navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 18 Augustus  2024


1 Johannes 3:11-17 | Oorgenoeg om nog te kan uitdeel

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Blokdiens om 09:00 in die grootsaal | Ds. Potgieter

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

Kategese hervat weer op Sondag 18 Augustus.

Belydenisaflegging vanaand

Op Sondagaand 18 Augustus gaan 13 jongmense hulle geloof voor die gemeente bely.  Ons verwelkom hulle graag as belydende lidmate van Stellenberg-gemeente en wens hulle baie seën op hulle onderskeie geloofspaaie toe. Lees meer . . .

Ter viering van vrouemaand

Ter viering van vrouemaand nooi ons alle vrouens om by die volgende geleenthede in te skakel:

Saterdag 17 Aug. 08:00 - Ons stap die 6 km lange Pipe Track saam.  Dit is ’n maklike stap waarna ons saam koffie drink by Truth-koffiewinkel. Elkeen betaal vir haar eie koffie.  Neem asb. water en peuselhappies saam.  Besprekings by Charlotte, 021 976 45619/ontvangs@stellenberg.co.za.

Saterdag 14 Sept. 09:00 - Uitstappie saam met vrouens van Klipheuwel na Kirstenbosch Botaniese Tuin.  Pak vir jou ’n piekniekmandjie.  Besprekings by Charlotte ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor Dinsdag 10 September.

Spiritualiteit?

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Die kop van die artikel het dadelik my aandag getrek. Dit was in die “opinie”-gedeelte van The New York Times: “Are We in the Middle of a Spiritual Awakening?” het die opskrif gevra. Tussen al die neerdrukkende nuus waarvan die wêreld se koerante vol is, het dit vir my gelyk na die lig wat uit  ʼn batterylampie skyn tydens ʼn nagtelike Eskom-kragonderbreking. Lees meer . . .

VatVyf-groep kuier by Dassiesfontein

Die VatVyf-groep het Woensdag 14 Augustus 'n ver draai gery om die Dassiesfontien-padstal tussen Botrivier en Caledon te besoek.  By dié interessante padstal is daar heelwat interessanthede wat ’n mens aan toeka se dae herinner.  Saam met ’n lekker koppie boeretroos het die groep die gesnuffel tussen al die interessanthede terdeë geniet.  Ons nooi alle senior lidmate uit om vanaf 1 tot 3 September by ons spesiale seniorweek in te skakel.  Op Maandag 2 September gaan ons saam leer tromme speel en op Dinsdag 3 September besoek ons die pikkewynkolonie by Boulders-strand. 

MES lewer dienste wat ’n verskil maak

Deur: Ds. René Potgieter
MES lewer ’n kerndiens aan hawelose mense in die Kaapstad-omgewing. Hulle visie is: To change the heart of the city!

Hulle volg ’n holistiese benadering en streef daarna om mense te bemagtig sodat hulle onafhanklike, volhoubare en betekenisvolle lewens kan lei. Mense kom dikwels gebroke en verniel deur die lewe, by hulle aan. Na ’n paar maande van ondersteuning is hulle weer gereed om betekenisvolle lewens te lei. Lees meer . . .

Barmhartigheidsmaand: Skakel gerus in 

Hoe kan jy betrokke raak by Augustus se barmhartigheidsmaand?


INSAMELING:


Ons samel kos en komberse in vir Bella’s Guardian Angels, skuiling vir diere. Gee bydraes asb. Sondae by aangeduide plekke af, of deur die week by die kerkkantoor.

MES-KOEPONS

MES-koepons is vanoggend na die oggenddienste teen R50 vir vyf koepons te koop. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.  Die koepon bied slaapplek en ’n maaltyd by een van MES se skuilings.

BESOEK SOPKOMBUIS IN KHAYELITSHA

Op 19 Aug. 15:00 besoek ons die sopkombuis in Khayelitsha.

BESOEK BELLA’S GUARDIAN ANGELS

Ons besoek die diereskuiling op Donderdag 22 Aug. om 15:00.  Ons vertrek 14:30 vanaf die kerkgebou. Plek moet vooraf by ontvangs@stellenberg.co.za bespreek word.

Stories van barmhartigheid


Deel gerus met ons ’n persoonlike getuienis rakende barmhartigheid wat iemand teenoor jou bewys het.  Stuur jou bydrae aan sanel@stellenberg.co.za.

 

Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente  

30 Augustus 16:00


Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon.  Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.

Te koop:

- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.

- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, gebak en handwerkitems aanbied.  

 - Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings nie.

Help asb. met die volgende:

- Lidmate wat pannekoek kan rol, behulpsaam kan wees met verkope by betaalpunte waar bankkaarte en kontant aanvaar word, word benodig.  Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/ christineferreira68@gmail.com indien jy kan help.

- Ons het ook mense nodig wat poedings sal maak en skenk.  Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/christineferreira68@gmail.com indien jy bereid is om ’n poeding te skenk, of plaas jou besonderhede Sondagoggend op die poedinglys wat in die markplein sal sirkuleer.

Omgeetrust wynveiling

Die omgeetrust bied ’n wynveiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal.  Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit. Die opbrengs van die veiling sal aangewend word om minderbevoorregte seniors in Ruyterwacht met veral verblyf te ondersteun.

Spreker: Danie Steytler van Kaapzicht Wynlandgoed. 

Besprekings: ontvangs@stellenberg.co.za

Ons benodig nog pryse wat opgeveil kan word.  Kontak asseblief vir Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za indien jy pryse kan aanbied.


Familiediens benodig musikante

Die familiediens benodig kitaarspelers, instrumentaliste en volwasse sangers om in rotasie by die familiediens se musiekbediening betrokke te raak.  Kontak asseblief vir Riëtte 076 6379 671 indien jy belangstel.

Belydeniskamp vir                  graad 11's: 23-25 Augustus

Die graad 11-belydeniskamp is ’n belangrike roetemerker op jou reis na belydenisaflegging. Ons gaan by die kerk oorslaap en die formaat is soos volg:
Vrydagaand: ’n Ken-mekaar waar ons mekaar op ’n dieper vlak leer ken en gesels oor ’n paar belangrike aspekte van geloof.
Saterdag: ’n Toer (geloofsreis) deur Kaapstad en waar ons verskillende geloofstradisies gaan verken en meer ontdek van ons eie verhaal as deel van die NG Kerk in Suid-Afrika.
Sondaggend: Bywoning van ’n erediens in die Groote Kerk, Kaapstad – die eerste Nederduits Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika.

Die belydeniskamp is ’n besonderse ervaring wat jy nie sommer weer sal beleef nie!

Klik HIER vir aanlyn inskrywings. 

Ons benodig ook die ondersteuning van ouers om praktiese hulp en vervoer te verleen. Dit beloof om ’n besondere ervaring te wees vir diegene wat saam met die graad 11's op hierdie reis gaan. Ouers wat die naweek ten volle of gedeeltelik wil bywoon of ondersteun, kan gerus vir sunet@stellenberg.co.za of schoombie@stellenberg.co.za kontak.
Annibrand
Senior-staptog
 
Ons stap die Boesmanskloof-tweedag-staproete vanaf 20-22 September.

Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou.  Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal kom. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met hul tieners te kom stap!

Inskrywings sluit 16 September.  KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.

Stellenberg Bybelskool

Die kwartaal se Bybelskool wat die afgelope week begin het,  is aanlyn op die gemeente se YouTube-kanaal beskikbaar.  Volg dit gerus weekliks op YouTube.

Die feesmark soek talent

Het jy ’n spesiale gawe of talent? Kom neem dan deel aan die feesmark se talentkompetisie.  Oud en jonk is welkom en daar is lekker pryse op die spel.  Die drie uitdungeleenthede is op Woensdag 23 en 30 Oktober en 6 November.  Die wenners van die onderskeie uitdunne dring dan deur na die finale rondte op Vrydag 8 November.  Die wenners van elke uitdunrondte sal ook Vrydagaande in die kostent optree.  Inskrywings en navrae by Sheree-Lee by feesmarkadmin@stellenberg.co.za of gebruik die skakel om aanlyn in te skryf: https://forms.gle/iWR8gerKMMnoF4uGA

Uitreik na Namibië in 2025

Ons gemeente is finansieel betrokke by Degnos in Namibië wat wonderlike werk onder die Khoisan-mense doen. Ons beplan ’n uitreik na Mangetti Duin, naby Tsumke in die noorde van Namibië om meer oor Degnos se werk te wete te kom.

Datums:  27 Junie tot 7 Julie 2025
Kontak asb. vir ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za vir meer besonderhede.


Met leedwese

Ons neem afskeid van Christoffel Johannes (Chris) Brown (13/02/1943-08/08/2024). Chris was sedert 1991 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons meegevoel met sy drie kinders en sewe kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: Dinsdag 20 Augustus 11:00 in die kapel.

Fotograwe benodig

Die kommunikasiekommissie is op soek na vrywilligers met ’n belangstelling in fotografie wat behulpsaam sal wees om foto’s by gemeentegeleenthede te neem.  Indien jy ’n aspirantfotograaf is, of belangstel om fotografie as stokperdjie te ontwikkel, kontak asseblief vir Sanèl by sanel@stellenberg.co.za / 021 976 4519.

Voorbidding

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir:

 - Dolf du Pisani wat siek is.

- Duan Gouws, rugoperasie.
- Hugoline Smith, heupoperasie.
 
- Magdalena Saayman, knievervanging.

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 9 September om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Edelweiss bak pannekoek:  Op Vrydag 23 Augustus.  Bestellings moet voor 21 Aug. by ontvangs 021 976 1150 geplaas word.  R8 per pannekoek.

NG kerk Welgemoed
  • Bied ’n Kunstefees aan. Klik HIER om die volledige program af te laai. 
  • Bied aan ’n Kunskafee met praktiese werksessies. Geen voorafervaring is nodig nie.  Alle materiaal is by die koste ingesluit en jy kan jou kunswerk na afloop van die klas huis toe neem.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Vakature vir ’n besigheidsanalis: Route management het ’n vakature vir ’n besigheidsanalis.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.  Navrae: Pieter Vorster - pieterv@ctn.henred.co.za  (079 8700 151).

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Vlieënier soek werk: Kontak Jaco by 079 607 7997.  Hy het Frozen ATPL-opleiding en voldoende vliegure.
- Woonstel gesoek:  ’n Jong dame met ’n verlamde kat soek dringend 'n eenslaapkamerwoonstel om vanaf 1 Augustus te huur.  Kontak asseblief vir Elsabe Botha by 084 547 1134 indien u verblyf beskikbaar het.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Stuur 'n WhatsApp na Mishani Coetzee by 079 425 1711 om meer besonderhede rakende pryse en verskillende kategorieë te bekom.
Subscribe to our email list.