Lees deur internet, klik hier >>
30 November 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Elna Mouton
1. Elna is eerste kapelmeester van Andrew Murray Sentrum!
Die Diensgroep vir Toerusting en Navorsing is dankbaar om aan te kondig dat prof. Elna Mouton vanaf 1 Februarie 2019 aangestel is as die eerste kapelmeester van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit (AMSS). Sy sal op die terrein in Huis Louise woon. Prof. Mouton het aan die einde van 2017 emeriteer as dosent in Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie van Stellenbosch. Sy was die eerste vroulike dosent daar en ook die eerste (en steeds die enigste) vroulike dekaan aan die fakulteit. 
Frederick Marais, voorsitter van die AMSS-bestuursraad, skryf: "Ons kan nie anders as om die hand van die Here hierin te sien nie. Nie alleen het Elna as student in Samuel gewoon nie, sy het ook in haar akademiese loopbaan baanbrekerswerk gedoen om spiritualiteit-ontwikkeling onder studente te bevorder." Lees verder. Kerkbode se berig oor Elna se legitimasie is hier. Luister gerus ook hoe Elna oor die sentrum gesels - klik onder!
Elna Mouton aan die woord oor AMSS
2. Gesamentlike legitimasie: hier is foto's
Ons deel graag enkele foto's van die kandidate wat hulle teologiese studies aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch, suksesvol voltooi het en op Sondag 25 November in die VGK Lwandle gelegitimeer is.
Farren Watt en Melissa Ellis van die VGK en NG Kerk onderskeidelik het elkeen 'n dankwoord gerig. e-Kerkbode verskaf meer inligting oor hierdie proponente, tesame met 10 vanaf die Universiteit van die Vrystaat en 13 vanaf die Universiteit van Pretoria - klik hier. Ons bid hulle baie bedieningsvreugde en insig vir hulle taak in 'n veranderende konteks toe. Meer foto's is hier.
NG kandidate
Emelia Swanepoel, Talitha Conradie, Elna Mouton, Melissa Ellis, Gerhard Enslin
Elna kers
Elna Mouton - kersritueel
Gerhard Enslin kers
Gerhard Enslin - kersritueel
Vissers
3. Kommunikasiebestuurder
Welkom, Ronelda!

Dit is aangenaam om te berig dat Ronelda Visser die pos as kommunikasiebestuurder van die sinode aanvaar het. Sy begin op 1 Januarie 2019 in die pos en ons sien met verwagting uit na die vars oog en hope ervaring wat sy met haar saambring tot voordeel van ons kerkfamilie.
Ronelda is 'n kommunikasiespesialis wat goed vertroud is met verskillende media-platforms. As betrokke lidmaat in die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike is sy gereed om ook op sinodale vlak diensbaar deel van die geloofsgemeenskap te wees.
Ons wens haar baie sterkte toe. Foto: Die Visser-gesin: Eduard, Rudolf, Ronelda en Jean.
4. Jan Tuisbly se karretjie ... en 'n wagtende saailand
Uit die Predikantebegeleidingkantoor skryf Theunis Botha hier met die aanbreek van Advent 'n briefie van bemoediging aan almal wat in hierdie vakansieseisoen aan diens is.
Want, sê hy, dit is te midde van droogte, 'n sukkelende ekonomie en weersprekende politieke retoriek wat 'n groot groep kollegas die kraakvars nuus dat God se nuwe jaar aangebreek het, moet bedien. As jy dus aan diens sal wees as die res rus, is hierdie brief spesiaal vir jou. Klik hier. 
Feesseisoen bring mense soos omgedolwe saailand
16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders
5. 16 dae van aktivisme: liturgiese bronne hier
"Ons is midde-in die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders. Wanneer 'n mens na die hoë geweldsyfers kyk, voel 16 dae soos 'n druppel in die emmer. 'Thursdays in Black' is 'n ander weeklikse herinnering dat ons op verskeie manier moet bly protesteer teen enige vorm van geweld, maar veral teen die verskeie vorme van geweld teen vroue en kinders.
Geweld teen vroue en kinders strek oor alle ouderdomme, kulture, godsdienstige en sosio-ekonomiese grense. Daarom is dit noodsaaklik om dit ook in die erediens op verskillende maniere voor God te bring, byvoorbeeld as gebed, klag, skuldbelydenis en toewyding."
Lou-Maré Denton verskaf namens die Gendergeregtigheidstaakspan liturgiese bronne om hiermee te help. Kry dit hier. Verdere materiaal is hier.
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
6.1 Indlulamithi gesprek: hoe lyk SA teen 2030?

Verlede week het die Sentrum vir Publieke Getuienis bogenoemde gesprek aangebied. Die paneel  het bestaan uit Marius Oosthuizen, medewerker aan die Indlulamithi-verslag (van die Gordon Institute of Business Science, UP), en André Roux (Instituut vir Toekoms-navorsing, US).
Nagenoeg 45 mense het die gesprek bygewoon. As agtergrond vir 'n gesprek oor die toekoms van Suid-Afrika het die NDP 2030, Dinokeng-scenario’s en veral die Indlulamithi- (kameelperd) scenario’s gedien. Samevattend lê daar volgens hierdie verslag drie moontlik-hede vir ons en wag - lees hier verder hoe Braam Hanekom skryf.
Op die foto onder is 'n paar gaste by die gesprek by die NG Gemeente Stellenberg.

Gaste
Alwyn Rossouw, Dominique Illit, Tiaan van Rensburg, Zanne Horrel, Andre Roux,
Marius Oosthuizen, René Potgieter, Wiilliam Ficks
SACC logo en foto's
6.2 Betreurenswaardige EFF- uitsprake veroordeel
Die Sentrum vir Publieke Getuienis bring graag ’n mediaverklaring deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (South African Council of Churches) onder lesers se aandag. In hierdie verklaring spreek biskop Malusi Mpumlwana, algemene sekretaris van die SACC, hom o.a. soos volg uit oor onlangse uitsprake van Julius Malema:
"It engenders an attitude in society that says other people do not matter. That is not Ubuntu. This kind of talk, accompanied by sabre-rattling and talk of war and possible bloodshed, on the eve of electioneering, is deeply concerning. We also take issue with Mr Malema’s trashing of the Zondo Commission of Inquiry as a Mickey Mouse show." Die volledige verklaring is hier.

Logo
7. Vir gemeentes se beplanning:
NG Algemene Sinode 2019
Die  NG Kerk Algemene Sinode vergader van 6-11 Oktober 2019 in Benoni. Teken die datum asb. op jul kalenders aan en dink nou reeds aan Lourens Bosman, algemene bestuurder van die Algemene Sinode, en sy span in die aanloop tot hierdie groot vergadering.
Backup
8. Vakansietyd ... maar hoe lyk jul versekering en rugsteuning?
Die Oostelike Sinode se uitvoerende amptenaar, Francois Retief, vra in hulle jongste Familienuus-nuusbrief belangrike vrae na onlangse brande by o.a. die Hervormde Kerk Rustenburg, Lynnwood se pastorie en boonop ’n kerkkantoor in Zeerust se instapkluis wat oopgebreek en leeggemaak is van ’n hele basaar se kontant. 
Dit behels versekering, die rugsteun van data, argivalia en logistieke reëlings in geval van nood. Lees hier. Dankie vir die herinnering, Francois!

GEMEENTENUUS
Kerssangdiens Akkerdyk 2 Des.
Kerssangdiens NG Vredeburg-Akkerdyk 2 Desember
HoutbaaiGemeente Kerssangdiens 2 Desember
HoutbaaiGemeente Kerssangdiens 2 Desember
Kerssangfees Gordonsbaai 9 Des.
Kerssangfees Gordonsbaai 9 Des.
Kersprogram NG Drubanville
Kersprogram NG Durbanville 2 Des.
DAB Kerssangdiens
Kerssangdiens NG Drieankerbaai 2 Desember
6. Kersvakansie: eredienste
Is julle gemeente in een van ons land se gewilde vakansiebestemmings, sodat julle gedurende Desember en Januarie die voorreg het om gasvryheid teenoor vele besoekers te betoon?
Laat weet ons asb. teen 14 Desember hier hoe julle erediensprogam vir die vakansie lyk: op watter datums en tye vind dienste plaas en waar word dit gehou? Word ’n erediens op 16 Desember aangebied, hoor ons daarvan ook graag. As inligting oor predikers beskikbaar is, is dit net so welkom. 
Die NG Gemeente Gordonsbaai se program is langsaan en meer gemeentes se inligting hier.
7. Gemeentes: laaste versoek vir 2019-kalenders!
Dankie aan die 44 gemeentes wat reeds hul kalendervoorblaaie vir 2019 gestuur het. Elkeen weerspieël iets van die karakter en fokus van die gemeente. Dit bly 'n spesiale manier om in mekaar se wel en wee te deel en ons gemeenskaplike kerkwees te vier. (Kyk hier!)
In 2017 het ons 31 voorblaaie ontvang om te deel; in 2018 het dit gegroei tot 64. Dalk is hierdie jaar die een wat ons 100 kry! Vra jul skriba gerus om deel te neem - stuur die voorblad na media@kaapkerk.co.za
.  Onder is enkele voorblaaie wat reeds ontvang is.
Calvinia Merweville Laingsburg PA Hamlet
UIT ONS RINGE
1. Personalia in die Ring van Durbanville
Die Ring van Durbanville groet Lourens Bester (beroep na NG Gemeente Wellington), Peter Kotze (verdere studies) en Andries Cilliers (beroep na NG Drieankerbaai). Tydens ’n gesellige ontbyt by Stellenberg op Woensdag 28 November, is Stephanie Steenkamp, die nuwe jeugwerker by Durbanville-Bergsig, ook in die ring verwelkom. Saam met hulle op die foto (onder) is Tinus van Zyl, ringsvoorsitter (heel regs).
Ringslede
2. Skribas geniet waarderingstee in George
Op Woensdag 28 November is daar ook in die Ring van George baie gesellig saamgekuier; hierdie keer was dit die skribas wat bederf is by die NG Gemeente George-Tuinedal.
Steve van der Walt, predikant in die Moedergemeente, het almal se dank en waardering aan hierdie hardwerkende groep oorgedra. So 'n heerlike kuier kan mos net 'n jaarlikse instelling word. Ons hartlike wense aan almal in die Suid-Kaapse kerkkantore!
George se skribas kuier saam
PREDIKANTENUUS
Lourens Bester
1. Lourens Bester aanvaar beroep na NG Moedergemeente Wellington
Ons deel graag die nuus dat Lourens Bester (sedert 1 Februarie 2018 as deel van die internskapprogram by Parke-gemeente) ’n beroep na die NG Gemeente Wellington aanvaar het. Hy begin amptelik op 1 Januarie 2019 daar, met sy intreepreek op Sondag 13 Januarie.
Lourens ontvang op Sondag 2 Desember tydens die 08:30- erediens demissie. Hy groet die gemeente soos volg: "Dankie, Parke-gemeente en die internskapprogram, vir die landingstrook wat julle geskep het. Dit was kosbaar om vir 'n kort rukkie saam in diens te wees hier in Kraaifontein. Ek is bitter dankbaar vir die geleentheid en opgewonde om aan te sluit by die Wellington-gemeenskap. By Wellington Moedergemeente sal my fokus op die jeug, studente en jong volwassenes wees." Mag jou nuwe paaie mooi wees, Lourens!
Gerard en Sheri Breytenbach
2. Gerard en Sheri Breytenbach van CAVA, Harare, gegroet
Gerard Breytenbach, wat sedert 2006 die bestuurder van CAVA in Harare, Zimbabwe was, tree in Desember af. Kobus Odendaal, bestuurder van Getuienisaksie: Afrika Ekumene, sal hierdie naweek in Harare teen-woordig wees wanneer CAVA herstruktureer om voortaan 'n leersentrum vir die NBI-kursusse in Zimbabwe te wees.
Tydens hierdie geleentheid sal daar ook amptelik van Getuienisaksie se kant van Gerard afskeid geneem word. Gerard se eerste gemeente was Marandelas, Rhodesië, daarna Harare English (nou Cornerstone) en vanaf 2003 Cornerstone, Beatrice en Chivhu in kombinasie. Lees hier meer. Besondere seën toegebid!
Cilliers egpaar
3. Andries en Sonja Cilliers aanvaar Drieankerbaaiberoep
In die NG Gemeente Sonstraal word daar by hul kerksentrum op Sondag 2 Desember om 08:45 afskeid geneem van Andries en Sonja Cilliers wat ’n beroep na die NG Gemeente Drieankerbaai aanvaar het.
Andries, wat in 1987 in Kameelboom georden is, het ook in Stella en Potchef-stroom-Grimbeekpark bedien voordat hy in 2007 na Sonstraal beroep is. Hy begin amptelik op 1 Januarie 2019 in die nuwe gemeente. 
Of jy self van werk verander, ’n beroep aanvaar het of wonder waar die Here jou wil gebruik, lees gerus hier hoe Andries oor die ware Lig skryf. Dit verdien jou aandag.
Andries en Sonja, mag julle kreatiewe lig altyd die ware Lig weerkaats! Seënwense.

Kotzes
4. Peter en Chané groet NG Stellenberg
Op Sondag 2 Desember word daar tydens die jeugdiens om 19:00 van Peter en Chané Kotze afskeid geneem in Stellenberg. Peter was sedert Julie 2016 jeugleraar in dié gemeente en skryf soos volg oor sy ernstige nadenke oor roeping – iets waarmee verskeie predikante en geestelike leiers kan identifiseer:
"Ek dink een van die grootste worstelinge waarmee predikante en ook ander predikers sit, is die konsep van roeping. Dit was vir ons ‘n groot voorreg om een van ons roeping seisoene by Stellenberg te kon deurbring, en ons het na baie worsteling, gebed en raad besef dat dit tyd geword het vir ons om in ‘n nuwe seisoen in te skuif."
Lees aangeheg verder – en dink asb. aan Peter en Chané in ’n tyd van onderskeiding, verandering en verdere studies. Ons bid julle die Here se leiding en geseënde paaie toe.
Aneen en Francois Naude
5. NG Ladismith verwelkom vir Francois en Aneen Naudé
Op 1 Desember begin 'n nuwe hoofstuk in NG Gemeente Ladismith, wanneer Francois en Aneen Naudé in die gemeente ontvang en op 2 Desember om 09:30 bevestig word deur Marius le Roux, ringsvoorsitter. Francois lewer terselfdertyd sy intreepreek.
Francois, wat die afgelope jare in Rietfontein-Noord bedien het, was voorheen o.a. in Stanford, Smithfield en Riebeek-Kasteel. Hy skryf: "Na 11 wonderlike jare in Pretoria sien ons daarna uit om ons bediening weer op die platteland voort te sit. As Karookind is dit vir my 'n ekstra bonus dat dit in die Klein-Karoo kan wees." Hartlik welkom in die Kaap!
De Wet kleinkinders
6. Tobie en Annalie steeds vol ywer vir Japan!
In ’n spesiale getuienis skryf Stéphan van der Watt oor die bediening wat hulle gesin die afgelope drie maande uit die hand van Tobie en Annalie de Wet ontvang het. (Lees hier.) Hierdie emeritus leraarspaar (in 1974 deur Vrystaat Sinode gestuur met opdrag "Christian Reformed Church of Japan", weer in 1986 en selfs na sy aftrede in 2011 as deel van Missie Japan met opdrag: Christian Reformed Church of Japan) se liefdevolle teenwoordigheid en meelewing vertel ’n eie verhaal. Belangstellendes kan gerus hier lees hoe Tobie ’n paar interessante perspektiewe op Japan en hul ervaring daar deel.
Lees ook oor Elmar en Nadine Du Rand, die nuwe sendelingkandidate wat aan die einde van Maart na Kobe onderweg is. Klik hier. Op die foto is Tobie en Annalie saam met hul kleinkinders in Japan. Dankie vir gebede en ondersteuning aan Missie Japan se mense.
GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke
ALGEMEEN
Angelique Havenga
1. Advent: wonderlike tyd van verwagting!
Op Sondag 2 Desember breek Advent vanjaar aan. Dit is die begin van die kerkjaar en duur tot Oukersaand. Die eerste van die vier Advent-sondae simboliseer hoop en verwagting as deel van ons blye vooruitsig rondom Christus se koms. 
Dis ook glad nie net in Suid-Afrika waar Advent gevier word nie. Van Angelique Havenga, tans met studies in Leipzig besig, ontvang ons pragtige foto’s (sien onder) van die Duitsers se Adventvieringe ... Sy vertel dat dit veral met die Adventkrans gevier word en deel dan ’n spesiale verhaaltjie oor die oorsprong daarvan. Lees en kyk hier verder.
Baie dankie, Angelique, vir die deel van julle ervaringe. Seën vir jul Advent in Duitsland!

Advent in Duitsland
2. WCC: 16 Days against gender-based violence
The 16 Days of Activism against Gender-based Violence campaign began on 25 November and ends on 10 December, Human Rights Day. WCC deputy general secretary Isabel Apawo Phiri states: “It is not a 16 day activism, it is a constant 365 day witness against violence and any attitudes and practices that permit rape and violence. For the WCC we seek a just community of women and men, in our homes, in our churches, in our communities ...” Haar videoboodskap is regs.
Onthou ook Badisa se #HearMeToo-bewusmaking as deel van die 16 dae van aktivisme-veldtog en dra swart op 10 Desember ter ondersteuning hiervan. Laai gerus hul "Stop Violence" Facebook-raam op jou profiel – klik hier.

16 Days
Prof. Jaap Durand
Prof. Jaap Durand aan die woord by die bekendstelling van sy versameling dokumente op
21 November 2018
Jaap Durand e.a.
By die Jaap Durand-versameling se bekendstelling in die kapel, Fakulteit Teologie, US: prof. Nico Koopman, prof. Jaap Durand, dr. Sipho Mahokoto, dr. Llewellyn MacMaster, prof. Reggie Nel, dr. Murray Coetzee (agter)
4. Kersfees: liefde is die grootste geskenk
Hier is 'n kragtige en opregte boodskap oor die liefde - en wanneer meer gepas as op die vooraand van Advent? Is daar iemand wat jy moet bel terwyl jy nog die geleentheid het? 
Familie en geliefdes - en die liefde - is die grootste geskenk. Met Kersfees, maar ook elke dag. Die kort, maar veelseggende video is onder.

Love is a gift
Teologiese biblioteek
Teologiese biblioteek in Williston beplan – en jy kan help! 
Neels
6. Raakgelees ...
6.1 Neels sal die stories onthou

"Die stories. Dis wat ek sal onthou. Stories van God se genade wat deur sy mense na die wêreld toe vloei. Ná vyf jaar het ek aan die einde gekom van my dienstyd as redakteur van Kerkbode. Dit was vyf jaar waarin ek van naby kon sien hoe die groot skip van die NG Kerk besig is om al meer te draai; hoe ’n eens na-binne-gekeerde kerk al hoe meer na buite gerig word; hoe ’n eens magtige kerk, al meer ’n dienende kerk word. En dis goed.” So skryf Neels Jackson vandeesweek. 
Om te lees oor sy teleurstellings en hoogtepunte, wat hom moed gee en hoe sy verwondering oor God gegroei het, klik hier. Mag die Here ons die genade gee dat die stories van die kerk ons elkeen in staat stel om meer en meer Neels se belydenis te beaam: "Selfs meer as voorheen glo en bely ek nou: Jesus is die Here!"
Hier uit die Kaap herhaal ons graag ons mooiste wense aan jou en Louise, Neels!

Week of Prayer 2019
6.2 Week van gebed 2019: vir gemeentes se beplanning
Diegene wat besig is met beplanning vir 2019 se gemeenteprogram, kan gerus oorweeg om aandag te gee aan die "Week of Prayer for Christian Unity" - in ons eie omstandighede beslis ook 'n aktuele saak.
Hierdie week vind tradisioneel tussen 18 en 25 Januarie plaas, maar die datum kan aangepas word om gemeenteprogramme te pas.
Die tema vir 2019, geïnspireer deur Deut. 16:18-20, is "Justice, and only justice, you shall pursue", iets waarby die geloofs-gemeenskappe in Suid-Afrika ook besondere aanklank sal vind. Lees hier, met dank aan die World Council of Churches, en Indonesië, wat die materiaal saamgestel het.

PUBLIKASIES
1. Lees in 30 Nov. se Kerkbode van ...
die voorstelling van die kerk se nuwe proponente;
die briljante, jong swart vrou wat in Pretoria gelegitimeer is en daarmee toegelaat is tot die bediening in die NG Kerk;
die gewese dekaan van Fakulteit Teologie wat in Stellenbosch gelegitimeer is;
die nuwe redakteur van Kerkbode wat voorgestel word terwyl die uitgaande redakteur terugdink oor sy vyf jaar in die stoel (berig elders);
'n onderhoud met dr. Willem Nicol oor sy nuwe boek oor Jesus;

Henco van der Westhuizen wat skryf oor die Dordtse Leerreëls wat nou 400 jaar oud is, asoo boeke wat goeie Kerskgeskenke kan wees.  
2. Geskenksakke van Bybel-Media
Haal die kopseer uit geskenke toedraai. Geen geskenkpapier om te koop, te knip en te meet-en-pas nie. Hierdie pragtige geskenksak, in drie kleure beskikbaar: turkoois, donkerblou en rooi, is die perfekte toevoeging en sal jou geskenk selfs meer spesiaal maak. Elke sak het ʼn unieke Bybelvers daarop gedruk.
Turkoois: "God het die wêreld so liefgehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Donkerblou: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" en Rooi: "I can do all things through Christ who strengthens me." Koop hier.
3. Hartsplek - egte lewe waar jy is
Die plekke waar ons woon, is baie belangrik. Dit kan selfs ons geluk en lewensvreugde bepaal. Eintlik kan ons sê ons ís ons plekke. Ons identiteit word deur ons plek bepaal. Ons het ʼn adres! Ons is soos ons adres.
Wys my jou plek en ek sien jou hart. 
Ons geloofshart klop ook in ons hartsplek. Hierdie boek kyk van naderby na ons verhouding met die plekke waar ons leef, rus, werk en speel. Dit neem ons op ʼn reis na baie verskillende plekke en stel ons bekend aan die Reisgids wat ons help om sin te maak van die lewe en die plekke waar ons leef. Dit dink na oor geloof en grond. En dit bring ons hartsplekke en ons hartklop vir geloof by mekaar uit.
Skrywer: Nelus Niemandt. Klik regs om te koop. 
EKOLOGIE
1. Climate Vulnerable Forum - Virtual Summit
The Climate Vulnerable Forum (CVF) Virtual Summit took place on 22 November 2018 in an entirely online format (click here). The keynote staement was delivered by Archbishop Thabo Makgoba (Archbishop of Cape Town and Global Climate Ambassador of the ACT Alliance).
In his message he reminds all Christians: "God gave us life to see the beauty of creation, God gave us love to live in fellowship with creation, and God gave us strength to care for creation." His full video message is below.
Aartsbiskop Thabo Makgoba - keynote statement on Climate Change
Bedreigde spesie
2. God se geregtigheid sluit nie net die mens in nie
Dit lyk asof God sê: "Die welsyn van my skepping is afhanklik en direk verbind met die welsyn van die mees brose en mees bedreigde vorme van lewe..." God sê dit deur die biologiese verhaal van die skepping. Alles in die skepping is verweef en interafhanklik van mekaar. Daarom is die bedreiging van die "laagste" vorme van lewe ook 'n bedreiging vir die meer komplekse vorme van lewe (soos die mens). God beskerm en herstel wat bedreig word ter wille van die opstanding van alle lewe wat bedreig word. Lees hier verder.  

Rubbish
3. Bake them a cake, write them a poem, give them a kiss, tell them a joke ...
"There’s nothing they need, nothing they don’t own already, nothing they even want. So you buy them a solar-powered waving queen; a belly button brush; a silver-plated ice cream tub holder; a 'hilarious' inflatable zimmer frame
. They seem amusing on the first day of Christmas, daft on the second, embarrassing on the third. By the twelfth they’re in a landfill. For thirty seconds of dubious entertainment, we commission the use of materials whose impacts will ramify for generations. This is pathological consumption: a world-consuming epidemic of collective madness, rendered so normal by advertising and the media that we scarcely notice what has happened to us." Read more.
BEHOU DIE HUMOR
Training for Advent and Christmas
Cartoon by Rev. Jay Sidebotham, credit to Clergy Coaching Network
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode vakatures
Kerk
1. NG Gemeente Goudini: medeleraar
Die NG Gemeente Goudini is 'n plattelandse gemeente in die Breedekloof met Rawsonville as dorp. Daar is 907 belydende en 276 dooplidmate en daar bestaan tans 'n vakature vir 'n medeleraar. Stuur 'n volledige CV na die skriba by goudini@compnet.co.za teen 11 Januarie 2019. Lees hier verder. 
Logo
2. VGK Bonteheuwel: tentmaker
Die kerkraad van VGK Bonteheuwel nooi gelegitimeerde leraars en proponente wat belangstel in ’n tentmaker-leraarspos uit om hul belangstelling in die pos aan hulle bekend te maak. Belangstellendes moet teen 7 Desember reageer – navrae kan gerig word aan die konsulent, ds. Rafle Cloete, by 083 603 1303 of 021 930 4501. Klik hier vir meer inligting.
Kerkgebou
3. NG Gemeente Kamieskroon: leraarspos
Die NG Gemeente Kamieskroon wag aansoeke in van 'n gelegitimeerde van die NG Kerk om 'n termynbepaalde of 'n tentmakerspos (afhangende van die suksesvolle aansoeker se omstandighede) daar te vul. Die gemeente het ongeveer 120 belydende en 10 dooplidmate, waarvan 'n deel op plase woon. Hier is meer oor hierdie vakature - dien aansoeke in teen 16 Januarie 2019.
Kerk
4. NG Gemeente Vasco: koster
Die geleentheid het ontstaan by die NG Gemeente Vasco vir 'n individu om by die gemeente aan te sluit as koster ten einde die logistieke ondersteuning van die gemeente se eredienste en byeenkomste te hanteer. Reageer teen 14 Desember en lees hier meer.
Stan Voges
TEN LAASTE

Uit die pen van ... Stan Voges
Wat gaan die 2018 Kers-Jesus vir jou beteken?
Dis tog lekker hoe die Gees elke jaar in my Advent-stiltetye 'n ander aksent plaas. Hierdie jaar dalk Jesus as my Verlosser, om dan weer die “groot blydskap” (Luk. 2 : 10,11) daarvan te beleef: ek is gered van sondeskuld en -mag; ek is op pad hemel toe! Halleluja!

Of dalk Jesus as my Helper, my Herder; om my dan met dankbaarheid en lof te vul. Interessant dat van al die beroepe, die herders dit eerste hoor. Dit herinner ons aan ons Herder.

Dalk Jesus as Koning (Mat.2:2), om my dan weer te laat buig in aanbidding en oorgawe; en geskenke aan Hom te gee, van diensbaarheid, mededeelsaamheid, Kers-barmhartig-heid.

Ek het 'n aanvoeling dat ek vanjaar Jesus as my Geliefde gaan vier; my Immanuel, (Mat. 1:23) en om my dan net te laat wees (Ps. 63:3): myself, die beminde een, die verloofde, die bruid! (Hos. 2:18; Jes. 62:5; Openb.19:7).

Om by Hom net te gaan sit en te rus, te geniet en te bemin.                                                  (N.S. Bekyk vir die lekker: The Giving Tree narrated by Brennan Manning - sien onder)

 
                                                                 -0-0-0-

Stan Voges is al 34 jaar baie gelukkig deel van Bredadorp-gemeente, en mal oor die plattelandse medemenslikheid, Angus-manne, sy jong vrou en sy kompeterende muurbal.
Kontak hom hier.

Giving Tree
Flam 41 - Beeld van God
Adventgroete, tot die laaste uitgawe van 2018
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.