|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Sondag 16 Februarie 2025
Matteus 17:1-8 | Anderkant die grens van verwagtinge
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (3)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | M. Strümpher
Deuroffer: Noot-vir-noodfonds
| |
Sondagoggend se teetuin en kafeteria
Ons nooi jou hartlik uit om na die oggenddienste in ons teetuin, op die grasperk voor die kerk, gratis tee en koffie te geniet en saam met ander lidmate te kuier. In ons kafeteria is heerlike koek(R25) melktert (R20), vetkoekies (R25) en kolwyntjies (R15), asook cappuccino’s(R35), tee (R10), koffie (R15) en koeldranke te koop.
| |
Koffie-en-kleuter-oggende
| |
Ds. Philipp Dietmann nooi ouers met babas en kleuters om op Saterdag 22 Februarie om 10:00 saam met hom by die Klein Joostenberg-piekniekarea te kuier. Daar is oorgenoeg plek vir die jongspan om te speel en ouers kan saamkuier oor 'n lekker koppie koffie. Bring ’n piekniekkombers saam. Flings-skyfies vir die kinders word voorsien. Rig enige navrae aan Charlotte by 021 976 4519.
| |
Kleuterkerk: Waar klein hartjies Jesus ontdekBy die kleuterkerk word geloof elke Sondagoggend om 09:00 op ’n prettige manier met speletjies en kreatiwiteit aangebied. Hier ontvang ons kleutertjies die geleentheid om deur bekende én verrassende Bybelstories meer oor God en sy liefde te leer—alles op ’n eenvoudige en praktiese manier wat vir hulle sin maak. Liedjies, handwerk en interaktiewe aktiwiteite bring elke storie tot lewe, sodat dit nie net gehoor word nie, maar ervaar word! Dit is ‘n veilige, vrolike ruimte waar kleuters tuis voel en waar hul geloof op ‘n natuurlike manier begin groei.
Ouers speel ‘n onontbeerlike rol in dié bediening deur beurte te neem om hierdie spesiale oggende aan te bied. Kleuterkerk is nie net speletjies nie—dis die eerste tree op ’n wonderlike geloofsreis! Kom loer gerus in en sien hoe kinders se gesiggies ophelder wanneer hulle ontdek: "Jesus is lief vir my!". Kontak gerus vir Brenda Visser by 021 976 4519/brenda@stellenberg.co.za met enige navrae.
| |
’n Gebed vir liefde en verliefdheid Deur: Ds. Schalk van Wyk
Woorde uit die wêreld om ons:
Ek het vir Kunsmatige Intelligensie gevra om vir my te verduidelik wat Valentynsdag dan tog beteken. Hierdie is soos die blikbrein daaroor dink:
Valentynsdag, wat op 14 Februarie gevier word, is 'n dag om (veral romantiese) liefde sowel as toegeneentheid binne vriendskappe uit te druk. Dit het sy oorsprong in antieke Rome, gekoppel aan St. Valentinus, 'n martelaar. Mense ruil kaartjies, blomme en geskenke uit en geniet dikwels romantiese etes saam. Lees meer . . .
| |
#Imagine Fees 2025
#Imagine is ’n groot, pretgevulde naweek vir tieners om saam met ander in hul geloof te groei deur saam te aanbid, geïnspireer te word, in klein groepe te gesels, praktiese werkswinkels by te woon en saam pret te hê! Dit is ’n ongelooflike ervaring om te beleef hoe tieners vanuit ’n klomp verskillende plekke bymekaarkom in die Here se Naam!
Hier is ’n paar maniere om #Imagine te ondersteun:
- Gaan saam as tiener. Kry die tiener inskrywingsvorm HIER.
- Gaan saam as ’n leier/vrywilliger. Ons benodig ’n volwasse groepleier vir elke 10 kinders. Kry die Leier inskrywingsvorm HIER.
- Borg ’n tiener. Kontak die jeugkantoor vir meer inligting by sunet@stellenberg.co.za.
- Leen vir ons ’n tent. Die tieners slaap in tente en ons benodig altyd iewers ’n tent of twee.
Hierdie jaar kom die #Imagine Band vanuit Stellenberg-gemeente! Indien enige tiener belangstel om deel te word van die musiekspan, kontak vir Pieter Avenant by 061 304 5396. Vir meer inligting, besoek imaginemovement.co.za of kontak die Jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za.
| |
Halftyd: ’n Nuwe groep vir manne
Is jy ’n man tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar oud, wat moontlik voel dat die tweede helfte van jou lewe ’n nuwe betekenis en doel nodig het? Dan nooi ds. Johan Visser en Conrad Koorts jou om deel te word van hierdie groep wat gebaseer is op die insiggewende boek: Half Time – Moving from success to significance, deur Bob Buford.
| |
WolskenkingsSkenk asseblief enige bruikbare afvalwol aan ons breigroep. Die groepie breiers werk hard aan musse en serpe wat tydens die uitreike in Juliemaand aan minderbevoorregte persone in Karoodorpe gekenk word. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
| |
Ons stap die keer vanaf Bloubergstrand tot by Big Bay en terug. Dit is ’n heerlike 10 km-roete al langs die see. Ons kry mekaar op Saterdag 22 Februarie om 07:00 by die kerk en ry dan saam tot in Blouberg. Na die stap koop ons ’n koffie en geniet die seelug. Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za voor 19 Februarie 2025.
| |
Verkoop jy juwele, speelgoed, of enige handwerkartikels? Doen dan aansoek vir ’n stalletjie by die basaar. Slegs nuwe produkte, geen tweedehandse items of kosprodukte nie, sal aanvaar word. Doen nou aansoek – daar is nog net 10 stalletjies beskikbaar. Kliek op die SKAKEL om aanlyn vir ’n stalletjie aansoek te doen.
| |
Die basaar is jaarliks een van ons gemeente se grootste saamkuiergeleenthede. Ons het hulp nodig om van die geleentheid ’n sukses te maak – help ons asseblief met die volgende:
HELPERS by die hamburgers, boereworsrolle, hotdogs, kerrie-en-rys, roosterkoeke, teetuin, poeding, pannekoek, kroeg en braai. Kontak asb. vir Karen Visagie by 082 827 9389 indien jy kan help.
KONVENORS – Ons wil graag nuwe konvenors vir 2026 begin oplei. Indien jy op dié wyse betrokke kan raak, kontak asseblief vir Karen Visagie by 082 827 9389.
BESTANDDELE – Skenk asseblief kontant of bestanddele vir die basaar. Skenkings help ons om die verkooppryse laag te hou. Skenkings van suiker, fynkaneel, gekleurde skroefnoedels, blatjang, tamatiesous, kaas, rys en uie
sal baie waardeer word. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan met EFT of SnapScan betaal word. Gebruik “basaar” as verwysing.
POEDING – WhatsApp asb. vir Karen Visagie by 082 827 9389 indien jy bereid is om ’n poeding te maak en dui aan hoeveel en watter soort.
GEBAK – Skenkings van enige tuisgebak of gekoopte items soos koek, kolwyntjies, brode, beskuit of koekies kan op die oggend van die basaar in die markplein afgegee word.
WITOLIFANTTAFEL – Skenk asseblief enige huisraad, gereedskap, dekoritems, fiksheids- en sporttoerusting vir ons witolifanttafel. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
STALLETJIES – Verkoop jy juwele, speelgoed, of enige handwerk-artikels? Doen dan aansoek vir ’n stalletjie by die basaar. Slegs nuwe produkte sal aanvaar word, geen tweedehandse items of kosprodukte nie. Die stalletjies sal buite wees en geen kragpunte is beskikbaar nie. Klik op die SKAKEL om aanlyn aansoek te doen.
| |
Die In-Christus Leierskapkonferensie word op 19 en 20 Maart by Stellenberg-gemeente aangebied. Gesoute sprekers met bewese ervaring as leiers gaan hulle kennis met ons kom deel. Koste: R500 per persoon.
Bespreek jou plek aanlyn deur op die SKAKEL te klik.
| |
M I D W E E K | ONTMOETINGS MET GOD
Skakel Woensdagaande vanaf 18:30 tot 19:30 by die Midweek-byeenkomste in die kerk in. Jy word uitgenooi om een van die byeenkomste by te woon om te bepaal of dit in jou smaak val.
Aanbieder: Dr. Carel van Wyk
Koste: Gratis. ’n Donasie vir fotostate sal verwelkom word.
| |
Vakature vir musiekleierDie gemeente benodig die dienste van ’n musiekleier. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir die organisering en begeleiding van die musiekspan wat hoofsaaklik by die familiediens die lofprysingsgeleenthede waarneem.
Aanvangsdatum: 1 April 2025.
Vergoeding volgens SAKOV-skale. ’n Jaarkontrak word aanvanklik gesluit, maar kan hernu word.
Stuur asb. CV’s voor 21 Februarie na ontvangs@stellenberg.co.za. Enige navrae kan gerig word aan ds. Visser by johan@stellenberg.co.za.
| |
VatVyf-byeenkomste
Praatjie: 26 Februarie 10:00 in die kafeteria
Mike van Deventer kom gesels oor die seën van oud word. Bespreek by Charlotte 021 976 4519 / WhatsApp 081 045 2428 ). Gratis.
Uitstappie: Woensdag 19 Maart om 09:00
Ons besoek die pragtige Bosjesplaas naby Goudini. Ons gaan op die pragtige plaas kuier en ook iets eet of drink. Elkeen betaal vir hom-/haarself. Bespreek jou plek by Charlotte (021 976 4519) voor 14 Maart 2025.
| |
Raak deel van die netwerkStellenberg Terapiesentrum nooi psigiaters, sielkundiges, arbeids-, spraak- en fisioterapeute om deel te raak van die sentrum se diensleweringsnetwerk om terapiedienste in die gemeenskap meer toeganglik te maak. Kontak vir Rudolph van Schoor te kontak by 066 5466 375/therapy@stellenberg.co.za.
| |
BreigroepDie groep ontmoet weer op Maandag 3 Maart 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte. Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.
| |
Dankie vir jou finansiële bydrae- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Vakansieverhuring vir ses persone: Eastford Country Estate, Knysna. Die huis het drie slaapkamers, drie badkamers, goed toegeruste kombuis met skottelgoedwasser en wasmasjien, sit- en eetkamer, stoep met braai, Wi-Fi, DSTV asook ’n inverter. Asemrowende uitsig oor Knysna lagoon en The Heads. Alle linne en handdoeke word verskaf. Vyf minute se ry van Simola-golfbaan. Huis word gediens.
Beskikbare datums : 4 - 7 Feb. 2025 teen R2 500 per dag;
13 Junie – 4 Julie 2025 teen R 1800/dag; asook 14 Nov.- 28 Nov. 2025 teen R1 800 per dag. Kontak: Mev. Nieuwoudt (082 887 7347).
- Betroubare tuinman beskikbaar: Hy werk tans op Saterdae, maar benodig werk deur die week. Vir verwysing kontak Irmgard Visser by 076 459 9658.
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas. Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair. Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
- Huishulp beskikbaar: ’n Betroubare en hardwerkende huishulp wat die afgelope vier jaar by ’n gesin gewerk het, soek tans ander werk aangesien die gesin se omstandighede verander het. Vir verdere inligting, kontak Lize-Marie Visagie by 084 711 8079.
- Tuinwoonstel om te huur: Mimi Botha is op soek na ’n eenslaapkamer, of ruim eenmanswoonstel om te huur. Sy benodig ’n aparte ingang, is bereid om tussen R6 000 en R6 500 per maand huurgeld te betaal en onderneem om die eenheid baie goed op te pas. Sy is ’n nie-roker en gebruik ook nie alkohol nie. Kontak haar by 082 864 5213.
- Te koop: Ryobi-tafelsaag, gemonteer op houtboks met wiele teen R3 000, AEG- saag teen R500 in ’n goeie werkende toestand en ’n rol koperdraad vir sweiswerk teen R200. Kontak: Ivan Marais 071 684 0028 of 082 336 7833.
| |
|
|
|
|
|