Lees deur internet, klik hier >>
7 Junie 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Logo
1. SPG fasiliteer by Rustenburg
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis berig dat die SPG onlangs op Rustenburg weer 'n belangrike les geleer het rakende die toekoms van ons dorpe. 'n Byeenkoms is gefasiliteer waar verteenwoordigers van drie myne (Anglo, Sibanye en Lonmin), die plaaslike sakekamer en Standard Bank, verskillende kerke en plaaslike politici teenwoordig was. Dit is duidelik dat daar verskeie goeie inisiatiewe plaasvind, maar dat daar in silo's gewerk word en samewerking eintlik nie bestaan nie. Wat nou nodig is, is gefokusde vennootskappe wat 'n besliste impak kan maak. Lees die volledige verslag oor die byeenkoms hierOp die onderstaande foto is die groep by Rustenburg byeen. Kontak Danelle by 021 957 7202 met enige navrae.
Groep
2. SmartStart bereik 200-merk 
Aristie Tiemie
het die 200ste aktiewe lid in die Wes-Kaap geword om deur die SmartStart inisiatief opleiding vir vroeëkindontwikkeling te ontvang. Die program werk deur gemeentes om mense te bemagtig om speelgroepe te bedryf of om dagmoeders te word. Hierdie sosiale franchise beteken dat die mense, hoofsaaklik vrouens, hulle eie besighede begin deur onder andere die ondersteuning van die gemeentes, die publiek asook die opleiers van die SmartStart. Die mees onlangse opleiding, waarvan Aristie deel was, het van 27-31 Mei in Oudtshoorn plaasgevind. Lees meer oor SmartStart hier.
Logo
3. Dowe Familie Kerk: versoek aan gemeentes
Die Dowe Familie Kerk en die bediening aan Dowes by die Nuwe Hoop Sentrum vir gehoorgestremdes wil graag in vennootskap met die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) help om Dowes in Worcester, Wes-Kaap en die res van Suid-Afrika geestelik beter te bedien. Dit word beskou as 'n integrale deel van hul missionale identiteit. Ten einde hierin te slaag, word alle gemeentes vriendelik versoek om hierdie baie kort vraelys te voltooi en te stuur aan Andri Eloff of skriba@nid.org.za.

4. Vindingryke idees vir Vadersdag
Vadersdag is Sondag 16 Junie en Kix en Dinkjeug het voorstelle vir kinderbegeleiding sowel as 'n paar selfdoen geskenkidees.
Besoek die webwerf vir riglyne hoe om aan kinders tuis te bring wie God is en wat 'n liefdevolle vaderhart is met behulp van gepaste teksverse, sang en aktiwiteite. Vind ook 'n paar vernuftige gebruike van verfvoetjies om pappas se harte bly te maak. 
5. Biddag vir Jeug en Kategese 9 Junie
Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie) herinner almal aan eerskomende Sondag 9 Junie se Biddag vir Jeug en Kategese.
Die "smartie gebede"-kinderoomblik kan hierdie Sondag gebruik word om 'n pret interaktiewe kinderoomblik en gebedstyd in te rig. Dit beklemtoon dat elkeen uniek is en van God se sorg verseker is.  
6.  Gemeentes, neem kennis:
geen VrydagNuus tydens vakansie
Hierdie uitgawe van VrydagNuus is die tweede laaste van die tweede kwartaal. Die skole sluit op Vrydag 14 Junie en oudergewoonte verskyn daar geen nuusbrief in die skoolvakansie nie. Die eerste uitgawe van die derde kwartaal is dié van 12 Julie.

GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae
Seisoen van Leer
DAB Jeugkoor
PREDIKANTENUUS
Kriels
NG Worcester-Audenberg groet Kobus en Barbara Kriel
Op Sondag 9 Junie om 09:30 lewer Kobus Kriel sy afskeidspreek by NG Worcester-Audenberg. Hans Steyn van Worcester-Vallei gaan die Akte van Emeritaat aan hom oor-handig. Kobus tree na 11 jaar in die gemeente amptelik op 30 Junie af. Sy vorige gemeentes was Villiersdorp en Simonstad (lg. as dienspligkapelaan). Kobus skryf dat hy op 'n jong ouderdom ervaar het dat die Here hom roep. Hierdie roeping was soos 'n goue draad dwarsdeur sy lewe en het al die groot besluite in sy lewe beïnvloed. Daarvoor is hy nederig dankbaar teenoor die Here. Lees hier verder hoe Kobus skryf oor sy tyd in die bediening. Die Kriels gaan na Somerset-Wes verhuis - seënwense aan julle!
GEBED
Gebed
ALGEMEEN
1. Kerkbode se nuwe toepassing!
Kerkbode is deesdae ewe tuis op die virtuele rakke van die digitale wêreld se app-winkels as in die voorportale van byna 400 gemeentes wat getrou inteken op die koerant se gedrukte weergawe. "Kerkbode het die voordeel dat, hoewel ons 'n klein redaksionele span is, ons wel die vaardighede en hulpbronne in die groter Bybel-Media tot ons beskikking het, om 'n wêreldklas-app soos dié aan ons lesers te kan bied," sê Le Roux Schoeman, die redakteur van KerkbodeDie nuwe toepassing is sedert Mei 2019 vir Android- en Apple-gebruikers beskikbaar. Besoek www.kerkbode.co.za om dit af te laai en volg die skakel na die app-winkel in die regterkolom van die tuisblad. 
MES vra hulp
MES is op soek na vrywillige hande om te help tydens die vakansie - klik bo
3. Raakgesien
In hierdie 60-sekonde video (regs) vertel Tracy Rugel van 'n straatluisterprojek wat sy begin het. Hier kan enigiemand wat belangstel, oorkant iemand anders gaan sit wat sal luister as hulle gesels. In 'n same-lewing waar selfone in baie opsigte persoonlike kommunikasie begin vervang het, is dit belangrik dat daar geleenthede bestaan waar mense mekaar in die oë kan kyk terwyl hulle gesels én na geluister word. 'n Groot deel van ons menswaardigheid en identiteit vind gestalte binne verhoudinge. 
Bron: Facebook
NUUSBRIEWE
Nuusbrief
Outlook
IAM Nuusbrief
PUBLIKASIES
Selfpublikasiediens aan skrywers
Barnabas Uitgewers, ʼn afdeling van Christelike Lektuurfonds, bied 'n geruime tyd reeds ʼn selfpublikasiediens aan skrywers. Enige persoon wat nog altyd graag 'n eie manuskrip wou laat publiseer, maar nie weet hoe om te werk te gaan nie, kan nou die volledige projek deur Barnabas Uitgewers laat doen. Daar is soveel kosbare verhale van gemeentes of lewensverhale van uitsonderlike sendingwerkers en staaltjies in die bediening wat vertel moet word! Die diens sluit redigering, bladuitleg en druk van ʼn ooreengekome aantal boeke in. Onder is twee voorbeelde van selfpublikasies. Stuur jou manuskrip na of rig enige navrae aan publisher@clf.co.za.
EKOLOGIE
1. June is Environment Month
For National Environment Month the South African government is focused on raising awareness about climate change and deepening environmental awareness. The theme for this year is "Raising your voice, not the sea level." Read more in this article by The South African about climate change in the country. 
2. World Oceans Day - 8 June 
World Oceans Day is celebrated by people around the planet to honour the ocean, which connects us all. The Ocean Project advances conservation in partnership with aquariums, zoos, museums, youth and many others in a growing global network.

Gather family, friends and communities to start creating a better future. Join in planned events such as beach clean-ups or even the Annual Seal Spotter Challenge.  Visit the website for more ideas and available resources.
3. Skoon elektrisiteit is 'n moontlikheid en 'n moet!
Skoon elektrisiteit word opgewek met hulpbronne en deur middel van metodes wat nie skadelik of nadelig is vir die omgewing nie. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is sonenergie bo-aan die lys van hierdie hulpbronne. Lees hier hoe David Botha van Projekspan Ekologie verder daaroor skryf.
Skoon energie
4. SA se deelname aan die Parys Ooreenkoms
Ons regering, as een van die mede-ondertekenaars van die Parys Ooreenkoms (2016), probeer erns maak met die implementering van dié ooreenkoms vir Suid-Afrika. Gaan lees die konsep, National Climate Change Adaptation Strategy, wat die minister vir omgewingsake in die begin van Mei 2019 gepubliseer het, by hierdie skakel. Oor dié strategie skryf Green Times soos volg: "This strategy should be South Africa’s master plan to deal with climate change that aims to provide a common vision of climate change adaptation and climate resilience for the country – a country already experiencing significant climate change impacts."
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo vir meer besonderhede
VAKATURES
Kerktoring
1. Voltydse leraarspos by Robertson Moedergemeente
Robertson Moedergemeente is 'n eenleraargemeente. Die dorp is geleë in die pragtige Boland, tussen die Langeberge en die prentjiemooi wingerde en vrugteboorde in die valleie van die Breederivier. Hier is 'n vakature vir 'n voltydse leraar met diensaanvaarding 1 Januarie 2020. Lees hier meer  van die gemeente- en leraarsprofiel en doen aansoek voor 31 Julie.
Logo
2. Badisa Trio Bellville:
2.1 Maatskaplike hulpwerker

Badisa Trio  het 'n voltydse betrekking vir 'n maatskaplike hulpwerker om kinderbe-skermingsdienste te lewer in die Bellville kantoor. Belangstellendes moet voor 21 Junie aansoek doen - hier is meer.
2.2 Badisa Trio Bellville en Kraaifontein: Maatskaplike werkers
Hierdie takke beskik oor vier vakatures vir maatskaplike werkers: twee by Bellville en twee by Kraaifontein. Die vergoedingspakket is binne Badisa-skale en diensaanvaarding so spoedig moontlik. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 21 Junie. Klik hier om verder te lees.
TEN LAASTE
Leon Durie
HOOP
deur Leon Durie van NG Bellville-Oos

Soos party mense se "ysterstore" van hulle liggame 'n neiging het om leeg te loop en hulle dan genoodsaak is om ysteraanvullings te drink, so het ek agtergekom my "hoopstore" is ook geneig om leeg te loop. Op 'n dag kom ek net agter daar is nie meer nie. Ons land en sy omstandighede help natuurlik ook om hierdie store net vinniger te dreineer.
Maar die afgelope sinodesitting het ek werklik beleef as 'n sinode van hoop. En 'n sinode met hoop. Soos die een uitdaging na die ander op die tafel geland het en mens oorweldig wou word deur die omvang daarvan, het die terugvoer van die sinodale taakspanne telkens vir my hoop gegee. Hoop omdat die kerk dit ernstig opneem. Hoop omdat kundige en toegewyde mense in die kerk besig is om opsies en aksies te ondersoek om vir ons as gemeentes leiding te gee oor hoe ons hierdie uitdagings kan aanpak. Hoop omdat die Bybel as boek van hoop steeds as riglyn gebruik word. Hoop omdat elke gemeente wat daar verteenwoordig was 'n gemeenskap van hoop is wat in hulle eie omgewing en wyer 'n verskil kan maak. Lees hier verder.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.