GEMEENTEBULLETIN

 12 tot 19 Januarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 14 Januarie 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Oggenddiens om 09:00 | Dr. Carel van Wyk (3)
         

Maria, dogter van Evert

Ons is opgewonde oor die nuwe koffiewinkel wat op Maandag 15 Januarie 2024 op die terrein open.  Ons verwelkom graag vir  Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein.  Gaan loer gerus in en drink van hulle lekker koffie en geniet die varsgebak en heerlike maaltye.  Die koffiewinkel sal weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 oop wees en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae.  Gesluit op Sondae.

Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Marthilda Dunn ( 08/08/1954 - 05/01/2024).  Sy was sedert 1996 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met haar seun, dogter en hulle gesinne wat sy agterlaat. Gedenkdiens: 18 Januarie om 10:00 in die kerk.

- Hendrik Andries Johannes Kruger (04/06/1944 - 02/01/2024).  Hennie was ’n leraar in die NG Kerk en het diep spore in die kerkgemeenskap gelaat.  Hy was sedert 2018 ’n lidmaat van die gemeente. Gedenkdiens: 15 Februarie, kontak kerkkantoor vir verdere besonderhede.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom ervaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024.  Koste: R1 400.  Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in. Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by anneke@stellenberg.co.za of kontak die kerkkantoor se ontvangs by 021 976 4519.    
               

Kategese-registrasie 2024

Jy kan nou aanlyn vir kategese in 2024 registreer.  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel, sodat ons weet vir hoeveel kinders om in 2024 voorsiening te maak.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.