Lees deur internet, klik hier >>
19 Januarie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Keltiese kruis
God be in my head and in my understanding.
God be in my eyes and in my looking.
God be in my mouth and in my speaking.
God be in my heart and in my thinking.
God be at my end and my departing.
- Celtic prayer
Boeke
SINODENUUS
1. Sentrum vir Publieke Getuienis
1.1 Kerk & onderwys: jou betrokkenheid in 2018

"Betrokkenheid by die onderwys was nog altyd en behoort steeds vir die kerk een van haar hoogste prioriteite te wees, veral as dit kom by ons publieke getuienis.
Daar gaan feitlik nie 'n dag verby waar daar nie een of ander berig oor die onderwys in die media verskyn nie. Ongelukig is 'n groot deel daarvan negatief. Mense vra dikwels hoe die kerk betrokke kan raak by die onderwys. Kitsoplossings bestaan nie, maar as ons een eenvoudige antwoord móét gee, dan sal dit wees: Ondersteun hierdie jaar 'n skoolhoof in jou omgewing of veral in 'n gebied met groot agterstande. Maak kontak en bou 'n ondersteuningsisteem om daardie persoon.Jy kan dit self of met die hulp van 'n groep in jou gemeente doen. Of, kontak die uiters suksesvolle Partners for Possibility. Hulle doen presies dit. Lees
hier meer oor hulle werk." - Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis).
Droogte Loeriesfontein-omgewing
1.2 Week van Gebed
Vir gemeentes waar daar nie so 'n geleentheid is nie

Die week van gebed hier aan die begin van die jaar is 'n instelling in baie gemeentes. Om verskeie redes is daar egter gemeentes waar dit nie plaasvind nie, of later plaasvind.
Daarom skep die Sentrum vir Publieke Getuienis 'n geleentheid vir lidmate in die omgewing wat die behoefte het om vir drie aande te kom saam bid oor van die brandende kwessies wat ons land tans teister.
Dit sal van Ma. 22 tot Wo. 24 Januarie in die NG Gemeente Oostersee plaasvind (Frieslandstraat 63, Oostersee, Parow). Dit is slegs vir 'n halfuur, van 18:30 tot 19:00, en word gelei deur Braam Hanekom. 

Sake waarvoor veral gebid sal word, is: Die droogte*, die oorgang van politieke leierskap in die land, ons skole en universiteitskampusse, die vlaag van gewelddadige misdaad en dwelms in ons land, ons huisgesinne en die hooplose situasie van miljoene armes in Suid-Afrika. (Foto: droogte in Loeriesfontein-omgewing.)
*Lees 'n getuienis by ALGEMEEN oor die droogte in die Boesmanland en Hantam. 
Christine Quickfall
2. Badisa
Baie welkom aan Christine Quickfall

Ons verwelkom graag vir Christine Quickfall as oorgangsbestuurder by Badisa in die vakature wat gelaat is deur die aftrede van Averell Rust, hoof- uitvoerende beampte van Badisa.
Christine, 'n lid van Badisa se bestuursraad en ledevergadering as kundige lid op die gebied van maatskaplike dienswerk, vul hierdie pos tot die einde van Maart. (Die vakature van HUB is reeds geadverteer.) Sy het meer as 30 jaar ervaring op die gebied van sosiale ontwikkeling, strategiese beplanning, projekbestuur en meer – 'n ware aanwins vir Badisa! Baie seën met hierdie nuwe verantwoordelikheid toegebid.
Selfoonpadkaart
3. VBO-kursusse
3.1 Kategese vir volgende generasie

Die geloofsvorming raamwerk, die nuutste navorsing en kontekstuele nadenke bied ‘n padkaart om kategese te herontwerp! Kom woon die kursus "Kategese vir die volgende generasie" by wat plaasvind op 30-31 Jan. by Communitas, en gesels saam oor hoe kategese in ʼn nuwe konteks en generasie ʼn nuwe vorm aanneem, en hoor hoe die nuutste navorsing vir ons perspektief gee oor hoe ons vars uitdrukking aan antieke beginsels kan gee. Klik hier.
Lig en sout
3.2 Missionaliteit en entrepreneurskap
Kom gesels saam:
•  Wat is gemeentes se rol t.o.v. armoede en werkloosheid? 
•  Hoe kan ons leiers toerus om gelowiges te begelei in die uitlewing van hul geloof in die konteks van ons tyd?
•  Vernuwende denke ("mindset") op persoonlike en kerklike vlak t.o.v. entrepreneuriese denke-ontwikkeling in SA
•  En: Hoe pro-aktief kan die kerk wees?
Datum: 30 Januarie tot 1 Februarie 2018.
Lees meer.
4. Brugkursus by Communitas
Ds. Jannie Groenewald van die VGK skryf die volgende oor die Brugkursus wat hy in 2017 bygewoon het:
“Ek het die kursus baie geniet. Die aanbieders is fantasties. Die kursus het my laat besef dat brugpastoraat baie meer is as net 'n aflosbediening. Die kursus rus jou toe vir die uitdagings en geleenthede van brugskap. Ek dink die kursus is noodsaaklik vir elkeen wat belangstel in brugbediening. Ek dank die Here vir die voorreg om die kursus te kon voltooi." Sien onder.
Brugkursus
Klik bo vir meer inligting oor 2018 se eerste brugkursus
Pelgrimstog van Hoop; 1-20 Oktober 2018
Pelgrimstog van Hoop: ideale sabbatsrus
1-20 Oktober 2018 - KLIK BO
6. #ImagineKidz getuienis: Nuwighede in Noord-Kaap!
#ImagineKidz is aan die begin van die Desembervakansie in Ganspan, Noord-Kaap, aangebied in samewerking met JONK. Hier is iets van die Noord-Kapenaars se belewenis.
"#ImagineKidz het 'n nuwe wêreld na 'n nuwe groep kinders in ons gemeenskap oopgemaak. Ek was verras deur die kinders se ervaring van Jesus in hulle lewe. Die kinders kon hulleself vereenselwig met karakters in die verhaal van die verlamde man. My persoonlike hoogtepunt was toe een van die kinders hulle weergawe van hierdie verhaal aan die groep oorvertel en 'n ander selfs vir die groep 'n dans wou leer wat vertel van Jesus se liefde. God het vir ons sy liefdevolle hart kom wys en daardeur kon ons ons eie hart ontdek." - Annatha Nel (NG Gemeente Hartskroon)
Vir meer oor #ImagineKidz, kontak JC de Jongh
ImagineKidz
UIT ONS RINGE
Ring van Piketberg kuier saam
Die Ring van Piketberg se skribas het op Vrydag 30 November 2017 in Moorreesburg bymekaargekom om net lekker te kuier, mekaar beter te leer ken en gedagtes uit te ruil. Collette de Wet (van die kerk se argief) het saam gekuier en meer oor hulle werk gedeel - 'n verrykende oggend vir almal. Hierdie kuier word beslis 'n gereelde instelling, skryf Willa Kapp van Hopefield. Dankie vir die welkome nuus!
Kontak die argief se vriendelike
personeel om so 'n besoek te reël.
Ring van Piketberg skribas kuier saam
V.l.n.r.: Petro Smit (Eendekuil); Nicolene v.d. Merwe (Koringberg); Reinet Jonker (Piketberg); Collette de Wet (NG Kerkargief); Mariaan Coetzee (Aurora); Gerda Stroebel (Redelinghuys); Willa Kapp (Hopefield); Tertia Visser (Porterville).  Afwesig: Carin Crous, Moorreesburg
Bennie du Plessis
PREDIKANTENUUS
1. Met innige medelye:
Bennie du Plessis gegroet

Op 21 Desember 2017 het kollega Bennie du Plessis (NG Gemeente Bellville-Oos) sy stryd teen kanker verloor. Ons bied graag langs hierdie weg weer die sinode se opregte medelye aan sy vrou, Alta, die drie kinders (Jan, Ferdinand en Benita), sowel as die uitgebreide familie en die NG Gemeente Bellville-Oos.
'n Troosdiens, gelei deur Bennie se jonger broer, Jannie (NG Gemeente Kuilsrivier-Suid), het reeds op Sondag 14 Januarie plaasgevind - die dag waarop Bennie sy afskeidspreek in die gemeente sou lewer. Ons bid almal hierdeur geraak, die Here se nabyheid en troos toe.

Clark gesin
2. NG Op-die-Berg verwelkom Alex en Jeanette Clark
Alex en Jeanette Clark, voorheen in die NG gemeentes Elarduspark en Kimberley-Harmonie, begin die jaar op ’n hoë noot by Op-die-Berg naby Ceres. Die Clarks is reeds vanaf die middel van Januarie in die Koue-Bokkeveld (waar dit tans goed wárm is!) en Alex lewer op So. 4 Februarie sy intreepreek. 
Alex het onlangs verder studeer met die fokus op huwelikspastoraat. “Ek hardloop padwedlope om nie die laaste paar van my sinne te verloor nie,” vertel hy. Mag die nuwe fase van jou bediening vol hoogtepunte, en die pragtige nuwe omgewing julle gesin tot seën wees. Foto: Jeanette met Xander en Catherine op Alex se skouers.

Fourie en Mareli Rossouw
3. NG Somerset-Wes:
 Fourie en Mareli, welkom!

Johan van Niekerk berig dat almal baie welkom is om So. 21 Januarie saam met hulle die bevestiging van Fourie Rossouw (voorheen in Stellenberg en Weltevreden, en die laaste twee jaar as tentmaker in Wellington Moedergemeente) tydens die erediens om 09:00 te vier.
Johan sal die erediens tydens hierdie geleentheid waarneem, met verversings na afloop van die diens.
Ons wens Fourie en Mareli (en hul kleine Jozua) baie seën in die gemeente toe.
Van der Westhuizens
4. NG Stellenbosch-Welgelegen:
Elzanne word bevestig

Elzanne (Mostert) van der Westhuizen het haar studies in Teologie voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch en is aan die einde van 2012 gelegitimeer. 
Sy het in die vyf jaar wat sy al in gemeentes bedien in verskillende kapasiteite, grootliks gefokus op jeugbediening, maar was ook altyd betrokke by bediening aan die wyer gemeente asook die gemeenskap. Sy is getroud met Freddie en hulle het drie haas-kinders: Lindt, Ferrero en Sophie.
Sy het voorheen in NG Brackenfell, NG Stellenbosch-Sentraal en NG Stellenberg bedien en word op So. 21 Januarie deur Monty Sahd bevestig as voltydse medeleraar in die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen. Seënwense vir die bediening!
Dewald Hoffman en Melissa Ellis
5. Dewald en Melissa verloof! 
Ons deel graag in die vreugde van Dewald Hoffman (NG Gemeente Richmond), wat op 31 Desember 2017 verloof geraak het aan Melissa Ellis! 
Melissa se lisensiaatjaar (praktiese jaar) vind vanjaar onder die bekwame leiding van René Potgieter in Beaufort-Wes (NG Gemeente Gamkavallei) plaas. Mag julle in hierdie opwindende nuwe fase die Here se seën opnuut beleef. Hartlik geluk!
(Die huweliksklokke lui blykbaar vroeg in 2019 vir hierdie twee.)
Wens hulle gerus geluk.
Thuli Madonsela
ALGEMEEN
1. Fakulteit Teologie, US
1.1 Teologiese Dag & openingserediens
Die jaarlikse Teologiese Dag, wat die akademiese jaar van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch inlei, vind plaas op Maandag 5 Februarie van 09:00 tot 12:30 in die Attie van Wijk Ouditorium by Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Die openingspreker is prof. Thuli Madonsela, en die tema "Onverskrokke woord en daad in hierdie tyd: Teologie, etiek en burgerlike moed". Hier is meer besonderhede.
Die openingserediens vind plaas op So. 4 Februarie om 19:00 by die Rynse Kerk op Die Braak, Stellenbosch. Prof. Reggie Nel is die prediker en dr. Andries Daniels die liturg. 

1.2 Eredoktorsgraad van PThU aan prof. Dirkie Smit! 
Ons deel in die Fakulteit Teologie (US) se trots en vreugde oor "ons" prof. Dirkie Smit! Die Protestantse Theologische Universiteit (PThU) in Nederland het op 9 Januarie 2018 'n eredoktorsgraad aan hom oorhandig.
Tydens hierdie geleentheid is prof. Beatrice de Graaf van Utrecht (saam met hom op die onderstaande foto) ook met 'n eredoktorsgraad vereer.
Prof. Frits de Lange (PThU) se laudatio rakende prof. Smit is hier beskikbaar, terwyl die PThU hier berig oor die verering. Hartlik geluk uit die Kaap!
Beatrice de Graaf en Dirkie Smit
1.3 Konferensie aankondiging
Teaching Gender and Health in Africa 22-23 Maart 2018

A
s deel van die "Cultivating Change Agents"-projek van Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, bied die Gender-eenheid 'n konferensie  aan oor die onderrig van Gender en Gesondheid in Afrika in samewerking met die "Circle for Concerned African Women Theologians". 
Die konferensie val saam met 'n eredoktorsgraad wat aan prof. Musa Dube (Universiteit van Botswana, links onder) toegeken sal word, asook 'n vieringsgeleentheid ter ere van prof. Elna Mouton (regs onder) wat aan die einde van 2017 afgetree het. Voornemende deelnemers word genooi om voorstelle te stuur vir voordragte tydens die konferensie; die sluitingsdatum is 15 Februarie 2018.
Klik hier.
Musa Dube Gender-eenheid logo Elna Mouton
Alfabet
2. Deeltydse Kursusse
Teologie & Kerklike Bediening; Bybelse Hebreeus 
Oriëntering vir ‘n sertifikaatkursus in Teologie en Kerklike Bediening wat reeds 12 jaar in Bellville aangebied word, vind op Donderdagaand 18 Januarie plaas. Die klasse begin op 25 Januarie.
Die kursus bestaan uit twee afdelings wat albei by die Universiteit van Pretoria geakkrediteer is. Studente wat die kursusse voltooi, ontvang sertifikate in Teologie van die UP.  Die studienotas is in Afrikaans en in Engels beskikbaar, maar klasse sal hoofsaaklik in Engels aangebied word. Lees hier meer oor beide kursusse en kontak gerus vir Pieter Els met navrae by 083 285 2617.
3. Raakgelees
3.1 GETUIENIS: Droogte in die Boesmanland

Nico van der Westhuizen (NG Loeriesfontein) skryf vandeesweek op Facebook na aanleiding van die erge droogte in die Boesmanland en Hantam: "... ek moet mense moed inpraat, en ek moet troos, en ek moet hoop gee oor môre en al die dae wat daarop volg. En dan weet ekself nie meer hoe nie, omdat die omstandighede ook nie by my verbygaan nie. Dit is waarom ek 'n tydjie gelede besluit het om maar net saam met my mense te wees, saam te lees en saam te bid al word dit ook selfs al moeilik." 
Dis die moeite werd om te lees. Al kan jy niks anders doen nie, kan jy asb. bid vir hierdie gemeenskappe - en al die ander waar die droogte ongekende afmetings aanneem. (Foto's onder met dank aan Nico van der Westhuizen.)

Loeriesfontein is droog Boesmandland droogte
Logo
3.2 Ekerk dink oor leierskap
“Die kerk in SA is vinnig besig om sy invloed te verloor en dit beteken dat ons nie die koninkryksimpak kan maak wat deur God van ons verwag word nie.” In Ekerk se jongste tendensverslag oor leierskap in die konteks van ons huidige globale politieke klimaat, word onder meer gekyk wat ons kan doen om die soort leierskap te kweek waarna die wêreld sal wil luister. Kry die insiggewende verslag hier.
Agnes Abuom
3.3 Agnes Abuom se gebed vir die wêreld
"Loving God, we thank you for your church and the fellowship we experience within the ecumenical movement. We thank you for the courage and wisdom you gave to the founding fathers and mothers. Grant us inspiration and knowledge to pursue the unity of your church in accordance with your prayer 'that they may be one so that the world may believe.'
Forgive us for commercializing your word and transform and renew our minds so that we can be agents and servants of the good news in a world fraught with pain and suffering. Guide us to bring hope amidst hopelessness, love instead of hatred, and peace instead of conflict." Die volledige onderhoud met dr. Abuom kan
hier gelees word.
* Agnes Abuom van Kenia is die eerste vrou én eerste persoon uit Afrika om verkies te word as moderator van die Wêreldraad van Kerke (WRK) se sentrale komitee.

Babahandjies
4. Badisa Trio
Badisa Trio is 'n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat kinderbeskermingsdienste in die noordelike voorstede van Kaapstad bied. Gedurende 2016/2017 het 'n span van 14 maatskaplike werkers verskeie dienste aan meer as 10 000 individue gelewer. Dit is Badisa Trio se doel om individue en gesinne deur gemeenskapsgebaseerde programme te bemagtig.
Besoek hul Facebook-blad asook die nuwe webwerf vir meer inligting met betrekking tot die aanmelding van kindermishandeling en verwaarlosing.  
Padpredikant

PADPREDIKANT
Nuwe toevoeging!

In die eerste uitgawe van elke maand publiseer ons voortaan bydraes vir die "Padpredikant"-rubriek*. Ons stel deur die jaar die skrywers wat ingewillig het om hieraan deel te neem, bekend. Hulle dink saam met ons na oor ons pad as geloofsmense onderweg om God beter te ken en volg.
*Padpredikant is 'n sinoniem vir 'n padteken. Soms wys dit die pad, soms dui dit 'n heel nuwe perspektief aan. Mag hierdie bydraes 'n klein kolletjie lig op jou pad skyn, nooit prekerig of beterweterig klink nie, maar liefs lafenis soos padkos onder 'n skaduboom bied.

Hefboom
Hoe werk God se hefboom?
“Gee vir my 'n hefboom en 'n plek om te staan en ek sal die wêreld beweeg” is 'n stelling wat aan die Griekse wiskundige Archimedes (287-212 vC) toegeskryf word.
Indien 'n mens Archimedes se beeld op die roeping van die kerk toepas, sou jy kon sê elke gemeente en elke gelowige se roeping is om “my stukkie van die wêreld te beweeg”, om die wêreld waar ek elke dag leef en werk 'n beter plek te help maak. In Bybelse taal: om die koninkryk van God te laat kom. Maar kry ons dit enigsins reg? Hoe doen ek dit? Die bekende geestelike skrywer Richard Rohr gebruik juis Archimedes se beeld om hierop 'n verrassende en bemoedigende antwoord te gee. Lees hier
verder.

Oor die skrywer
Hannes Koornhof was predikant in die gemeentes van Somerset-Oos, Pinelands en die Moedergemeente Stellenbosch. Hy is sedert sy aftrede in 2014 betrokke by Communitas se Sentrum vir Predikantebegeleiding.
In die  eerste uitgawe van Februarie (en telkens maandeliks) kan lesers nog 'n Padpredikant-bydrae verwag.

PUBLIKASIES
Bybel-Media: splinternuwe publikasies!
Hierdie week is die Bybel-Media-fokus op die Februarie-uitgawe van LiG, Bybelstudies en Jeugfokusprodukte. Klik op die grafika onder om hulle e-winkel te besoek. Bybel-Media se nuusbrief is hier; besoek www.bybelmedia.co.za vir selfs baie meer! 
Bybel-Media publikasies
Seevoels ly onder oseaanbesoedeling
EKOLOGIE
1. Die laaste strooi!
Elkeen van ons kan 'n verskil aan ons omgewing maak. Dit begin deur ingeligte keuses uit te oefen. Strooitjies en plastieksakke tel onder die afval wat die grootste oorsaak van osesaanbesoedeling is.Jy kan jou deel doen om dié krisis aan te spreek deur te oorweeg om vanjaar die hoeveelheid plastieksakke in jou huishouding drasties te verminder deur jou inkopies in ekologies-vriendelike sakke te verpak en selfs jou wegneemetes sónder die plastieksak te neem. Drink koeldrank sonder 'n strooitjie en dra so jou deel by. Lees ook hier.

As verantwoordelike landsburgers en rentmeesters van die aarde, moet ons gemeenskaplike verantwoordelikheid vir die bewaring van ons oseane aanvaar sodat toekomstige geslagte dit ook kan geniet.
Groet plante

2. Sterkte met die groot groetery

Geloof gevul met hoop en liefde dra ons deur die onverbiddelike droogte met sy groot groetery. Lees hier 'n storie van hoop.
Baie dankie aan David Botha, wat namens die Projekspan Ekologie van Getuienisaksie NG Kerk Kaapstreek, ons dien met waardevolle inligting oor die ekologie.

Gebed
BEHOU DIE HUMOR
Grappie
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
e-Kerkbode logo

Vakatures in Kerkbode

Besoek die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode, vir die jongste nuus oor vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies. Dit word ook op e-Kerkbode bekendgemaak.
Die eerste uitgawe van Kerkbode vir 2018 verskyn op 26 Januarie.

Logo
NG Stellenberg: Bestuurder Administrasie 
Stellenberg-gemeente is ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad.  Aansoeke word ingewag vir bogenoemde pos. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die bestuur van personeel en administratiewe prosesse binne die kerkkantoor en gemeente. Die geskikte kandidaat moet oor bewese bestuurservaring beskik. Kontak Marguerite Bester by stellenberg@stellenberg.co.za. CV’s kan na hierdie e-posadres gestuur word. Sluitingsdatum 29 Januarie 2018, met diensaanvaarding so spoedig moontlik daarna.
Thabo Makgoba
TEN LAASTE
From the pen of ... Thabo Makgoba
The Scriptures tell us that when Joshua led the people across the Jordan into the Promised Land, the first thing he did was to build a memorial pillar. From then on, God's people could look at the pillar and say: This is where we crossed the Jordan! This is where we parted company with betrayal and disappointments. This is the place and the hour when we found hope. 
As we enter what is likely to be an eventful, even turbulent year, one of our greatest needs in South Africa is the need to rekindle the lamps of hope. We face big challenges, especially over land reform and the economy. But we have faced big challenges before, we have overcome them, and like God's people in the time of Joshua, let us take courage from that.
As people of faith and as the heralds of Good News, let us remember what God has done for us and consciously allow God's great deeds in the past to continue to empower us. In that way, we can rekindle our own hope and the hope of the people of our beloved land. 
God bless you,
Archbishop Thabo Makgoba 
- - - - - - - - 
Thabo Makgoba became Archbishop of the Anglican Church of Southern Africa on 31 December 2007, the youngest person ever to be elected to this position. His Grace has a Masters in Educational Psychology, and received his PhD in 2009. He is married to Lungi and enjoys takings walks in the Kirstenbos Botanical Gardens. 
"If remembering the grace of God means that there is hope even for the most wretched, then looking with the eyes of this God, ‘has implications for how we look at others, how we see and regard strangers, recognize in one another objects of God’s eternal love and therefore also objects of our love.’"  
- Dirkie Smit (2017 Farewell lecture at Stellenbosch)

Vriendelike groete - en dankie vir jou ondersteuning van ons werk in 2018!

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.