Stellenberg se basaar is vanjaar ’n tweedag-makietie en vind plaas op:
- Vrydag 6 Maart | 13:00 – 20:00
- Saterdag 7 Maart | 08:00 – 14:00
Kom kuier saam en geniet ’n heerlike gemeenskapsgeleentheid met iets vir almal:
- ’n Kinderspeelpark
- Mini-ekspo
- ’n Groot snuffelmark (thrift market)
- ’n Verskeidenheid koswaentjies met heerlike etes te koop
Helpers benodig:
Ons benodig helpers wat met die maak en verkoop van poedings behulpsaam kan wees asook vrywilligers wat die speletjies se kaartjieverkope kan beman. WhatsApp Karen by 082 827 9389 indien jy kan help.
Snuffelmark:
Kom verkoop die klere wat jy nie meer dra nie, of huisraad, sporttoerusting en speelgoed wat in onbruik verval het. Doen nou aansoek vir ’n stalletjie by die snuffelmark (thrift market).