navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 5 Mei 2024


1 Korintiërs 13 | Liefde ontsluit die waarheid

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Mia van der Merwe

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. de Klerk
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach

Hettie Brittz: Boekbekendstelling

5 Mei 19:00
Hettie Brittz kom gesels op Sondag 5 Mei om 19:00 in die kleinsaal oor haar bekende boek, Kweek kinders met karakter.  Die boek word heruitgegee en bied ’n nuwe aanslag en voorkoms. 
Kom luister gerus na haar praktiese raad rakende die opvoeding van kinders volgens hulle eie persoonlikhede en karaktereienskappe. Kaartjies @ R25 per persoon op Quicket te koop.  Daar is nog plek beskikbaar.

Doop Sondag 5 Mei

Tydens die oggenddiens:
Jacques en Madeli de Villiers, laat doop vir Liam Pieter de Villiers.

Tydens die familiediens:
Juan en Annie Nel laat doop vir Juhandré Francois Nel.


Hartlik geluk aan Erik en Lara 


Erik en Lara Zulch is op Saterdag 27 April in die NG kerk Drieankerbaai getroud.  Lara is ds. Marius en Riëtte Breytenbach se dogter en Erik is die seun van jare lange lidmate, Philip en Connie Zulch.  Erik is ook ’n voltydse leraar by die Drieankerbaai-gemeente.
Ons wens dié twee pasgetroudes baie seën toe op die nuwe lewenspad wat hulle nou saam aandurf.

Ons eet saam tydens Pinkster

Die gebruik het ontstaan om na elke Aandpinksterdiens saam te eet en ons gemeentewaarde "nader aan mekaar" ook so te vier. Hiervoor maak ons  jaarliks op vrywilligers staat wat vir die vyf aande van Pinkster vir ons sop kook en by die markplein afgee.  Ons vier vanaf 12-16 Mei 2024 weer Pinkster en doen 'n beroep op lidmate om asseblief vir ons ’n pot sop vir een van die aande in die  week te kook.  Jy kan Sondag na afloop van die eredienste op die soplyste, beskikbaar in die voorportale van die kerk en kleinsaal,  aandui watter aand jy sop kan bring, of laat weet vir Charlotte   (021-9764519, ontvangs@stellenberg.co.za) by die kerkkantoor. Ons sal jou dan persoonlik kontak om fynere besonderhede te bespreek.

Hemelvaartdiens 9 Mei 2024


Spesiale Hemelvaartdiens
Donderdagaand 9 Mei om 19:00 in die kerk
Neil Büchner, sanger en kunstenaar, lei die Hemelvaartdiens in die kerk met sang en Skrif.  Dié erediens is ’n inleiding tot die Pinksterreeks wat op Sondag 12 Mei om 18:00 in die kerk begin. 


 
“Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”  2 Korintiërs 3:18 

Met Pinkster vier ons elke jaar die uitstorting van die Gees – God self wat in ons kom woon om ons lewens te rig en lei, wat ons vorm om meer en meer soos Christus te wees. Die Gees wat in ons kom woon, is ’n eenmalige gebeurtenis, maar die Gees werk nie eenmalig nie. Die Gees vorm ons elke dag om meer en meer aan die beeld van Christus gelyk te word. Lees meer . . .


Spesiale kosinsameling tydens Pinkster

Spesiale kosinsameling tydens Pinkster.  Neem asb. ’n bruinpapiersak in die voorportaal van die kerk en vul dit met die aangeduide bestanddele. Laai die lys met bestanddele HIER af.
Laat gevulde sakke, in die voorportaal van die kerk, of gee asb. by die kerkkantoor af.

Die tuinier!

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Een van die heel mooiste liedere wat vir my die essensie van Jesus se opwekking uit die dood raakvat, het nie halleluja uitroepe in nie, en is nie as ʼn Paaslied geskryf nie – dit is ʼn popliedjie! 


Gebruikte of nuwe geskenksakke

Ons benodig gebruikte of nuwe A4-grootte- (of groter) geskenksakke vir kinderpinkster.  Gee asseblief bydraes by die kerkkantoor af, of kontak vir Brenda Visser by 021 976 4519.

Nog helpers by die omgeestoor benodig

Ons het dringend nog helpers by die omgeestoor nodig.  Indien jy weekliks kan help om geskenkte klere en ander items uit te sorteer, kontak asseblief vir Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za.

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

Annibrand Senior-kategesegroep na die oggenddienste

Op Sondag 21 April begin ’n gemengde hoërskool- kategesegroep na die oggenddienste. Indien daar tieners is wat in die koshuis is, of andersins nie by die aanddiens en -kategese kan inskakel nie, word hulle na dié oggendgroep uitgenooi. Kontak vir sunet@stellenberg.co.za vir meer inligting of om te registreer vir die senior kategese in die oggend.

Dis weer tyd vir uitreike!

Indien jy nog nie op ’n uitreik was nie, nooi ons jou in besonder om aan vanjaar se uitreike deel te neem.  Uitreike bied aan jou die geleentheid om nader aan God, maar ook nader aan jou medemens te groei.
Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Indien jy op die Leeu-Gamka-uitreik wil gaan, klik asseblief op die skakel vir aanlyn inskrywings: https://forms.gle/UiPPDSXvbcfXWedW8
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie
Indien jy op die Calitzdorp uitreik wil gaan, hier is die skakel vir die aanlyn inskrywings: https://forms.gle/3ruf8TbZv2RBZJtX7

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Die gewilde skattemark beoog om vanjaar nog meer stalletjies as in die verlede aan te bied.  Gebruik die geleentheid om klere, juwele, huisraad, dekor-items, speelgoed, gereedskap, ens. wat in onbruik verval het, in kontant om te skakel.
Die volgende uitstalruimtes is beskikbaar:
  • R250 per tafel (180x90))
  • R400 twee tafels (360x90)
  • R500 vloerspasie (300x300)
Kosstalletjies: Teen R500 per tafel kan jy enige etes, lekkernye, koffie, ens. verkoop.
Klik HIER om die aanlyn vorm te voltooi en jou uitstalruimte te bespreek.

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

VatVyf-program


Woensdag 22 Mei 10:00: Interessante praatjie oor die opleiding en werk van polisiehonde.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ’n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Ondersteuning aan seniors

Deur: Ds. Marius Breytenbach
Ons is baie opgewonde om die bediening wat fokus op die ondersteuning van seniors in die gemeente op dreef te bring. Daar is twee diensgroepe waarby vrywillige helpers betrokke kan raak:

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Kerkkantoor is gesluit op Donderdag 9 Mei

Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor op Donderdag 9 Mei gesluit is, ter viering van Hemelvaartdag.

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 6 Mei om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe breiers is altyd welkom.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Rekenaaroperateurs benodig

Hoërskoolleerders of studente wat teen vergoeding tydens eredienste as rekenaaroperateurs kan optree, word benodig.  Jy moet vanaf 08:00 tot 10:00 Sondagoggende die diensbeurt waarneem en vanaf 16:00 tot 19:00 by die aanddiens.  Stuur ’n WhatsApp met jou naam en nommer na 081 045 2428 indien jy belangstel.    

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Huishulp: Anna Scholtz is op soek na ’n huishulp wat Dinsdae of Donderdae beskikbaar is.  Kontak haar asseblief per WhatsApp by 071 7120 015.
- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en ook bejaardes omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Edelweiss hou ’n snoekbraai op 17 Mei: 
Varsgebraaide snoek, gebakte brood, makataankonfyt en patattert teen R80.  Bespreek jou kaartjie by edelweissontvangs@gmail.com .

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.