navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens | Sondag 15 Desember 2024

Oggenddiens (doop)  om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter

2 Kor. 5:16-21 | Die daad van versoening


Doop | Sondag 15 Desember 2024
-  Francois en Elzabé Palm, laat doop vir Skylah Sophia Palm.

 - Callie-Theron en Jenna Visagie, laat doop vir Michael James Visagie.

  - Willie en Nicole Visagie, laat doop vir Klara Visagie.
 

Stellenberg-weekliks

Neem asseblief kennis dat dit die laaste uitgawe van die Stellenberg-weekliks vir die jaar is.  Ons wens al ons lesers ’n baie aangename rustyd en ’n geseënde Kerstyd toe.

Program tydens die feesgety

Sondag 22 Desember
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter
Jesaja 12:1-6  | Drink uit die fontein van redding

Oukersaand 24 Desember
Samesang met Kersliedere 19:00 tot 19:30 in die kerk | Ds. Potgieter

Kersdag 25 Desember
Kersdienste 07:30, 08:30, 09:30 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter
Lukas 2:1-20 | Wat maak ek met die Kersgety?

Deuroffer: Projekte in Klipheuwel

Sondag 29 Desember
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach
Skrifgedeelte | Lukas 2:41-52

Oujaarsdag 31 Desember

Oujaarsdiens om 19:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach

Sondag 5 Januarie
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach
Skrifgedeelte | Jesaja 60:1-6 
Sondag 12 Januarie
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Carel van Wyk

Tiendemaandinsameling vul ons met dankbaarheid

Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons bekend maak dat ons slegs R324 430 kort om ons mikpunt vir vanjaar se tiendemaandinsameling te bereik.  Oorweeg asseblief om voor Kersfees ’n bydrae tot die insameling te maak.  Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, of deur die SnapScan-toepassing betaal word.

Gemeentekamp verkwik liggaam en gees

Die jaarlikse gemeentekamp op die oewer van die Breederivier bring ’n mens nader aan die skoonheid van God se skepping en wat kan beter wees as ’n naweek in die natuur om liggaam en gees te verkwik.  Die lekker ontspanne atmosfeer, samesyn tussen lidmate, die natuurskoon en boonop ’n paar bekende wynplase in die omliggende omgewing, is alles redes dat dié jaarlikse gebeurtenis beslis ’n inskrywing op jou kalender verdien.  Die kamp word in 2025 weer vir die eerste naweek van Desember by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein beplan.

Gedrukte Stellenberg-weekliks


Neem gerus een van die gedrukte nuusblaaie in die voorportaal van die kerk.  Die nuusblad is ’n samevatting van die afgelope jaar se nuusberigte wat in die elektroniese Stellenberg-weekliks verskyn was. 

Hartlik geluk aan mnr. en mev. Oliver

Ons geliefde Mia van der Merwe, wat die afgelope jaar haar gemeentejaar in die gemeente voltooi het,  het op Vrydag 6 Desember die knoop met Joshua Oliver deurgehaak.  Ds. Marius Breytenbach het die huwelikseremonie behartig en dié twee met die pragtige woorde in 1 Johannes 4:12-13 op hulle nuwe lewenspad gestuur.  "Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee."  Baie geluk, Joshua en Mia.

Ons sê baie, baie dankie . . .

Op Dinsdag 10 Desember is al ons gewillige vrywilligers met ’n ete in die markplein bederf om ons dankbaarheid oor te dra vir al die tyd, kundigheid en die liefde wat hulle elkeen aan onderskeie gemeenteprojekte afstaan.  Sonder dié gewillige hande sou die voortbestaan van projekte soos die kosprojek, projekte by Klipheuwel, die omgeestoor en die omgeekombuis nie moontlik wees nie. Laaste, maar nie die minste nie, is ons getroue geldtellers wat elke Maandagoggend die bankkollekte tel.  "Ons waardeer julle diens!" sê ds. René Potgieter.

Verkies tot die kerkraad

Hilde Uys is tot die kerkraad verkies en sal as diaken die voorsitter van die eredienskommissie wees.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 13 Januarie 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Kerkkantoor sluit

Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor vanaf 23 Desember 2024 tot 3 Januarie 2025 gesluit sal wees.  Kontak gerus die leraar aan diens in geval van nood.  Ds. René Potgieter is tot 25 Desember aan diens en vanaf 26 Desember is ds. Marius Breytenbach aan diens.

Maria Eatery


Neem asseblief kennis dat Maria Eatery vanaf  24 Desember 2024 tot  6 Januarie 2025 gesluit sal wees.

Gemeente-almanak  

Die nuwe gemeente-almanak vir 2025 is in die voorportaal van die kerk beskikbaar.  Neem asseblief slegs een per huishouding. 
Jonathan Mitchell, voorsitter van die kommunikasiekommissie, het ’n pragtige agterblad wat die gees van Stellenberg-gemeente visueel uitbeeld, vir die almanak ontwerp.
Bo en behalwe die gedrukte kalenders is daar ook ’n aanlyn almanak op die gemeente se werbwerf beskikbaar.  Klik gerus HIER om daarna te kyk.  Die aanlyn almanak bevat meer besonderhede oor gebeure en sal ook gereeld opgedateer word.  Lidmate word ook uitgenooi om op die Google-kalender te registreer indien jy die kalender aan jou persoonlike dagboek wil koppel, of aan gemeenteaktiwiteite herinner wil word.  

Kategeseregistrasie 2025

Kategeseregistrasie vir 2025 is nou oop.  Klik op dié skakel om aanlyn te registreer.  Inskrywingsgeld is R200 per kind en betaalbaar saam met die inskrywing. Die inskrywingsgeld word gebruik om materiaalkoste te dek.  Neem asseblief kennis dat ons versoek dat almal weer registreer vir kategese, al was jy voorheen geregistreer.  Ons wil graag weet vir hoeveel kinders ons per graadgroep moet voorberei. 

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan van 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Stellenberg-sokkies – die ideale Kersgeskenk

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Nutsman word benodig by Edelweiss ACVV Dienstak.  Iemand met goeie menseverhouding, kennis van instandhouding, rekenaarvaardigheid, geldige rybewys en goeie gesondheid word benodig.  Stuur ’n volledige CV na edelweisshoof@acvv.org.za voor 6 Januarie 2025.
- Inslaapwerk vir huiswerker: Yolanda Olyn, ’n baie betroubare huiswerker, benodig inslaapwerk.  Sy kan in Januarie 2025 begin werk.  Kontak haar by 082 085 4498.
- Verblyf gesoek: Ian Coetzé beoog om in 2025 ’n apteker-internskap by Dis-Chem-apteek, Okavango Crossing, te doen. Hy is van Langebaan en op soek na verblyf in ’n tuinwoonstel, teen ’n billike tarief in die omliggende omgewing.  Hy volg ’n netjiese, skoon en rustige leefstyl, is ’n nie-roker en nie-drinker en respekteer ander se eiendom. Kontak asseblief vir Ian by 072 592 1183.

- Geregistreerde verpleegkundige word by Edelweiss ACVV Dienstak, ’n residensiële fasiliteit vir ouer persone, benodig.   Aansoeke word ingewag vir ’n geregistreerde suster/stafverpleegster om permanent nagdiens te doen in die versorgingseenheid (ag nagte per maand). Rig CV’s  aan edelweisshoof@acvv.org.za.  Sluitingsdatum : 31 Desember 2024 
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

-Ateljee (Studio) 6 x 5.5 m2 te huur:  Maandag - Vrydag (Dinsdag- en Woensdagoggende 07:30 - 10:30 nie beskikbaar nie). Geskik vir pilates-, dans-, jogaklasse, of menige ander vorme/tipe van klasse Geleë naby Eversdal Laerskool. Kontak Aldea Anker by 083 446 0906 of aldeaanker@gmail.com.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Subscribe to our email list.