Eredienste in Stellenberg
- Oggenddiens elke Sondag om 09:00 in die kerk. Die diens het ’n informele aanslag met die Coram Deo-musiekgroep wat die sang en aanbidding lei.
- Familiediens om 09:00 in die kleinsaal, tydens skoolkwartale. Die diens is gerig op gesinne met laerskoolkinders en kleuters. Daar is ook ’n moederskamer by die kleinsaal beskikbaar.
- Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel, tydens skoolkwartale. Die diens bied geleentheid vir gebed en meditasie.
- Klouterkerk word een keer per kwartaal om 09:00 in die saalkompleks vir gesinne met kinders onder drie jaar aangebied. Hierdie kwartaal se byeenkoms is op 9 Februarie.
- Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal, tydens skoolkwartale. ’n Bybelles wat met ’n kreatiewe aktiwiteit gepaardgaan, word vir kleuters en peuters aangebied.
- Aanddiens om 18:00 in die kerk, tydens skoolkwartale vir tieners, jongmense en almal jonk van gees.