|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Neem asseblief kennis dat dit die laaste uitgawe van die Stellenberg-weekliks vir dié kwartaal is. Die volgende uitgawe sal op 25 Julie beskikbaar wees. Ons wens alle lidmate en kategete ’n aangename rustyd tydens die skoolvakansie toe.
| |
Eredienste tydens die skoolvakansie
| |
29 Junie 2025
Erediens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Dietmann (1)
6 Julie 2025
Erediens om 09:00 in die kerk en aanlyn (Doop)| Ds. Breytenbach (2)
13 Julie 2025
Erediens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Gavera (3)
20 Julie 2025
Erediens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (4)
| |
Foto bo: ’n Gedeelte van die span wat op die Namibië-uitreik gaan, net voor hulle vertrek. Hulle ontmoet die res van die span by die grenspos.
| |
Doen asseblief voorbidding vir ons drie uitreikspanne wat o.a. Namibië, Leeu-Gamka en Calitzdorp tydens die komende skoolvakansie gaan besoek.
- Die Namibië-uitreik wat die Degnosbediening gaan besoek: 27 Junie tot 7 Julie.
- Die Leeu-Gamkaspan: 28 Junie tot 3 Julie.
- Die Calitzdorpspan: 5 Julie tot 10 Julie.
Skenk asseblief die volgende en gee bydraes by kerkkantoor af:
- Koekies en beskuit vir die uitreikspanne.
- 4-in-1-sopmengselpakkies, hawermout.
- Sagtespeelgoed of teddiebere vir kinders.
- Verfkwaste of rollers en 20 liter-blikke verf.
- Sepies en waslappe of enige ander sanitêre ware, vir besoeke aan ouetehuise.
- Skeermesse, skeerroom en haarsjampoe.
- Sokker-, netbal-, of rugbyballe en ander sporttoerusting.
- Warm klere, komberse en skoene (veral skoolskoene).
Maak ’n finansiële bydrae tot die onkoste verbonde aan die uitreike. Rekeningbesonderhede: Absa 9287 59 2857, takkode 632005. Gebruik UITREIKE as verwysing.
| |
Vakansieprogram | 7 tot 10 Julie
| |
Graad 1-tot-6-leerders word uitgenooi om vanaf 7 tot 10 Julie by ons jaarlikse wintervakansieprogram in te skakel. Bespreek jou plek aanlyn deur op die onderstaande skakel te klik.
| |
|
Nuwe ouderlinge verkiesHartlik geluk aan Lynette Burger, Deon Maree en Phil Niehaus wat almal as ouderlinge tot die kerkraad verkies is. Ons bid elkeen seën op hulle betrokkenheid en bediening in die gemeente toe.
| |
Op die foto's van links: Lynette Burger, Deon Maree en Phil Niehaus.
| |
Date Night: Huwelikskursus
| |
Date Night: Huwelikskursus
| |
Ons nooi almal wat pasgetroud, lank getroud, of in 'n lang verhouding met mekaar betrokke is, om by ons Date night-kursus in te skakel.Datums: Die kursus begin op Woensdag 30 Julie en word vir sewe weke elke Woensdagaand vanaf 18:30 tot 20:30 aangebied.
Koste: R180 per aand, per paar.
| |
Preekreeks | Derde kwartaal
| |
Tema: So ook op die aarde
Ter inleiding:
In dié huidige tyd en omstandighede waarin ons land, asook die res van die wêreld hul bevind, beleef ons almal onsekerheid asook die vernietigende krag van verdeeldheid en ongelykheid. Ons is pynlik bewus daarvan dat die meerderheid mense in ons land na ’n goeie, mooi en veilige bestaan en toekoms smag. Een van die vele aangeleenthede wat ons as landsburgers almal in gemeen het, is dat ons bekommerd is oor die tekort aan werksgeleenthede, die realiteit betreffende voedselsekerheid, geweldsmisdaad en ekonomiese groei. Ook weet ons Lees meer . . .
Programreeks:
Sondag 20 Julie: Geseënd is die vredemakers | Matteus 5:9 en Johannes 4:1-26
Sondag 27 Julie: Een in Christus | Psalm 122
Sondag 3 Augustus: Nie slagoffers nie | 2 Korintiërs 4
Sondag 10 Augustus: Gekant teen onreg, maar hê deernis met mekaar | Nehemia 5:1-19
Sondag 17 Augustus: Neem mekaar se hande | 1 Korintiërs 12:12-31
Sondag 24 Augustus: Hoop bo vrees | 2 Samuel 9:1-13
Sondag 31 Augustus: Saam in tye van swaarkry | Lukas 10:25-37
| |
Ys-vrieskasOns benodig ’n gekombineerde ys-en-vrieskas vir die markplein se kombuis. Indien jy ’n toestel het wat in onbruik verval het, maar steeds in ’n goeie werkende toestand is, oorweeg asseblief om dit aan die gemeente te skenk. Kontak Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za of 021 976 4519 indien jy kan help.
| |
Predikante aan diensTydens die komende skoolvakansie is ds. Marius Breytenbach (082 376 6053) vanaf 30 Junie tot 10 Julie aan diens en ds. René Potgieter (079 893 8104) vanaf 11 tot 21 Julie.
| |
Help ons om ’n verskil te maakTydens die winter het ’n mens ekstra waardering vir jou lekker warm huis en die voorreg om op ’n koue wintersaand ’n geurige en warm bakkie sop vir aandete te geniet. Daarom wil ons in besonder ook diegene ondersteun wat nie so bevoorreg is nie.
Stellenberg-gemeente is by vier sopkombuise in Khayelitsha, Bloekombos, Wesbank en Klipheuwel betrokke. Honderde mense ontvang weekliks iets te ete by die onderskeie sopkombuise en ons wil graag met bevrore sop ondersteun.
So kan jy help om iemand van ’n voedsame maaltyd te voorsien:
- Kook gemengdegroentesop, vries in roomysbakke en besorg by die kerkkantoor. Daar is roomysbakke in die grootsaalkombuis beskikbaar.
- Skenk die volgende bestanddele: Gedroogde sopmengsel, uie, wortels, aartappels, blokkies aftreksel. Gee bydraes asseblief by die kerkkantoor af.
| |
Potgooie nou aanlyn beskikbaar
| |
In die potgooie oor die Heidelbergse Kategismus gesels di. Marius Breytenbach en Schalk van Wyk oor die Heidelbergse Kategismus en hoe dit ons kan help in geloofsgroei asook om te verstaan van wat ons as gelowiges rakende ons geloof werklik bely. Volg die potgooie op ons YouTube-kanaal of besoek die gemeente se webwerf.
| |
Die Bybel vandag | Sessie 8: Deel 1
Kyk gerus na die nuwe sessie in die aanlyn Bybelskoolreeks op die gemeente se YouTube-kanaal of die webwerf.
| |
GebedsversoekeGee asseblief gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.
| |
Omgeestoor en kosprojek
Tydens die wintermaande raak die vraag na warm klere en komberse groter. Skenk asseblief bruikbare wintersklere vir ons omgeestoor. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
Niebederfbare kosprodukte vir die gemeente se kosprojek kan ook by die kerkkantoor afgegee word. Suiker, langlewemelk, koffie, tee, meel, graankos, sopmengsel, konfyt, blikkiesgroente en -vleis asook kookolie is alles produkte wat in kospakkies verpak kan word.
| |
BreigroepDie groep ontmoet weer op Maandag 7 Julie 2025 om 09:30 in die markplein.
2 l-roomysbakke
Ons benodig 2 l-roomysbakke om sop aan sopkombuise te skenk. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
| |
Dankie vir jou finansiële bydrae- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
- Vroueoggend Ruyterwacht Senior Sentrum: Die sentrum beoog om ’n damestee op Saterdag 2 Augustus aan te bied. Kaartjies beloop R130, wat eetgoed asook ‘n gasspreker en vermaak insluit. Die sentrum benodig gasvrouens wat kaartjies kan verkoop en eetgoed vir haar tafel kan voorsien. Kontak asseblief vir Rene Coetzee by rwssoffice@gmail.com/083 810 1240 indien jy kan help.
- Edelweiss Dienssentrum versamel plastiekdoppies (enige grootte en soort doppies) ten bate van ’n projek van die Paarlskool. Gee gerus die doppies wat jy bymekaarmaak, by Edelweiss Dienssentrum se ontvangs af.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Halfdagpos vir ’n debiteureklerk: ’n Betroubare en noukeurige persoon wat onafhanklik kan werk, word benodig om met invorderings te help. Die geskikte kandidaat moet goeie ervaring en kennis van ten minste drie jaar hê.Dit is ’n voltydse pos Maandag tot Vrydag 08:00 tot 12:00. Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na ehgray62@gmail.com.
- Vakature beskikbaar: Bornman & Hayward Prokureurs, geleë te Suite 1, Reigerstraat 2, Stellenberg, het ’n voltydse pos beskikbaar vir ’n debiteureklerk met onmiddellike indiensneming. ’n Mededingende markverwante salaris word aangebied. Akkuraatheid is van kardinale belang. Stuur asseblief u volledige CV aan: info@borhay.co.za.
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie? Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid. Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg. Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme. Kontak Wynand by 079 412 7080.
- Te huur: Aftreeoord La Vie in Sonstraal Durbanville. Tweeslaapkamereenheid op grondvloer naby eetsaal. Ooplankombuis met sitkamer en badkamer. Baie netjies. DStv-pakket asook etes beskikbaar. Koste: R12 000 per maand en beskikbaar vanaf 1 Junie 2025. Kontak: Loret Kruger by 082 872 0526 of loret@dck.co.za.
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
Kontak my, Chanelle van Rensburg, vir enige korttermynversekeringsbehoeftes. OUTsurance bied ’n wye reeks van versekeringsprodukte/oplossings, wat besigheid, huishoudelik, motor, troeteldier, en nog vele meer dekking aanbied.
My diens is gemik daarop om u as kliënt gemak en doeltreffendheid te bied, sonder die noodsaaklikheid van ’n oproepsentrum. Ek is dus u as kliënt se primere kontakpunt en verseker dat alle kommunikasie en dienste vinnig en professioneel sal geskied. Ek is toegewyd om die beste versekeringsoplossings, wat aan u behoeftes voldoen, te verseker.
| |
|
|
|
|
|