navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 2 Februarie 2025

Oggenddiens (doop) om 09:00 in die kerk en aanlyn  | Ds. Schoombie (1)

Familiediens (roetemerkergeleentheid vir graad 1’s)  om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn  | Ds. Dietmann

Blokdiens in die grootsaal |  Ds. Breytenbach

Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal (kleuterkerklokaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie  

Doop vandag


Tydens die oggenddiens:

Eon en Carmen Goosen, laat doop vir Malan Goosen.


Kafeteria Sondagoggend

Sondagoggend word die kafeteria ten bate van die Namibië-uitreik aangebied.  Boereworsrolle (R40) en hotdogs (R20) word vir dié fondsinsameling verkoop.
Ondersteun hulle asseblief. 

Leraarspan maak ’n Kaapse draai

Deur: Ds. Marius Breytenbach

Ons gemeente se predikantespan vergader elke Dinsdagoggend. Die vergadering begin altyd deur die lief en leed in die gemeente met mekaar te deel, die skrifgedeelte van die komende Sondag saam te lees en te bespreek en ons gemeente in gebed aan die Here op te dra. Die res van die vergadering word gewy aan praktiese reëlings en beplanning. Van tyd tot tyd breek ons hierdie roetine deur gemeenteprojekte asook ander gemeentes in die Kaap te besoek, sodat ons ook by hulle kan leer en kan saamdink oor ons onderskeie bedienings. Lees meer . . .


’n Woord tot God

Deur: Ds. Schalk van Wyk

Elke gebed is ʼn reaksie op iets wat van buite kom. Selfs ʼn spontane gebed is ʼn reaksie op die aanraking van die Heilige Gees in ons hart. Ook dit is van buite, al gebeur dit binne in ons. Die Heilige Gees onstaan immers nie in ons hart nie, maar kom van buite om in ons te woon. Lees meer . . .


Halftyd: ’n Nuwe groep vir manne


Is jy ’n man tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar oud, wat moontlik voel dat die tweede helfte van jou lewe ’n nuwe betekenis en doel nodig het? Dan nooi ds. Johan Visser en Conrad Koorts jou om deel te word van hierdie groep wat gebaseer is op die insiggewende boek: Half Time – Moving from success to significance, deur Bob Buford.

Stellenberg reik uit oor die Namibgrens

Deur: Ds. René Potgieter

Stellenberg-gemeente is reeds die afgelope sowat 31 jaar by Boesmansending in die noordooste van Namibië betrokke. Dit het begin toe ds. Willem Malherbe en sy vrou, Hildegarde, in 1991 die die jaarlikse Boemansendingkonferensie bygewoon het en vandaar het die gemeente die werksaamhede van ds. Jaco Rossouw van die Luhebu-Noord-gemeente, met Mangettiduin as basis, begin ondersteun.
Lees meer . . .
Alle lidmate word uitgenooi na die Week van Inspirasie wat vanaf  3 tot 5 Februarie om 18:30 in die kapel aangebied word. 

Kom wandel saam met ons deur die Bybelboek, Rut. 

Tema: TUISKOMS

Tuiskoms by God, by jouself en by andere.

Aanbieder: Ds. Tilana Meyer-Morkel
AANBIEDER: Dr. Carel van Wyk

KOSTE: Gratis. ’n Donasie vir fotostate sal verwelkom word.


FORMAAT: 
- Alle ouderdomme is welkom. Die formaat is nie geskik vir laerskoolkinders nie, maar nooi gerus ook vriende.
- Die byeenkomste is geskik vir Bybelstudie- of omgeegroepe om dit as groep by te woon.
- Woon gerus byeenkomste by soos dit jou program pas.

WAT OM TE VERWAG?
- Bestudering van ses maniere waarop God vandag met mense praat.
- Stiltes met meditatiewe musiek.
- Die verduideliking, gebruik en inoefening van LECTIO DIVINA.
- Ons ondersoek die verskille tussen Oosterse en Westerse mistiek.

Ds. Philipp Dietmann nooi alle gesinne met babas en kleuters tot drie jaar oud om op Sondag 9 Februarie om 09:00 by die kwartaallikse KLOUTERKERK in die Maria-restaurant se tuin aan te sluit.  Dit is 'n lekker kort en informele diens en geskik vir gesinne en al hulle woelwaters. Bring 'n piekniekkombers saam.

Vakature vir musiekbegeleier

Die gemeente benodig die dienste van ’n musiekleier.  Die geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir die organisering en begeleiding van die musiekspan wat hoofsaaklik by die familiediens die lofprysingsgeleenthede waarneem.
Aanvangsdatum: 1 April 2025. 
Vergoeding volgens SAKOV-skale. ’n Jaarkontrak word aanvanklik gesluit, maar kan hernu word.  Stuur asb. CV’s voor 21 Februarie na ontvangs@stellenberg.co.za. Enige navrae kan gerig word aan ds. Visser by johan@stellenberg.co.za.

Stap jy saam?

Ons stap die keer vanaf Bloubergstrand tot by Big Bay en terug.  Dit is ’n heerlike 10 km-roete al langs die see. Ons kry mekaar op Saterdag 22 Februarie om 07:00 by die kerk en ry dan saam tot in Blouberg.  Na die stap koop ons ’n koffie en geniet die seelug.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za voor 19 Februarie 2025.
Die basaar is jaarliks een van ons gemeente se grootste saamkuiergeleenthede.  Ons het hulp nodig om van die geleentheid ’n sukses te maak – help ons asseblief met die volgende:

HELPERS by die hamburgers, boereworsrolle, hotdogs, kerrie-en-rys, roosterkoeke, teetuin, poeding, pannekoek, kroeg en braai. Kontak asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy kan help.

KONVENORS
 – Ons wil graag nuwe konvenors vir 2026 begin oplei.  Indien jy op dié wyse betrokke kan raak,  kontak asseblief vir Karen Visagie by 082 827 9383.

BESTANDDELE – Skenk asseblief kontant of bestanddele vir die basaar.  Skenkings help ons om die verkooppryse laag te hou.  Skenkings van suiker, tamatiesous, blikkies tamatiesmoor, blatjang, meel, kaneel, boksies vla, langlewemelk, konfyt, kaas en rys sal waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan met EFT of SnapScan betaal word.  Gebruik “basaar” as verwysing.

POEDING – WhatsApp asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy bereid is om ’n poeding te maak en dui aan hoeveel en watter soort.

GEBAK – Skenkings van enige tuisgebak of gekoopte items soos koek, kolwyntjies, brode, beskuit of  koekies kan op die oggend van die basaar in die markplein afgegee word.
WITOLIFANTTAFEL – Skenk asseblief enige huisraad, gereedskap, dekoritems, fiksheids- en sporttoerusting vir ons witolifanttafel. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Annibrand Junior en Senior

Ons wil ouers aanmoedig om hul kinders asseblief vir kategese te registreer, al was hul voorheen by kategese ingeskakel.  Ons benodig die verskillende graadgroepe se getalle sodat ons lesmateriaal kan voorberei en ook verseker dat elke graadgroep genoeg kleingroepleiers het.  Gebruik asseblief die SKAKEL om jou kinders aanlyn te registreer. 
Ouers word ook aangemoedig om by die onderskeie graadgroepe se WhatsApp-groepe aan te sluit.  Die QR-kodes is hier onder.  Sodoende sal jy op hoogte gehou word van alle komende gebeure in die kategesebediening.
Annibrand Junior se QR-kode is links en Annibrand Senior is regs.

Graad 6-tot-7-kamp: 7 tot 8 Februarie

Ons nooi alle graad 6’e en 7’s uit na ons jaarlikse kamp vanaf 7 tot 8 Februarie op die kerkterrein.

Kamptema: JOY! Ervaar vreugde in volkleur.

Klik HIER om aanlyn in te skryf.

Navrae: Brenda Visser, 021 976 4519

VatVyf-byeenkomste  


26 Februarie 10:00 in die kafeteria | Praatjie
Mike van Deventer kom gesels oor die seën van oud word. Bespreek by Charlotte ((021 976 4519 / WhatsApp 081 045 2428). Toegang is gratis.
 

Raak deel van die netwerk

Stellenberg Terapiesentrum nooi psigiaters, sielkundiges, arbeids-, spraak- en fisioterapeute om deel te raak van die sentrum se diensleweringsnetwerk om terapiedienste in die gemeenskap meer toeganglik te maak.  Kontak vir Rudolph van Schoor te kontak by 066 5466 375/therapy@stellenberg.co.za.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 3 Februarie 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan van 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Vakansieverhuring vir ses persone: Eastford Country Estate, Knysna. Die huis het drie slaapkamers, drie badkamers, goed toegeruste kombuis met skottelgoedwasser en wasmasjien, sit- en eetkamer, stoep met braai, Wi-Fi, DSTV asook ’n inverter. Asemrowende uitsig oor Knysna lagoon en The Heads.  Alle linne en handdoeke word verskaf.  Vyf minute se ry van Simola-golfbaan. Huis word gediens.
Beskikbare datums : 4 - 7 Feb. 2025 teen R2 500 per dag;
13 Junie – 4 Julie 2025 teen R 1800/dag; asook 14 Nov.- 28 Nov. 2025 teen R1 800 per dag.  Kontak:  Mev. Nieuwoudt (082 887 7347).
- Betroubare tuinman beskikbaar: Hy werk tans op Saterdae, maar benodig werk deur die week. Vir verwysing kontak Irmgard Visser by 076 459 9658. 
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op  weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas.  Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair.  Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
 
- Te koop: Ryobi-tafelsaag, gemonteer op houtboks met wiele teen R3 000, AEG- saag teen R500 in ’n goeie werkende toestand en ’n rol koperdraad vir sweiswerk teen R200.  Kontak: Ivan Marais 071 684 0028 of 082 336 7833. 
Subscribe to our email list.