navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens: Sondag 1 September  2024


Romeine 8:18-19 | Ons lyding is deel van die groter lyding in die skepping

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds.  Potgieter (3)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie


Doop

Sondag 1 September


Tydens familiediens:
Dewaldt en Nické Duvenage laat doop vir Romi Duvenage.

Tydens oggenddiens:
Nicky en Maryke Olivier laat doop vir Marno Mattheus Olivier.

Kontreikuier saam met Sutherland  

Vandag vanaf 16:00

Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon.  Die fondsinsameling word ten bate van NG kerk Sutherland aangebied.
Te koop:
- Braaivleis, boereworsrolle, roosterkoeke met vulsels, pannekoek en poeding.
- ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, gebak en handwerkitems aanbied.  
 - Vars skaapvleis: Lam teen R115 per kg | Tjops teen R190 per kg | Nek en skenkels teen R140 per kg | Heel rib teen R160 per kg | Gemengde tjops R150 per kg | Heel boud teen R125 per kg.

Ons vier die senior lidmate in Stellenberg


Deur: Ds. René Potgieter

Tydens die eerste week van September vier ons seniorweek en plaas die fokus op ons senior lidmate in die gemeente.  Daar is dikwels ʼn goedige gespot met oudword met die woorde: Oudword en om oud te wees is nie vir sissies nie.  Lees meer . . .

Seniorweekprogram

Sondag 1 September om 09:00 - Jy word uitgenooi na die spesiale oggenddiens vir senior lidmate.  Indien jy ’n hoed het, sit dit op asseblief.  Na die diens geniet ons tee en verversings saam.

Maandag 2 September - Besigtig die blommeprag by die Weskus Nasionale Park.  Ons vertrek 09:00 vanaf die kerkterrein.  Toegangsfooi is R110 per persoon en betaalbaar by die hek.  Bring ’n warm baadjie en piekniekkos. Bespreek jou plek vandag voor 14:00, by Charlotte, kerkkantoor se ontvangs (021 976 4519).

Dinsdag 3 September om 09:00 - Ons gaan die pikkewynkolonie by die bekende Boulders-strand besoek.  Toegangsgeld is R45 en word by die hek betaal.  Trek asb gemaklike skoene aan. Dis ’n redelike entjie om te stap.  Ons sluit die oggend af met koffie by Sweetest Thing in Simonstad. Elkeen betaal vir hom/haarself.  Bespreek jou plek by Charlotte, 021 976 4519.

Sonder om te weet

Deur: Ds. Schalk van Wyk
Hy kla by my, geïrriteerd, vieserig, sommer net misnoegd met sy medemens. Hulle is so onkreatief met hulle taal, brom hy. Iemand, verduidelik hy, gebruik ʼn treffende beeld, ʼn raakvatter van ʼn metafoor en dit is soos ʼn wors wat oopbars terwyl jy hom op die kole braai – dis net vlamme waar jy kyk. Links en regs, vanpas of onvanpas word hierdie metafoor oor en oor gepapegaai. Dit word ʼn cliché, jy wil ween daaroor. Lees meer . . .

Inspirasie vir skeppende herwinning

Kom luister Woensdagaand 11 September om 18:30 in die markplein na Johan Coetzee van Zerocrete se kreatiewe en skeppende idees rakende herwinning.  Kyk gerus na die video hier bo vir meer agtergrond oor die entoesiastiese man met ’n passie vir herwinning.  Hy is besig om ’n huis met ten volle herwinbare materiaal te bou.  Kom luister gerus na die innoverende en skeppende spreker vir inspirasie.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za. Toegang is gratis.

Graad 7's word na ’n unieke roetemerker-geleentheid uitgenooi


Deur: Ds. Marius Schoombie
Die lewe is ’n reis saam met God. Op hierdie reis kom ons by spesifieke oomblikke en spesiale plekke waar ons kan stilstaan en terugkyk op hoe vêr ons al gekom het, maar ons kyk na waarheen ons nog op pad is en kan dan besluit hoe ons vorentoe die pad saam met God wil stap. Ons beskryf hierdie plekke en oomblikke as Roetemerkers op ons geloofsreis. Lees meer . . .

Meer oor die gemeete se geldsake . . .

Ons wil graag voortaan op ’n maandelikse basis terugvoer oor die gemeente se geldsake gee en is dankbaar dat ons die stand van die gemeente se geldsake met vrymoedigheid met lidmate kan deel.  Jaco Potgieter, voorsitter van die finansiële kommissie, verskaf ’n opsomming van die gemeente se inkomste vanaf 1 Maart tot einde Julie 2024 met behulp van bostaande grafiek.


Kollekte tydens eredienste en dankoffers bly steeds die gemeente se grootste bron van inkomste.  Ons is dankbaar dat die bankkollektes R60 000 bo die begrote bedrag beloop, maar wel bekommerd oor die maandelikse bydraes wat R150 000 onder die begrote bedrag beloop.  In die lig daarvan doen ons ’n beroep op lidmate om ’n bydrae tot die gemeente se bedrywighede te oorweeg.  Jy kan jou bydrae op enige van die volgende wyses gee:

Omgeetrustveiling

Die omgeetrust bied ’n veiling aan op Woensdag 18 September om 18:30 in die kleinsaal.  Koste: R250 per persoon wat ’n ete en wynproe insluit.

 Spreker: Danie Steytler van Kaapzicht Wynlandgoed.  Besprekings: ontvangs@stellenberg.co.za  
Die Stellenberg Omgeetrust is ‘n nie-winsgewende trust, gestig deur lidmate van die Stellenberg-gemeente met die primêre doelwit om fondse vir liefdadigheidsprojekte waarby die gemeente ook betrokke is, in te samel. Die trust fokus spesifiek op dienste aan:

- Hawelose en weeskinders
- Arm en behoeftige senior burgers
- Voorskoolse kinders 
Lees meer . . .

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 

Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar, so bespreek jou plek so gou deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Familiediens benodig musikante

Die familiediens benodig kitaarspelers, instrumentaliste en volwasse sangers om in rotasie by die familiediens se musiekbediening betrokke te raak.  Kontak asseblief vir Riëtte 076 6379 671 indien jy belangstel.

Annibrand
Senior-staptog
 
Ons stap die Boesmanskloof-tweedag-staproete vanaf 20-22 September.

Die roete word as "medium" op die fiksheidskaal beskou.  Ons stap rustig, altyd almal saam en ondersteun mekaar deurlopend. Die staptog is 'n pelgrimstog waartydens jy meer oor jouself sal leer en nader aan God en die natuur sal kom. Daar is beperkte plek, so skryf nou in! Ouers is welkom om saam met hul tieners te kom stap!

Inskrywings sluit 16 September.  KLIK HIER vir aanlyn inskrywings.

Voorbidding

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, stuur die versoek asseblief aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons dink tans aan: 
  • Ben Feinauer (heupvervanging).
  • Maryke Brand (voetoperasie).

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 9 September om 09:30 in die markplein.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .


- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Verwer: James Bam is ’n ervare verwer.  Kontak hom by 084 995 9896/021 955 0366.  Kontak Fritz Olivier 021 913 7636 as verwysing.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Subscribe to our email list.