navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 23 Junie 2024


Geloof, godsdiens en die soeke na deernis: Markus 5:21-43

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Dietmann (1)

Ons uitreikspan neem hoop na Leeu-Gamka

Die Leeu-Gamka-span is terug en Pauline Schoombie neem die uitreik in ’n paar woorde saam:  “Dit was ’n spesiale week waar ons die genade van God beleef het.  Die gemeenskapleiers se tema vir die week was hoop, en ons kon die hoop in die warm glimlaggies, stywe drukkies en entoesiastiese samewerking ervaar.  ’n Hoogtepunt was die gala-aand wat die gemeenskap vir die uitreikspan gereël het om ons vir ons betrokkenheid te bedank.  Ons het lekker gedans en hulle het ons met die heerlikste bobotie en malvapoeding bederf.” 

Die Calitzdorp-span het gister vertrek.
Baie dankie aan MANS-vervoerdienste wat al ons kosvoorrade wat tydens die uitreike gebruik word, op die onderskeie bestemmings besorg het.

Nathan Anthonie, gemeenskapleier van Leeu-Gamka en links op die foto saam met ds. Marius en Pauline Schoomie het die volgende brief aan Stellenberg se lidmate gerig:


Geagte Stellenberg-familie
Stellenberg-gemeente het vanjaar weer hul jaarlikse uitreikprogram na Leeu-Gamka gehad. Elke besoek na Leeu-Gamka vanaf Stellenberg is altyd so lekker en so spesiaal. Hierdie jaar was egter net, hoe kan ek dit nou stel . . . onbeskryflik mooi – spesiaal, as ek ’n woord moet kies. Lees meer . . .

Vertoning deur Piet Smit

Kom luister op Woensdag 24 Julie om 10:30 in die kleinsaal na Piet Smit, die gewilde gospelsanger.  Kaartjies teen R100 per persoon is by die kerkkantoorontvangs te koop, of skakel Charlotte by 021 976 4519.  Almal is welkom.


Vakansieprogram

Jy kan vandag nog inskryf!
24 tot 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 in die saalkompleks.

Tema: Kajuitkaperjolle op die diep see.

Ons nooi alle kinders van graad 1 tot 6 om saam met ons op reis te gaan.  Graad 7’s en ouer kinders word uitgenooi om as leiers behulpsaam te wees.  Koste: R240 per kind vir vier dae, of R70 per dag. Inskrywings kan aanlyn op die vorm gedoen word:   https://forms.gle/EojSWb7AsKZHKF44A
Navrae: brenda@stellenberg.co.za

Vakature: Oudiovisuele-spesialis en koördineerder


Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir bogenoemde betrekking.  Klik HIER om die volledige posbeskrywing af te laai.

Maria Eatery

Maria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse.  Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit.  Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes. 

Date night - vir egpare

Date night is ’n geleentheid waar ons doelbewus ’n ruimte skep om tyd aan ons verhoudings te bestee.  Paartjies geniet ’n ete saam in ’n romantiese en privaat atmosfeer en benut die tyd ook om oor hulle verhouding te gesels.   Materiaal van die  Alpha-huwelikskursus word gebruik vir die fasilitering van gesprekke.  Daar is sewe geleenthede, elke Woensdag vanaf 17 Julie tot 28 Augustus om 18:00 tot 20:00.  Elke week word ’n ander tema bespreek. Koste beloop R180 per aand per paartjie.  ’n Oppasdiens vir kinders word aangebied en peuselhappies sal aan kinders bedien word, maar bring gerus ook vir kinders ’n kosblik met versnaperinge saam. Bespreek jou plek aanlyn deur op die skakel te klik.

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se preprimêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop. 


Die projek se opbrengs word aan die gemeente se getuienisprojekte geskenk.

Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te  bespreek.

Met leedwese

Ons neem afskeid van:
  • Martha Maria Engelbrecht (27/06/1942 -19/06/2024).  Martha was sedert 2010 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met haar man, JP, hulle drie dogters, en kleinkinders wat sy agterlaat.  Gedenkdiens: Saterdag 22 Junie om 11:00 in die kapel.
  •  Frederick Brian (Fred) Lötter (21/02/1949-20/06/2024).  Fred was sedert 1983 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Jannie, asook hulle kinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiensreëlings is nog onbekend.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Breigroep

Ons ontmoet op Maandag 1 Julie om 09:30 in die markplein.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir Dolf du Pisani wat siek is.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies teen R65 elk.  Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .  

Edelweiss bak pannekoek op Vrydag 28 Junie.  Plaas jou bestelling teen R8 per pannekoek voor 26 Junie by Christa Cilliers 021 976 1150.  
Subscribe to our email list.