Subscribe to our email list
 29 April 2016

Beste Leser
Kerse

Here Jesus, u graf en u kruis was nie die laaste woord oor U nie.
Dankie dat die donkerte van ons ellende
ook nooit die laaste woord oor ons is nie,
omdat U uit liefde vir ons gesterf, én opgestaan het!
- Uittreksel uit 'n
gebed deur Willie Jonker
SINODENUUS
1. Kerke Sing 'n Nuwe (Suid-Afrika) Lied!
Kerke van Suid-Afrika beplan ʼn groot versoeningsveldtog in die land saam met organisasies wat die leiers van die 1976-jeugopstande en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing ʼn nuwe (Suid-Afrika) lied!
Die veldtog begin met veertig dae van gebed van 7 Mei tot 15 Junie. Op 16 Junie word die Soweto-opstand van '76 herdenk, as begin van 'n proses van versoening en heling wat deurloop tot op Versoeningsdag op 16 Desember.
Die gedagte is dat kerke self eienaarskap neem van die proses en voorkom dat dit deur politieke groepe gekaap word. Kerkleiers sê dat dit vir die sukses van die veldtog belangrik is dat baie witmense daaraan deelneem. Dit geld veral lidmate van die Afrikaanse kerke van wie baie lidmate diensplig gedoen het. Lees verder. (Met dank aan Kerkbode.)
Die volledige memorandum aan Afrikaanse kerke is hier beskikbaar.
2. NG Kerk Algemene Bevoegdheidsraad vir Predikante
"Die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR), 'n sub-taakspan vir Predikantesake, hanteer steeds alle bevoegdheidaangeleenthede, soos die jaarlikse aanmelding, registrasiefooie, bevoegdheidsnavrae en advies oor aansoeke tot hertoelating tot die bediening," skryf Déwyk Ungerer, bestuurder van die ABR, in hulle brief van 25 April 2016.
Hierdie kommunikasie is die afgelope week aan predikante gestuur. Daarin word predikante versoek om hulle biografiese inligting te kontroleer. herinner aan die jaarlikse registrasiegelde wat teen 30 April betaalbaar is. Riglyne oor die jaarlikse getuigskrif wat proponente, beroepbare predikante en emeriti aan die ABR moet besorg, word ook daarin uiteengesit.
In die volgende video-opname gesels Dewyk Ungerer oor die werk en doel van hierdie deel van die Algemene Sinode se Taakspan Predikantesake.
Dewyk Ungerer - ABR
ABR Kontakinligting
Dr Dewyk Ungerer (Bestuurder)  dewyku@iafrica.com
Me Annari du Plessis (Sekretaresse)  bevoegdheid@ngkerk.org.za 
of skakel die ABR-kantoor by 012 342 0092.
#Imagine Kidz-logo
3. #Imagine Kidz
#Imagine Kidz is 'n splinternuwe vertakking van die #Imagine beweging in Suid-Afrika.
Hulle fokus op kinders tussen 10 en 12 jaar. #Imagine Kidz wil kerke, skole, instansies en organisasies mobiliseer en toerus om self gedurende die Oktober-vakansie 'n sinvolle #Imagine Kidz Experience aan te bied. Almal wat belangstel, kan hier meer lees. Die kort video gee ook meer inligting. Deel dit asb met buurgemeentes, jeugwerkers of Sondagskoolpersoneel. Droom, glo en doen saam!
ALGEMEEN
1. Fakulteit Teologie Winterskool
Die jaarlikse Winterskool van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, is vanjaar van Di 31 Mei tot Do 2 Junie en handel oor die tema "A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa."
Predikante, studente, teoloë, academici en die breë publiek almal welkom! Die hoofsprekers is ds Esmé Bowers, (Volle Evangelie Kerk, prinsipaal en direkteur van uitreike van “Happy Feet”), me Lovelyn Nwadeyi, nagraadse student in Politieke Wetenskap aan die US, en prof Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van UWK en voormalige hoof van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys. Talle parallelle sessies. Vanweë die ekumeniese aard van die konferensie, sal Engels hoofsaaklik die taal van aanbieding wees.
Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171. Koste: R350 vir die volle kursus. Die program en registrasievorm is aangeheg. Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 20 Mei 2016.
Winterskool Program Ms Nwadeyi en prof O'Connell
Hector Pieterson Museum
2. Race & Restitution among SA Youth
Die dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch nooi almal graag na die Hector Pieterson Gedenklesing op Vrydag 13 Mei van 08:30 tot 12:00 in die Hofmeyr Lesinglokaal by die Fakulteit Teologie (Dorpstraat 171).
Die hoofspreker is prof Sharlene Swartz en die tema "Race and Restitution among young South Africans: 40 Years later". Die aangehegte dokument het meer inligting. 
Piet Naudé
3. Ons Gereformeerde Identiteit
In talle gesprekke oor die Christelike geloof, word die behoefte aan 'n duidelike verstaan van ons Gereformeerde identiteit onderstreep.
Reeds in 2005 het prof Piet Naudé met sy kenmerkende helder formulering in 'n artikel vir Kerkbode 'n duidelike profiel van 'n Gereformeerde verstaan van die evangelie geskets. Dit is vandag steeds ewe relevant en aktueel. VrydagNuus stel hierdie artikel met die skrywer se goedgunstige toestemming hier beskikbaar. 
Gutenberg drukpers
4. Reformasie 500:
Drukpers "God se beste werk"

Kerkbode bied die afgelope maande reeds 'n reeks artikels oor die Reformasie aan. In die jongste bydrae, geskryf deur prof Johan van der Merwe van UP, word 'n oomblik stilgestaan by een van die tegnologiese wonders van die tyd. Die drukpers.
Belangstellendes in die (kerk)geskiedenis kan hier verder lees. (Met dank en erkenning aan Kerkbode).
Is jy en jou gemeente se lidmate al ingeteken vir die e-Kerkbode? As jy 'n ingeligte opinie oor kerksake wil hê, kan jy nie anders nie! Sien links op hierdie blad - net 'n e-posadres is nodig. So maklik is dit!
HospiVision-logo
5. Nurture a Nurse
Compassion Fatigue Workshop

12 May is International nurses day. Like other health care professions, nurses often suffer from compassion fatigue due to trauma, stress and long work hours. HospiVision call on the public to sponsor a nurse in their work/friends/family circle for a three hour workshop for R300.  
Marianne Kruger, a clinical psychologist from Johannesburg, will present a once off seminar in Bellville on Friday 13th May from 18:30 and Saturday in Wynberg from 09:30. Learn how to care for yourself emotionally and diminish compassion fatigue. All health care professions registering under the HPCSA (as well as pastors and social workers) welcome. Contact Annette de la Porte on 083 794 3537 or annette@hospivision.org.za before 6 May.  
Hemelvaart
6. Hemelvaart: 5 Mei 2016
Ons herdenk op Donderdag 5 Mei 2016 Hemelvaart.
Diegene wat voorberei vir 'n Kinder- of Kleuterdiens oor Jesus se Hemelvaart, wil dalk kyk na voorstelle vanuit een van KiX (Kinders in Christus) se lesse, soos op Communitas se webwerf beskikbaar. Klik hier.
7. Onthou: Vigsherinneringsondag 15 Mei 2016
CABSA en die Vigstaakgroep wil gemeentes graag daaraan herinner dat Vigsherinneringsondag op 15 Mei saamval met Pinksterfees. Aneleh Fourie-Le Roux skryf: "Ons doen 'n beroep op u om tydens die erediens en ander bedieningsaktiwiteite ook aandag hieraan te gee."
Liturgiese voorstelle wat tydens die erediens gebruik kan word én wat inpas by die tema van Pinkster, is hier.
8. Pinkster: Vashou in die Geloof
As deel van 'n reeks artikels oor kerk en kuns, kyk André Bartlett in die e-Kerkbode na 'n skildery met die titel "Pinkster" deur Emile Nolde.
Hy herinner aan die belangrike waarheid dat Pinkster gemeenskap skep. Dat ons as gelowiges mekaar moet vashou in die geloof. Lees die volledige artikel hier. (Met dank en erkenning aan e-Kerkbode)
.
Emil Nolde - Pinkster
Wouter van Wyk
9. NHKA en Lutherse Kerk: Openbare Getuienis
Op 12 April 2016 het dr Wouter van Wyk, van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Afrika (NHKA), en biskop Gilbert Filter, van die Lutherse Kerk in Suidelike Afrika (Kaapse Kerk), 'n gesamentlike getuienis oor die situasie in SA uitgereik. Blitspos, die NHKA se e-nuusbrief, het berig dat 'n Engelse weergawe van die dokument terselfdertyd aan die ANC gestuur is.
In hulle getuienis vra hulle vir mnr Jacob Zuma se onmiddellike bedanking as president van die RSA en spreek hulle hul kommer uit oor die optrede van die ANC as regerende party met 'n volstrekte meerderheid in die parlement. Lees hier meer.
10. Aartsbiskop se Toekenning vir Vrede en Geregtigheid aan Tutu's
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou Leah het op Vrydag 22 April 'n spesiale blyk van erkenning vir hulle bydrae en toewyding tot sosiale geregtigheid ontvang.
Die "Archbishop's Award for Peace and Justice" is in Kaapstad se St George's Katedraal deur die Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, aan die egpaar oorhandig. Netwerk24 se video-opname is onder vir belangstellendes.
Tutu's ontvang toekenning van Aartsbiskop
Pespos
11. Hanteer "spam" in jou E-posbus
In hulle onlangse nuusbrief gee die Kerkbode-span goeie raad vir die bestuur van jou e-pos en die hantering van pespos ("spam").
As jy bv ingeteken het om die splinternuwe e-Kerkbode te ontvang, kan jy maklik voorkom dat hulle e-posse in jou spam-folder beland. Klik hier om te sien hoe om dit by Gmail te doen en lees hier hoe om te sorg dat Gmail die nuusbrief in jou e-posbus plaas, eerder as om dit as 'n promosie te klassifiseer. (Dit sal vele van VrydagNuus se lesers ook help met die klassifisering van ons nuusbrief!) Dankie, Kerkbode!
Kerkie
12. Raakgelees ...
China dalk binne 15 jaar mees Christelike nasie

Die verrassende van die geloofsgemeenskap waarvan ons deel is ...
"It is said to be China's biggest church and on Easter Sunday thousands of worshippers will flock to this Asian mega-temple to pledge their allegiance – not to the Communist Party, but to the Cross. The 5,000-capacity Liushi church, which boasts more than twice as many seats as Westminster Abbey and a 206ft crucifix that can be seen for miles around, opened last year."
Die getal Christene in Kommunistiese China groei so bestendig dat dit teen 2030 meer kerkgangers as Amerika kan hê. Lees hier. 
13. Snoopy se Spiritualiteit
Charles Schulz, bekroonde skepper van die Peanuts-strokiereeks, is 16 jaar na sy dood in 2000, steeds naas Elvis en Michael Jackson die ster wat na sy dood die meeste geld verdien. Schulz het sy industrie ook dramaties verander deur sy strokies te gebruik om op subtiele wyse vraagstukke oor die Bybel, gebed ens aan te raak.
"Little things we say and do in Christ’s name are like pebbles thrown into water,” het Schulz gesê. “The ripples spread out in circles, and influence people we may know only slightly and sometimes not at all.
Peanuts-liefhebbers kan hier verder lees.
Peanuts Sound Theology
Twitter Facebook YouTube
Durbanville-gemeente kruis
GEMEENTENUUS
1. NG Durbanville: Huwelikskursus 
Durbanville bied in Mei-maand 'n huwelikskursus aan vir paartjies wat wil trou of onlangs getrou het.
Die gratis kursus begin op 25 Mei en word Woensdae van 19:00 - 21:00 in die gemeente se Jeuglokaal (op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan, Durbanville) aangebied.
Belangstellendes kan hier meer inligting kry, terwyl die inskrywingsvorm hier is.
NG La Rochelle Pinkster
NG La Rochelle 021 919 9253
NG Moorreesburg Interkerklike Hemelvaartdiens
NG Moorreesburg 022 433 1105
Alan Storey
4. NG Gemeente Table View
Pinkster met Alan Storey

Pinkster by die NG Gemeente Table View word vanjaar gelei deur Alan Storey, predikant van die Cape Town Central Methodist Church. Die tema is Menswaardigheid en die dienste word van Sondag 8 Mei tot Woensdag 11 Mei om 19:00 aangebied. Lekker sop en brood vanaf 18:30 beskikbaar.
Navrae: kontak die kerkkantoor by 021 557 2391 of skriba@ngkerktableview.co.za.
Kanna-wenners Stefan en Erik
5. Tamboerskloof Orrelis wen Kanna!
Ons is saam met die NG Gemeente Tamboerskloof, Kaapstad, trots op hul orrelis en kollega, Erik Dippenaar, wat 'n Kanna gewen het.
Erik en Stefan Temmingh, die SA blokfluit-virtuoos wat in Duitsland woon, se Corelli à la mode is bekroon met die Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering.
Tamboerskloof skryf: "Ons is so beïndruk met jou werk en menswees, Erik. Dankie vir die musiek."
(Die Kannas bekroon jaarliks uitblinkers by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, en is op 24 April in Kaapstad oorhandig.)

PREDIKANTENUUS
1. Fraserburg groet Wessel en Leonie Oosthuizen
Ons dink aan die NG Gemeente Fraserburg, waar Wessel Oosthuizen op Sondag 24 April sy afskeidspreek gelewer het.  
Wessel skryf: "As ek terugdink aan ons 31 jaar in die bediening, kom Dawid se erkentenis in Ps 16 onmiddellik in my gedagtes:  'Die Here het 'n pragtige deel vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.'

Ek het ’n besondere lewensmaat  en helper  in Leonie ontvang.  Op die bedienings- roete by wonderlike stanings beland. In die proses gelowiges leer ken wat vriende, mentors, medewerkers, bemoedigers geword het. Een so 'n mentor het my in Namibië leer skaap werk en boer.  Die boer-stokperdjie het 'n liefde geword wat ons graag sou wou uitleef na aftrede. Toe die geleentheid dus kom om langs die Oranjerivier met lusern en skaap te gaan boer, het ek die Here se hand daarin ervaar. 'n Nuwe skakel in sy ketting van genade en voorsiening vir ons. Ons sien dus met gespanne verwagting daarna uit om na April 2016 op 'n nuwe manier die Here se sorg te beleef.  Ook om as gewone lidmate betrokke te wees in die gemeente waar ons gaan bly. " Ons hartlike seënwense vir julle!
Wessel en Leonie Oosthuizen
Wessel en Leonie Oosthuizen
2. Tot siens aan Chris en Lisa Cronjé
Na sowat vier bedieningsjare in die NG Gemeente Laingsburg, is Chris Cronjé (in sy eie woorde) "op die outydse manier beroep" na die NG Gemeente Christiana in die Wes-Transvaal Sinode.
Chris se intreepreek is op Sondag 1 Mei 2016 om 09:00 - en ons wens hom en Lisa die Here se leiding op hierdie nuwe pad toe. Chris het spesifiek versoek dat VrydagNuus-lesers voorbidding doen vir Laingsburg: dat die Here hulle sal sëen met 'n predikant wat hy vir hulle uitkies en stuur.  
Cronje-gesin
Chris en Lisa Cronjé en kroos
PUBLIKASIES
1. Spesiaal vir Moedersdag
CLF bied spesiale pryse op allerlei geskenke vir Moedersdag - en slegs vir bestellings wat hulle telefonies of per e-pos by order@clf.co.za ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar
Blanko kaartjies
Blanko kaartjies vir enige geleentheid
Notaboekie
Notaboekie
Beloftes
Bemoedigende beloftes
2. Geskenke vir Moedersdag
Bybel-Media het ook allerlei produkte ideel vir Moedersdag op Sondag 8 Mei 2016. Belangstellendes kan meer inligting hier kry. Klik op die produkte om te koop.
LiG-intekening Een minuut inspirasie Geillustreerde woorde van Jesus vir vroue
NUUSBRIEWE
1. Missie Japan: Kumanoto-uitreik = Nuwe Geleenthede
"Die aardbewing rampgebeure skep nuwe geleenthede om konkrete nood en behoeftes vanuit die kerk te bedien. In ‘n land met net 1% Christene is die kerk meestal moeilik “sigbaar” in die gemeenskap.
Maar die getal mense wat in die afgelope drie dae oor die drempel van RCJ Kumamoto gestap het, is meer as wat in maande se eredienste hier bymekaar kom. Die verhoudings wat begin is, wag om verdiep te word. Plaaslike gemeentelede het volgehoue gebede, bemoediging en konkrete leiding uit verskeie oorde nodig. Honderde mense kry vir die eerste keer ooit met die liggaam van Christus te doen.
Nou - soos in 2011 na die tsoenami in Sendai - het die plaaslike gemeente die kans om meer sigbaar en aktief diensbaar te raak in die gemeenskap. Met behulp van Missie Japan se ondersteuners, saam met die breër RCJ, asook die Kobe Kweekskool, sit ons spesifieke uitreik projekte voort." So skryf Stéphan van der Watt uit Japan.
Meer volledige terugvoer oor die eerste uitreik en meer foto's is hier.
Missie Japan-uitreik
Prof Takashi Yoshida (middel) stuur die uitreik-groep na die rampgebied
Kamamoto-uitreik
Luister self: Stéphan op Sondagjoernaal!
Maak 'n nota! Maak wyd bekend! Maak dit asb deel van jou gebedsgroep se voorbidding! Luister gerus op Sondag 1 Mei tussen 07:00 en 08:00 op RSG se Sondagjoernaal hoe Stéphan van der Watt oor die uitreike in Kumamoto gesels.

Bankbesonderhede vir finansiële ondersteuning van die uitreik:
ABSA
Takkode: 632005
Rekeningnaam: Missie Japan
Rekeningnommer: 404 969 0248
Verwysing: Naam + Kyushuramp

Stephan en Sondagjoernaal
2. Hefsiba Nuusbrief
In die tweede nuusbrief van 2016 skryf Ivan Stevens vanuit Milange in die Zambezia-provinsie oa oor 'n stukkie Afrika-reiservaring met die gebruiklike oponthoud, frustrasie, stres - maar ook volop humor en voorspoed.
Ons Getuienisaksie-kollegas, Mickey Bouwer en Hylie Enslin, word by name in die nuusbrief bedank vir hulle spesiale diens om te verseker dat sendelinge seepgladde, vriendelike en effektiewe finansiële en administratiewe ondersteuning kry.
Belangstellendes kan allerlei interessante brokkies in die nuusbrief lees. Oorweeg gerus om Ivan by Milange te ondersteun en selfs te besoek! 
Milange se hoofstraat
Milange se hoofstraat
KUIERKANS
Hier is nuus oor allerlei basaars, kermisse, feeste en vieringe! Hou ook die sinode se Facebook dop vir meer nuus - daar is altyd 'n lekker rede vir rondry dié langnaweek!
NG Gemeente Vanrhynsdorp Basaar
NG Vanrhynsdorp 30 April
Constantia Teddy Fair
NG Constantia 2 Mei
Wes-Kaapland Sinode-logo
VAKATURES
1. NG Kerk in SA: PSD Teologiese Navorsing
'n Herinnering: Die sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) het 'n vakature vir 'n Predikant in Sinodale Diens (PSD) in die Diensgroep Toerusting. Meer oor die PSD: Teologiese Navorsing se verantwoordelikhede en die vereistes vir die pos is hier te lese. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 5 Mei 2016. 
Badisa-logo
2. Badisa Villiersdorp
Gemeenskapsontwikkelingswerker

Die Beheerraad van Badisa in Villiersdorp benodig die dienste van 'n gemeenskapsontwikkelingswerker. Entoesiastiese persone wat Badisa se waardes onderskryf, kan aansoek doen. Reageer voor 6 Mei en klink onderaan vir meer hieroor.  
Toevlug-logo
3. Badisa Toevlug Sentrum
Maatskaplike Werker & Geregistreerde Verpleegkundige

Toevlug, Badisa se sentrum vir alkohol- en dwelmafhanklikheid in Worcester, het tans twee vakatures beskikbaar. Die eerste posisie is vir 'n maatskaplike werker en die tweede vir 'n geregistreerde verpleegkundige. Meer oor die vereistes is aangeheg beskikbaar. Let asb op die sluitingsdatum vir aansoeke: Donderdag 5 Mei 2016.
Donald Gantana
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Donald Gantana

Verwondering

Verwondering kan volgens wysgere altruïsme, goedertierenheid en grootse gedrag aanhelp. Maar verwondering het ook soms die betekenis van neerdrukkende verslaenheid (Gal.1:6).

Ek is in verwondering oor…

  • Hoe wonderlik God ons geskape het: van ovum tot breinselle!
  • Hoe dankbare harte ons liggaam gesond hou!
  • Die skeppende krag van menslike verbeelding.
  • Die ontsagwekkende grootte en ewige ouderdom van die uitspansel.
  • Die helende impak van die aanplant van ’n (suurlemoen-)boom!
  • Die welwillendheid wat dikwels in gemeentes bestaan.
  • Hoe die bekering van ’n gemeentekultuur ons bediening “red”.
  • Huwelike en Christelike gemeentes wat hoegenaamd kan bestaan, wat nog te sê groei of floreer, gegee die samestelling daarvan.
  • Die misterie en die krag van liefde … alle gesigte van die liefde!
  • Die dinamiese krag van die evangelie.
  • God, veral wanneer die wetenskap – waarskynlik onbedoeld – die sluier oor die wonder van God se skepping help lig!
  • Die aardskuddende opstanding van Jesus uit die dood!

Sjoe! Is dit nie die wonders waarmee ons lewens daagliks oorspoel word nie, maar dit verskyn in ons blindekolle ... 

* * *
Donald Gantana is sedert 1997 predikant in die VGKSA Gemeente Grabouw. Voorheen het hy in Loeriesfontein en Calitzdorp bedien. Hy is ook voorsitter van Getuienisaksie van die VGKSA Kaapland en NG Wes-Kaapland en is betrokke by die VGKSA Algemene Sinode en die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis (VDDG). Enigeen wat Donald wil kontak, kan dit doen by dhgantana@gmail.com.

SPESIALE VERSOEK
- Kom ons dink asb in ons gebede aan boere in verskillende dele van ons land waar dit regtig sleg gaan weens die droogtekrisis se gevolge. Plekke soos Merweville, Laingsburg, Kliprand op die grens van die Boesmanland en Bitterfontein in die suide van Namakwaland ...
- Kom ons bid asb vir die besondere getuienis geleentheid wat Missie Japan in Kumamoto het en oorweeg verdere ondersteuning daarvoor - sien NUUSBRIEWE bo.
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za