Lees deur internet, klik hier >>
29 November 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1.Focus on Early Childhood Development
1.1 Diaconia shines at League of Stars Award Ceremony

On Saturday 23 November, SmartStart hosted its annual League of Stars Award Ceremony in Johannesburg. More than 1200 franchisees attended the event, where various dignitaries addressed them on the importance of ECD. They were praised for the huge role they play in giving every child the power to succeed. Franchisees belong to clubs, which form an integral part of the SmartStart model. It is based on the Stokvel or peer-support principle and has proven to help SmartStarters grow their ECD-businesses - thereby allowing more children to have access to quality early learning. To encourage club engagement and active participation, as well as compliance in terms of programme quality and child attendance, the League of Stars competition was introduced. Click here to see how well these Diaconia SmartStart clubs and club coaches performed at the ceremony. Congratulations!
Coach of the Year Anne-Marie Saffi (right) with SmartStart CEO Grace Mathlape
Mildred Josephs from Kakamas
Eureka Smit
SmartStart Unite 2019
Teslyn McDonald with DeNovians club
Hazel Herwel (right) and her club members from De Doorns, Laingsburg and Touws River
Logo's
1.2 Skoolgoed vir kleingoed
Little Seeds het tans 185 SmartStarters wat sorg vir die ontwikkeling van 1 421 kinders om hul skool-gereed te maak. Meer as een derde (543) van hierdie kleuters maak aan die einde van 2019 klaar by SmartStart. Saam met die opgewonde vooruitsig van grootskool toe gaan, lê die uitdaging van skryfbehoeftes en enkele ander items wat skole vereis. Enige gemeente of individu wat graag 'n bydrae wil lewer om aan hierdie kleuters skool-benodigdhede te voorsien, kan 'n e-pos na Rouxanne Opperman stuur.
Klik hier vir die lys van benodigdhede.
Onder is 'n foto van 'n groepie kleuters tydens hul onlangse "gradeplegtigheid" by SmartStart.
Gradedag
Skooltjie
1.3 Malikhanye = "laat dit skyn"!
Malikhanye, 'n nuwe dagsorgsentrum in Wolseley, is hierdie week onthul en dien as 'n vennootskapsmodel vir gemeenskaps-ontwikkeling tussen die regering, die sakesektor en die burgerlike samelewing.
Nadat die dagsorgsentrum eens gesluit moes word, word die gebou met die hulp van Badisa, die Nasionale Lotery en verskeie ander rolspelers op 29 November geopen.
"Ek weet hierdie skool sal 'n groot verskil maak in die lewe van baie kinders en ek dank God dat ons deel kon wees van 'n projek wat soveel geluk en hoop vir die toekoms kan bring," sê Dirk Louw, een van die gemeenskapsleiers en kampvegters van die projek.
Badisa is vol vertroue dat die dagsorgsentrum vroeg in 2020 vanaf die nuwe perseel bedryf sal word as 'n program van Little Seeds, 'n gesamentlike inisiatief van Badisa en Diaconia.
Vir meer inligting, kontak Annemarie Bezuidenhout by Badisa. Lees hier verder.
 
1.4 KIX is groot in Piketberg!
Anriëtte de Ridder (PSD Jeug) en Sulet Brümmer (KIX voorsitter) is op 8 November vroeg uit Stellenbosch na Piketberg om die laaste KIX groepies van die jaar te gaan bywoon. Onder leiding van Marietha Goosen, predikantsvrou en KIX leier op die dorp, word daar elke Vrydagoggend in die hele laerskool en Graad R-klas 'n KIX ontmoeting aangebied. Wat 'n voorreg om hierdie geleentheid te kan hê! Ons is geïnspireer deur die passie en liefde van al die vroue wat KIX aanbieders is. Daar was ook 'n spesiale geleentheid waar die Badisa- en ACVV-ondersteunde kleuterskole en dagsorggroepies se verteenwoordigers blootstelling kon kry aan die KIX program.  KIX se projek vir 2020 ondersteun Smartstart en Boksies vir Buksies van Badisa en ons sien uit na nuwe geleenthede om nuwe KIX groepe te begin! Dankie Piketberg, dat julle vir ons 'n voorbeeld hierin is!
KIX Piketberg
Agter v.l.n.r.:  Anriëtte de Ridder, Hanlie Richter, Wilmien Treurnicht, Marie van Niekerk, Jansie Truter en Teresa van Niekerk
Middel: Marietha Goosen, Susan de Vries, Marié Ehlers, Sulet Brümmer
en Biddy Langenhoven
Voor: Annamarie Gerber, Marinette Nelson, Monique Potgieter,
Ilze van Niekerk en Ilse Bruwer  (Foto: Sizelle du Plessis)
Verteenwoordigers van kleuterskole en dagsorg
Staande: Sulet Brümmer (Jeugbediening: NG Suider-Strand), Teresa
van Niekerk, Magdel Bouwer, Marie van Niekerk, Teola McKenzie, Hesline Malgas, Marildia Cloete, Anriëtte de Ridder (PSD Jeug) en Shalene Pedro
Voor: Nolene Gysenberg, Eva Baron, Ferushka Damon,
Danthea Whitlow en Therina Williams (Foto: Marietha Goosen)
2. NG en VGK leierspanne byeen
Die moderatuur van die NG Kerk het verlede week op uitnodiging 'n welwillendheidsbesoek aan die moderamen van die VGK gebring. Die doel was vir die twee nuwe leierspanne om mekaar te leer ken en te droom oor die kerk en die gemeenskappe wat ons saam dien tot eer van God. Kerkeenheid is een van die sinode se 16 fokusareas.
Moderature
Agter v.l.n.r: Charl Stander, Lucas Plaatjie, Bossie Minnaar,
Sam Dandala, Frederick Marais, Janine Williams en Elbie Vinqi

Voor: Michelle Boonzaaier, Miriam Mplatyi, Llewellyn MacMaster,
Nioma Venter en Hendry Tromp
3. Sentrum vir Publieke Getuienis
100 Dorpe Dialoog in Uniondale

Die SPG (Sentrum vir Publieke Getuienis) se 100 Dorpe Dialoogprogram bring gemeen-skapsleiers byeen om saam oor hul uitdagings te besin. Verlede week het hierdie multikulturele, inklusiewe gesprek tussen 30 gemeenskapsrolspelers van Uniondale plaasgevind. Verteenwoordigers van ses gemeentes, skoolhoofde, die landbou-gemeenskap, polisie en sakekamer het die gesprek bygewoon. Gesindhede, die heling van pyn wat in alle gemeenskappe leef en 'n konstruktiewe pad vorentoe, is bespreek. In die video praat drie van die gemeenskapsleiers wat die aand bygewoon het, oor die betekenis van hierdie dialoog. 
4. Communitaskursusse in 2020
4.1 Kontekstuele sertifikaat
Hierdie sertifikaat word aangebied vir leraars, asook lidmate met 'n belangstelling in die pastoraat, of dienswerkers in gemeentes betrokke met pastoraat. Dit is nie net 'n inleidende kursus t.o.v. die benadering nie, maar ook 'n inoefening deur gesprekke en gevalle-studies wat deelnemers in staat stel om dit in hul pastorale bediening te benut. Die eerste module is van 28 - 30 Januarie en die aanbieder Theunis Botha. Klik hier vir meer inligting of doen navraag via e-pos.
Logo
4.2 Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing
Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing is 'n intensiewe bedieningsvernuwingskursus in die VBO-program wat leraars wil help om op 'n dieper en grondiger vlak heroriënteer te word t.o.v. hulle bediening. Die kursus word in 'n formaat van nege modules oor drie jaar gedoen en word tans met Communitas se ekumeniese vennote aangebied, sodat besondere bande tussen mense oor kultuur-, taal- en etniese grense gesmee word. Die kursus wil inklusief werk en teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit bevorder; dit het ten doel om nuwe insigte te gee, maar is ook prakties. Klik hier om meer te lees. 
5. Bevoegdverklaarde Arbeidsbedienaars in Oudtshoorn
"Om as dienswerker erkenning te kry, laat voel mens waardig en waardevol; jy is bemagtig." So sê Floors Meyer van George wat op 16 November 'n tweede bevoegdheidswerkswinkel vir Arbeidsbediening se dienswerkers aangebied het. Hierdie keer was dit op Oudtshoorn en kan hierdie mooi Karoo-dorp nou met 14 bevoegdverklaarde Arbeids-bedienaars spog! Lees hier meer. 
6. Sinodekantoor groet twee staatmakers
Finansiële beampte Hannelie Strydom (onder links) en haar gesin verhuis aan die einde van die jaar na Hoofddorp in Nederland. Na elf jaar by die sinodekantoor skryf sy: "Die Vader het my 'n ander pad laat stap as wat ek ooit kon dink. En nou stuur Hy my en my gesin op 'n baie vreemde en onbekende pad, wat 'n bangmaakpad is, maar 'n pad wat ons glo Hy vir ons voorberei het." Klik hier om haar groeteboodskap te lees. Op die foto is Hannelie saam met Alwyn en Mareli.
Salomi Steenkamp (onder regs) het in 2012 by die sinode begin werk - eers in die kantoor van die moderatuur, daarna twee jaar in die Sentrum vir Publieke Getuienis en sedert 2017 as kommunikasiebeampte.  Vanaf 2020 wil sy voltyds fokus op haar tuispraktyk. Sy skryf: "Ek het die verskillende fases van my werk by die sinode elkeen op sy eie manier geniet en leersaam gevind, en is dankbaar vir elke geleentheid. Dit was 'n besondere voorreg om deel te kon wees van die getuienis van God se werk deur sy kerk en mense".
EKOLOGIE
Eko-vriendelike Kersboom
Ter wille van die aarde kies ons 'n Kersfees van eenvoud
Die beste geskenk wat ons tydens Kerstyd vir die aarde kan gee, is om oor te skakel na 'n lewe van eenvoud. Dit was ook die kenmerk van die geboorte van Jesus van Naseret. Sommige bronne beweer dat ons kooplus en die produksie van afval tydens Kersfees met 25% verhoog. SwartVrydag kan dit selfs nog 'n ent hoër opjaag. Die Kersseisoen is regtig nie goeie nuus vir die aarde nie. Hoe kan ons Kersfees eko-vriendelik vier? Lees hier verder en kry 'n paar praktiese wenke, bv. as julle geskenke uitdeel, maak dit self met 'n spesiale boodskap daarby en hou dit klein.
Bydrae met dank ontvang van Projekspan Ekologie.
GEMEENTENUUS
Verjaarsdae
2. Herwinningsprojek van Dowe Familiekerk
Die Dowe Familiekerk in Worcester het onlangs met ’n herwinningsprojek begin. Hanlie Visser vertel dat hulle begin het deur mense te vra om hulle plastieksakkies te bring. Vir elke dertig sakkies ruil hulle dit met ’n lapsak om bewuswording te skep vir die verminderde gebruik en aankoop van plastieksakke. Vyf gewillige gemeentelede het dan elke Vrydag die plastieksakkies opgeknip, gevleg en opgerol soos ’n bol wol. Daarna het hulle begin hekel en weef aan matte, kussings vir troeteldiere en etlike ander nuttige items. Selfs Andri Eloff (regs op die foto onder), predikant by die gemeente, het leer hekel. "Ons is regtig trots op hierdie projek wat klein begin het, maar ons het reeds duisende sakkies verwerk en mense meer bewus gemaak en geleer om sonder plastieksakkies te begin leef!"
Helpers
NG Sonnekus Kerssangdiens 1 Des 09:00
NG Sonnekus Kerssangdiens
1 Des. 09:00
NG Wynberg Kerssangdiens 1 Des. 09:30
Loeriesfontein se verhaal
Nico van der Westhuizen, leraar by NG Loeriesfontein, vertel hoe hulle oorweldig is deur bydraes van regoor die land. Maar veral een bydrae het gesorg vir ’n traan of twee. Netjies om ’n buisie tandepasta is ’n R200-noot gerol met 'n briefie. In Nico se dankiesê-brief skryf hy: "Ons wil uit die diepte van ons hart vir elkeen wat op die een of ander manier in hierdie tyd na Loeriesfontein en sy mense uitgereik het, dankie sê. Julle maak ons las ligter en julle verlig ons soms somber en donker harte en laat die lig van God weer daarin skyn sodat ons nie ons fokus op Hom verloor nie".
PREDIKANTENUUS
Lambrechtse
1. Lambrechtse groet die FamilieKerk
"Ek is opgewonde vir die nuwe fase wat voorlê. Die afgelope twee jaar se intense betrokkenheid by kerkplanting en bediening aan persone wat vervreemd geraak het van die tradisionele bediening, het vir ons waardevolle ondervinding gebied wat nie op 'n ander manier kon gebeur nie - en ons is só dankbaar daarvoor," skryf Enel Lambrechts oor haar en haar man, Francois en Lea se weggaan by FamilieKerk Bottelary. Hulle uittreepreek is op 1 Desember om 09:30 by hierdie gemeente. Enel het 'n beroep aanvaar na NG Knysna en lewer haar intreepreek daar op 19 Januarie 2020 om 09:00. Mag dit 'n geseënde en spesiale nuwe hoofstuk vir julle en hierdie gemeente wees!
Van Wyks
2. NG Drakenstein neem afskeid van Christo van Wyk
Na meer as 20 jaar in die gemeente, lewer Christo van Wyk op Sondag 1 Desember om 09:00 sy afskeidspreek by NG Drakenstein in die Paarl. Estian Mentz sal die Akte van Emeritaat aan hom oorhandig. Christo tree aan die einde van 2019 af en sê dat hy na sy aftrede eers gaan fokus op die verbouings aan die huis wat hulle in die Paarl gekoop het. Hy skryf: "Die bediening is my passie en in my hart sal ek altyd 'n sielesoeker bly. Ek vertrou dat die Here my iewers vorentoe sal gebruik". Seën op jul aftrede, Christo en Christa!
Thorne egpaar
3. Roy Thorne word ontvang by NG Redelinghuys
Op Sondag 8 Desember om 09:30 word Roy Thorne by Redelinghuys as leraar bevestig. Sedert die kerkgebou in April vanjaar erg in 'n brand beskadig is, word dienste in die kerksaal gehou. Roy vertel dat die fasade en toring van die kerk behoue gebly het, maar dat die strukturele skade binne-in die kerk omvattend is. Daar word gehoop om in 2020 die kerk (wat in 1906 gebou is) se vooraansig en toring as nasionale gedenkwaardigheid verklaar te kry. Welkom, Roy en Chrissie - seënwense!
Werner gesin
4. Vanrhynsdorp verwelkom Andrea
Andrea Werner, tans leraar by NG Loxton in die Noord-Kaap, word op 10 Januarie 2020 by die NG Gemeente Vanrhynsdorp bevestig. Sy lewer op 12 Januarie om 09:30 haar intreepreek. Andrea skryf dat sy in diens van God staan en gaan waarheen Hy haar stuur. Sy skryf dat daar by haar 'n "groot stuk opgewondenheid" is om juis Vanrhynsdorp toe te kom; 'n deel van die land wat sy en haar man Jayson glad nie ken nie (beide hul families woon in Bloemfontein), maar dat sy uitsien om die mense van Vanrhynsdorp beter te leer ken. Op die foto is Andrea en Jayson met Jasmine en Gerhard. Seënwense in jul nuwe gemeente!
GEBEDSVERSOEK
Ps. 122:7
ALGEMEEN
Kobus Cilliers
1. In Memoriam
Jacobus Lodewicus (Kobus) Cilliers 01/01/1955 – 21/11/2019
Ons harte gaan uit na die naasbestaandes van Kobus Cilliers, wat die bediening onder die Moslems in die Helderberg-kom gedoen het. Hy is  na 'n kort siekbed op 21 November oorlede. Kobus het nog opgetree by Getuienisaksie se Algemene Jaarvergadering in Augustus vanjaar. Die gedenkdiens word by NG Strand-Noord gehou op 30 November om 11:00.
2. English Bible for the Deaf  
Dirk Gevers, CEO of the Bible Society of South Africa, launched the first English Bible for the Deaf last weekend at the St George's Cathedral in Cape Town. Two sign language interpretors – each signing in a different dialect - helped to bring the message across to the many members of the Deaf community who attended the event. 
The choir from the De la Bat School for the Deaf performed a rendition of the song, Thy Word.
Dirk Gevers hands the English Bible for the Deaf to Archbishop Thabo Makgoba
3. World AIDS Day
World AIDS Day takes place on 1 December each year. This is an opportunity for people worldwide to unite in the fight against HIV, to show support for people living with HIV, and to commemorate those who have died from an AIDS-related illness. Founded in 1988, World AIDS Day was the first ever global health day. Read more here. CABSA has prepared the following guidelines for worship services.
Dawid
4.  Week van Gebed 2020
Die Week van Gebed in Januarie bied aan gemeentes die geleentheid om stil te word en biddend gereed te maak vir die nuwe jaar en al die aktiwiteite wat voorlê. Skrywer Dawid Mouton van die VGKSA Gemeente Krönlein in Keetmanshoop, Namibië, en sy medewerkers kyk, aan die hand van ons belydenisskrifte, wat dit is wat ons oor die kerk glo en bely. Hulle wil ook vir gemeentes die geleentheid skep om weer saam na te dink oor die identiteit (wie is ons?) en die roeping (hoekom is ons hier?) van die kerk. Klik hier vir ’n uiteensetting van die daaglikse oordenkings en Skriftekste volgens spesifieke temas vir die Week van Gebed in Afrikaans en Engels.
Logo
5. Deeltydse Kursusse: Teologie en Kerklike Bediening; Bybelse Hebreeus
(Nehemia Bybelinstituut) 
'n Sertifikaatkursus in Teologie en Kerklike Bediening wat reeds 14 jaar by Bellville-Uitsig kerk aangebied word, vind weer in 2020 op Donderdagaande plaas. Die klasse begin op 16 Januarie om 19:00. Die kursus bestaan uit twee afdelings wat albei by die Universiteit van Pretoria geakkrediteer is. Studente wat die kursusse voltooi, ontvang sertifikate in Teologie van die UP.  Die studienotas is in Afrikaans en in Engels beskikbaar. Lees hier meer oor beide kursusse en kontak gerus vir Pieter Els met navrae by 083 285 2617.
Logo's
6. International Bonhoeffer Congress
You are cordially invited to the XIII International Bonhoeffer Congress that will be held from 19–23 January 2020 in Stellenbosch on the theme: How the coming generation is to go on living? Bonhoeffer and the response to our present crisis and hope. The congress is hosted by the Faculty of Theology and the Beyers Naudé Centre for Public Theology at Stellenbosch University, in partnership with the Department of Religion and Theology at the University of the Western Cape. Click here for the pre-final programme, information about the speakers, a registration form and suggestions for accommodation. 
KUIERKANS
Proteahoogte Kersmark 3-7 Des.
NG Proteahoogte: Kersmark
3-7 Des. - klik bo
Worcester: Broadway on organ 6 Des.
NG Worcester: Broadway on organ 
6 Des. - klik bo
Kenridge Geskenkemark 20-30 Nov.
NG Kenridge:
Geskenkemark
20-30 Nov. - klik bo
BEHOU DIE HUMOR
Humor
PUBLIKASIES
LiG
Die nuutste LiG - klik bo om in te teken
100 Geskende katalogus
Bybel-Media katalogus - klik bo
VAKATURES
Logo
1. FamilieKerk Bottelary: Voltydse leraarspos
FamilieKerk is geleë tussen Brackenfell en Kuilsrivier en is 'n drie-jaar oue dinamiese kerkplanting van Vredelust gemeente. Die persoon sal deel wees van die Vredelust personeelkorps met opdrag FamilieKerk. Die kontrak is vir twee jaar met die moontlikheid dat dit permanent kan raak. Aansoeke sluit 17 Januarie 2020 en diensaanvaarding is 1 Maart of sou gou moontlik daarna. Lees hier meer oor die pos.
2. Uit-en-Tuis Crèche: Educare teacher 
Uit-en-Tuis Crèche, a Badisa programme in Vasco, has two posts for Educare teachers available from 6 January 2020. Applicants must be in possession of an EduCare / ECD Level 4 qualification. The closing date is Friday 29 November at 18:00 - send applications via email or hand in at reception at 234 Voortrekker Road, Vasco.      
TEN LAASTE
Ons 36ste VrydagNuus van 2019 en die laaste uitgawe van die jaar bring terselfdertyd 'n gewaarwording van watter voorreg dit was om hierdie pad met ons lesers te stap en 'n gevoel van dankbaarheid. Ek wil spesiaal vir Salomi bedank vir haar ongelooflike hulp en ondersteuning gedurende die afgelope jaar en wens haar alle sukses met haar toekomsplanne toe. Haar skerp oog en taalvernuf sal beslis gemis word.
Die woord advent is afgelei van die Latyns adventus, wat aankoms beteken. Die volgende vier weke is ’n voorbereiding vir die koms van ons Verlosser en ons vier dit met hoopvolle afwagting, verkondiging, vreugde en reinheid. Dit is nie net ’n gedenking van Christus se eerste koms nie, maak ook ’n herinnering aan die afwagting op die Here se wederkoms.

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle my aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra." (Jeremia 29:11-13)

Ons wens al ons lesers 'n geseënde feesseisoen toe en hoop dat julle die genade en vrede van Jesus Christus in oorvloed sal ervaar. Tot volgende jaar groet ons met Laurika Rauch se weergawe van Koos du Plessis se aangrypende Somerkersfees.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en (vir oulaas) Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.