Stellenberg-weekliks

 2 tot 9  Februarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 4 Februarie 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
 Jesaja 40:27-31: Krag vir elke dag

Oggenddiens om 09:00 in die kerk  | Ds. Visser (4)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter (9)
Kleuter-en-ouer-byeenkoms om 09:00 in die grootsaal | Brenda Visser
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Mia van der Merwe

Doop Sondag 4 Februarie

Henry en Celestie Eales, laat doop vir Nina Eales tydens die oggenddiens.

Kategese begin volstoom

Annibrand Junior
- Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal (kleuterkerklokaal).
- Graad 1 tot 3 ontmoet om 10:00 in die kleinsaal.
- Graad 4 tot 6 ontmoet om 10:00 in die grootsaal.
- Graad 7 's ontmoet om 10:00 in die jeuglokaal.
Annibrand Senior
- Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Gemeentebraai: Vanaand, Vrydag 2 Februarie

Kom begin die nuwe jaar op ’n gesellige noot deur ons maandelikse gemeentebraai op Vrydagaand 2 Februarie by te woon.  Bring jou eie vleis, bykosse en drinkgoed asook ’n bord, eetgerei en glas.  Ons voorsien die kole.  Kole is vanaf 18:30 gereed.

Weer gedink oor gebed


Deur: Ds. René Potgieter
Gebed is ’n belangrike deel van ons geloof, omdat ons glo dat die Here ’n God is, wat in ’n verhouding met ons is. Gebed is die manier waarop ons met God praat. God tree in ’n verhouding met die skepping asook met elke persoon om sy liefde te deel.  Lees meer . . .

Lydenstydreeks:  Jesus ruik na mirre en stof

Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Bybelstudiegroep vir huiswerkers


Huiswerkers word uitgenooi om in te skakel by ’n Bybelstudiegroep wat elke tweede Donderdagaand byeenkom.  Ons doen saam Bybelstudie en kuier ook lekker saam.  Indien jy nuut in die omgewing is, bied die groep aan jou die ideale geleentheid om ander mense te ontmoet.  WhatsApp vir  Anéne Nortier by 083 581 6930 indien jy belangstel om aan te sluit.

Kundigheid in kommunikasie


Ons wil graag ’n kommunikasiebediening op die been bring wat leraars en kantoorpersoneel behulpsaam kan wees met strategiese beplanning rakende die gemeente se kommunikasie.  Indien jy ervaring in veral digitale kommunikasie het, oorweeg asseblief om jou kennis en gawes met die gemeente te deel.  Kontak asseblief vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za indien jy hulp wil aanbied.

Ons hou op Vrydag 8 Maart weer ’n lekker saamkuier-basaar en het helpers nodig om die funksie suksesvol aan te bied. 

Helpers

Indien jy bereid is om produkte te verkoop, 'n poeding te maak, of bak, of ’n koek te bak, of enige ander skenking te maak, kontak asb. vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za/ 082 827 9389.


Witolifanttafel
Skenk asseblief enige huisware, speelgoed, gereedskap, ens. vir die basaar se witolifanttafel.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Tiendemaandinsameling oortref die mikpunt

Ons mikpunt vir die tiendemaandinsameling was R1 375 000 en die insameling het die mikpunt met R125 000 oorskry.  Ons is baie dankbaar vir die R1 500 000 wat lidmate tot die tiendemaandinsameling bygedra het.  Die insameling word benut vir die gemeente se werksaamhede.
Maandelikse dankoffers en bankkollektes toon egter ’n daling en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om lidmate aan te moedig om ook maandeliks tot die gemeente se werksaamhede by te dra  deur middel van ’n debietorder (klik HIER om die vorm af te laai), elektroniese oorbetaling (ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005), of gebruik die SnapScan-kode.  Saam kan ons ’n verskil maak.

Raak asseblief betrokke

Daar is verskeie bedieningsgeleenthede in die gemeente en ons wil jou graag aanmoedig om by een van die bedienings betrokke te raak sodat jy jou gawes op dié wyse tot uitbou van die koninkryk kan aanwend.  Ons benodig hulp met praktiese dienslewering aan bejaardes, hulp by kategese, ens. Lees meer . . .

Graad 1's ontvang hulle Bybels

In Stellenberg-gemeente is elke lidmaat se geloofsreis vir ons belangrik. Die hartklop van dié vormingsreis is om jongmense en volwassenes op hulle onderskeie geloofspaaie te begelei sodat elkeen sy/haar identiteit in Christus, asook hul lewensroeping kan ontdek.  Sodoende sal hulle as geestelik selfstandige mense wat Jesus navolg, ontwikkel. Lees meer . . .

VatVyf-groep vier saamwees


Die VatVyf-groep se vrugtefees op Woensdag 31 Januarie het die nuwejaar op ’n feestelike wyse ingelei.  Verhoudings en vriendskappe bly ’n groot voorreg en is ’n gawe uit God se hand.  Dit is altyd lekker om tydens byeenkomste te sien hoe die groeplede die geselskap geniet en mekaar ondersteun.  Skakel gerus by die groep in om die hartlikheid en samesyn te beleef.  Klik HIER om die jaarprogram af te laai of rig asseblief enige navrae rakende die VatVyf-groep aan ds. René Potgieter of die kerkkantoor se ontvangs.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

Wolhaarstories

Die ywer waarmee ons flukse breispan brei, is geen wolhaarstorie nie.  Die manne en vroue se penne klik daagliks om warm serpe en musse vir Karookinders en senior burgers te brei.  Hulle wolvoorraad is egter maar skraps en hulle is afhanklik van skenkings. Gee asb. bydraes van bruikbare wol by die kerkkantoor af om die mooi projek te ondersteun.

Sondagviering: Kuier saam na die oggenddienste


Tee en Koffie in die kerktuin
Gratis tee en koffie is na ons oggenddienste in die tuin voor die kerkgebou beskikbaar. 

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 5 Februarie om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.