Lees deur internet, klik hier >>
31 Mei 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Finale notules van Sinode 2019 beskikbaar 
Die Sinode 2019-notules vir Donderdag en Vrydag is nou beskikbaar op die webblad. Klik onder om dit af te laai. 
Notules
2. KiX maak slim planne vir Hemelvaart en Pinkster
KiX (Kinders in Christus) het met 'n paar briljante idees vorendag gekom om kinderbediening tydens Hemelvaart en Pinkster te verryk. Die vindingryke hulp-middels wissel van doen-dit-self koekies en krone tot inkleurblaaie en woord-soekspeletjies wat die kern van Pinkstertyd op 'n ouderdomstoepaslike manier oordra. 
Besoek Pinterest of die dinkjeug webblad vir meer idees.
3. Getuienisaksie 
3.1 Susterskerk in Mosambiek dankbaar vir motorfietse

Getuienisaksie het onlangs aan twee nuwe dominees van ons susterskerk in Mosambiek, die IRM, motorfietse geskenk. Aangesien hulle bedieningspunte in baie verafgeleë plekke met onbegaanbare paaie is, is die motorfietse vir hulle van groot hulp om hul bediening te vergemaklik. Die twee predikante werk onderskeidelik 75 en 100 km noord in die bos van Gandali af. Dit is in die Tête Provinsie van Mosambiek. Klik hier om meer te lees.
 
Festo Eduardo Aquiera en  Mavuto Horacio Denis op hul nuwe motorfietse - gereed vir die bediening.
3.2  Christelike literatuur gevra vir Arbeidsbediening
Arbeidsbediening benodig dringend enige Christelike literatuur soos dagstukkieboekies, Bybels, ens. wat, indien moontlik asb. by hulle kantoor in Bellville afgelaai kan word.
Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.

GEMEENTENUUS
1. Pinksterdienste by La Rochelle
Chris van Wyk van Somerstrand gemeente in Port Elizabeth bied NG La Rochelle (h/v Meerlust- en Hadleystraat, Oakglen, Bellville) se Pinksterreeks van 2-9 Junie aan. Sy preke handel oor vrae soos: Wonder jy oor gemeentewees vandag? Hoe sal jou gemeente vaar in die weegskaal van die Here Jesus? Hoe sal jy as gelowige en lidmaat vaar? Jesus se reguit beoordeling van die sewe gemeentes van Openbaring en die verskillende eise wat Hy aan hulle rig, bly immers vandag nog van krag. 

Aanddienste is om 19:00 met heerlike sop na die diens. Dienste word Ma. tot Vr. om 10:00 herhaal. Skakel 021 919 9253 vir navrae.
zorada
2. Gemeente-orrelis vereer met FAK-toekenning
Stellenbosch Moedergemeente se orrelis, Zorada Temmingh, is pas vereer met die Andrew Murray-FAK-toekenning vir Christelike musiek. Sy is die eerste vroulike orrelis van hierdie gemeente en beklee die pos sedert 1986. In 'n onderhoud met Maroela Media vertel Zorada dat sy begin orrel speel het om geld bymekaar te maak om 'n klavier te koop, en dat sy eintlik gedink het sy wil 'n argitek word. Lees hier verder. 
3. Symphony of Prayers ten bate van Maitland by Kenridge!
Kenridge gemeente bied Donderdag 6 Junie AGL Opera se Symphony of Prayers aan. Die program sluit in immergewilde liedere soos Handel se Halleluja en Panis Angelicus uitgevoer deur voorste Kaapse operatalent soos Shirley Sutherland, Ntando Ngcume, Johannes en Raimondo van Staden-Slabbert. Die vertoning begin om 19:00, maar heerlike sop en brood word reeds vanaf 18:00 verkoop. 
100% van die aand se wins word aan Maitland gemeente geskenk om te help met die heropbou van hulle kerk wat in Desember afgebrand het. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Kontak 021 913 4206 vir navrae.
Orrelsusters Karin Michau (Ceres-Vallei), René Ferreira (Kuilsrivier-De Eike) en Erna Rademan (Vredefort)
4. Sustertrio lewer orrelvertoning by Kuilsrivier-De Eike 
Die kerkorrel gaan weerklink by Kuilsrivier-De Eike op Sondag 16 Junie wanneer drie susters (néé Van Niekerk) byeenkom om tydens die oggenddiens orrel te speel. Dié drie oud-Brandwagters is almal orreliste van hul onderskeie gemeentes. Die susters lewer 'n halfuur voorspel op klavier en orrel met trompetbegeleiding voor die 09:30 Vadersdagpreek deur Chris Barnard.
Almal welkom!

5. Kanselkat by George-Tuinedal
Fraaie vierpotiges is gereelde besoekers by George-Tuinedal gemeente en maak elke Sondag deel uit van die eredienste. Anli van Santen vertel dat die katte soos trooskombersies werk vir lidmate wat op 'n betrokke Sondag besonder alleen voel. Sy stuur ook die foto waar hulle kat Pixie vir Pieter op die preekstoel ondersteun. 
"Op watter kosbare maniere maak God nie Sy teenwoordigheid aan ons bekend nie?"
UIT ONS RINGE
Logo
Nuwe ringskribas en -voorsitters verkies
Tydens Sinode 2019 is nuwe voorsitters en skribas vir die sinode se 25 ringe aangewys. Gaan kyk gerus op die webwerf wie in jou ring verkies is en ondersteun hulle in voorbidding vir die termyn wat voorlê.
PREDIKANTENUUS
Bassons
1. Erik Basson groet NG Vredenburg 
Na 28 jaar in die gemeente, het Erik en Alét Basson op Sondag 26 Mei van die NG Gemeente Vredenburg tydens 'n spesiale diens en gemeente-ete afskeid geneem - klik hier. Tydens die erediens is die Akte van Emeritaat deur die vorige rings-voorsitter, Richard Holloway, aan Erik oorhandig. Vir die eerste tien jaar van sy bediening was hy by NG Parow-Wes, en het in 1991 by Vredenburg begin bedien. Die Bassons gaan vir 'n rukkie op Vredenburg aanbly en beoog dan om op St. Helenabaai te gaan aftree.
Seënwense op jul pad vorentoe!
2. Kallie Le Roux beskikbaar vir aflospreke
Kallie Le Roux is beskikbaar vir korttermyn aflostydperke vir tussen een tot ses maande. Kallie het in Februarie 2017 in Darling/Yzerfontein gemeente geëmeriteer. 
Hy woon op Merweville en is ook beskikbaar vir eredienste in die onmiddellike omgewing. Kontak Kallie per e-pos of by 083 255 6931 of 023 5014 007. Lees ook op die webwerf van ander aflosleraars in jou omgewing.
GEBEDSVERSOEKE
ALGEMEEN
Kietie Smit
1. Innige simpatie
Ons groet ’n merkwaardige vrou, Kietie Smit, wat diep spore in Malawi getrap het.
Dit is met groot hartseer dat ons Dinsdagaand 28 Mei gehoor het van die heengaan van tannie Kietie. Sy was altyd intens geïnteresseerd in alles wat Getuienisaksie en ons susterskerke in Afrika, veral Malawi, doen. AnnaMarie de Klerk, wat baie jare werksaam was in Malawi, skryf hierdie pragtige huldeblyk aan tannie Kietie. 'n Dankdiens word op Dinsdag 4 Junie om 10:00 in die NG Moederkerk op Stellenbosch deur Jurie Goosen gelei
2. Annual Youth Day Lecture at Faculty of Theology
In anticipation of Youth Day on 16 June, the Faculty of Theology hosted its annual Youth Day lecture themed #storiesmatter. According to keynote speaker Lovelyn Nwadeyi, the stories that our generation of South Africans are telling and the stories we are living, do not add up – we need new stories.  Read more about her view on the power of stories here.
Back from left to right: Quinton Apollis, Alfred Ferreira, Belicia Reader, Annamari Booysens, Reggie Nel, Shantelle Weber, Claire Kelly
Front from left to right: Madré Arendse, Jayson Gribble, Tayla Minnaar, Anita Cloete, Lovelyn Nwadeyi
Public lecture
Logo
4. Call for applications
4.1 MTh in Clinical Pastorate  2020 – 2021

The Faculty of Theology at Stellenbosch University offers a two-year modular MTh in Clinical Pastorate. The aim of the programme is to guide students to develop contextual pastoral knowledge and clinical skills through the integration of theory and practice as well as clinical supervision in pastoral practice. Closing date for applications is 30 September 2019 - click here.
4.2 MTh in Practical Theology
The purpose of this two-year MTh in Practical Theology (pastoral care) programme offered by the Faculty of Theology, SU is to assist students to develop dialogical intergenerational pastoral knowledge and skills through the integration of theory and practice. Entries close on 31 October 2019 - read more here.

5. Colloquium hosted at Beyer Naudé Centre
David Tombs will present his paper Responses to the Naming of Jesus as a Victim of Sexual Violence on Tuesday 11 June from 12:30 to 14:00 in the Hofmeyr Lecture room (2003) at the Faculty of Theology, US. Responses from the faculty's Shantelle Weber, senior lecturer: Practical Theology and Missiology, Ashwin Thyssen, senior student leader and activist and Jeremy Punt, professor: Old and New Testament, to follow. RSVP to Marita before 6 June.
Klik bo om meer te lees
7. Verryk en verdiep jou huwelik
Wentzel Coetzer van die Noordwes-Universiteit bied op Saterdag 11 Junie 'n pastorale beradingskursus aan in Potchefstroom. Indien enige van ons lesers in die area is, bespreek by 083 6600 409 of 082 577 8810 of e-pos: wentzelc@gmail.com. Die kursus word gerig op persone met 'n belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders) asook op voornemende huwelikspaartjies en diegene wat al op die huwelikspad gevorder het.  Geakkrediteer vir VBO en CPSC punte.

Ouer ds.
8. Raakgelees
Waar gaan ons leraars vandaan kom?
Teen 2028 sal bykans 46% van NG leraars by of verby die verpligte aftreeouderdom van 65 wees. Veertig jaar na die saamtrekke van die Jeug-tot-Jeug Aksie in 1974, wat deur 350 000 jongmense bygewoon is en wat gelei het daartoe dat honderde jongmense vir teologiese opleiding aangemeld het, bevind die NG Kerk homself op 'n plek waar hierdie predikante binne  die volgende tien jaar aftreeouderdom gaan bereik.
Skep hierdie 'n goeie geleentheid vir jonger predikante wat poste soek, of is daar rede tot kommer. Lees hier die volledige berig.
Bron en grafika: e-Kerkbode

NUUSBRIEWE
VGK nuusbrief
PUBLIKASIES
Getuie
2. Multilingual Hymn Book
In celebration of the 25th anniversary of the Uniting Reformed Church in Southern Africa, CLF introduced a multilingual prayer book.  Sing praises all you people is a compilation of 100 beloved hymns and songs from several hymn books of various congregations. 
The hymnal hopes to add value to the praise and worship in our combined meetings, not only in official church gatherings, but also during informal prayer meetings in the work place, in schools or wherever people from different language groups pray together.
The cost  of the hymnal is R199 and can be ordered online or here via email.
EKOLOGIE
Elektrisiteit het ook met ons geloofslewe te doen
Alle energie in die skepping kom van God af. Dus ook die energie wat deur die elektriese drade na ons werkplekke, saamkomplekke en blyplekke vloei. En net soos wat ons moet leer om water met respek te behandel, so moet ons ook leer om energie met respek te behandel. Só skryf David Botha van Projekspan Ekologie - lees hier verder.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo om meer te lees van hierdie week se kuiergeleenthede
VAKATURES
Logo
1. NG Citrusdal
Gemeentebestuurder en skriba/kassier

Die NG Gemeente Citrusdal beskik tans oor twee vakatures. Beide is halfdagposte met die datum van diensaanvaarding 1 Augustus 2019. Klik hier vir meer oor die pos as gemeentebestuurder en hier vir inligting oor die pos as skriba/kassier.
Belangstellendes moet voor 15 Junie aansoek doen.
Logo
2. HoutbaaiGemeente: Skriba
Die skriba is verantwoordelik vir die bestuur van die kerkkantoor en administratiewe funksies van die gemeente. Werksure is Ma. tot Do. vanaf 08:00 – 12:00 asook twee Sondae per maand. Belangstellendes kan hul CV’s stuur voor 14 Junie - lees hier meer
3. NG Kerk in SA: VBO-koördineerder (Stellenbosch)
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor ’n vakature op Stellenbosch. Hierdie taakspan is verantwoordelik vir die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) vir predikante. Klik hier om meer te lees van die VBO-koördineerder se pligte en verant-woordelikhede. Doen aansoek nie later nie as 14 Junie 2019.
4. Simondium op soek na musiekleier
NG Simondium bied 'n geleentheid vir 'n bekwame musiekleier wat die gemeente op kreatiewe wyse met die orrel en/of klavier kan begelei. Die gemeente het tans soggens familie-geïntegreerde eredienste waarin jonk en oud geakkommodeer word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 12 Junie.  Lees hier meer oor die pos.
Logo
5. Huis van Heerde, Moorreesburg:
Kinder- en jeugsorgwerkers
Huis Van Heerde Kinder- en Jeugsorgsentrum, Moor-reesburg, bied residensiële versorging, ontwikkelings- en terapeutiese dienste aan 70 sorgbehoewende kinders en het vakatures vir inwonende kinder- en jeugsorgwerkers. Aansoeke sluit 7 Junie - hier is meer.
TEN LAASTE
In Matteus 28:20 herinner Jesus die elf dissipels: “Onthou, Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” 
Kom ons onthou ook hierdie Pinkstertyd sy ewige belofte saam met Retief Burger se Halleluja in my hart .
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.