navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Eredienste: Sondag 17 November 2024

2 Kor. 5:16  |  Agente van versoening . . . oor grense heen

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Duvenhage

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die restauranttuin

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter



KATEGESE:

Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

  Annibrand Senior: graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Twee Kerssangdienste op 1 Desember

Die Annibrand Junior-groep bied vir ons ’n Kersprogram aan op 1 Desember om 09:00 in die kerk en nooi oud en jonk om die pragtige vertoning te kom bewonder.  Hulle oefen al ’n geruime tyd en verwelkom almal met entoesiasme.
Ons Kerssangdiens lei hierdie jaar die begin van die adventseisoen in. Na Sondag 1 Desember is daar net drie Sondae oor voor ons Kersdag vier.  Die Kerssangdiens bring ons jaarliks by ’n besondere plek uit om te ervaar hoe die realiteit van Immanuel, God by ons, opnuut in ons hede deurbreek wanneer ons saam Kersliedere sing.
Kom sing Sondagaand 1 Desember om 19:00 ’n groot verskeidendheid Kersliedere saam met Raimondo van Staden-Slabbert,  Johannes van Staden-Slabbert, Hilde Uys en ’n junior kamerkoor.  Die aand sal ’n klassieke inslag hê met klanke van ’n tjello, viool en orrel.  Kom beleef hierdie besondere aand van musiek saam met die werklikheid dat God alomteenwoordig is en ons kom nuut maak. 

Meer oor die gemeente se inkomste en besteding

Ons tiendemaandinsameling vorm 15% van ons gemeente se jaarlikse inkomste, saam met maandelikse dankoffers (47%), bankkollektes (8%), feesmark (22%) en verhurings (8%). Ons is dankbaar vir elkeen se bydrae wat ons in staat stel om die gemeente se bediening na binne en buite te bedryf.  Die huidige stand van die tiendemaandinsameling word in bogaande grafiek aangetoon. 
Lees gerus meer oor die GETUIENISKOMMISSIE se werksaamhede. Lees meer . . 

Kategeseregistrasie 2025

Kategeseregistrasie vir 2025 is nou oop.  Klik op dié skakel om aanlyn te registreer.  Inskrywingsgeld is R200 per kind en betaalbaar saam met die inskrywing. Die inskrywingsgeld word gebruik om materiaalkoste te dek.  Neem asseblief kennis dat ons versoek dat almal weer registreer vir kategese, al was jy voorheen geregisteer.  Ons wil graag weet vir hoeveel kinders ons per graadgroep moet voorberei. 

Jars of hope

Ons wil graag ons sopkombuise en die mense in informele nedersettings, waar voedselnood ’n groot probleem is, met sopbestanddele gedurende die feesgety ondersteun.  Neem asb. ’n glasbottel in die voorportaal van die kerk en vul dit met die aangeduide bestanddele.  Bring die gevulde bottels weer saam na die Kerssangdienste toe.

VatVyf-Kersete


Ons rig ’n hartlike uitnodiging aan alle lede van die VatVyf-groep en ook ander senior lidmate van die gemeente om ons jaarlikse Kersete by te woon.
Neem asseblief kennis dat die Kersete verskuif na Donderdag 28 November om 10:30 in die kleinsaal.  Bespreek asseblief jou plek voor 26 November by Charlotte, 021 976 4519. 
Koste vir die ete is R150 per persoon. 
Die sangeres Belia Lourens gaan ook ’n Kersprogram met Kersliedere aanbied.

 
 
Leeu-Gamka-uitreik |27-29 November
Ons het geleentheid om met ’n klein uitreikspan Leeu-Gamka te besoek. Stellenberg-gemeente het vroeër die jaar vir Amenity ECD in Leeu-Gamka gehelp om ’n nuwe klaskamer aan te skaf en met hierdie besoek gaan ons hulle help om ’n vloer in die nuwe klaskamer in te sit.  Tussenin gaan ons ook geleentheid kry om saam te kuier en saam met die kinders te speel.  Amenity ECD het ook hul gradeplegtigheid op Saterdag 30 November en ons wil hulle help met geskenkpakkies vir elke kind wat volgende jaar na graad R toe gaan.  As jy wil saamkom, skryf so gou moontlik in, aangesien daar beperkte plek is. Skryf HIER in.

Indien jy nie saamkom nie, kan jy op die volgende wyse help:
- Voorbidding vir die uitreik.
- Voorbereiding van kos vir die uitreikspan.
- Leen van gereedskap vir die insit van die vloer ( rolsaag, figuursaag, lamineervloer-lê-stel, spykergeweer, multitool,  kraggereedskapstuk, ens.).
- Help geskenkpakkies pak voor die uitreik.
Vir enige navrae kontak gerus vir sunet@stellenberg.co.za.

Gemeentestap op 16 November

Ons nooi almal jonk en oud om op Saterdag 16 November saam met ons vanaf Majik Forest tot by die D’Aria-wynplaas te stap.  Dit is ongeveer ’n 8 km-staptog.  Ons ontmoet mekaar om 07:00 by die kerk.  Bespreek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Graad 8-kamp | 10 tot 12 Januarie 2025

Stellenberg-gemeente, in vennootskap met Hoërskool Stellenberg, bied aan: Into The Unknown, 'n kamp waar ons jou gaan help om ’n gemaklike oorgang na die onbekende van hoërskool te maak.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember - daar is plek!

Daar was ’n paar kansellasies: dus het die gewilde gemeentekamp nou weer ’n paar staanplekke beskikbaar.  Ons kampeer weer by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  
 Bespreek jou staanplek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan vanaf 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Stellenberg-sokkies – die ideale Kersgeskenk

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

-Ateljee (Studio) 6 x 5.5 m2 te huur:  Maandag - Vrydag (Dinsdag- en Woensdagoggende 07:30 - 10:30 nie beskikbaar nie). Geskik vir pilates-, dans, jogaklasse, of menige ander vorme/tipe van klasse Geleë naby Eversdal Laerskool. 
- Administratiewe posisie beskikbaar ’n Kontrakpos vir die tydperk 18 November 2024 tot 30 April 2025, in Eversdal-omgewing.  Werksure: 09:00 tot 17:00. Vereistes en vaardighede:  Rekenaarvaardigheid met kennis van Excel en Word, goeie skriftelike en verbale kommunikasie in Engels en Afrikaans asook administratiewe noukeurigheid en professionele telefoonetiket.

WhattsApp jou CV so spoedig moontlik na: 072 759 3677.


- Tikwerk:  Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend.  Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville.   Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.

Subscribe to our email list.