GEMEENTEBULLETIN

 1 tot 8 Desember 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 3 Desember 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Markus 13:24-37; 1Korinthiërs 1:3-9; Psalm 80; Jesaja 64:1-9
Kyk na die vyeboom! Hoe gemaak met die tekens van die tye?

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Braam Hanekom (1)

Deuroffer 
Klipheuwel-crèche
Tiendemaandinsameling 2023
Ons is opreg dankbaar vir die bydraes wat ons vir die tiendemaandinsameling ontvang het.  Daar is nog ’n tekort van R123 703 op die begrote bedrag.

Tiendemaandbydraes kan steeds elektronies oorbetaal word na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005,  of dit kan in die tiendmaandkoevert geplaas word. Gebruik asseblief "tiendemaand" as verwysing vir elektroniese inbetalings.  Koeverte is in die voorportaal van die kerk beskikbaar en kan in die kollektebord geplaas word, of by die kerkkantoor inbetaal word.

Elke bydrae, groot en klein, help ons om ons verantwoordelikhede oor grense heen na te kom en ook ons eie lidmate deurlopend te bedien.

Gemeentebraai

Vrydag 8 Desember

Kom sluit gerus by die laaste gemeentebraai van 2023 aan.  Kole is vanaf 18:30 gereed.  Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, borde, eetgerei en glase.

’n Koepon vir haweloses

Ons wil graag MES se feestydprojek ondersteun.  Hulle streef daarna om hawelose mense van ’n ete en slaapplek in die feestyd te voorsien.

Koop asb. ’n MES-koepon teen R50 by die kerkkantoor.
 

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Maria, dogter van Evert

Die koffiewinkel heropen op Maandag 15 Januarie 2024.  Ons is opgewonde om Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein te verwelkom.  Hulle het aangedui dat die spyskaart meer informeel sal wees as die van Evert Opstal-restaurant en dat hulle ook beplan om klaar voorbereide etes soos bobotie te verkoop.  Loer gerus volgende jaar by die restaurant in.

Verkiesing van ’n kerkraadslid

Op die kerkraadsvergadering van 22 November is Jaco Potgieter as diaken vir fondse verkies.  Doen asseblief vir hom voorbidding in die besluit.  Navrae kan aan ds. René Potgieter gerig word by rene@stellenberg.co.za.
Kerkkantoor sluit tydens die feesgety
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor vanaf 27 Desember 2023 tot 5 Januarie 2024 gesluit sal wees.  Ds. Marius Schoombie (083 635 1523/schoombie@stellenberg.co.za) is vanaf 26 Desember 2023 tot 7 Januarie 2024 aan diens.

Spesiale eredienste tydens die feesgety
Oukersdag Sondag 24 Desember 2023  
Oggenddiens om 09:00 in die kerk | Ds. René Potgieter (4) 
Samesang van Kersliedere vanaf 19:00 tot 19:30 in die kerk | Ds. Marius Breytenbach

Kersdag Maandag 25 Desember 2023                                   
Kersdienste om 07:30 (1/2)  08:30 (7/8/9)  en 09:30 (3/4)  in die kerk |  Ds. Marius Breytenbach

Oujaarsdag Sondag 31 Desember 2023                                         
Oggenddiens om 09:00 in die kerk | Ds. Marius Schoombie (1)
Jars of Hope vir sopkombuise
Ons voorsien droësopmengsel aan sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek en benodig die volgende bestanddele: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en  aftrekselblokkies.  Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

Helpers by die teetuin

Ons het dringend helpers nodig wat op Sondae by die teetuin behulpsaam kan wees.  Dit behels slegs bediening, geen opwaswerk nie.  Kontak asb. vir Charlotte by 021 976 4519 indien jy kan help.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen. Die laaste byeenkoms is op Maandag 4 Desember.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.

Subscribe to our email list.