GEMEENTEBULLETIN

13 tot  20 Oktober 2023
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 15 Oktober 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
 Johannes 15:1-8 |  Om te bewerk

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (4)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie  

Annibrand Junior en Senior
Kleuterkerk om 09:00 in die koffiewinkeltuin.           
Graad 1 tot 6 in die kerk
Graad 7 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.  Ons verwelkom ook dié kwartaal die graad 7's by die seniorgroep.
Deuroffer 
Alta du Toit Nasorg. Die sentrum bied verblyf en beskutte arbeid aan volwasse gestremdes.

Interaktiewe pret by junior kategese

Ons nooi alle ouers en kinders (graad 1 tot 6) om na die oggenddiens deel te neem aan ons interaktiewe familieverrykingsessies in die kerk.  Dis groot pret vir almal en jy kan boonop iets leer.
Daar is ook 'n lekker verrassing – kom raai: What's in the box?

Feesmark 2023

Neem asseblief kennis dat die feesmark vanjaar ’n week later as vorige jare begin.  Die mark word vanaf 23 Oktober tot 11 November aangebied.  Inkopietye is steeds vanaf 10:00 tot 20:00 op weeksdae en vanaf 09:00 tot 18:00 op Saterdae.  Die restaurant sal op dieselfde tye as die mark oop wees.  Ondersteun asseblief die groot fondsinsamelingsprojek van die gemeente en nooi ook vriende en familie daarheen uit.

VatVyf-byeenkomste in die vierde kwartaal

Ons nooi alle senior lidmate na die volgende byeenkomste:

25 Oktober om 10:00: ’n Feesmarkkuier in die restauranttent. Elkeen betaal vir hom/haarself en geen vooraf besprekings is nodig nie.

15 November: ’n Bootrit in die Kaapse Waterfront op die Spirit of  Victoria.  Koste R150 per persoon.  Die bootrit is reeds vol bespreek.

29 November: Kersete in die ou kafeteria teen R100 per persoon.   Bespreek by Charlotte, kerkkantoor.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom ontvang vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.

Datum: 16-18 Februarie 2024

Koste : R1 400. Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in.

Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by Charlotte,                             charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.


Jars of hope vir sopkombuise
Ons voorsien droë sopmengsel aan verskeie sopkombuise deur middel van die Jars of hope-projek.   Ons benodig die volgende bestanddele om die flesse te vul: rys; droësopmengsel;  droëlensies;  pakkies soppoeier en aftrekselblokkies. 
Bestanddele kan by die kerkkantoor afgegee word.
Baie dankie
Ons is baie dankbaar teenoor al die sopkokers wat getrou gedurende die winter sop gekook het en dit vir ons moontlik gemaak het om gereeld sop aan sopkombuise te voorsien.  Ons gaan vir eers nie voort met die kook van sop nie, maar samel steeds sopbestanddele in wat aan die sopkombuise verskaf sal word.

 

Die koffiewinkel

Die koffiewinkel heropen 23 Oktober tot einde November onder die bestuur van die Evert Opstal-restaurant.  Op 15 Januarie 2024 sal die koffiewinkel onder dieselfde bestuur, maar met ’n nuwe naam Maria, dogter van Evert heropen.  Ons is opgewonde om Willi en Ronel Botha van die Evert Opstal-restaurant op die terrein te verwelkom. 

Twee Bybelskoolkursusse in die vierde kwartaal

Kursus 1 |  Spirituele verdieping vir mense wat dors na meer
Van geboorte af smag of dors alle mense na iets diepers, groters en heiligs . . . na God.  Ons wil jou uitnooi na dié Bybelskool om te kom nadink oor God en die volgende in diepte saam met ons te bekyk:
* Lectio Divina – om die Bybel in reflektiewe/meditatiewe styl te lees.
* Die mistiek van God.
* Die vorming van ’n dieper verhouding met God.

Dit vind plaas in ’n niebedreigende omgewing en deelnemers sal nie gevra word om in die groep bydraes te lewer nie.  Alle ouderdomme – tieners tot seniors – is welkom.

Datums: Maandag 16, 23 en 30 Oktober  

Daar is twee tydgleuwe: 10:00 tot 12:00 of 18:30 tot 20:30

Aanbieder : Dr. Carel van Wyk.  Hy was voorheen vir 20 jaar ’n leraar in die gemeente en het na byna 40 jaar in die bediening ’n meesters- en doktorsgraad oor verdiepte spiritualiteit behaal. Hy en sy vrou woon nou weer in Stellenberg.

Besprekings: Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Kursus 2 |  Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap

In die vierde kwartaal word ’n opvolgkursus van die Babiloniese ballingskap aangebied.  In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: Maandag 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30.
Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za.
Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek. 

Helpers by die teetuin

Ons het dringend helpers nodig wat op Sondae bereid sal wees om by die teetuin behulpsaam te wees.  Dit behels slegs die skink van tee en wegpak van skottelgoed. Geen opwaswerk nie.
Kontak asb. vir Chartlotte by  021 976 4519 of charlotte@stellenberg.co.za indien jy kan help.

Met leedwese

Ons neem afskeid van Jan Christoffel Beukes (19/03/1932 - 09/10/2023).  Hy was ‘n inwoner van Edelweiss en sedert 2014 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Jossie, asook sy twee seuns en dogter wat hy agterlaat. Gedenkdiens:  Saterdag 14 Oktober om 10:00 in die kapel.

Gemeentebraai | 1 Desember
Die volgende gemeentebraai sal vanweë voorbereidings rakende en die aanbied van die feesmark eers weer op  Vrydag 1 Desember gehou word.  Dan sluit ons die jaar saam op ’n gesellige wyse af.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag  6 November om 09:30 by Edelweiss.  Tydens die Feesmark kom die groep by Edelweiss byeen.

Bybelstudiegroep vir vroue

Die Bybelstudiegroep vir vroue kom elke Maandag om 10:00 (slegs tydens skoolkwartale) in die ou kafeteria-area byeen.  ’n Biduurbyeenkoms om 09:15 in die gebedskamer langs die kapel word voor die  Bybelstudie aangebied.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

Die sentrum bied terapie, berading en  mediasiedienste deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar. Maak gerus ’n afspraak by 021 976 4519  (09:00 tot 13:00), of  stuur ’n  e-pos na therapy@stellenberg.co.za.  Na-ure skakel 083 519 0602. 

In die omgewing . . .

  • Edelweiss Dienssentrum se waglys vir opnames is oop.  Rig asb. aansoeke per e-pos aan mev. A. Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za.
  • Damestee by Edelweiss Dienssentrum: Saam met Marion Holm.
    Saterdag 21 Okt. 09:30.  Kaartjies teen R150 per persoon te koop by Edelweiss ontvangs.  Kontak 021 976 1150.
Subscribe to our email list.