navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 10 Augustus 2025

Gekant teen onreg, maar hê deernis met mekaar | 2 Kor.4:7-11                                             
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (3)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Blokdiens om 09:00 in die grootsaal | Ds. Visser

Kinderkerk om 09:00 in die grootsaal (Kleuterkerklokaal)

Aanddiens om 18:00 - lofprysingsdiens by Bergsig-gemeente

Deuroffer: Stellenberguitreik-bediening (Degnos).  Die projek bedien die Boesmangemeenskap in Mangettiduin, Namibië.

Augustus is barmhartigheidsmaand


Raak betrokke by die spesiale fokus wat ons as gemeente dié maand op barmhartigheid plaas:

- Dra niebederfbare kosprodukte tot die kosprojek by.  Klik hier die vir vollgedige produktelys.

- Skep ’n maaltyd in ’n herwinbare houer, vries dit en skenk dit aan seniors in Klipheuwel. 

 - Skenk komberse en bruikbare klere aan die Omgeestoor.

 - Maak ’n geldelike bydrae.  Verwysing: Kosprojek of Noot-vir-Nood.

Gee bydraes asb. weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor af, of laat dit Sondae in die voorportaal van die kerk.


Blokdiens | Ds. Johan Visser


10 Augustus om 09:00 in die grootsaal. Ds. Johan Visser nooi almal wat in sy wyke woon na ’n spesiale blokdiens.  Die diens is kort sodat daar genoeg tyd is om na die diens saam tee te drink. 

Blokdiens | Ds. Marius Breytenbach

Ds. Marius Breytenbach nooi alle lidmate wat in sy wyke woon na ’n blokdiens op Sondag 17 Augustus om 09:00 in die grootsaal.

Skrifgedeelte vir die oggend is in 1 Korintiërs 12:12-31 waarin Paulus verwys na ons eie deelwees van die kerk. In die liggaam van Christus maak elke lid saak – nie omdat ons dieselfde is nie, maar omdat ons verskillend is. Eenheid in die kerk lê nie in eendersheid nie, maar in elkeen wat sy/haar rol in liefde vervul.  Wat is my rol? 


Voorstelling van nuwe kerkraadslede

Deon Maree en Phil Niehaus word tydens die oggenddiens as nuwe kerkraadslede bevestig en Lynette Burger word tydens die familiediens as ’n nuwe kerkraadslid bevestig.  Hartlik geluk – mag julle elkeen baie seën op julle diensbaarheid en gehoorsaamheid ontvang.

Ontmoet vir Phil Niehaus – nuwe kerkraadslid

Phil vertel dat hy in 1999 as lidmaat by Stellenberg-gemeente aangesluit het. “Ek het destyds nog in Louis van Loggerenberg se gemeentekoor gesing, later jare by die Coram Deo-sanggroep betrokke geraak en ook oor die jare heen as kleingroepleier by die kategesebediening uitgehelp.
Phil is ’n boorling van Citrusdal. Nadat hy in Citrusdal gemarikuleer het het hy ’n draai op Stellenbosch gemaak waar hy ’n BCom-graad aan die universiteit behaal het. Lees meer . . .

Date Night: Huwelikskursus

Met die Date night-kursus skep onsn ruimte waar paartjies tydens 'n romantiese ete, in ’n privaat atmosfeer, oor hul verhouding kan gesels.  Gespreksmateriaal van die Alpha-huwelikskursus word gebruik en gesprekke vind slegs tussen die paartjies plaas – daar is dus geen besprekings in groepverband nie. Die fokus is op elke paartjie se unieke verhouding en derhalwe is gesprekke privaat.

Skryf in by Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za, 081 045 2428 (whatsapp) of 021 976 4519.

Daar is sewe geleenthede, elke Dinsdagaand 18:30-20:30 vanaf 12 Augustus tot 30 September. Elke week word 'n ander tema bespreek.

Die inhoud van die kursus is gratis, ons vra slegs 'n inskrywingsfooi om die koste van die etes te dek. Koste beloop R180 per paar per sessie. Dit is vooruitbetaalbaar, of kan per sessie betaal word. Ons moedig julle aan om al die sessies by te woon, maar indien jy nie 'n sessie kan bywoon nie en vroegtydig kanselleer, hoef jy nie die koste van die sessie te betaal nie.

Daar is ook 'n oppasdiens vir voorskoolse en laerskoolkinders beskikbaar. Pak asseblief vir jou kinders 'n kosblik om saam te bring of laat hulle tuis eet. Ervaring uit die verlede het ons geleer dat die kinders die kos verkies wat hul ouers vir hul gee, eerder as wat ons voorsien. 

Kom vind mekaar weer. Kom kuier saam. Kom skep ’n nuwe, gesonde ritme in jul verhouding.
Vir enige navrae kontak: ontvangs@stellenberg.co.za

Oorloë en gerugte van oorloë


Deur: Ds. Schalk van Wyk

Woorde van die wêreld om ons:

Hierdie week herdenk ons twee grusame gebeure: herinner ons mekaar aan twee bomme wat groot verwoesting gesaai het; besin ons oor ʼn Christelike Weste wat ewe wetenskaplik die gesig van die mensdom nog verder geskend het. Lees meer . . .

Belydenisaflegging | 24 Aug

Daar is op Sondag 24 Augustus ’n geleentheid vir jongmense om hulle geloof te bely.  Indien jy graag belydenis van geloof wil aflê, kontak asb. vir Sunet by 021 976 4519/sunet@stellenberg.co.za

Dagkamp vir graad 1's tot 3's

n Opwindende byeenkoms vir alle graad 1’s tot 3’s.  Ons gaan kinders praktiese maniere leer oor hoe hulle hulself kan beskerm teen negatiewe invloede wat hulle op die internet teëkom, of by ander mense hoor of sien.

Wanneer:  Vrydag 5 September 2025 vanaf 17:00 tot 20:30 by Stellenberg se salekompleks.

Jy kan jou kind Vrydagaand 20:30 weer by die kerk kom oplaai, maar daar is ook die aand ’n gemeentebraai waarby jy kan inskakel terwyl jy vir jou kind wag. 

Koste: R150 per kind

Inskrywings sluit: Donderdag 4 September 2025. 

Klik HIER om aanlyn in te skryf.

Dis weer tyd vir ’n heerlike Kontreikuier

Sluit op Vrydag 29 Augustus om 16:00 by ons aan vir die jaarlikse Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente.  Kom geniet heerlike tuisgemaakte kontreiprodukte asook klaar voorbereide kos soos roosterkoek, pannekoek, poeding, braaiborde en worsbroodjies mis nie.  Rou vleis sal ook te koop wees.  
Om Sutherland-gemeente met die fondsinsameling te ondersteun benodig ons asseblief die volgende bydraes: 
- Gebakte en koue poedings asook vla.  Kontak Susan 072 942 1530 indien jy hiermee kan help. 

- Helpers om kasregisters te beman.  Kontakpersoon: Christine Ferreira by 083 440 2086.

- Helpers wat vanaf 13:00 kan help pannekoek bak, en ook bereid is om te help met die rol van pannekoeke.  Kontak Christine Fereira by 083 440 2086 indien jy kan help.
- Skenkings van meel, suiker en olie sal ook waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Die omgeetrust se wynveiling is beslis een van die jaarlikse hoogtepunte op ons gemeentekalender.  Gebruik die geleentheid om saam met vriende te kuier, lekker wyn te geniet en boonop die geleentheid te kry om die goeie werk wat die omgeetrust in minderbevoorregte gemeenskappe doen, te ondersteun. 
Fairview-landgoed sal die aand meze-styl-disse saam met verskillende wyn bedien.  Charles Back van Fairview sal ons aan hulle heerlike wyne bekendstel.
Skenkings van produkte wat tydens die veiling opgeveil kan word, sal baie waardeer word.  Kontak asseblief vir Karin by feesmark@stellenberg.co.za in die verband.
Bespreek jou plek, of ’n tafel vir jou en jou vriende by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.  Koste: R300 per persoon.

Ons nooi besigheidseienaars, of plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer.  A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer.  Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae of besprekings. 

VatVyf-byeenkomste

Uitstappie op Woensdag 20 Augustus 2025

Lippizaner-vertoning (perdevertoning) in die Paarl.  Bussies vertrek 09:30.  Koste R75 per persoon.  Ons geniet iets te ete na die vertoning by The Kitchen. Elkeen betaal vir hom/haarself.

Bespreek en betaal by Charlotte 021 976 4519.

Aanlyn Bybelskool 

Die Bybel vandag | Sessie 10: Deel 1 
Kyk gerus na die nuwe sessie in die aanlyn Bybelskoolreeks op die gemeente se YouTube-kanaal of die webwerf.

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 1 September  2025 om 09:30 in die markplein. 

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In ons omgewing . . .

Dis nie sommer elke dag dat Antjie Krog, Coenie de Villiers, Rocco de Villiers, Nataniël en Lynelle Kenned op jou voorstoep in Bellville kuier nie.

Vanaf 23 Augustus tot 20 September neem NG kerk Welgemoed jou weer op ’n reis deur die kunste met geleenthede wat jou siel gaan verkwik.

Daar is ook ’n feeskafee waar jy gesellig saam met vriende ’n verskeidenheid van heerlike eet- en drinkgoed in die kerksaal kan geniet. 

Die kaartjieverkope word vanjaar weer deur Webtickets gedoen. Let op dat Nataniël se vertoning, Mass for the good Princes, se bespreking by www.seatme.co.za gedoen moet word.


Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie Challenge is om die draai! Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid vind Saterdag 6 September 2025 by Jan Krielskool in Kuilsrivier plaas ten bate van leerders met leerhindernisse. Skryf in vir die familie-vriendelike 5 km pretdraf/-stap of een van die langer afstande. Besonderhede aanlyn by www.tekkiechallenge.co.za.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkel persoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.

Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025.  Verwysing: Hanna Theart  076 149 1684.

- Betroubare huishulp Unice is dringend opsoek na werk vir vier dae 'n week. Skakel gerus vir Marietjie de Graad 084 250 8016.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.