navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 21  September 2025

Romeine 8 en Jeremia 8 | Genesing vir ’n skepping wat sug van pyn

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Hanekom (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Potgieter

Klouterkerk om 09:00 by Maria restaurant | Ds. Dietmann

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn |  Ds. Agenbach

Kleuterkerk in die grootsaal om 09:00

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter


DEUROFFER

Stellenbergmedewerkers
Ons ondersteun medewerkers (sendelinge) wat oor die land en wêreld heen vir die koninkryk van God werk.

September-sensus

Tydens Septembermaand wil ons graag lidmate se inligting in ons databasis opdateer.  Daar sal gemeentelyste by al die eredienste beskikbaar wees.  Jy kan voor of na ’n erediens seker maak jou naam is op ons gemeentelys,  asook al die toepaslike inligting daarop kontroleer en indien nodig sommer die veranderinge op die lys  aanbring.  Stuur gerus vir Anneke ’n e-pos in die verband by anneke@stellenberg.co.za.  Ons is dankbaar vir almal se samewerking in die verband.     

Klouterkerk |

Sondag 21 September

Ds. Philipp Dietmann nooi gesinne met voorskoolse kleuters en babas om op Sondag 21 September om 09:00 by die klouterkerkbyeenkoms in die Maria- restaurant se tuin in te skakel.  Dit is ’n kort, informele byeenkoms waar ouers en kinders in ’n ontspanne atmosfeer rondom die Woord bymekaarkom.  Daar is ook geleentheid om lekker saam te kuier en ’n paar verversings te geniet.

Elektroniese afval

Gebruik die geleentheid om gedurende die Seisoen van Skepping van al die elektroniese afval in jou huis ontslae te raak.  Bring gerus elektroniese toerusting wat in onbruik verval het, of gebreek het en plaas dit in die aangeduide houers op die kerkterrein.  Klik HIER om voorbeelde te sien van items wat in die dromme geplaas mag word. Gloeilampe en batterye moet eerder by jou naaste winkelsentrum wat herwinningsdromme het, afgegee word.

Sorg vir Mountain viewpark

Ons nooi almal wat naby die park woon, gereeld in die park stap, of  besorg is oor die omgewing om by die Sorg vir Mountain Viewpark-projek betrokke te raak.  Sluit op Saterdag 27 September vanaf 08:30 tot 14:00 by ons aan. 
Bring die volgende saam:

- Tekkies, sonskerm en ’n hoed
- Tuinhandskoene
- Enige gereedskap soos 'n snoeiskêr, saag en onkruidgrafie.
- Peuselhappies en waterbottel.

Voltooi asseblief die aanlyn vorm op die SKAKEL om ons met beplanning te help.

Veranderinge op die terrein


Die Maria Eatery se huurkontrak verstryk teen die einde van November.  Ons nooi restaurateurs om aansoek te doen om die spasie voortaan as ’n koffiewinkel of restaurant te bedryf.  Rig asseblief aansoeke voor Maandag 20 Oktober aan ontvangs@stellenberg.co.za.

Ons is opgewonde om die Little Seeds-program wat fokus op vroeëkinderontwikkeling en ’n gesamentlike projek van BADISA en die NG Kerk Wes-Kaap is, op die kerkterrein te verwelkom.  Die vyf personeellede gaan vanaf einde Oktober hulle intrek in die jeuglokaal neem.  Kantoorspasie vir die projek is in ’n gedeelte van die jeugkantoor ingerig en word deur die Sinodale kantoor gehuur. Lees meer . . .
Foto bo: Die ses personeellede van die Little Seeds-projek is van links Tammy-Lee Booysen, Melanie Thirion, Isabella de Kock,Nicola Vermeulen, Erika Hougaard en Zylia Volschenk.

Die kleuterkerklokaal is opgegradeer

Met ’n lagie verf word daar vinnig nuwe lewe in 'n ruimte geblaas.  Die kleuterkerklokaal spog met ’n nuwe kleur teen die mure, lekker vergrote rakspasie, nuwe blindings en siedaar – ’n kleurryke, praktiese vertrek waar kleuters meer oor Jesus en die Woord kan leer.

Kleuterkerk-logistiek

Neem asseblief kennis dat Sondag 21 September die laaste kleuterkerkbyeenkoms van die kwartaal is.  In die vierde kwartaal sal die kleuterkerk na die komiteekamer in die kerkkantoor verskuif, om die feesmark te akkommodeer.

Annibrand Junior-uitstappie Sondag 28 September

Ons sluit die kwartaal op Sondag 28 September op ’n hoogtepunt af met ’n heerlike familie-uitstappie na Giraffe House Wildlife Awareness Centre in Muldersvlei. Daar sal geen familiediens wees op 28 September nie, aangesien ons mekaar al om 09:30 by die sentrum ontmoet. Daar is om 11:00 en 13:00 Creepy crawly-ervarings waarvoor gesinne kan bespreek.  Pak gerus ’n pieniekmandjie en geniet die dag saam met ons in die natuur.

Indien jy voor die sluitingsdatum (Maandag 22 September) plek bespreek, sal jy afslag op toegangsgeld ontvang aangesien ons dan ’n groepbespreking kan maak.  Diegene wat nie plek bespreek nie, kan steeds die uitstappie meemaak, maar sal ongelukkig die afslag verbeur.  Bespreek plek aanlyn deur op die SKAKEL te klik.


Gemeentekamp | 10 tot 12 Oktober

Jy word hartlik uitgenooi om vanaf 10 tot 12 Oktober saam met ons by die pragtige Goudmynkampterrein, naby Robertson te kampeer.  Bespreek jou plek so gou moontlik aanlyn op www.stellenberg.co.za.  Koste is R1 450 vir ’n staanplek waarop maksimum ses persone en twee voertuie toegelaat word.


Rig enige navrae aan Madeleine by maddyleine@gmail.com.

Gesamentlike diens in die vierde kwartaal

Vanaf Sondag 19 Oktober verskuif die familiediensvir die res van die vierde kwartaal na die kerkgebou en hou ons gesamentlike oggenddienste om 09:00 in die kerk.  Die verskuiwing maak dit vir ons moontlik om vir die feesmark voor te berei en dit ook aan te bied.  Die feesmark bly jaarliks die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek. 
Ons sien uit na die die gesamentlike dienste, want nuwe energie word geskep wanneer gesinne met jong kinders saam met die res van die gemeente in die kerk byeenkom en ons saam as gelowiges in die teenwoordigheid van God aanbid. 
Dis sommer binnekort weer feesmarktyd.  Die feesmark spog weer met meer as 300 uitstallers wat uitstekende produkte te koop sal aanbied.  Die restaurant-area word vergroot om meer sitplek aan te bied.  Daar is ook interessante nuwe toevoegings op die restaurantspyskaart soos lekker Meksikaanse etes en plankie-biefstuk wat die ou gunstelinge sal aanvul.

Ons nooi besigheidseienaars en plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer.  A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer.  Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae vir besprekings. 

Met Leedwese

Ons neem afskeid van Hester Helena Volschenk (19/09/1930 -17/09/2025).  Hester was sedert 2008 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met haar dogter, Mariette, ook ’n lidmaat van die gemeente wat sy agterlaat.  Gedenkdiens: Donderdag 25 September om 14:00 in die kerk.

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Breigroep

Ons brei Maandag 6 Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum, weens voorbereidings vir die feesmark wat reeds in die markplein begin.   

In ons omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkelpersoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.

Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025.  Verwysing: Hanna Theart  076 149 1684.
- Huishulp beskikbaar.  Agnes benodig werk as huishulp. Sy is baie betroubaar en ywerig om te werk.  Kontak Elize Roelofse by 082 839 1040 vir verdere besonderhede. 
- Huis in Stellenberg/Eversdal.  Ons gesin is op soek na ’n drie-/vierslaapkamerhuis om in die Stellenberg-/Stellenridge-/Eversdal-area te koop. Kontak asseblief vir Maryke by 072 222 9233/maryke22@gmail.com indien jy 'n huis het om te verkoop.  
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!

📍 51 Amandelweg, Eversdal  manager@eversdalortho.co.za

Subscribe to our email list.