Lees deur internet, klik hier >>
22 Junie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Harte
Lord, today I turn my face towards you.
I will turn
To soak in your words of life,
To rest in the warmth of your love,
And to bathe in the power of your Spirit.
- Prayer inspired by Psalm 28

Mary-Anne Plaatjies Van Huffel
SINODENUUS
1.1 NG/VG Kerk: gesamentlike bod vir WCC in Kaapstad
Op 16 Junie het die NG/VG-kerkfamilie in Genève die geleentheid gehad om 'n gesamentlike bod vir Kaapstad as gasheer vir die World Council of Churches (WCC) General Assembly se volgende vergadering in 2021 (met sowat 6000 verteenwoordigers) aan te bied.
Hierdie aanbieding is netjies hanteer deur Mary-Anne Plaatjies Van Huffel (VGKSA) en Gustav Claassen (NG Kerk) (foto onder), met die professionele ondersteuning van Adriaan Fourie, die besigheidsontwikkeling-bestuurder vir die Wes-Kaapse toerisme (en die Convention Bureau).
Die bod om as gasheer van die General Assembly in 2021 op te tree, is intussen op 20 Junie aan die Evangelical Church in Duitsland (EKD) toegestaan. Gustav Claassen deel enkele kort indrukke oor die afgelope week se vergadering.

Gustav Claassen
1.2 WCC se Central Committee kom Suid-Afrika toe!
Spesiale nuus! Suid-Afrika is op 20 Junie 2018 aangewys is om van 14-20 Maart 2020 as gasheer vir die vergadering van die WCC "Central Committee" op te tree.
Di
é vergadering sal waarskynlik in Kaapstad plaasvind en is 'n fantastiese geleentheid vir alle kerke in Suid-Afrika. Ons vier dit dankbaar saam met die VGKSA!
Die "Central Committee" (Sentrale Komitee) dien as die hoofbeheerliggaam van die WKK tot die volgende vergadering, elke twee jaar en is verder vantwoordelik vir die uitvoering van  beleid, die hersiening en toesig oor die WKK-programme en die begroting. Lees hier.

Suid-Afrika se bod om WCC Central Committee in 2021 aan te bied
Die SA video voorlegging by die WCC
Germany and South Africa in competition for WCC 2021
Twitter gons en gis oor die bod!
2. Uit die NG Algemene Sinode-kantoor
2.1 Nee vir regulering van godsdiens; ja vir gedragskode
In ’n brief aan predikante deel Gustav Claassen, algemene sekretaris, inligting oor ’n voorgestelde gedragskode vir godsdiens. Lesers sal onthou dat die CRL Rights Commission voorstelle gedoen het oor die regulering van godsdiens. Die NG Kerk het dié gedagte afgewys en stel ’n gedragskode voor waaraan godsdienstige groepe moet voldoen.
Beide die begeleidende brief van Maart 2018 en voorgestelde gedragskode, in samewerking met die South African Council for Religious Rights and Freedoms (CRRF), is beskikbaar vir belangstellendes se nadenke en kommentaar ter verfyning daarvan.
2.2. Grondsake steeds op die voorgrond
As deel van sy brief aan predikante deel Gustav Claassen ook agtergrond oor die NG Kerk se reaksie op die gronddebat. Vooraf is met verskeie landbou- en politieke organisasies en andere gekonsulteer. In sy kommentaar maak die NG Kerk dit duidelik dat:
• hy teen die verandering van die Grondwet is;
• hy teen onteiening sonder vergoeding is;
• die beskerming van voedselsekerheid van die uiterste belang is;
• daar gekyk moet word na modelle wat reeds goed werk;
• daar gekyk moet word na redes vir die mislukking van grondhervorming tot dusver.
Kry die voorlegging hier. Neels Jackson se berig in e-Kerkbode van 15 Junie oor hierdie saak is hier beskikbaar vir diegene wat meer wil lees.
- Lees ook by ALGEMEEN meer oor die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika (GKSA) se voorlegging in hierdie verband.
Getuienisaksie-logo
3. Saam getuies te midde van reuse-uitdagings!
Getuienisaksie: Alg. Jaarvergadering 1 Augustus

NGK- en VGK-ringsverteenwoordigers en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na die AJV in die vorm van ’n eendagwerkswinkel op 1 Augustus vanaf 08:00 – 18:00 by Chrismar Villas, Bellville. 

Die onderwerp is “Saam getuies te midde van reuse-uitdagings: Die toekoms van ons gemeentes”. Braam Hanekom, Stephen Pedro en Kobus Odendaal sal indringende tafelbesprekings en praktiese opsie-ontwikkeling fasiliteer. Lees hier en kontak Kobus Odendaal by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.
4.1 Streekbyeenkomste: Nelis getuig en vra ...
Wees in die gapings, bou die brûe

Diegene wat nie die onlangse streekbyeenkomste kon bywoon nie, kan luister na Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen, se getuienis tydens die byeenkoms in George. Hy deel onder meer sy indrukke oor gesprekke met die mees onwaarskynlike en uiteenlopende gespreksgenote vir die NG Kerk, groepe soos die EFF, Solidariteit en Khulumani Support Group, en beklemtoon die kerk se rol en verantwoordelikheid as brug-gemeenskap. Dit word in 'n eerste video van ongeveer 53 min. vasgevang.
"Wees in die gapings as ruimte vir die wonderwerkende krag van die Heilige Gees." - Nelis Janse van Rensburg. (Video's met dank: Abri van Vuuren, NG Oudtshoorn-Welgeluk.)
Take Note
4.2 Streekbyeenkomste: hier is meer
In 'n tweede video van die streekbyeenkomste word kerklike sake soos die hofsaak en seksualiteit, kerkeenheid, September se konvent, evangelisasie, millennials en roeping ook deur Nelis Janse van Rensburg aangeraak. Kyk die video, van sowat 27 minute, hier.
"Dis nie meer 'n institusionele ding nie, dis 'n roepingsding, dis 'n ding tussen jou en God." - Nelis Janse van Rensburg.
Lees gerus ook by ALGEMEEN Fanie Kriel (NG Strooidak) se gedagtes oor die veranderende en gesekulariseerde wêreld waarin ons kerk is, soos op 5 Junie tydens die streekbyeenkoms in die Paarl gedeel.
University of Fort Hare
5. VGKSA Kaapland: sinodesitting in Alice
Ons seënwense aan alle kollegas wat betrokke is by die sewende gewone vergadering van die VGKSA Streeksinode Kaapland. Hierdie belangrike vergadering vind vanaf 24 Junie tot 1 Julie 2018 by die Universiteit van Fort Hare, Alice in die Oos-Kaap, plaas. 
Op 18 Junie het die VGKSA Kaapland moderamen personeellede bedank vir harde werk ter voorbereiding op die sinodesitting. Terselfdertyd is by die sinodale kantoor in Belhar voorbidding gedoen vir die komende sitting. Foto’s hier (met erkenning aan Llewellyn MacMaster, lid van die VGKSA Kaapland moderamen.)
Mag elkeen besondere wysheid en insig ontvang vir die verkiesing van ampsdraers en besprekings. Veilige reis na die Oos-Kaap toegewens.

WCEN-logo
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
WCEN - Nog oor protes en moorde
Ons het verlede week berig oor die vergadering van die Western Cape Ecumenical Network (WCEN) oor protes en moorde, en het aangedui dat 'n opvolg verklaring sal volg. Aangeheg is die volledige verklaring wat na die vergadering uitgereik is.  
Richard Holloway het verlede week se vergadering bygewoon. Hier gee hy kortliks van sy perspektiewe op die situasie en deel ook wat die NG Kerk te doen staan.
Kontak die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202.
7. Kerkargief
7.1 Digitaliseer argivale materiaal: baanbreker konferensie!
Die NG Kerk Argief op Stellenbosch het op 12 Junie ’n baie geslaagde konferensie oor die digitisering van argivale materiaal aangebied. Sowat 50 afgevaardigdes van oor die hele land het die konferensie by die Kerkargief bygewoon. (Foto's onder.)
Hierdie was die eerste konferensie van sy soort waar argivarisse van verskillende denominasies die geleentheid gehad het om op een platform idees uit te ruil en meer van mekaar se werk te leer. Dit het ook die verskillende dissiplines van rekordbestuur, naamlik insameling, bewaring, ontsluiting en beskikbaarmaking, gedek. Daarom was daar ook groot belangstelling van navorsers en akademici in hierdie konferensie.
Andrew Kok, bestuurder van die Kerkargief, berig. Lees ook Clem Marais se indrukke hier.

Antenie Carstens National Library of SA
Antenie Carstens
National Library of SA
Nandor Sarkady NHKA
Nándor Sarkady
Ned. Hervormde Kerk v. Afrika
Isabel Murray - Church Archives
Isabel Murray
NG Kerkargief
Agendas en notules
7.2 Leer ken ons Kerkargief 
Soos voorheen berig, deel Andrew Kok (ons argiefbestuurder) elke maand brokkies inligting oor die werk van die NG Kerk in SA Kerkargief op die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van SA (eGGSA) se Facebook.
As jy wonder hoe gemeentes se notules en agendas in die prentjie van die NG Kerk se geskiedenis inpas, lees die Junie-bydrae.
Die Kerkargief ontvang belangstellendes en besoekers graag: doen gerus navraag by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923.

Maryke Fourie
8. Communitas-personeelnuus
8.1 Jeugkantoor & kie verwelkom Maryke!
Ons heet Maryke Fourie, vanaf 1 Julie 2018 die nuwe administratiewe koördineerder by Jeug- en Familiebegeleiding (deel van Communitas op Stellenbosch), van harte welkom as deel van die sinodale personeel. Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou spesiale geleenthede vir kreatiwiteit en groei inhou. Kontak Maryke by jeug@sun.ac.za of 021 808 9050.
Die Communitasspan het nie op hulle laat wag om Maryke te verwelkom nie! Op die foto onder is agter v.l.n.r. Pieter van der Walt, Andrew Kok, Eddie Orsmond, Mathilda du Pisanie, Maryke Fourie, Wilma le Roux, Sharon Naudé, Isabel Murray, Divine Robertson en Sonja van Rooyen. Voor v.l.n.r. is Susan Marais, Ankia du Plooÿ, Karen Minnaar, Anriëtte de Ridder, Collette de Wet en Adrienne Bester.
Communitas verwelkom Maryke Fourie
Communitas het Maryke sommer reeds by voorbaat van harte verwelkom!
Louise Bruiners
8.2 Nog personeelnuus!
Baie welkom in ons midde, Louise Bruiners
As jy vanaf 2 Julie 2018 by Stephen Pedro (Predikant in Sinodale Diens van Getuienisaksie en Communitas) se kantoor inloer, sal jy deur sy vriendelike kantoorbestuurder, Louise Bruiners, verwelkom word. Sy is die nuwe aanstelling in Dawn Erasmus se plek (wat vroeër Johan Botha se sekretaresse was). Lees meer.
Anathoth retraitesentrum
8.3 Stilteretraite by Anathoth vir Communitas en Ekklesia-dames
Communitas en Ekklesia se dames was Dinsdag en Woensdag vir ʼn tweedag retraite by Anatoth Retraitesentrum, gefasiliteer deur Marié Britz. Wilma le Roux skryf: "Dit was ʼn kort stilteretraite waartydens ons lang ente gestap het, tekste gelees en deurleef het, nagmaal gehou, saamgeëet en gesels het asook tye van lang stiltes as ʼn 'gift' gekry het om innerlik tot stilstand te kom en op ʼn binne-plek te kom waar ons die Gees kon hoor praat.
Voedsel vir die siel, dit moes net langer gewees het!" Dankie aan Stephan en Marié Britz van Anatoth, asook aan die PSD's en kantore wat die dames hierdie tyd gegun het. (Foto onder.)
Communitas en Ekklesia-dames
Agter v.l.n.r. is Wilma le Roux, Divine Robertson, Marié Britz, Mathilda du Pisanie,
Adrienne Bester, Sharon Naudé en voor Amanda van Niekerk
Paarl-Vallei reik uit na Middelpos
GEMEENTENUUS
1. Middelpos leer Paarl-Vallei van kosbaarheid in God se oë
Die naweek van 1 tot 3 Junie 2018 het 13 gemeentelede van Paarl-Vallei vir die sesde agtereenvolgende jaar na Middelpos gereis, opgewonde oor die geleentheid om fisies God se hande en voete te wees vir ’n gemeenskap wat soveel minder as ons het. Vanjaar het 14 leerders van Diepdrif Primêr weer by Middelpos Primêr se 116 leerders aangesluit vir die naweek. Comari Lategan vertel.
Breiers
2. NG La Rochelle deel liefde uit!
HospiVisie bedank graag die lede van die NG Gemeente La Rochelle se handwerkgroep, wat hulle onlangs besoek het met pragtige hand-gemaakte poppies spesiaal vir die kinders in Tygerberg Hospitaal. Die kreatiewe poppies is onder andere uitgedeel in saal G6, die beenbreuksaal van Tygerberg Hospitaal met kinders wat wissel tussen 2 en 14 jaar. Kontak HospiVisie vir pastorale sorg by Tygerberg Hospitaal by wanda@hospivision.org.za of 021 931 0311.
Op die foto regs is lede van die handwerkgroep: Helene Hall, Marieta Warwick (voor) en Soekie Foot.
3. NG Stellenberg en Khayelitsha smee bande
Op Donderdag 14 Junie het Why Duvenage, Callie Visagie (twee van die NG Gemeente Stellenberg se leraars) en 'n lidmaat, Charles Robertson, 'n baie geslaagde besoek aan Khayelitsha gebring, waar hulle bande met 'n paar leraars versterk en konstruktiewe gesprekke gevoer het. (Foto onder.)
Noue samewerking word in die vooruitsig gestel, met verdere gesprekke wat reeds tussen die twee gemeentes beplan word. Rig navrae aan Why by why@stellenberg.co.za
Stellenberg en Khayelitsha
Phumzile Kalazani, Thembi en Thom Thamaga, Charles Robertson,
Simon Motaung, Callie Visagie, Why Duvenage
Egskeidingsherstel kursus
4. NG Heidekoppie help met egskeidingsherstel
Van die NG Gemeente Heidekoppie ontvang ons nuus oor 'n kursus in egskeidingsherstel op 27 en 28 Julie, aangebied deur Attie Rall. Meer oor hierdie geleentheid, wat hulp aanbied in die proses van heelword en die hantering van verskillende praktiese probleme, is hier.
Gebedsversoeke 22 Junie 2018
PREDIKANTENUUS
1. Pieter en Jana Roeloffse groet Prince Alfred's Hamlet
Op Sondag 17 Junie is afskeid geneem van Pieter en Jana Roeloffse. Pieter verlaat die gemeente se diens op 30 Junie om sy bediening voort te sit in Stellenbosch Gemeente; hy het dus ook demissie ontvang.
Lees gerus hoe Pieter, woordkunstenaar wat hy is, skryf oor hulle gesin se ervaring van opgewondenheid én angs. “Ons vertrou die Vroedvrou-Gees vir die ewige geboorte van Christus in Hamlet Gemeente, Stellenbosch Gemeente en ons gesin se voorreg om deel van hierdie geboorte van God se koninkryk te kan wees.” Klik hier.
Spesiale foto's wat iets van die afskeid in PAH weergee, is op hulle Facebook.

Pieter en Jana Roeloffse en gesin
Jana en Pieter Roeloffse met Sarike, Anouk en Pierre
Lena en Lourens van Vuuren
Lena en Lourens van Vuuren
2. Lourens en Lena van Vuuren groet Heidelberg
Op Sondag 17 Junie het die NG Gemeente Heidelberg tydens 'n gesamentlike erediens met Witsand afskeid van Lourens en Lena van Vuuren geneem. Lourens emeriteer op 30 Junie 2018. Nadat Parkinson-siekte sowat drie jaar gelede by hom gediagnoseer is, is sy stem erg aangetas, sodat preke en gesprekke daardeur bemoeilik word.
Lourens getuig op 'n spesiale wyse hoe hy en Lena besef het dat hulle bediening nie verby is nie, maar dat die Here ander planne vir hulle het. Lees hier oor die pad wat hulle stap. Ons vertrou dat Mosselbaai – en die groter Suid-Kaap – julle opnuut hartlik sal verwelkom en omvou met sorg, Lourens en Lena! Baie seën en genade toegebid.

Elma Black
ALGEMEEN
1. Badisa en Durbanville Kinderhuis: Met medelye - 
Elma Black 
"Die skielike sterfte op 19 Junie 2018 van Elma Black, 'n geliefde oudkollega, word diep betreur deur die Durbanville Kinderhuis en Badisa. Elma was sedert 1990 in diens van die kinderhuis, eers aan die stuur van die versorgingsafdeling, en na die dood van haar man, as die hoof van fondswerwing. Sy het in 2009 met vroeë pensioen gegaan.
Elma het die kinderhuis geliefd gemaak by die gemeenskap van Durbanville en ons dra vandag nog die vrugte daarvan." - Annemarie Bezuidenhout van Badisa.
(Elma se oorlede man, Richard, was vroeër predikant in Burgersdorp, Kraggakamma [Port Elizabeth], Umtata en gekoppel aan Durbanville toe hy hoof van die kinderhuis was.) Klik hier om meer te lees.
2. Fakulteit Teologie, US
2.1 Spesiale personeelnuus!

Die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie het op 1 Junie 'n nuwe kollega verwelkom: dr. Sipho Mahokoto is aangestel as lektor in Sistematiese Teologie en Etiek. Die departementele voorsitter, prof. Dion Forster, sê Sipho se aanstelling bring verreikende nuwe moontlikhede vir die beoefening van teologie in Afrika en Suidelike Afrika, en sy noue verbintenis met ekumeniese kerke en vennote is 'n aanwins vir die fakulteit.  
Ander opwindende personeelnuus is dat Dion Forster, Len Hansen en Retief Müller onlangs bevorder is tot mede-professore: 
Dion Forster is professor in Sistematiese Teologie en Etiek; 
Retief Müller is professor in Ekklesiologie en Kerkgeskiedenis;
Len Hansen is professor in Sistematiese Teologie.
Ons hartlike gelukwense aan hierdie vier kollegas!
Dion Forster
Dion Forster
Len Hansen
Len Hansen
Sipho Mahokoto
Sipho Mahokoto
Retief Muller
Retief Müller
2.2 Conference on corruption 11-13 July 2018
The Faculty of Theology, Stellenbosch University, in collaboration with the PanAfrican Strategic and Policy Research Group (PANAFSTRAG) in Nigeria and the African Union (AU) Advisory Board on Corruption (ABC) in Tanzania, have the honour of hosting a conference on Corruption to coincide with the first anti-corruption year of the AU in 2018.
Plenary speakers include Dr. Danny Titus, Prof. Solosh Pillay, Prof. Evangelos Mantzaris and Bishop Zac Niringiye (pictures below). Get the programme and registration form here.

Evangelos Mantzaris
Evangelos Mantzaris
Niringiye
Zac Niringiye
Solosh Pillay
Solosh Pillay
Danny Titus
Danny Titus
Reggie Nel
2.3 Jeugdaglesing: Geleenthede en uitdagings
Die jaarlikse Jeugdaglesing van die Fakulteit Teologie, US is onlangs aangebied met die tema: "Jeugbemiddeling in 'n Demokratiese SA? Geleenthede en uitdagings/Youth Agency in a Democratic SA? Opportunities and Challenges." Die lesing is op 'n nuwe wyse gestruktureer: in plaas van 'n kenner wat die lesing lewer, het 'n paneel van drie teologiestudente, Celeste du Plessis, Dawood Goeieman en Makhosazana Mhlongo, hulle refleksies gedeel oor die geleenthede en uitdagings van die Suid-Afrikaanse jeug in 'n bestrede demokratiese Suid-Afrika.
Reggie Nel, dekaan van die fakulteit en ook 'n missioloog wat spesialiseer in navorsing en dialoog met jong mense, het op die studentepaneel gereageer. Lees hier meer.

Fanie Kriel
3. Streekbyeenkomste: kerkwees in 'n vreemde, veranderende wêreld
By die streekbyeenkoms op 5 Junie in die NG Gemeente Suider-Paarl het Fanie Kriel (NG Strooidak) tydens die opening 'n paar gedagtes oor die veranderende en gesekulariseerde wêreld waarin ons kerk is, gedeel. 
Fanie skryf: "In 2018 sal ons mense weer moet help om uit hul nihilistiese en hedonistiese bestaan te ontsnap en sinvolle lewens te leef.
Ons gaan dit slegs regkry as ons hulle weer terugneem na die anker van die Woord, familiewaardes, familierituele en na 'n lewe van eenvoud."
Lees hier verder.
Foto's van die streekbyeenkoms in die Paarl is hier
VBO-week Bloemfontein sprekers
4. NG Vrystaat nooi leraars na VBO-week 2018
'n Uitnodiging word aan alle leraars (van al die verskillende sinodes), asook enige ander belangstellendes, gerig om hierdie VBO-week (2-5 September) by Woodland Hills Gemeenskapskerk in Bloemfontein by te woon (dit vervang die Winterweek). Sprekers sluit in Fanie Cronjé, Marius Nel, Johan van der Merwe, Nadia Marais, Nelis Janse van Rensburg en Pieter van Jaarsveld.
Klik hier vir die volledige program sowel as die inskrywingsvorm. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Augustus. 
Cassie Aucamp
5. Gereformeerdes het ook grond op die hart
Die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika (GKSA) het ook 'n voorlegging rakende onteiening sonder vergoeding voorberei - in reaksie op die uitnodiging aan die publiek en burgerlike samelewing om voorleggings te maak oor die moontlike wysiging van artikel 25 van die Grondwet.
"Ten einde 'n verantwoorde getuienis te lewer, is 'n omvattende proses van konsultasie gevolg, waaronder 'n vergadering van kenners uit verskeie dissiplines wat geraak word deur moontlike Grondwetwysiging," skryf Cassie Aucamp (voorsitter) en Marcel Floor (skriba) namens die GKSA Deputate Ekumenisiteit Owerheidsake.Lees hier.
Logo
6. World Council of Churches
6.1 News from the World Council of Churches Central Committee 

The WCC Central Committee has been meeting in Genève from 15 to 21 June. This meeting brings together more than 500 million Christians from 110 countries, with South Africa as one of them.

6.2 Great news from the WCC for scholars and students!
Scholars and students around the world will soon have access to a unique collection of documents that relate to the search for Christian unity online, instead of having to visit the World Council of Churches archives in Geneva to seek out texts that are often difficult to obtain elsewhere.
Known as the “Faith and Order Papers,” about 300 digitized documents and publications trace the history over more than a century of the Faith and Order movement, which has aimed to deal with matters of doctrine and church order that kept churches apart. Click here.
Cecile Cilliers
7. "Net in die stilte word sy stem gehoor"
- Cecile Cilliers 

Die bekende skrywer en vryskutjoenalis Cecile Cilliers is op Saterdag 16 Junie 2018 in Vishoek oorlede. In Augustus 2015 lewer sy, 'n gerespekteerde VrydagNuus-leser, 'n welkome bydrae vir die "Ten Laaste"-rubriek in VrydagNuus. (Lees hier.)
"Ons dien 'n stil God. Net in die stilte word sy stem gehoor. Leer die ouderdom my," verklaar sy toe. En oor haarself skryf sy: "Ek woon in Vishoek, hier in die Kaap, lees baie, skryf as ek genooi word, speel brug, doen blokkiesraaisels, kook graag. Na so 'n lang en interessante lewe, is daar min woorde wat my nie beskryf nie! 'Geseënd' is die een wat ek die graagste gebruik."
Ons eer haar nagedagtenis, onder meer as die eerste vroulike lid van die leierskap van die NG Algemene Sinode Moderamen. Haar roudiens, gelei deur Danie Nel, vind op Donderdag 21 Junie om 11:00 in die NG Gemeente Wynberg, waar sy 'n meelewende en gewaardeerde lidmaat was, plaas. Neels Jackson se onlangse Kerkbode-onderhoud met haar is hier.

Huis Boesmanland
8. Huis Boesmanland het akkommodasie beskikbaar 
'n Herinnering: Huis Boesmanland, 'n Badisa tehuis vir ouer persone in Loeriesfontein in die Noord-Kaap het tans bekostigbare akkommodasie beskikbaar vir ouer persone wat nog mobiel is. Die kamers is onmiddellik beskikbaar.
Belangstellendes kan Huis Boesmanland kontak by 027 662 1325 of 'n e-pos na huisboesmanland@telkomsa.net stuur. 
Klik hier vir meer inligting.
Kontakinligting op Badisa se webwerf.
9. Raakgelees
9.1 Wat knel nuwe geloofsgemeenskappe?
Só ervaar die PKN dit ...

Die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) berig dat hulle ondersoeke veral drie knelpunte uitlig by die ontstaan van nuwe geloofsgemeenskappe (grafika onder). Wat sou diegene betrokke by Fresh Expressions en/of NGGO hier in ons geledere as die belangrikste uitdagings vir nuwe geloofsgemeenskappe beskou, is die vraag ...? Gelukkig is daar terselfdertyd vele winspunte, soos die PKN ook aandui.
PKN knelpunte vir nuwe geloofsgemeenskappe
9.2 Gereformeerdes se Vroueblad berig -
Donkies dra die Blye Boodskap oral in Afrika uit
In 'n interessante onderhoud deur Annamie Odendaal, fokus die Julie-uitgawe van die Gereformeerde Vroueblad op Naamdraers van Jesus - Wellington se donkies uit die pen van dr. Pieter Bingle. Die onderhoud is kort voor die bekendstelling van die boek in Stilbaai gevoer.
"Hoe gebeur dit toe dat 'n Gereformeerde predikant kort duskant 80 'n hele jaar van sy lewe (2017) daaraan wy om die lewenswerk van 'n groep NG sendelinge op te teken en te orden?" wonder Annamie tereg. Klik hier om verder te lees, met erkenning aan Vroueblad.
Naamdraers van Jesus, uitgegee deur Christelike Lektuurfonds (CLF), is hier beskikbaar.

Pieter Bingle en CLF - Naamdraers vir Jesus
9.3 The Ministry of the Disabled
In 'n onlangse artikel in Christianity Today vestig Amy Julia Becker, ma van 'n dogter met downsindroom, die aandag op die fundamentele waarheid dat mense met gestremdhede, wat downsindroom, outisme en ander beduidende ontwikkelingsvertragings insluit, óók deur die Heilige Gees toegerus word om 'n bediening in die kerk en gemeenskap van gelowiges te hê.
"Whatever the reasons that many people with intellectual disabilities are especially gifted in ministries of prayer - maybe they are less bound by social norms, more accustomed to expressing needs honestly, more aware of human vulnerability  - it’s possible that the same factors also make them exceptionally gifted in ministries of welcome." 
As jy so iemand in jou familie of vriendekring het, sal jy hiervan kan getuig. Lees hier en kyk gerus na onderstaande video oor die insluiting van persone met gestremdhede.
5 Stages presentation
Betty Wanza
9.4 LiG: gewone mense, ongewone stories
In die Julie-uitgawe van LiG word herinner aan stories oor merkwaardige mense, getuienisse soos min! Een hiervan is Betty Wanza, 'n Dowe wat die geleentheid gekry het om as predikant opgelei te word - en haar lewensdroom om in gebaretaal te preek, vervul het.
Betty het vier jaar teologiese opleiding by Deaf Christian Ministry Africa (DCMA) suksesvol voltooi, waar Mia Lintvelt en Jan Oberholzer onder meer haar ouddosente was. Dit was by dié teologiese skool, vertel Betty, waar daar vir haar ’n nuwe wêreld oopgegaan het. Net vir ’n oomblik verdwyn haar glimlag wanneer sy sê: “Ek is baie bekommerd oor die dowe gemeen­skap, omdat hulle so baie mis."
Lees hierdie inspirerende verhaal hier. (Foto met dank aan Kerkbode.)
Logo
9.5 Wêreldbeker sokker:
Evangelisasie pypkan verbod
Met streng regulasies teen enige evangelisasie in Rusland, verg dit kreatiewe denke van bedieninge wat hoop om hierdie belangrike internasionale byeenkoms vir evangelisasie te benut!
Terwyl hulle nie na besoekers mag uitreik nie, gooi meer as 400 gemeentes in Moskou, St Pietersburg en ander gasheerstede hulle deure oop vir Wêreldbeker entoesiaste om hul gewilde Russiese span (en ander) op die groot skerm te sien speel, verversings soos springmielies en sonneblomsaad te geniet – en bande te bou! Lees hier meer.
PUBLIKASIES
Publikasies
CLF dink na oor hoop en interkulturele verhoudings
Hier is nuus oor twee splinternuwe CLF-publikasies. Die eerste, Christus bly ons Hoop (deur Herman Breytenbach), is 'n verrykende studie wat aansluit by die vernedering en verhoging van Christus, die blywende bron van gelowiges se hoop. Die boek handel oor Filippense en is ’n toevoeging tot die bestaande publikasies Matteus, volg my en Evangelie van Johannes. Die boek kan vir persoonlike geloofsgroei of Bybelstudie gebruik word.
Die tweede publikasie is From my own to the unknown and back to my own (M.A. van der Westhuizen, T. Greuel en C.H. Thesnaar), met die klem op die praktiese reis na interkulturele verhoudings en die transformasie van onsself wat plaasvind tydens die reis met die onbekende. Lees meer.
Season of Creation
EKOLOGIE
1. "Season of Creation"
invitation to "comtemplate fabric of life into which we are woven"
Global faith leaders, including World Council of Churches general secretary Rev. Dr Olav Fykse Tveit, are inviting people to join a “Season of Creation” from 1 September to 4 October, during which they set aside time to deepen their relationship with God, each other, and all of creation.
The full invitation letter to all faith leaders is available here.
Visit the Season of Creation website here.
Recycling in Johannesburg
2. City of Johannesburg impliments compulsory recycling
The City of Johannesburg is implementing a new ‘separation at the source’ programme that will see residents of Jo'burg helping fight pollution and work towards better use of landfill space. They are rolling it out in phases so not everyone will be required to start it just yet. Read more - perhaps something to consider in other major cities too?
Mens deel van skepping
3. Wat is die mens se verhouding met die natuurlike omgewing?
Daar is breedweg drie modelle wat in die geskiedenis van die kerk gebruik word om te sê wat die verhouding van die mens tot die res van die skepping is: die heers-en-onderwerp-model; die rentmeester-skapmodel en die oikosmodel. Die model wat oorheers, bepaal in 'n groot mate wat met die aarde en al haar inwoners gebeur.
Ons kyk hierdie keer na die oikosmodel. Lees meer, soos met dank ontvang van David Botha namens Projekspan Ekologie.
BEHOU DIE HUMOR
Chill
Mag die vakansie-atmosfeer jou help "chill"!
KUIERKANS
Kuierkans 22 Junie 2018
Bellville Wintermark 19-30 Junie; Buffeljagrivier Vleisfees 27 Julie. Klik bo
VAKATURES
Kerkbode - gedrukte uitgawes
Logo
1. Badisa Wynberg: 
Maatskaplike werkers  
Badisa Wynberg het twee voltydse betrekkings vir  maatskaplike werkers om kinderbeskermingsdienste te lewer. Meer oor die pos se minimumvereistes is aangeheg. Reageer voor 28 Junie.
VCSV-logo
2. VCSV: Uitvoerende Hoof
Die Verenigde Christen-Studentevereniging (VCSV) van SA wag aansoeke in vir die pos as Uitvoerende Hoof van die VCSV (Stellenbosch). Die suksesvolle kandidaat sal 'n visioenêre leier wees met 'n strategiese ingesteldheid om die VCSV landwyd tot nuwe hoogtes te lei. Klik hier en reageer voor 7 Julie.
Nico van der Walt
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Nico van der Walt

Dit is die helfte van 2018 en 'n lekker vakansie lê vir baie voor; dalk net 'n rustiger tyd vir ouers wat nie hoef rond te ry vir skooldinge nie … maar dis HALFTYD!
 
“Halftyd” laat my dink aan rugbywedstryde se rustyd – met lemoenskyfies en "kringetjie maak" terwyl die "coach" jou weer moed inpraat vir die volgende helfte!

Hierdie halftyd-oomblik van die jaar gee aan ons tyd waarin ons weer die Here se rus, teenwoordigheid en hoop kan soek en ONTDEK – amper soos my "coach" wat ons span sou troos en inspireer in rustyd!
 
Hier kort voor 2018 se rustyd, terwyl ek wonder wat die Here vir my wil kom sê, sien ek die groen Langeberge voor my venster raak en terwyl die bergwind die vensterrame ruk, hoor ek:
"Ek kyk op na die berge en ek vra: Van waar sal iemand kom om my te help?
Dit is die Hére wat my sal help, die Here wat die hemel en die aarde gemaak het."
(Psalm 121:1-2, Die Bybel vir almal)
 
Mag ons die woorde (en WAARHEID!) van hierdie bekende Psalm weer ONTDEK! Mag dit ons troos en hoop gee, want ons weet die Here, ons “Kaptein” is deur sy Gees in en om ons, daar om ons te beskerm en te lei. Mag die wete, woorde en waarheid jou en my kans gee om in ons dolle gejaag te RUS en net die LEMOENSKYFIELIEFDE van Jesus te BELEEF!
                                                                  -0-0-0-
                                                                                                                                   
Nico van der Walt is sedert Januarie 2018 predikant in die NG Gemeente Buffeljagsrivier. Hy het voorheen in die NG Gemeente Heuwelsig in Bloemfontein bedien en beskryf homself as 'n laggende, passievolle Vrystaatkind. Kontak Nico hier.

Sneeuvlokkie
Wie het met die donderwolk
'n kleed vir haar geweef
en met donkerte 'n doek?
Wie het die stormwind
uit sy skuilplek gejaag?
Wie het wolke vol water
oor die aarde laat dreun
totdat hulle nate lostorring?
Wie het die stoorkamers
vir sneeu en hael gebou?

- Cas Vos, uittreksel uit "Skepping
VrydagNuus groet tot die uitgawe van 20 Julie. 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.