2019. Hier is meer inligting - aansoeke sluit 20 Mei en kan via e-pos gestuur word na ngkerk@hantam.co.za.
| |
| 3. NG Weenen: Leraarspos
Hierdie plattelandse gemeente in KwaZulu-Natal het 83 belydende lidmate en 17 dooplidmate en beskik oor 'n tweejaar vastetermyn leraarspos. Die posbeskrywing sluit die primêre funksies van die predikant in - soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en eredienste by Weenen en Colenso, ongeveer 30 km buite Weenen. Lees hier meer - doen aansoek voor 31 Julie.
| |
| 4.1 Koördineerder: Bejaardesorg (Standplaas Bellville)
Badisa benodig die dienste van 'n geregistreerde maatskaplike werker met die opdrag om bejaardesorgdienste te koördineer (standplaas Bellville). Let op die sluitingsdatum van 18 Mei en klik hier vir inligting oor die verantwoordelikhede en vereistes vir die pos. 4.2 Badisa Saron: Maatskaplike werker
Badisa Saron naby Wellington beskik oor 'n vakature vir 'n maatskaplike werker. Kandidate wat Badisa se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen teen 24 Mei.
| |
| Ons wens al ons moeders 'n vreugdevolle Moedersdag toe. Mag julle tyd saam met julle families spandeer en die samesyn geniet. Hierdie spesiale Moedersdaglied is geskryf deur Shawna Edwards en word hier gesing deur die One Voice Children’s Choir. Dit word opgedra aan geliefde moeders en almal wat kinders versorg en lief het. VrydagNuus-groete Ronelda Visser en Salomi Steenkamp
| |
|
|
kommunikasie@kaapkerk.co.za |
|
|
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za |
|
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za |
|