Lees deur internet, klik hier >>
4 September 2015
Beste Leser
"Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing;
die tortelduif se stem klink oor ons land." - Hooglied 2:12
Mag dit iewers ín jou omstandighede ook waar wees, waar word ...


NG Kerk van SA-logo
SINODENUUS
1. NG Algemene Sinode 4-9 Oktober 2015: Agenda

Afgevaardigdes na die Algemene Sinode se 16e sitting (4-9 Oktober by die Hoër Seunskool in Pretoria) het verlede week die elektroniese weergawe van die agenda (5 MB) ontvang. Belangstellendes kan dit hier kry. 
Gedrukte kopieë word binnekort aan afgevaardigdes versend en kennisgewing daaroor is reeds uitgestuur. Laat weet Sanet Gunter asb as jy dit kan kom afhaal by die sinodale kantoor (en so posgeld spaar).  Kontak haar by skriba@kaapkerk.co.za of 021 957 7155.
2. Badisa Algemene Jaarvergadering
2.1 Menswaardigheid en Missionaliteit - met Badisa aan die Spits!

Nelis Janse van Rensburg was op 1 September die gasspreker tydens Badisa se Algemene Jaarvergadering by Vredelust. Hy het treffend melding gemaak van 'n blou rokkie van plastieksakke in die portaal van die Konstitusionele Hof - en 'n aangrypende verhaal van menswaardigheid daaragter. Die teks van sy toespraak is hier beskikbaar - beslis die moeite werd om (in samehang met die PP-skyfies van die blou rokkie) te lees. 
Nelis Janse van Rensburg
Nelis Janse van Rensburg - Badisa AJV
Phila Ndwandwe blou rokkie
Phila Ndwandwe se plastiekrok
2.2 Badisa Vrywilligers bekroon
Badisa se vrywilligers is tydens die afgelope week se Algemene Jaarvergadering vereer vir die unieke dienste en projekte waarmee hulle Badisa ondersteun. In die kategorie "Nie-Residensieel" is Gert Oosthuizen vereer vir die diens wat hy met groente aan Ruyterwacht Senior Sentrum lewer. Die Thunderchild-projek se wynverkope, waarmee die Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum in Robertson ondersteun word, is in die "Residensiële Afdeling" vereer. Mnr Lucas, beheerraadslid, het die toekenning namens die projek ontvang.  Geluk aan elke wenner!
Ruyterwacht se Gert Oosthuizen
Gert Oosthuizen: Ruyterwact Senior Sentrum
Mnr Lucas van Herberg
Mnr Lucas: Herberg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Sinode 2015-logo
3. NG Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015 Handelinge
Die Handelinge (finale notule) van NG Wes-en-Suid-Kaapland se sinodesitting (Mei 2015) is nou op www.kaapkerk.co.za by NUUT beskikbaar. Die kantoor van die moderatuur e-pos tans 'n kopie aan elke afgevaardigde. Indien afgevaardigdes harde kopië verlang, sal dit ook binnekort beskikbaar wees. Elke gemeente kan een gratis kopie kry - lees hier. Bestellings en navrae aan Sanet Gunter by skriba@kaapkerk.co.za.
Leandie du Randt
4. Leandie en Lidmaatbemagtiging!
Vir Leandie du Randt het ons gevra: “Christene is gedurig in die kollig. As ’n televisiester is jy nog meer in die kollig! Hoe het God jou gehelp om gemaklik in jou eie lyf te wees en te doen waarvoor jy geroep is? Wat is jou boodskap vir ander Christene wat skaam is om hulle gawes en passies uit te leef vir Jesus?”
Bestel betyds die DVD’s en materiaal van Nataniël, dr Brand Pretorius, dr Kobus Neethling en Leandie du Randt vir TOERUSTINGNAWEEK met hoë IMPAK 11-13 September hier of skakel 0860 26 33 42. SLEGS R150! Navrae: Jannie le Roux by jgleroux@isales.co.za of 072 127 5043.
5. Getuienisaksie
CCAP Nkhoma Sinode: Nuwe Moderatuur

Tydens die afgelope tweejaarlikse sinodesitting van ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, is die volgende persone op die Moderatuur verkies: dr Msamgaambe as moderator, ds Sasu as assessor, dr Katani en ds Nkhoma as skribas  en ds Mvula as aktuarius. Ons bid hulle die Here se seën en leiding toe. 
DP Carelse en Kobus Odendaal het namens ons NG Kerk-familie groeteboodskappe oorgedra. Meer nuus oor hulle besoek daar kan gevolg word by https://www.facebook.com /KommissieGetuienisaksie

Hiermee betuig ons ons innige simpatie met dr Chatha Msamgaambe, die moderator van die CCAP Nkhoma Sinode in Malawi, wie se pa op 31 Augustus oorlede is.  Die begrafnis was op 2 September. Ons simpatie gaan ook na die familie van ds Stonharm Sande Mwale, vorige moderator en hoofskriba van die CCAP Nkhoma Sinode, wat op 31 Augustus oorlede is. 
CCAP NKhoma Sinode: moderatuur
Die nuutverkose moderatuur van die CCAP Nkhoma Sinode
6. Kerk en Ring: Energie en Hoop!
Tydens die Ringsleiersforum (einde van Augustus) is 'n paar lede uitgevra oor dit wat hulle energie en hoop vir die kerk gee. Terselfdertyd het hulle iets van hulle belewing van die waarde van ons ringe gedeel. Pieter van Santen (George-Tuinedal) en Christoff Koch (Vanrhynsdorp) gee nuttige perspektief oor hulle omstandighede en belewing ... luister gerus in die volgende kort video's.  (Dankie, kollegas! - Red).
Pieter van Santen
Christoff Koch gesels
Braam Hanekom
7. Sentrum vir Publieke Getuienis
"Suid-Afrika gaan tans deur 'n broos tyd. Hier by die sentrum wil ons graag op 'n gereelde basis vir spesifieke sake in ons land bid. As jy wil deel wees van so ‘n netwerk, kontak vir Salomi by spg@kaapkerk.co.za of Braam by braam@kaapkerk.co.za. Ons sal dit baie waardeer." So versoek Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis).
ALGEMEEN
1. Coenie Burger kyk terug ... en Droom vir die Kerk ...
Op Vrydag 4 September neem 'n groep kollegas en vriende tydens 'n middagete afskeid van dr Coenie Burger. Jannie le Roux het onlangs op versoek van VrydagNuus met hom oor sy loopbaan en aftrede gesels. Sy drome vir die kerk kom ook ter sprake. Soos altyd, is dit die moeite werd om na hom te luister. Ons seënwense aan u, dr Burger!
Jannie le Roux in gesprek met Coenie Burger
2. # imagine CD NOU beskikbaar!
GROOT nuus! Die CD-opname van die "songs" wat by #imagine gesing is, is uiteindelik beskikbaar! Dié CD, 'n gesamentlike projek van Bybel-Media en #imagine, is 'n opname van 'n hersaamgestelde “band” uit al drie streke se musikante. Die "live" opname, met 'n paar 100 tieners wat saamgesing het, is in die Barnyard-teater gedoen. Bestel joune nou vir slegs R100 en ondersteun #imagine terselfdertyd.
Imagine CD
3. Straatwerk word 50!
Straatwerk vier vanjaar 50 jaar! Fourie Truter en sy span nooi belangstellendes spesifiek na twee geleenthede: 'n naguitreik op 18 September en 'n feesdiens op 20 September. Klik op die inligting hieronder om meer te lees ...
Straatwerk Naguitreik Straatwerk Feesdiens
Zani Stoffberg
4. Teologie US: Dankie vir Ruggraat!
Zani Stoffberg, 'n derdejaar student in jeugwerk aan die US Fakulteit Teologie, was deel van 'n groep studente wat van 23 tot 26 Augustus Kovsies se Fakulteit Teologie besoek het. Zani, 'n Oos-Kaapse boorling, het met 'n hernieude waardering vir haar dosente, fasiliteite en die geleenthede wat die fakulteit bied, teruggekom.
Hierdie is spesiaal vir die dosente van Stellenbosch se teologiese fakulteit bedoel. Sorg gerus dat hulle Zani se reaksie onder oë kry! Lees hier.   
5. Badisa en Loslitdag
- Sorg vir Gestremdhede

Dit is weer Loslitdag op 4 September. Badisa, ’n maatskaplike dienste organisasie, lewer tans dienste aan 1726 mense met gestremdhede en fokus op die integrasie van hierdie individue in ’n omgee-omgewing van versorging. Lees in Badisa se mediavrystelling meer oor die vier residensiële fasiliteite wat op die ontwikkeling van intellektueel gestremde volwassenes fokus, asook die Instituut vir Blindes, vir ’n omvattende diens aan mense met visuele gestremdheid. Ondersteun Badisa gerus – sien www.badisa.org.za.
6. Argief bewaar Briewebundels
Dit sal alle sendingvriende interesseer om te weet dat ds TCB Vlok se handgeskrewe brieweboek wat uit 1889 dateer, pas pragtig gerestoureer is. Die boek is in twee bande gerestoureer en kan by die NG Kerk Argief te Stellenbosch besigtig word.
Die foto’s onderaan (klik om te vergroot) wys die boek voor en ná restourasie. Ds Vlok was saam met ds Andrew Murray die heel eerste sendelinge wat in Malawi begin werk het in 1889. Hulle het op 28 November 1889 hulle tentjie opgeslaan naby hoofman Chiwere se hoofkwartier by Mvera. Lees gerus hier meer ...
TCB Vlok-briewe TCB Vlok briewe restoureer TCB Vlok bundels
7. Oor Leierskap gepraat - Brand Pretorius 
Tydens die onlangse Moderamenvergadering is weer verwys na die belangrikheid van leierskapsopleiding en -ontwikkeling as deel van die kursus vir teologiese studente. Biblioteke vol is al oor dié saak geskryf. En niemand het al die wysheid in pag nie.
Sakeleier Brand Pretorius het onlangs deelgeneem aan Beeld se Diskoers-reeks oor leierskap. Hy skryf: "
Die leiers vir wie ek agting het, verdien hul invloed deur hul besluitneming en gedrag te anker in beginsels soos konsekwentheid, integriteit en regverdigheid. Hul gedrag versinnebeeld waardes soos respek vir alle mense, eerlikheid, openheid, deursigtigheid, aanvaarding van verantwoordelikheid en die strewe na uitnemendheid." Die volledige artikel, met erkenning aan Beeld van 13 Augustus 2015, is hier beskikbaar.
8. Skriba: Is jou Kerkraad Ingelig en Ingeteken?
Jy kan help om die kerk se kommunikasie te verbeter. Kry julle kerkraad almal die weeklikse VrydagNuus? Stuur hierdie uitgawe asb aan hulle en motiveer hulle om direk in te teken. Net 'n naam en e-posadres is nodig; so maklik -  klik hier.
Wynand Bezuidenhout
PREDIKANTENUUS
1. NG Gemeente Vasco verwelkom Wynand Bezuidenhout!
Prop Wynand Bezuidenhout word op 6 September om 09:30 in die NG Gemeente Vasco as tentmaker leraar bevestig. Sy intreepreek is op 13 September om 09:30.
Wynand is van Oos-Londen en het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. In 2014 het hy sy MDiv behaal. Die tema van sy skripsie was "Teologie en die kerklied: In gesprek met Karl Barth". Vir sy gemeentejaar (2014) was hy betrokke by NG Gemeente Universitasrif, Bloemfontein.  Seën vir jou, Wynand!
Ryno Els
2. Toringkerk se Ryno Els in Nuwe Rol
Ryno Els is vanaf 1 September die derde medeleraar van Toringkerk (Paarl). Hy het verlede jaar sy praktiese jaar in Toringkerk gedoen en is aan die begin van die jaar as predikant in ’n kontrakpos in Toringkerk georden.
Intussen het die gemeenteraad besluit om hom ’n voltydse medeleraar te maak. Ryno kom oorspronklik van Pretoria. Hy het sy teologiese opleiding op Stellenbosch gekry, waar hy die prim van Helshoogte was. Hy is ongetroud.
Mag dit 'n mooi nuwe hoofstuk vir jou en die Toringkerk-gemeente wees, Ryno! 
Thailand
3. Nico Kriek beskikbaar vir Sendingpreke
Nico Kriek, emeritus sedert 2013 en woonagtig in die Paarl, laat weet dat hy beskikbaar is om in gemeentes sendingpreke (met spesifieke fokus op uitreike na Suid-Oos Asië) te lewer. Dit sou tot 'n preekreeks oor byvoorbeeld drie Sondae ook uitgebrei kon word.
Nico was al verskeie male na Suid-Oos Asië ... elke keer besoek hy twee of drie lande. So was hy al in Myanmar (Burma), Thailand, Maleisië, Kambodia, Vietnam, die Filippyne en Singapore. Lekker om iemand met sulke eerstehandse ondervinding, ook van 'n sendingkonferensie van Asian Outreach in Shanghai, China, in die gemeente te ontvang! Kontak hom gerus by 071 868 2686 of nicokriek@gmail.com.
Marlene le Roux
GEMEENTENUUS
1. Stellenbosch-Wes: Preek van die Leek

Die Preek Van Die Leek (NG Stellenbosch-Wes, Alexanderstr 3, om 18:00) is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat vir die derde keer ook in Suid-Afrika aangebied word. Openbare figure neem deel op grond van oa dapper en kreatiewe deelname aan openbare debat.
Marlene le Roux is op 6 September daar aan die woord. Lees hier verder en sien  www.preekvandieleek.co.za.
2. NG Gemeente Helderberg: Rimpelweek oor Hoop
Met die komende Rimpelweek (15 tot 17 Sept) wil Helderberg eerlik en reguit oor hoop gesels. Wat bedoel ons wanneer ons sê dat God ons enigste hoop is? Wat maak ek wanneer al die feite en gebeure rondom my my woede, vrees en hooploosheid net verder opjaag en my wanhoop groter word as my hoop? Met Coenie Burger, Elize Morkel en Amanda Gouws as sprekers - moenie dit mis nie! Klik hier.
Missie Japan-logo
NUUSBRIEWE
1. Missie Japan
1.1 Nuus- en Gebedsflitse 

Uit Japan laat weet Stéphan dat hulle veilig terug is in Tokushima na drie weke se verlof wat hulle gate uit geniet het. Dit was regtig vir hulle ‘n groot seën om weer by die Takayama sendeling-oord naby Sendai uit te span. Dié gemeenskap daar het diep onder hulle vel ingekruip. Die geleentheid vir hul kinders om vryelik en stresvry (in Engels) te kon speel saam met baie ander kinders uit verskillende lande, was uniek. Mede-sendelinge Gys en Linda, en hulle dogter Linie, kon ook vir ‘n paar dae by Stépan, Carina en kinders aansluit … Moenie die volledige nuusbrief mis nie - klik hier en bid asb vir die sake wat spesifiek genoem word.
Van der Watt-gesin met vakansie
1.2 "Rest & Peace" in Japan
Carina van der Watt se blog, "Whole in Japan", bied 'n lekker-lees perspektief op geestelike heelheid te midde van Japan se kultuurverskille, sendeling-wees én tuisonderrig se uitdagings!
Dis 'n mondvol, wat Carina op 'n onderhoudende manier, mét pragtige foto's, oordra. Gaan lees gerus hier.
2. Stellenbosch Teologiese Joernaal: NUUT!
Die Nederduits-Gereformeerde Teologiese Tydskrif (NGTT) sal voortaan as Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) uitgegee word. Die blad is gratis aanlyn beskikbaar by www.stj.ac.za en manuskripte kan ook via die webblad ingedien word. NGTT argiewe word ook op die nuwe webblad beskikbaar gestel. Sien die aangehegte dokument vir meer.
Basaar
KUIER-KANS
1. NG Gemeente Kraaifontein-Noord: Basaar

Kraaifontein-Noord hou vanaf 09:00 op Sa 5 September by Laerskool Fanie Theron in Bosmanstraat, Kraaifontein basaar. Alles wat jy by 'n basaar soek, sal daar wees. Dit sluit trompoppies, 'n boereorkes en perdjies vir die kinders en baie ander kindervermaak in. Kom geniet die dag saam met ons, nooi hulle.
NG Kuilsrivier-Suid
NG George-Tuinedal Lentefees NG Die Strand Lentemark
Bellville-Wes Kosmark NG Wellington-Noord Basaar
NG Gemeente Vanwyksvlei
VAKATURES
1. Vanwyksvlei soek Tentmaker
Die mooie plattelandse NG Gemeente Vanwyksvlei in die Noord-Kaap is sowat 90km van Carnarvon en 130km van Prieska geleë, grondpad na beide dorpe. Die gemeente bestaan uit 75 belydende en 13 dooplidmate en het twee plaas- en twee dorpswyke. 
Alle belangstellende emeriti van die NG Kerk wat geroepe voel om in die bediening te staan en bereid is om grondpaaie te trotseer, word genooi om aansoek te doen vir hierdie pos. Sluitingsdatum: 15 Oktober - lees verder.
NG Soutpansberg
2. NG Soutpansberg: Voltydse Leraar
Die NG Gemeente Soutpansberg is ‘n klein tradisionele verbondsgemeente met spesiale behoeftes wat uit dorps- en plaaswyke bestaan. Die gemeente, met ʼn geskiedenis van oor die 60 jaar, is geleë in Louis Trichardt. Belangstellendes kan hier meer lees en moet voor 30 September reageer.
NG Durbanville-logo
3. NG Durbanville: Jeugwerker
Durbanville Gemeente beskik tans oor 'n vakature as Jeugwerker, met die spesifieke fokus op tieners. Meer oor die profiel van die jeugwerker, pligte, kennis en kwalifikasies is onder andere hier beskikbaar. Reageer voor 30 September. 
Badisa-logo
4. Badisa Steinthal Kinderhuis: Maatskaplike Werker
Steinthal Kinder- en Jeugsorgsentrum in Tulbagh is 'n program van Badisa. Dié sentrum het is 'n vakature vir 'n maatskaplike werker en belangstellendes kan hier verder lees. Reageer asb voor 11 September. 
Gielie Loubser
TEN LAASTE ...

Uit die Pen van
... Gielie Loubser

Dis lente in die Boland ...
So begin 'n bekende liedjie van Koos Kombuis. Die waarheid is dat dit orals in ons land en ja, ook die Suidelike Halfrond, lente is.
Daar is tog naby my huis nog 'n paar bladwisselende bome wat hardnekkig vashou aan hulle herfsblare. Bome wat eintlik 'n vals prentjie van die seisoene deurgee.
Dis ook lente in die koninkryk. Ek het die voorreg om by gemeentes te kom en ek sien die nuwe botsels orals. Maar ek sien ongelukkig ook 'n paar gemeentes wat aan 'n ander realiteit vashou – 'n realiteit van skaarsste en hooploosheid. Maar ook vir hulle is dit lente. Mag ons saam fokus op die warmte wat toeneem en die dae van die koninkryk wat ligter raak. Maranatha! Die Koning kom! 
Gielie Loubser het op 1 September vanjaar amptelik begin as PSD: Gemeentebegeleiding op Stellenbosch, nadat hy sedert 2004 by Jeugbediening betrokke was. Voorheen was hy ook predikant in Saldanha. Belangstellendes kan vir Gielie 'n e-pos stuur na gielie@sun.ac.za.  
Vrolike groete - en dankie dat jy ons nuus met iemand deel.

Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.