navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 26 Mei 2024


Romeine 8:12-17 | God se kinders

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Madelaine Strümpher

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Moenie die gewilde skattemark op Saterdag 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 in die saalkompleks misloop nie.  Daar is vanjaar twee sale vol stalletjies en indien jy op soek is na billike klere, dekor-items of selfs ’n meubelstuk of twee, is dit die plek om te besoek.

- MES se karwasdiens is ook vanaf 10:00 tot 14:00 op die perseel beskikbaar.
- Koffie en eetgoed is ook te koop.
- Die hele mark is binnenshuis. 
- Geen toegangsfooie en gratis parkering. 
- Sommige stalletjies het kredietkaartfasiliteite, maar bring ook kontant saam om die stalletjies wat nie kredietkaartfasiliteite het nie, te ondersteun.

Jongvolwassenes en studente


Ons nooi alle jongvolwassenes en studente uit na 'n aand van  lewendige musiek, waterverf, wyn en goeie geselskap Dinsdag 28 Mei 19:00 in die  kleinsaal.  Kom rus in musiek, kuns en God se Woord op die vooraand van die verkiesing.

Skakel Ds Marius vir enige vrae 083 635 1523.


Ontmoet vir Conrad Koorts . . .

Conrad Koorts is een van Stellenberg se nuwe kerkraadslede wat onlangs as ouderling bevestig is.  Stellenberg-weekliks het by hom ingeloer om hom beter te leer ken.

Lees meer . . . 
Op die foto is Conrad, Esti, Liam en Wynand.

Gemeentebraai | 7 Junie

Jy en jou mense word hartlik uitgenooi na die gemeentebraai op Vrydagaand 7 Junie om 18:30 in die markplein.  Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, bord, glas en eetgerei.  Ons verskaf die kole en die samesyn.

Vakansieprogram


24 tot 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 in die saalkompleks.

Tema: Kajuitkaperjolle op die diep see.
Ons nooi alle graad 1 tot 6 kinders om saam met ons op reis te gaan.  Graad 7’s en ouer kinders word uitgenooi om as leiers behulpsaam te wees.  Inskrywings kan aanlyn op die vorm gedoen word:  https://forms.gle/EojSWb7AsKZHKF44A

Navrae: brenda@stellenberg.co.za

Sopkokers benodig – help asb.

Dit is wintertyd en ons wil graag die sopkombuise in Khayelitsha, Delft en Bloekombos weer met klaar voorbereide sop ondersteun.  Ons kort sopkokers wat bereid is om sop te kook en in bevore formaat by die markplein af te gee.  Jy kan die sop in ’n 2liter-roomysbak vries en wanneer dit bevrore is, uit die plastiekbak verwyder en dit dan in ’n plastieksak by die markplein afgee.  Sodoende kan jy die roomysbak hergebruik.  Die sopresep asook 2liter roomysbakke sal in die markplein beskikbaar wees.  Kontak vir Anéne Nortier (083 581 6930) of die kerkkantoor met enige navrae.

2 Liter-roomysbakke

Skenk asb. 2liter-roomysbakke vir die sopkombuisprojek.  Gee asseblief tussen 08:00 en 14:00 by die markplein of kerkkantoor af.

Tassies vir tjokkers

Ons wil graag vir elke leerder by Shiloh se pre-primêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Jy kan ook help deur die Annibrand Junior-kafeteria op Sondag 9 Junie te ondersteun.  Al die verkope is ten bate van die tassies-vir-tjokkers-projek, of borg ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Dis weer uitreiktyd!

Gaan saam:

Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Indien jy op die Leeu-Gamka-uitreik wil gaan, klik asseblief op die skakel vir aanlyn inskrywings: https://forms.gle/UiPPDSXvbcfXWedW8
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie
Indien jy op die Calitzdorp uitreik wil gaan, hier is die skakel vir die aanlyn inskrywings: https://forms.gle/3ruf8TbZv2RBZJtX7
Ondersteun ons spanne:
  • Doen asseblief voorbidding vir die uitreikspanne.  Bid vir veilige reise, goeie gesondheid, baie energie en dat die onderskeie gemeenskappe ontvanklik vir die bediening van die Woord sal wees.
  •  Borg asseblief ’n kind wat op ’n uitreik wil gaan en nie self die            inskrywingsgeld kan bekostig nie.  Kontak die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za.
  •  Ons het hawermoutpap en Weet-Bix nodig om ontbyt aan die kinders te voorsien, voor ons met die oggendprogramme begin.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
  • Donasies waarmee kos soos brood, grondboontjiebotter, ens. wat aan gemeenskappe voorsien sal word, aangekoop kan word.  Elektroniese betaling is welkom.  Gebruik UITREIKE as verwysing.


Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goed gedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Stuur gerus opbouende voorstelle rakende eredienste, kategese, of enige ander bedienings in die gemeente aan: voorstelle@stellenberg.co.za.


Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

Bybelstudie- en kleingroepe

’n Mannegebedsgroep kom tans weekliks op Donderdagoggende bymekaar en ’n Bybelstudiegroep vir vroue kom weekliks op Maandagoggende byeen.  Dan is daar ook verskeie kleiner Bybelstudie- en gebedsgroepe in die gemeente.  Indien jy by ’n groep ingeskakel is, of graag by ’n groep wil inskakel, of deel is van ’n groep wat ’n paar nuwe lede kort, kontak asseblief vir ds. Johan Visser by johan@stellenberg.co.za/072 603 3205.

VatVyf-program


Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ’n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Breigroep
Die breigroep kom op Maandag 3 Junie om 09:30 in die markplein byeen.  Die oorhandiging van serpe en ander klaar gebreide artikels aan die uitreikspanne sal dan plaasvind.  Breiers moet asseblief alle voltooide artikels saambring.

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek of gehospitaliseer is:

- Johan Lamprecht, Raphaelsingel.

- Rudi Liebenberg, Carolslot.


Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of             079 893 8104.               

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Karringmelk- en All-Bran-Karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies te koop teen R65 elk.
Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazicht straat 27, Ridgeworth (Estate), naby Bellville Uitsig kerk.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
- Huishulp: Anna Scholtz is op soek na ’n huishulp wat Dinsdae of Donderdae beskikbaar is.  Kontak haar asseblief per WhatsApp by 071 7120 015.
- Huishulp beskikbaar.  Yolanda Olyn wat by die gemeente se Bybelstudiegroep vir huiswerkers inskakel, is op soek na voltydse inslaapwerk.  Sy het verwysings beskikbaar en kan na kinders en ook bejaardes omsien.  Kontak haar by 082 085 4498.

- Ithuba Project Management Solutions 
Konstruksieprojekbestuurders, projekkoste-berekening, voltydse projektoesig van begin tot einde, asook die aanstelling van kontrakteurs en ’n professionele span. 
Ons bou nuwe huise, behartig aanbouings en huisverbeteringe.
Kontak Arnaud Malan  082 786 2684 vir enige navrae.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .
Edelweiss bak pannekoek: Vydag 31 Mei pannekoek.  Plaas jou bestelling teen R8 per pannekoek voor 29 Mei by Christa Cilliers 021 976 1150.
Aristea Galakonsert | Sondag 2 Junie om 15:00 by Hoërskool Durbanville:  Kom geniet ’n middag van ligte klassieke musiek met sang, ballet, doedelsakke en soveel meer by die Galakonsert ten bate van Huis Aristea. Laat die klank van musiek en die elegansie van ballet jou wegvoer op ’n reis van herinneringe. Die middag gaan beslis ’n plesierige ervaring wees, veral met ’n opwindende afsluitlied!  Kaartjies nou beskikbaar by Computicket, https://bit.ly/GalakonsertHuisAristea.

Erediens vir Comrades-maraton:  Alle huidige en oud-Comrades-atlete en hulle gesinne word uitgenooi na die Comrades-diens op 2 Junie om 09:30 by Parowvallei-Oos-gemeente. Dr. Theo Swart, wat self al 27 Comrades-wedlope voltooi het sal die diens lei. Na die diens is daar gratis koffie en heerlike koeksisters om te geniet en ’n geskenk vir elke atleet.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.