Stellenberg-weekliks

 16 tot 23 Februarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 18 Februarie 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Lydenstydprogram begin:
Johannes 21:1-19  | Jesus ruik na vis
Oggenddiens om 09:00 in die kerk  | Ds. Breytenbach (3)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach

KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
 Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal (kleuterkerklokaal).
Graad 1 tot 3 om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Gemeenteseun as leraar van Drieankerbaai-gemeente bevestig

Erik Zulch is op 11 Februarie as leraar van die Drieankerbaai-gemeente in Seepunt bevestig.  Erik het grootgeword in Stellenberg-gemeente en ons is saam met hom, sy ouers, Philip en Connie Zulch, asook sy verloofde, Lara Breytenbach, opgewonde oor sy bevestiging en sy bediening in die gemeente.  Lees meer . . .

Klouterkerk op 25 Februarie 09:00
Ons nooi alle ouers met kleuters, of ouers wat die afgelope drie jaar ’n baba laat doop het, uit na vanjaar se eerste klouterkerk-byeenkoms  op Sondag 25 Februarie vanaf 09:00 tot 09:40 in die Maria-restaurant se tuin.   Ds. Philipp Dietmann sal die byeenkoms lei en nooi ouers uit om in dié ontspanne ruimte saam met hulle kinders iets van ons gemeente-samesyn te beleef.  

Lydenstydreeks:  Jesus ruik na mirre en stof


  • Groepbyeenkoms: Dinsdagaand 20 Februarie om 20:00
  • Materiaal: Jy kan die materiaal wat vir dié week se Lydenstydprogram gebruik word HIER aflaai.
  • Lydenstydprogram:  Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Selfverdediging en soete of bittere wraak

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Grusame tonele speel hul tans in die Midde-Ooste af en nie al die toeskouers kyk deur dieselfde bril daarna nie. Gevolglik is botsende opinies van die kykers aan die orde van die dag. Hierdie artikel wil die bril van die Heilige Skrif opsit. Maar, eers ʼn waarneming: Die lewe saam met ander mense is dikwels pynlik en soms ook dodelik.  Lees meer . . .

Graad 6-en-7-kamp – laat julle liggies skyn . . .

Die graag 6-en7-groepe het die jaar vroeg in Februarie met 'n kamp afgeskop.  Op die foto links bo word die leierskapsliggies aan die graad 7-groep, die nuwe leiers van Annibrand Junior, oorhandig.  Regs is die groep besig om gloeiflessies te maak wat teen donker groot vermaak aan almal verskaf het.  Regs onder is 'n voorbeeld van al die gloeiende liggies wat tydens die kamp op simboliese wyse ingespan is om die jongklomp te herinner om ook die lig van Christus in hulle lewens te laat skyn. 

Ons hou op Vrydag 8 Maart weer ’n lekker saamkuier-basaar.  Naas die feesmark is die basaar die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek.  Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, of nie ’n bydrae in die vorm van poeding, koek, ens. kan lewer nie, oorweeg asseblief om ’n skenking ten bate van die basaar te maak.

WITOLIFANTWINKEL:  Die winkel se voorraad is min.  Skenk asseblief alle artikels wat in onbruik verval het, vir die witolifantwinkel.  Ons het dringend voorraad nodig!  Enige huisware, speelgoed, oefentoerusting, gereedskap, ens. is baie welkom.  Gee bydraes weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor af. 

HELPERS:  Indien jy bereid is om produkte te verkoop, 'n poeding te maak, of ’n koek te bak, kontak asb. vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za/ 082 827 9389.

SKENKINGS: 
Ons benodig skenkings van die volgende produkte om eetgoed se pryse so laag as moontlik te hou: suiker, meel, langlewe melk, boksies vla, jellie, kaneel, olie, tamatiesous, blatjang, eiers, kaas en roomys.


KONTANTBYDRAES:  Help ons baie en kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, gebruik BASAAR as verwysing, of gebruik die SnapScan-kode met BASAAR as verwysing. 

Viering van die nuwe gemeente-logo


Op Sondag 3 Maart word die gemeente se nuwe logo bekend gestel en wil ons dit graag as gemeente saam vier tydens ’n gesamentlike erediens om 09:00 in die kerk, waarby die familie- en meditatiewe diens ook inskakel. Na afloop van die erediens word die oggend met ’n lekker saamkuiergeleentheid afgesluit.  Kategese en die aanddiens gaan soos gewoonlik voort.  Ons doen ’n beroep op lidmate om ’n paar vingerhappies (iets vars, soets of souts) saam te bring sodat ons dit as geloofsgemeenskap na afloop van die diens, saam kan geniet. Indien jy bereid is om eetgoed by te dra, laat weet asb. die kerkkantoor by 021 976 4519, of ontvangs@stellenberg.co.za, of voltooi die vinnige aanlynvorm.  Eetgoed kan voor die erediens in die die markplein afgegee word.

Bybelstudiegroep vir huiswerkers


Huiswerkers word uitgenooi om in te skakel by ’n Bybelstudiegroep wat elke tweede Donderdagaand byeenkom.  Ons doen saam Bybelstudie en kuier ook lekker saam.  Indien jy nuut in die omgewing is, bied die groep aan jou die ideale geleentheid om ander mense te ontmoet.  WhatsApp vir  Anéne Nortier by 083 581 6930 indien jy belangstel om aan te sluit.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is.  Indien jy bewus is van iemand wat siek of in die hospitaal is, bring dit asseblief onder ds. René Potgieter se aandag by rene@stellenberg.co.za of  079 893 8104.
-Elsabé Viljoen is in die hospitaal.              
-Leon Venter het geval en het bloeding op die brein opgedoen.
- Adri Aldrich kan nie meer stap nie weens rugprobleme.
- Willie du Toit is met  kanker gediagnoseer.

Raak asseblief betrokke

Daar is verskeie bedieningsgeleenthede in die gemeente en ons wil jou graag aanmoedig om by een van die bedienings betrokke te raak sodat jy jou gawes op dié wyse tot uitbou van die koninkryk kan aanwend.  Ons benodig hulp met praktiese dienslewering aan bejaardes, hulp by kategese, ens. Lees meer . . .

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

Breigroep | 4 Maart 09:30

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 4 Maart om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam. Die manne en vroue van die breigroep se penne klik daagliks om warm serpe en musse vir Karookinders en senior burgers te brei.  Hulle wolvoorraad is egter skraps en hulle is afhanklik van skenkings. Gee asb. bydraes van bruikbare wol by die kerkkantoor af om die mooi projek te ondersteun.

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 5 Februarie om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .

Interkerklike passiespel aangebied deur Missio Dei Kerk in Bellville.

Vir meer inligting kontak Bronwynne Scott 084 769 7350/bron653@gmail.com.
Subscribe to our email list.