GEMEENTEBULLETIN

  24 November tot 1 Desember 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 26 November 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
Matteus 6:24-34 |  God se koninkryk voor ons oë

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (4)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kerssangdiens om 19:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser


           
Annibrand Junior 
Kleuterkerk om 09:00 in die koffiewinkeltuin.           
Graad 1 tot 6 in die kerk.
Deuroffer 
Hande-en-rande-projek. Die gemeenteprojek ondersteun vier sopkombuise in Khayelitsha, Wesbank, Bloekombos en Beaufort-Wes, wat baie kinders bedien.
Tiendemaandinsameling 2023
Miskien het jy al gewonder hoe dié insameling se fondse spandeer word? Die gemeente handhaaf die beginsel dat ’n derde van ons inkomste na buite bestee word. Dis sluit aan by ons waarde om ’n verskil in die wêreld te maak. Die volgende is die saailande waar ons as gemeente saai:

- Uitreike na Calitzdorp, Beaufort-Wes en Leeu-Gamka. Ons besoek die dorpe jaarliks waartydens kinders en jongmense bedien word.

- Noot-vir-nood-fonds: wat mense help wat in ’n finansiële krisis verkeer.

- Kos: Kospakkies word maandeliks aan 27 gesinne voorsien en gaar kos word vir MES en Huis Magdalena voorberei.

- MES: Ons ondersteun hulle finansieel in die werk wat hulle onder hawelose mense doen.

- Hande-en-rande-projek: Ondersteun vier sopkombuise in Khayelitsha, Wesbank, Bloekombos en Beaufort-Wes wat baie kinders bedien.

- Klipheuwel: Ons ondersteun die bediening wat Sondae eredienste, sondagskool en die Young Davids-Bybelstudiegroep vir seuns aanbied. 

- Medewerkers: Ons ondersteun verskeie medewerkers wat as sendelinge en pastore in onderskeie gebiede optree.

-DEGNOS-sendingbediening: Wat onder die Boesmans in Namibië sendingwerk doen.

Neem asb. een van die tiendemaandkoeverte in die voorportaal en plant gerus die saadjies van die Kaapse gousblom (binne-in die koevert) in jou tuin as herinnering van God se sorg in ons lewens en weet dat elke bydrae beslis  ʼn verskil maak.  

Doop | 26 November

- Craig en Aneke Abrahams laat doop vir Reyneke Mick Abrahams.

- Colin en Joranda Tomas laat doop vir Lyra Genevieve Tomas.


Jy en jou gesin word hartlik uitgenooi na die gemeente se jaarlikse Kerssangdiens op 26 November om 19:00 in die kerk.

Gemeentebraai

Vrydag 8 Desember

Kom sluit gerus by die laaste gemeentebraai van 2023 aan.  Kole is vanaf 18:30 gereed.  Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, borde, eetgerei en glase.

Lofprysingsaand | 29 November 19:00

Die mannebediening neem weer inisiatief om ’n lofprysingsaand aan te bied.  Alle gesinslede – vrouens, kinders en vriende – word uitgenooi om die aand met lofprysing en aanbidding deur te bring. 
Iets te ete word vanaf 18:00 bedien.  Kontak asb. vir Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za of  021 976 4519 om aan te dui hoeveel mense die geleentheid gaan bywoon.  Toegang is gratis.

’n Koepon vir haweloses

Ons wil graag MES se feestydprojek ondersteun.  Hulle streef daarna om hawelose mense van ’n ete en slaapplek in die feestyd te voorsien.

Koop asb. ’n MES-koepon teen R50 by die kerkkantoor of op Sondag 26 Nov. by die teetuin.  Kontant, EFT of SnapScan word aanvaar.


Graad 8-kamp | 12 tot 14 Jan. 2024

Ons nooi alle graad 8's van 2024, asook leiers, om in te skryf vir die gemeente se jaarlikse graad 8-kamp wat ons graad 8's sal help om ’n gemaklike oorgang na die onbekendheid van hoërskool te maak.  

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 by ons omgeegroep vir vroue aan.  Kontak vir ds. René Potgieter by 079 893 8104 om meer oor die groep te wete te kom.

VatVyf-Kersete

Ons sluit die jaar op 29 November af met ’n heerlike Kersete om 12:00 in die kleinsaal.  Koste R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte by die kerkkantoor.



Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom evaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste: R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Maria, dogter van Evert

Die koffiewinkel heropen op Maandag 15 Januarie 2024.  Ons is opgewonde om Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein te verwelkom.  Hulle het aangedui dat die spyskaart meer informeel sal wees as die van Evert Opstal-restaurant en dat hulle ook beplan om klaar voorbereide etes soos bobotie te verkoop.  Loer gerus volgende jaar by die restaurant in.

Verkiesing van ’n kerkraadslid

Op die kerkraadsvergadering van 22 November is Jaco Potgieter as diaken vir fondse verkies.  Doen asseblief vir hom voorbidding in die besluit.  Navrae kan aan ds. René Potgieter gerig word by rene@stellenberg.co.za.

Jars of Hope vir sopkombuise
Ons voorsien droësopmengsel aan sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek en benodig die volgende bestanddele: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en  aftrekselblokkies.  Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

Helpers by die teetuin

Ons het dringend helpers nodig wat op Sondae by die teetuin behulpsaam kan wees.  Dit behels slegs bediening, geen opwaswerk nie.  Kontak asb. vir Charlotte by 021 976 4519 indien jy kan help.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.
  • Huis Aristea in Durbanville bied aan Kersliedere in die tuin op Donderdag 30 November om 16:00. 

Subscribe to our email list.