navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Eredienste: Sondag 10 November 2024

Romeine 3:21-24  |   Vernuwing uit verlossing

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Breytenbach (4)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die komiteekamer in die kerkkantoor


Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie


KATEGESE:

Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

  Annibrand Senior: graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Basaarpoeding te koop op 10 November

Jy kan op Sondag 10 November na die oggenddiens ‘n bakkie heerlike basaarpoeding in die kafeteria koop.  Jelliepoeding kos R15 en die ander R20 per bakkie.  Die verkope is ter ondersteuning van die 2025-uitreik na Namibië.

Meer oor die gemeente se inkomste en besteding

Ons tiendemaandinsameling vorm 15% van ons gemeente se jaarlikse inkomste, saam met maandelikse dankoffers (47%), bankkollektes (8%), feesmark (22%) en verhurings (8%). Ons is dankbaar vir elkeen se bydrae wat ons in staat stel om die gemeente se bediening na binne en buite te bedryf.  Die huidige stand van die tiendemaandinsameling word in bogaande grafiek aangetoon.  Lees gerus meer oor die verdeling van die gemeente se inkomste en die jeugkommissie se werksaamhede. Lees meer . . 

Stellenbergers deel hul oeste

Hartlik dankie aan al die lidmate wat so flink gereageer het en hul oes met inwoners van Klipheuwel deel.  ’n Groot verskeidenheid groenteplantjies is die afgelope week deur kwekers by die kerkkantoor afgegee.  Daar is 'n klompie sterk pampoenranke, beet-, boontjie- en tamatieplantjies wat nou in Klipheuwel se groentetuin geplant sal word.
Indien jy nog ’n plantbakkie by die huis het, kan jy dit gerus tussen 08:00 tot 14:00 op weeksdae by die kerkkantoor afgee, of bring dit Sondagoggend saam met jou na die erediens en laat dit in die voorportaal van die kerk.

Feesmarkuitstallers wat uitreik oor grense heen

KIN Culture is ’n projek wat deur Agnes Barnard in die lewe geroep is nadat sy en haar gesin die visie ontvang het om pleegouers wat vir verwaarloosde of mishandelde kinders ’n tuiste kan bied, te werf en die proses te ondersteun.  “Ons misie is om pleeggesinne te ondersteun op die pad wat hulle saam met ’n kind, wat deur erge trauma verniel is, moet stap.  Dié kinders het verskillende vorme van professionele hulp nodig om weer holisties te genees. Lees meer . . .

Feesmark 2024 – dit was goed!

Nog net een dag voor feesmark 2024 agter die rug is.  Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir nog ’n suksesvolle feesmark.  Dankie ook aan die 400 uitstallers, 80 personeellede (kassiere, pakkers en vloerbestuurders), die sekuriteitspan en veral ons vyf komiteelede wat hard gewerk het om die mark vlot te laat verloop.  Ds. Johan Visser het op die derde laaste oggend van die mark die oggendskof se personeellede (op die foto bo) vir die dag geïnspireer deur te demonstreer hoe hy en sy dogtertjie soggens skool toe huppel en elkeen van die personeel daaraan herinner dat God ook daagliks saam met ons huppel en wandel – hetsy in die tuin, dalk in die hospitaal, of selfs hier by die feesmark wanneer ons al die mooi handwerkartikels bewonder – Hy loop die pad saam met ons, vandag en elke dag.

Grypers, gewers en volgers


Deur: Ds. Schalk van Wyk
“Lot kies toe vir hom die hele Jordaanstreek.” (Genesis 13:11)

Maatskappye, so het ʼn industriële- sielkundige ʼn paar jaar gelede geskryf, stel graag grypers aan – en dít is tot hulle nadeel. Die res van sy artikel het verduidelik hoekom dit vir ʼn maatskappy sleg is om ʼn klomp grypers in hulle diens te hê. Ek kon nie nou weer die artikel opspoor nie – dit was iewers in ʼn biblioteek se vaktydskrif; dus moet ek maar in my eie woorde oorvertel soos ek dit onthou:

Jars of hope

Ons wil graag ons sopkombuise en die mense in informele nedersettings, waar voedselnood ’n groot probleem is, met sopbestanddele gedurende die feesgety ondersteun.  Neem asb. ’n glasbottel in die voorportaal van die kerk en vul dit met die aangeduide bestanddele.  Bring die gevulde bottels weer saam na die Kerssangdienste toe.

VatVyf-program

Woensdag 13 November:  Ons besoek die bekende aarbeiplaas op die Polkadraaipad en vertrek 09:00 vanaf die kerk.  Koste: R65 per persoon, by die ingang betaalbaar.  Bespreek jou plek by Charlotte, kerkkantoorontvangs 021 976 4519.

Woensdag 4 Desember:  Kersete in die kleinsaal.  Koste: R150 per persoon.  Bespreek by Charlotte, kerkkantoorontvangs.    

Gemeentestap op 16 November

Ons nooi almal jonk en oud om op Saterdag 16 November saam met ons vanaf Majik Forest tot by die D’Aria-wynplaas te stap.  Dit is ongeveer ’n 8 km-staptog.  Ons ontmoet mekaar om 07:00 by die kerk.  Bespreek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Graad 8-kamp | 10 tot 12 Januarie 2025

Stellenberg-gemeente, in vennootskap met Hoërskool Stellenberg, bied aan: Into The Unknown, 'n kamp waar ons jou gaan help om ’n gemaklike oorgang na die onbekende van hoërskool te maak.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember - daar is plek!

Daar was ’n paar kansellasies: dus het die gewilde gemeentekamp nou weer ’n paar staanplekke beskikbaar.  Ons kampeer weer by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  
 Bespreek jou staanplek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan vanaf 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


’n Nuwe dissipelskapgroep

’n Nuwe kleingroep word vir 2025 beplan.  Die groep sal saam ’n spesifieke dissipelskaphandleiding bestudeer met die doel om elke groeplid se verhouding met God te verdiep.  Indien jy belangstel om  weekliks by die kleingroep betrokke te raak, kontak asseblief vir Charlotte by ontvang@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Stellenberg-sokkies – ’n ideale Kersgeskenk

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.

Twee Kerssangdienste op 1 Desember

Maak nou reeds ’n aantekening in jou dagboek van die volgende geleenthede.  Dit verskil van die datum wat op die almanak aangedui word.

Op Sondag 1 Desember word twee Kerssangdienste aangebied:

Annibrand Junior bied ’n Kinderkerssangdiens om 09:00 in die kerk aan.

- Die tradisionele Kersangdiens om 19:00 in die kerk.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

-"Studio" 6 x 5.5 m2 te huur:  Maandag - Vrydag (Dinsdae en Woensdae oggende 7:30 - 10:30 is nie beskikbaar).Geskik vir pilates-, dans, yogaklasse, of menige ander vorm van klasgee.  Geleë naby Eversdal Laerskool. 
- Administratiewe posisie beskikbaar ’n Kontrakpos vir die tydperk 18 November 2024 tot 30 April 2025, in Eversdal-omgewing.  Werksure: 09:00 tot 17:00. Vereistes en vaardighede:  Rekenaarvaardigheid met kennis van Excel en Word, goeie skriftelike en verbale kommunikasie in Engels en Afrikaans asook administratiewe noukeurigheid en professionele telefoonetiket.

WhattsApp jou CV so spoedig moontlik na: 072 759 3677.


- Tikwerk:  Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend.  Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville.   Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.

Subscribe to our email list.