Subscribe to our email list
 27 Mei 2016

Beste Leser
Pravin Gordhan
SINODENUUS
1. NG Kerk ondersteun Pravin Gordhan
Die NG Kerk het mnr Pravin Gordhan, die beleërde minister van finansies, van sy steun verseker.
Dit kom nadat Gordhan in 'n verklaring gesê het hoe moeilik dit vir hom en sy familie is dat daar selfs sprake is dat hy in hegtenis geneem sou word. Dié moontlikheid van Gordhan se inhegtenisname word wyd beskou as 'n teken van die politieke spanning tussen Gordhan en pres Jacob Zuma eerder as dat Gordhan inderdaad aan die een of ander misdaad skuldig is.
Die volledige brief van ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, aan Gordhan, is hier beskikbaar.
NG Kerk-logo
2. Kerke beplan Versoeningsveldtog
Die NG Kerk, saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, beplan ’n groot versoeningsveldtog saam met organisasies wat die leiers van jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing 'n nuwe (Suid-Afrika) lied! 
Kerkleiers wil by die simboliese herdenking van die Soweto-opstand op 16 Junie 1976 aansluit met 'n proses van versoening en heling wat deurloop tot op Versoeningsdag op 16 Desember, en die moontlike politieke kaping daarvan voorkom. Daarom word die geleentheid op Saterdag 11 Junie by die FNB-stadion in Soweto gehou. Verskeie bekendes uit die vermaaklikheids- en sportwêreld word genooi en allerlei aktiwiteite word beplan. Die memorandum wat na Afrikaanse kerke gestuur is, verskyn op www.ngkerk.org.za.
Drie bekendes gesels in video's verder. Klik op die foto's onder om hierna te kyk.
Kobus Gerber
Kobus Gerber
Jan Malan
Jan Malan
Roelf Schoeman
Roelf Schoeman
VGKSA-logo
3. VGKSA vier 30 Jaar van die Belydenis van Belhar!
Op Sondag 12 Junie word die 30-jarige bestaan van die Belydenis van Belhar tydens 'n erediens gedenk. Hierdie diens, wat om 09:00 in die VGKSA Bellville-gemeente (Goeie Hoopstraat, Bellville-Suid) plaasvind, beloof om 'n baie spesiale geleentheid te wees. Alle belangstellendes is welkom. Die finale program vir die geleentheid sal later beskikbaar wees.
Verdere nuus hieroor is dat 'n VGKSA Kaapland predikantekonferensie oor die Belydenis van Belhar op Maandag 13 Junie by Bergkroon in Wellington plaasvind. Ons wens ons susters en broers van die VGKSA baie seën hiermee toe.
Dawid de Wet
4. So werk ons Sinode
Die werk van die Sinode van Wes-Kaapland word deur vyf diensgroepe hanteer. Elke diensgroep bestaan uit verskillende taakspanne. Die vyf diensgroepe is:
Armoede en Sorg, Gemeentebegeleiding, Getuienisaksie,
Ondersteuningsdienste en Toerusting.

Die bestuurder van die Diensgroep Armoede en Sorg is Leon Venter, met Dawid de Wet van Hartenbos(foto) as voorsitter. 
As deel van hierdie diensgroep hanteer die twee Predikante in Sinodale Diens (PSD's) Deon Bruwer en Koos van der Vyver die hospitaalpastoraat, met Sean Esterhuizen en Leon Venter onderskeidelik as die VGK Kaapland en NG Kerk Wes-Kaapland se PSD's.
Hou gerus die media dop vir opwindende nuus oor 'n nuwe naam vir hierdie diensgroep en kontak die sekretaresse, Isabella de Kock, by 021 957 7113 of omgee@kaapkerk.co.za vir meer inligting oor die diensgroep se taakspanne.
Deon Bruwer
Deon Bruwer
Sean Esterhuizen
Sean Esterhuizen
Koos van der Vyver
Koos van der Vyver
Leon Venter
Leon Venter
4.1 Diensgroep Armoede en Sorg
Armoede en Sorg is 'n gesamentlike diensgroep van die NGK Wes-Kaap en VGK Kaapland. Leon Venter vertel: "Die hooftake van hierdie diensgroep is korporatiewe toesig oor Badisa, en die bevordering van gemeente diakonaat met fokusse op Ekologie en Vroeë Kind Ontwikkeling." Kyk gerus na die onderstaande video waarin Sean Estherhuizen en Leon Venter meer hieroor vertel.
Leon Venter en Sean Esterhuizen
Elsabet Smit en Chikondi Chiumia
5. Getuienisaksie
William Murray Seunsskool
Elsabet Smit hou al jare lank by die privaatskool van die Nkhoma Sinode, die William Murray Sekondêre Christen Seunsskool op Nkhoma-sendingstasie in Sentraal-Malawi skool.
Dit verg nie net vakkundigheid nie, maar ook deernis en baie wysheid. Lees meer van haar ervaring as onderwyseres in hierdie konteks  - klik hier.
Foto: Elsabet en Chikondi Chiumia.
6. NG Kerk Oornaghuis: "Eksie-perfeksie!"
Die NG Kerk Oornaghuis, waar bekostigbare selfsorg kamers beskikbaar is vir familie en pasiënte uit die platteland, sowel as verblyf tydens sinodale vergaderings, ontvang sommer groot lof vir hulle diens, netheid en algemene voorkoms! Een gas, wat die afgelope week daar oornag het, vertel: "Dit is 'n plesier om in die Oornaghuis oor te slaap. Alles is net rég. Sommer eksie-perfeksie!"
Onthou: die Oornaghuis (Bo-Lincolnstraat 80 in Hoheizen) is gerieflik geleë in die noordelike voorstede, naby Louis Leipoldt Medi-Kliniek en die N1 Stad-hospitaal. Koffie in die kamers, sowel as kraakvars handdoeke is teen 'n geringe bykomende koste beskikbaar. Veilige parkering onder afdakke, 'n volledig toegeruste kombuis en braaigeriewe maak dit 'n gerieflike opsie. Doen navraag by Nelia Botes: 021 913 3733 of oornaghuis@telkomsa.net. (Sien foto's onder). 
Oornaghuis buite aansig Oornaghuis - kamer
Water Lewe-logo
7. Sinode van die Vrystaat
7.1 Waterkonferensie

Enigeen wat belangstel in die aanbiedinge van sprekers tydens die onlangse Waterkonferensie by die Gariepdam, kan dit op die webwerf van die NG Kerk Vrystaat - Eenheid vir Bedieningsbegeleiding (EBB) se blad by Dokumente kry.
7.2 Fotokompetisie
Die inligting en reëls rondom die Water Lewe-fotokompetisie is ook op bg blad te vind (onthou die sluitingsdatum vir hierdie kompetisie is 15 Julie 2016 en slegs foto’s wat in die Vrystaat en Noord-Kaap geneem, is mag ingeskryf word!) Kry inspirasie deur 'n kykie na die inskrywings wat reeds ontvang is: klik hier.
8. Argief van NG Algemene Sinode-werk: 'n Reusetaak!
'n Doelmatige kluis (argief) is onlangs by die Algemene Sinode (AS) in Pretoria ingerig. Dokumente in dié argief het betrekking op die werk van die taakspanne, Algemene Sinode Moderamen (ASM) en verskillende projekte soos Kerkspieël en Jeugnavorsing, wat vanuit die AS-kantoor gekoördineer is en tot met die aftrede van dr Kobus Gerber (vorige algemene sekretaris) in verskillende lêerstelsels geplaas vir bewaring.  
Malinda Lazenby was die afgelope maande besig om die dokumente/stelsels te integreer en 'n elektroniese inventaris op te stel vir maklike opsporing en/of byvoeging. 'n Reusetaak wat baie noukeurig en met liefde afgehandel word!
"Die meeste dokumente kan slegs in hardekopie-formaat besigtig word. Oorspronklike getekende dokumente soos dié van die moderamen- en dagbestuursvergaderings, asook ATR en ATF word steeds na die Argief in Stellenbosch gestuur vir veilige bewaring," vertel Malinda.
Malinda Lazenby NG Algemene Sinode Argief
ALGEMEEN
1. Innige Simpatie
1.1 Ds Jan (JWW) Greeff (23/04/1925 - 18/05/2016)

Ons bied graag ons innige simpatie aan die familie van ds Jan (Jan Wynand Willem) Greeff, oorlede op 18 Mei 2016 in George.
Hy is in 1951 georden as predikant in Bredasdorp. Hy was ook in Port-Elizabeth-Sentraal, Graaff-Reinet en Bothaville-Noord in die bediening. Van 1970 tot 1990 (sy aftrede) was hy predikant in Op-die-Berg (Ceres).
Aan sy weduwee, mev Joan Greeff, die kinders en kleinkinders, mag julle ervaar hoe die Here julle in sy groot genade dra en vertroos.
Die begrafnisdiens van wyle ds Jan Greeff, gelei deur ds Anton Louw, het op Maandag 23 Mei vanuit die NG Gemeente George-Bergsig plaasgevind.
Ds Jan Greeff
Ds Lafras Moolman
1.2 Ds Lafras Moolman
(25/02/1925 - 19/05/2016)

Ons het ook met leedwese verneem van die afsterwe van ds Lafras Moolman. Ds Moolman was welbekend as predikant wat op uiteenlopende gebiede 'n besonderse bydrae gelewer het.
Hy is in 1951 georden in die NG Gemeente Swartland, waarna hy in Vishoek, Goudini en Welgemoed bedien het voordat hy in Feb 1974 Buitelandse Sendingsekretaris van die Sinode van Wes- en Noord-Kaapland geword het. In 1980 word hy aangestel as Direkteur van Inligting van die Sinodes van Wes-, Oos- en Noord-Kaapland totdat hy in 1990 aftree. Die Staatspresident, mnr FW de Klerk, oorhandig op 24 September 1992 Die Orde vir Voortreflike Diens, Silwer (sien onder), aan hom.
'n Begrafnisdiens vir ds Moolman word beplan vir Vrydag 3 Junie om 10:00 in die NG Gemeente Helderberg, gelei deur dr Frits Gaum. Ds Moolman se vrou, Elaine, is op 1 Des 2015 oorlede. Ons opregte simpatie aan sy kinders en kleinkinders.
Ds L Moolman - Sitaat
Orde vir Voortreflike Diens, Silwer - Ds Lafras Moolman
2. US Fakulteit Teologie: Publieke Lesing
Business and Ethics - Aliens, Comrades, Benefiters

Hierdie lesing, met as sprekers prof Martin Büscher, ekonoom en voorsitter vir ekonomiese en besigheidsetiek, Protestantse Universiteit Wuppertal/Bethel, en prof Piet Naudé, Direkteur US Besigheidskool, word aangebied deur die US Fakulteit Teologie.
Dit vind plaas op Vrydag 3 Junie vanaf 12:30 tot 14:00 in die Raadsaal (Lokaal 2004), Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Almal welkom. Reserveer plek by Helette (hvdwest@sun.ac.za of 021 808 9560) voor Wo 1 Junie.
Martin Buscher US Fakulteit Teologie Piet Naude
3. Andrew Murray-Desmond Tutu Pryswenners 2016
Die prestigeryke Andrew Murray Prysfonds se amptelike prysoorhandigingsfunksie het op Donderdagaand 19 Mei op Stellenbosch plaasgevind. Ons mooiste wense aan elke waardige pryswenner! 
Op die foto onderaan is vlnr prof Elna Mouton (Andrew Murray-Desmond Tutu-prys), dr Gertrude Kapuma (Andrew Murray-Desmond Tutu-prys), ds Barend Vos (Andrew Murray-prys), dr Gerdrie van der Merwe (Spesiale Andrew Murray-prys), me Annette Potgieter (Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys) en mnr Chris Lamprecht (Andrew Murray-FAK-prys).
Andrew Murray-pryswenners
Heerden van Niekerk
4. Konvent: Die Kerk as Baken van Hoop
Die Konvent van Reformatoriese Kerke (die grootste groepering van Gereformeerde Kerke in SA) het van 8-10 Maart 'n suksesvolle vergadering in Parow gehad. Die tema was "The South Africa we pray for" (klik hier.)
Die NG Kerk is daar verteenwoordig deur Heerden van Niekerk (NG Gemeente Welgemoed), Gustav Claassen (Algemene Sinode), Willem Boshoff en Andries Kritzinger. Die Hervormer van Mei 2016 berig hieroor onder die opskrif "Die kerk as baken van hoop." Lees hier verder ... 
5. MES Kaapstad
Dankie, Ilse Els - en welkom Lilly Franks!

MES Kaapstad het vandeesweek aangekondig dat hulle vir Lilly Franks, tans MES Kempton Park se takbestuurder, aangestel het om aan die begin van Julie 2016 die leisels by die bekwame Ilse Els oor te neem.
Ilse het oor jare 'n waardevolle rol by MES Kaapstad gespeel om personeel toe te rus, hulle kantoor uit te brei en goeie diens aan kliënte te lewer. Daarvoor bedank een en almal haar. Terselfdertyd word Lilly seën toegewens vir haar nuwe verantwoordelikhede hier in die Kaap.
Kontak MES by 
021 949 8736 of www.mes.org.za.
Lilly Franks en Ilse Els
Winterskool 2016
6. Fakulteit Teologie: Winterskool
Goeie nuus! Laat inskrywings vir die jaarlikse Winterskool van die Fakulteit Teologie op Stellenbosch word nog tot Donderdag 26 Mei aanvaar. Daarna sal persone moet registreer as dagbesoekers, laat weet Helette van der Westhuizen. Die Winterskool is van 31 Mei tot 2 Junie, met sprekers soos ds Esmé Bowers, me Lovelyn Nwadeyi en prof Brian O'Connell.
Rig navrae aan Wilma by wler@sun.ac.za of 021 808 3624.
HospiVision-logo
7. Etiek werkswinkel vir VBO-punte
Etiese besluite word gerig deur ons morele waardes en beginsels. In gesondheidsorg het ons nodig om telkens te kyk na hoe ons ons beginsels in die praktyk uitleef. Janine Kendall, sielkundige van Pretoria, bied 'n eenmalige seminaar aan in Bellville (Vrydag 10 Junie, 10:00-13.00) en in Wynberg (Saterdag 11 Junie, 10:00-13.00). 
Predikante en maatskaplike werkers kry 3 punte vir die werkswinkel. 

Kry die registrasievorm en bankbesonderhede by friend@hospivision.org.za of skakel Annette by 083 794 3537. Besprekings sluit op 7 Junie.
Kobus Anthonissen
8. Kursus oor Energieke Geloof
Hiermee 'n herinnering: Dr Kobus Anthonissen bied op Saterdag 4 en 11 Junie vanaf 08:30 by die NG Gemeente Oostersee 'n kursus aan oor ENERGIEKE GELOOF. 
Hy was vir jare hospitaalleraar by die Tygerberg en Karel Bremerhospitale asook dosent by die teologiese fakulteite van Stellenbosch en Wes-Kaapland. Hy bedryf 'n spreekkamer en is 'n skrywer van verskeie boeke. Lees aangeheg meer oor hierdie VBO-geakkrediteerde kursus en rig navrae aan Karen by 021 939 3830.  
Webwerf
9. Vir Gemeentes se Webmeesters
Diegene wat verantwoordelik is vir gemeentes se webwerwe, mag belangstel om te lees hoe 'n webwerf van tyd tot tyd met behulp van 'n paar eenvoudige vrae deeglik herevalueer en oordink kan word.
Die artikel word met dank oorgeneem uit CRC se nuusbrief van 25 Mei 2016.
Donald Katts
10. Vennootskappe en Heling
"Die verhouding van vennootskap of verbond vereis ’n gewilligheid om dinge uit ’n ander se perspektief te sien. Dit vereis ’n gewilligheid vir selfopoffering om die vennootskap en of verbond te onderhou. Dit vra ’n onvoorwaardelike verbintenis om om te gee en die transformasie van die maatskaplike orde en omgewing aan te help, aldus John de Gruchy.
Die sluit van vennootskappe het die poten­siaal om Suid-Afrika weer op die pad van herstel, versoening, geregtigheid, gelykheid, vrede en samehorigheid te plaas." Belangstellendes kan gerus verder lees hoe Donald Katts, moderator van die Volkskerk van Afrika, hieroor skryf. (Met dank aan Netwerk24)
Moederkerk Stellenbosch
11. Gemeentes: Hoop, nie Vrees
" ... there has always been a gap between the church’s appearance and its reality - that’s exactly how God created it to work. Since the days of Abraham, Isaac, and Jacob, the people of God have always seemed (and have often actually been) broken and backward. But little in God’s kingdom is ever quite what it seems."
Brian Douglas se opinie in 'n artikel in Christianity Today is dat ons nie onnodig bekommerd oor die toekoms van die kerk moet wees nie - lees hier hoekom.
(Foto van Stellenbosch se Moederkerk, ter illustrasie, met dank aan Dion Forster.)
Doringdraad
12. Doringdrade ken nie Deernis nie
"Die tragiese dood van tannie Winnie Rust het ons almal tot stilstand geruk. Die stories loop natuurlik die dorp en die koerante vol. Een van die mooi stories wat oor haar vertel word is dat sy oor grense geleef het. Heinings kon haar nie hokslaan nie."
In 'n treffende artikel skryf Fourie Rossouw (NG Gemeente Wellington) oor heinings. Oor grense. Liefde. En afdakke. Die moeite werd om te lees - klik hier. (Dankie vir die oorneem, Fourie en Leefkerk.)

GEMEENTENUUS
1. NG Moedergemeente George
1.1 Aanneming en Voorstelling

Op Sondag 15 Mei 2016 is 12 jong mense voorgestel en aangeneem in die Moederkerk van George. Ons is baie dankbaar vir so 'n mooi getal jongmense wat belydenis van geloof afgelê het. Op die foto onder is dr Steve van der Walt, leraar van Moedergemeente George, met die groep jongmense.
NG Moedergemeente George Belydenisklas
Moedergemeente George
1.2 Toringboukompetisie
George Moedergemeente daag al die gemeentes in George en omgewing uit om te kyk wie kan die hoogste toring met blikkieskos bou.
Die blikkieskos word na afloop van die kompetisie aan die verskillende gemeentes se barmhartigheidsdienste geskenk. Dit vind op Saterdag 11 Junie 2016 in Moedergemeente se kerksaal plaas. Vir meer besonderhede kontak die kerkkantoor by 044 874 2036.
Care Coffee Corner-banier
2. NG Gemeente Parowvallei-Oos
Care Coffee Corner groot sukses!

Van 05:45 op Vrydagoggend 20 Mei het Parowvallei-Oos se mense op die straathoek by die kerk vir almal wat verbystap op pad werk toe gratis koffie/tee en beskuit uitgedeel.
Dit was hulle "Fresh Expression" so vroeg op 'n wintersoggend - en dié plan het uitstekend gewerk! 185 koppies koffie en beskuit, drie tees en honderde verbaasde en dankbare gesigte! Net om te wys dat hulle vir die gemeenskap omgee.
Care Coffee Corner
3. Kix-otjies in Piketberg Vetgevoer
Kix by Hoërskool Piketberg ('n gekombineerde laer- en hoërskool) beywer hulle vanjaar vir die Otjiekos-projek, waar die otjies gevoer word in plaas daarvan om geld vir bedelaars te gee. Die bydraes word bymekaargemaak om uiteindelik vir Badisa te help om mense in nood by te staan.
Vir meer oor die Kix Otjiekos-projek, kontak Sharon by die Jeug- en Familiekantoor: jeug@sun.ac.za of 021 808 9050.
Kix Piketberg
Ester Smit, Yolanda Crous en Elzaan Trautman met spaarvarkies
Kix-kinders
Otjies met name en persoonlikheid!
Calvinia Kix
4. Groot dankie, Gemeentes!
Ons gemeentes - van Plettenbergbaai aan die een kant, deur die hele sinodale gebied, tot bo by Alexanderbaai - doen op plaaslike vlak soveel meer as wat ooit in hierdie nuusbrief berig kan word. Die meerderheid stories hoor niemand ooit nie.
Dankie as jy een van die "gewone mense" is wat stil-stil jou deel doen. Wat self daardie fondsinsameling reël, wat Badisa se hand in die dorp sterk, wat jou energie in kinderbediening belê. Wat sorg dat die kerkgebou geverf word - en 'n verwelkomende bord by die ingang na die dorp oprig. JY maak die verskil! Hierdie dankie is vir JOU. Mag jy seën op jou werk sien ...
Twitter Facebook YouTube
Friedrich Kotze en Chante Benson
PREDIKANTENUUS
1. Fritz, welkom in Fraserburg
Die NG Gemeente Fraserburg skud hulle vere reg, want Fritz Kotzé word op Vrydag 27 Mei daar bevestig. Ds Theuns Kriek (NG Gemeente Warmbad-Wes) sal die bevestiging waarneem en Fritz se intreepreek is op Sondag 29 Mei om 09:30.
Hierdie oud-Tukkie was voorheen betrokke in gemeentes in Warmbad, Centurion, Ermelo en Vereeniging. Hy en sy verloofde, Chanté Benson, (hulle trou in September) is reeds lief vir die Noord-Kaap en sy mense, vertel Fritz. Baie seën vir julle toegebid!
Karlien van Wyk
2. Karlien, jy is Welkom in Welgemoed
Na vyf jaar in die NG Gemeente Melmoth in KwaZulu-Natal, word Karlien van Wyk op 1 Junie 2016 van harte in die NG Gemeente Welgemoed in die noordelike voorstede van Kaapstad verwelkom!
Sy word op Sondag 12 Junie in 'n driejaar kontrakpos bevestig en lewer haar intreepreek daardie oggend om 09:00. Enigeen wat hierdie spesiale geleentheid met Karlien en die gemeente wil deel, is baie welkom. Haar pa, dr Jan Grobbelaar van Petra Kollege in De Doorns, sal die bevestiging waarneem.
Aanwysings na die Welgemoed-kerkgebou is op hulle webwerf - klik hier.
Ronel en Etienne Nolte
3. Etienne Nolte Emeriteer
Etienne Nolte (NG Gemeente Parow-Panorama) het op 31 Januarie 2016 demissie ontvang met die oog op emeritaat op 31 Mei 2016. Ons wens hom alles voorspoed toe met die nuwe fase van sy berdiening.
Etienne skryf dat hy en Ronél, sy vrou, nog beide deur die genade van die Here baie gesond is en voel hulle kan nog 'n voltydse bydrae tot die koninkryk maak. Sterkte met die beoogde studies en verdere planne, Etienne!
Ekologiese voetspoor
EKOLOGIE
1. Kerk se Ekologiese Verantwoordelikheid

Op Sondag 5 Junie is dit Biddag vir die Ekologie.
"Die omgewing is nie net 'n bron vir menslike gebruik nie, maar het intrinsieke waarde as deel van God se skepping. God, as die Skeppergod, roep ons tot ’n verantwoordelike verhouding met sy Skepping." So skryf Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, in 'n artikel op die Hervormde Kerk se webwerf. Lees gerus verder - en oorweeg om tydens volgende week se diens hieraan aandag te gee.
2. Sentrum vir Publieke Getuienis
Wat jy oor Kernkrag moet Weet

Op Maandag 23 Mei het SAFCEI (Southern African Faith Communities’ Environment Institute) (http://safcei.org/) ’n ontbyt aangebied wat oa deur Kumi Naidoo, vorige uitvoerende direkteur van Greenpeace, toegespreek is. Die kwessie op die tafel was SA se voorgenome kernkragprogram.
Braam Hanekom het die geleentheid bygewoon en gee 'n kort opsomming van die belangrikste punte wat geopper is. Lees meer op Getuienisaksie se webwerf.
e-Kerkbode-logo
PUBLIKASIES
Nooi lidmate om In te Teken op e-Kerkbode

Die NG Kerk se kommunikasie het 'n reuse voorwaartse stap geneem met die bekendstelling van e-Kerkbode. Oorweeg asb om in die erediens af te kondig dat lidmate by www.kerkbode.co.za kan inteken vir vars en aktuele nuus van die NG Kerk-familie.
KUIERKANS
Klik onder vir nuus oor basaars, feeste en vieringe! Hou die sinode se Facebook dop vir meer nuus. Dankie aan elkeen wat help reël, bak, dans, eet en ondersteun!
Chrismar Plaaswerffunksie
Badisa - Chrismar
3 Junie 
Badisa Huis Zonnekus Winter Dance
Badisa - Huis Zonnekus
1 Julie
La Rochelle Vrouebediening
NG La Rochelle Vrouebediening
11 Junie
NG Bellville-Oos Snoekbraai
NG Caledon-Wes Wintermark
NG Caledon-Wes
21-23 Julie
NG Bloubergstrand Moody Men's Choir
NG Bloubergstrand
31 Mei
Wedloop
7. NG Moedergemeente George
Toring-tot-Toring Wedloop

Moedergemeente George nooi: "Kom skryf in en neem deel aan die Toring-tot-Toring wedloop (5 km en 10 km) op Saterdag 11 Junie 2016. Waterpunte word deur verskillende gemeentes beman en dit is vet pret!" Vir meer besonderhede, kontak die kerkkantoor by 044 874 2036 of ngmoeder@caw.org.za.
Bybel-Media-logo
VAKATURES
1. Bybel-Media: Uitvoerende Hoof
Die Bybel-Media (BM) Groep van maatskappye is ʼn diens van die NG Kerk. Dié diens stel Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening in ʼn verskeidenheid mediaformate aan ʼn breë Christen-gehoor beskikbaar. Donateurs speel ʼn belangrike rol in die finansieringsmodel.
BM het vanaf 1 Januarie 2017 ʼn vakature vir ʼn Uitvoerende Hoof in permanente hoedanigheid. Die Uitvoerende Hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van dié multimediagroep. Lees hier meer en reageer voor 15 Augustus 2016.
Disakloof-logo
2. Disakloof Jeugkampterrein: Kampbestuurder
Disakloof Jeugkampterrein is in 1971 deur 10 NG gemeentes in die Wes-Kaap ontwikkel. Disakloof (Clarenceweg, Bettiesbaai), is 'n nie-winsgewende organisasie wat ingestel is om koste-effektiewe kampeerfasiliteite aan jeuggroepe, kerkgroepe, kampeerders en die korporatiewe wêreld te bied. 'n Kampbestuurder word met ingang 1 September 2016 benodig. Lees verder en reageer voor 13 Junie 2016.
Badisa-logo
3. Badisa
Huis van Heerde: Inwonende Maatskaplike Werker

Huis Van Heerde Kinder- en Jeugsorgsentrum, ‘n program van Badisa in Moorreesburg, het ‘n vakante pos vir ‘n inwonende maatskaplike werker.  Let op die sluitingsdatum van 27 Mei - lees hier meer.
Vakatures op Kerkbode se webwerf
Kerkbode is steeds dié plek vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante en ander kerklike amptenare. Klik hier vir die jongste inligting.
Neels Jackson
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Neels Jackson

In die rugbyseisoen is dit dalk ʼn goeie beeld om te gebruik: ʼn Missionale kerk is soos ʼn goeie senter. Hy gaan nie dood met die bal nie. Hy gee dit uit.
- Op hierdie punt van my lewenspad besef ek al meer dat ek grootgeword het met ʼn verskraalde evangelie wat net gaan oor persoonlike verlossing.
- Nou verstaan ek al beter dat die evangelie ook gaan oor die uitleef van daardie boodsap, oor die aangee van die genade wat ek ontvang het, na ander om my. Soos ʼn goeie senter sou doen.
- Die wonderlike is die vreugde wat daarin lê. Die vreugde van gee, van ander mense help om heel te word. En by Kerkbode is dit lekker om soveel sulke verhale uit die kerk oor te vertel.
* * *
Neels Jackson was meer as 23 jaar lank joernalis by Beeld en is sedert Desember 2013 redakteur van Kerkbode
Teken gerus in om Kerkbode gereeld te ontvang. Klik hier.


"... Dis goed as ons as kerk onsself aan die begin van Koninkrykstyd herinner aan die eerste van Jesus se saligsprekinge: Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is."
Saligsprekinge
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za