|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Erediens: Sondag 13 Oktober 2024
Kolossense 2:6-12 | Gewortel in God se genade
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (2)
Familiediens skakel by die oggenddiens in.
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (restauranttuin)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.
Annibrand Senior: graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.
| |
Kafeteria skuif
Met die oog op die komende feesmark verskuif die kafeteria na die restauranttuin. Koffie, tee, cappuccino’s en eetgoed sal soos in die verlede op dié perseel te koop wees. Die restaurant is wel gesluit.
| |
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 2 Kor. 9:10
Tiendemaandinsameling: Oorweeg asseblief om benewens jou maandelikse bydrae ook tydens Oktobermaand ’n finansiële bydrae te maak tot ons tiendemaanddankofferprojek. Die tiendemaandinsameling maak 16% van ons jaarlikse begroting uit. Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R1 660 000.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing, QR-kode hier onder, om jou bydrae te maak.
- Elektroniese bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die tiendemaandkoevert geplaas word en in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word, of plaas dit in die kollektebord.
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.
| |
Kweekprojek: Deel jou oes
| |
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.
2 Kor. 9:10
Saam met ons tiendemaandinsameling wat in Oktober plaasvind, wil ons graag oud en jonk aanmoedig om aan ons kweekprojek deel te neem. Koop Sondagoggend na die eredienste ’n kweekpakkie teen slegs R20 en ontvang alles wat jy nodig het asook eenvoudige instruksies om groentesaailinge te kweek. Wanneer die saailinge ongeveer 10 cm hoog is, bring jy jou oes op ’n Sondagoggend terug kerk toe en ons sal dit dan aan Klipheuwel se groentetuinprojek skenk.
Die Kweek-vir-die-Here-span wat al jare lank vetplante, kruie en ander plante kweek en jaarliks by die feesmark verkoop ten bate van jeuguitreike, het dringend die hulp van nuwe lede nodig. Jy hoef geen ervaring te hê nie – net ’n liefde vir plante en plek in jou tuin om plante te stoor. Die span sal ook skenkings van plantbakkies baie waardeer, asook skenkings van plante wat by die feesmark verkoop kan word.
Indien jy graag by dié opwindende projek betrokke wil raak, kontak asseblief vir Jan Bester by 073 462 4577.
| |
Gemeentevergadering | Dinsdag 15 Oktober
| |
Stellenberg-gemeente het tydens die tweede kwartaal aan die NCLS-ondersoek deelgeneem deurdat lidmate tydens ’n erediens die vraelys voltooi het.
Hierdie vraelys het ons gehelp om die stem van die gemeente te hoor. Julle deelname aan die vraelys word baie waardeer en het waardevolle inligting rakende tendense in die gemeente belig. Om die terugvoer van die vraelyste te sien, klik HIER.
Die kerkraad en die strategiekommissie het die data wat uit die ondersoek bekom is, bespreek en wil graag saam met die res van die gemeente gereeld en onderskeidend na God se leiding luister.
In die lig hiervan nooi ons jou graag uit na ’n gemeentevergadering waartydens die predikantespan kortliks terugvoer oor die vraelyste sal bied en ook vrae sal beantwoord. Die vergadering is Dinsdag 15 Oktober 2024 om 18:30 in die kerk. Bevestig asb. jou teenwoordigheid teen 14 Oktober by Charlotte ontvangs@stellenberg.co.za
| |
’n Dissipelskapgroep om jou verhouding met God te verdiepDeur: Ds. Johan Visser
| |
Ons is opgewonde om lidmate uit te nooi om in 2025 by ’n splinternuwe dissipelskapgroep in te skakel. Daar is reeds verskeie bestaande kleingroepe in die gemeente soos Bybelstudie- en omgeegroepe asook die VatVyf-groep. Die nuwe dissipelskapgroep sal hoofsaaklik soos die ander kleingroepe funksioneer, met dié verskil dat die groeplede saam ’n spesifieke dissipelskaphandleiding sal bestudeer met die doel om elke groeplid se verhouding met God te verdiep. Lees meer . . .
| |
Omhels verandering
Deur: Ds. Schalk van Wyk
Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys".
(Genesis 12:1)
Abram sou weet van politiek, want politiek is oral waar daar mense is, en daar was baie mense in Haran. Lees meer . . .
| |
Nooi asseblief jou vriende en familie na ons grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Dis ’n feestelike inkopie-ervaring vir die hele gesin.
21 Oktober tot 9 November
- Weeksdae: 10:00 tot 20:00 en Saterdae 09:00 tot 18:00
- Gratis toegang
- Gratis parkering
- Rolstoelvriendelik
- In die restaurant kan jy Oosterse kos, hamburgers, pizza-foldovers, Indiese kos, vis-en-skyfies, afval, gevulde pannekoek, roosterkoek, koek, drinkgoed en die maaltyd van die dag geniet.
- 500 uitstallers met Kersgeskenke, dekoritems, gebak en deliprodukte
- Alle bankkaarte word aanvaar
| |
Wees ’n wenner by vanjaar se feesmark
| |
Jy kan die gelukkige wenner van ’n R1 000-geskenkbewys wees wat jy by vanjaar se feesmark kan spandeer. Volg net die volgende eenvoudige stappe:
2. Soek bogenoemde plasing van die kompetisie en like en share die plasing.
3. Tag drie vriende wie jy graag vir inkopies na die feesmark wil uitnooi.
Die wenner word op 21 Oktober, die eerste dag van die feesmark getrek. Moenie die lekker inkopie-ervaring deur jou vingers laat glip nie.
| |
Vierde kwartaal Bybelskool
| |
Tema: Op pad na Kersfees!
Johannes en Jesus se geboorteverhale is vol vreugde en vrede. Wanneer ’n mens die verhale lees, voel dit kompleet of ’n mens in ’n pragtige tuin wandel, omring deur voëlgesang en natuurprag. In die verhaal van Lukas 1 en 2 wat vol vrolikheid en afwagting is, is daar egter interessante kosbaarhede versteek – amper soos ’n soektog na versteekte paaseiers in ’n tuin. Tydens die Bybelskool in November gaan ons die wonderlike en versteekte insig wat van toepassing is op ons moderne samelewing, binne die verhale ontdek.
Datums: 5, 12, 19 en 26 November om 18:30 in die kerk
Aanbieder: Ds. Schalk van Wyk Handleidings: R30 (donasie)
Bespreek by Charlotte 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za
| |
Stellenberg se matrolbalspan het die klubkampioenskap gewen en die spanne van Eureka (Huis André van der Walt), Klaradyn-aftreeoord, Andanté-aftreeoord asook George and Annie Starke Homes uitgestof. Op die foto is van links: Marieta Coetzee, Corrie Denton, Marieka van Wyk en Alda Prins. Hartlik geluk aan die wenspan – ons hoop die trofee bly sommer nog vir ’n hele aantal rondtes in julle besit.
| |
Kospakkies vir RuyterwachtTydens Oktober en November samel Ruyterwacht se sentrum vir seniors bydraes vir Kerskospakkies in wat aan sentrumlede voorsien word vir wanneer die sentrum gedurende die feesgety gesluit is en nie maaltye bedien nie. Bydraes van niebederfbare kosprodukte kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan elektronies met Kerskospakkies as verwysing oorbetaal word na ABSA, rekening 390169582, takkode 632005.
| |
VatVyfWoensdag 30 Oktober om 10:00
Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent. Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam.
Geen besprekings is nodig nie.
| |
Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson. Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar. Bespreek dus jou plek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi. Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.
| |
Met leedwese
Ons neem afskeid van:
- Johann Cornelis Cloete Krüger (22/08/1951- 07/10/2024). Cloete was sedert 1982 ’n lidmaat van die gemeente. Ons opregte meegevoel met sy vrou, Ada, sy drie dogters Peggy, Trudie, Ada en skoonseuns, almal ook lidmate van die gemeente, asook vyf kleinkinders wat hy agterlaat. Gedenkdiens: Woensdag 16 Oktober om 11:00 in die kerk.
- Mike Rossouw, voorheen ’n bekende en baie meelewende lidmaat van die gemeente. Mike het die afgelope paar jaar in Hermanus gewoon. Ons opregte meegevoel met sy kinders en kleinkinders wat hy agterlaat. Gedenkdiens: Maandag 14 Oktober om 11:00 in die kerk.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Sutherland-gemeente bied aan:.
| |
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig? Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering. Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.
- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur. Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees. Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds. Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
| |
Strauss-klavier te koop teen R40 000. Uitstekende toestand, baie min gebruik. Om te besigtig skakel vir Ditsi Cloete (Horisonstraat 9, Sonstraal, 083 300 8238) om ’n afspraak te reël. Sy is weeksdae tot 16:00 en Vrydae tot 15:00 beskikbaar.
| |
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig?
Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145
Ons dienste sluit die volgende in: Lees meer . . .
| |
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend. Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville. Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.
| |
|
|
|
|
|