|
|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
|
Eredienste Sondag 31 Augustus 2025
| |
NAGMAAL
Saam in tye van swaarkry | Lukas 10:25-37
Gesamentlike diens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Vlok (2/3)
Familiediens skakel by die gesamentlike diens in.
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Kleuterkerk in die grootsaal om 09:00
Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser
Deuroffer:
Naionale Instituut vir Dowes
Die instituut ondersteun kinders en volwassenes wat gehoorgestrem is.
| |
Gesamentlike diens | 31 Aug 09:00Ons vier die Nagmaal en die Sutherlanders se besoek op Sondag 31 Augustus met ’n gesamentlike diens om 09:00 in die kerk. Die familiediens skakel by dié erediens in. Ds. Adri Vlok van Sutherland-gemeente sal die erediens lei.
| |
Kontreikuier: Vanmiddag 16:00
Kom koop: kontreiprodukte, roosterkoek, pannekoek, poeding, braaiborde, worsbroodjies en rou vleis.
| |
September-sensusTydens Septembermaand wil ons graag lidmate se inligting in ons databasis opdateer. Daar sal gemeentelyste by al die eredienste beskikbaar wees. Jy kan voor of na ’n erediens seker maak jou naam is op ons gemeentelys en ook al die toepaslike inligting op die gemeentelys kontroleer – bring veranderinge op die gemeentelys aan, of stuur ’n e-pos aan anneke@stellenberg.co.za.
| |
| Seisoen van skepping | Vrede met die skepping
| |
Deur: Ds. Marius Schoombie
Heel aan die begin van die verhaal van die Bybel, sien ons hoe mense in harmonie met mekaar, met God en met die skepping leef. God se eerste opdrag aan die mens in Genesis 1:28 is “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit." God nooi die mens om te sorg vir die aarde en om saam met Hom die harmonie en orde van die skepping te handhaaf. Lees meer . . .
| |
| Seisoen van skepping | Plastic People
| |
As deel van Seisoen van Skepping, nooi ons jou na ’n vertoning van Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics
Donderdag 4 September 18:30, toegang is gratis. Koffie en springmielies sal beskikbaar wees, maar jy is welkom om jou eie eet- en drinkgoed saam te bring.
Stellenberg-gemeente neem deel aan die globale seisoen-van-skepping-inisiatief. Tydens Septembermaand word die film Plastic People by verskillende gemeentes regoor die land vertoon.
Kom neem deel en word meer bewus van die impak van plastiek op ons omgewing en gesondheid. Gesels saam oor watter rol ons elkeen kan speel om ’n verskil te maak.
Die film is 82 minute lank en sal teen 20:00 klaar wees, waarna ons ’n kort gespreksgeleentheid tot 21:00 sal aanbied.
Besprekings: 021 976 4519, of ontvangs@stellenberg.co.za, of aanlyn by quicket.co.za.
| |
Die familiebestuurspan nooi alle ouers uit om na dr. Serahni Symington, bekende spreker en spelterapeut, te kom luister. Sy gaan praktiese raad gee oor hoe ouers hulle kinders kan toerus om hulself teen negatiewe invloede van buite (maats, internet, media, ens.) te beskerm.
Vrydag 5 September om 17:30 tot 18:30 in die salekompleks
Koffie en tee word bedien. Sluit gerus direk na afloop van die byeenkoms by die gemeentebraai in die markplein aan. Nooi gerus ook vriende om saam te kom luister.
| |
| Gemeentekamp | 10 tot 12 Oktober
| |
Sluit gerus vir vier Dinsdae vanaf 9 September om 18:30 by ons nuwe Bybelskoolkursus in die kerk aan. Ds. Schalk van Wyk is die aanbieder. Ons gaan nadink oor ons roeping in die wêreld, asook oor kultuur. Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Tema: Die Skepper en sy skeppende skepsels Week 1: Van Eden tot Babel (Genesis) Week 2: Van Babel via Ur na ʼn stad van God (Jesaja 60)
Week 3: Die mensgeboude Godstad Jerusalem word soos sy tempel, ʼn rowerspelonk
Week 4: Die Nuwe Jerusalem (Handelinge)
| |
Die omgeetrust se wynveiling is beslis een van die jaarlikse hoogtepunte op ons gemeentekalender. Gebruik die geleentheid om saam met vriende te kuier, lekker wyn te geniet en boonop die geleentheid te kry om die goeie werk wat die omgeetrust in minderbevoorregte gemeenskappe doen, te ondersteun.
Fairview-landgoed sal die aand meze-styl-disse saam met verskillende wyn bedien. Charles Back van Fairview sal ons aan hulle heerlike wyne bekendstel.
Skenkings van produkte wat tydens die veiling opgeveil kan word, sal baie waardeer word. Kontak asseblief vir Karin by feesmark@stellenberg.co.za in die verband.
Bespreek jou plek, of ’n tafel vir jou en jou vriende by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519. Koste: R300 per persoon.
| |
VatVyf-toer
Daar is plek vir nog een persoon op die die VatVyf-toer. Ons toer vanaf 10-14 September deur die pragtige Karoo. Ons gaan Sutherland met sy sterreprag, Matjiesfontein, die Karoo Nasionale Park en die Kangogrotte in Oudtshoorn besoek. Gerieflike verblyf op gasteplase is ingesluit in die koste van R5 500 per persoon. Kontak: Ds. René Potgieter/079 893 8104
| |
Dagkamp vir graad 1's tot 3's’ n Opwindende byeenkoms vir alle graad 1’s tot 3’s. Ons gaan kinders praktiese maniere leer oor hoe hulle hulself kan beskerm teen negatiewe invloede wat hulle op die internet teëkom, of by ander mense hoor of sien.
Wanneer: Vrydag 5 September 2025 vanaf 17:00 tot 20:30 by Stellenberg se salekompleks.
Jy kan jou kind Vrydagaand 20:30 weer by die kerk kom oplaai, maar daar is ook die aand ’n gemeentebraai waarby jy kan inskakel terwyl jy vir jou kind wag.
Koste: R150 per kind
Inskrywings sluit: Donderdag 4 September 2025. Ongelukkig kan geen laat inskrywings aanvaar word nie, aangesien aankope afgehandel moet word.
Klik HIER om aanlyn in te skryf.
| |
Met leedweseOns neem afskeid van Shirley Anne Pienaar (12/10/1951– 26/08/2025). Sy was sedert 1991 ’n meelewende lidmaat van die gemeete. Gedenkdiensreëlings is nog onbekend.
| |
| Graad 11-kamp | 12 tot 14 September
| |
Die graad 11-kamp bied belangrike voorbereiding die pad na jou belydenisaflegging, waartydens jy jou aan jou geloof sal verbind. In graad 12, net voor die eerste belydenisafleggingsgeleentheid, is daar nog 'n belydeniskamp waarnatoe jy ook genooi word. Hierdie twee kampe verskil egter van mekaar en daarom moedig ons almal aan wat aan die roetemerker van verbintenis (belydenisaflegging) wil deelneem, om beide kampe by te woon. Jy loop baie mis indien jy enige een van die twee geleenthede laat verbygaan!
Meer inligting en inskrywings HIER of kontak Sunet by sunet@stellenberg.co.za.
Inskrywings sluit: Sondag 7 September
| |
Annibrand Hike: 4-5 Oktober
Ons stap die Highlands-tweedag-staproete in Kleinmond. Dit is 'n geleentheid om ons ’n paar dae af te sonder, sodat ons nader aan mekaar en nader aan die Here kan kom. Tieners, families, studente en jong volwassenes of enige iemand wat wil saamstap, is welkom!
Meer inligting en inskrywings HIER
| |
| Ons nooi besigheidseienaars en plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer. A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer. Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae vir besprekings.
| |
GebedsversoekeGee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.
| |
BreigroepDie groep ontmoet weer op Maandag 1 September 2025 om 09:30 in die markplein.
| |
Hoe werk SnapScan?Indien jy oorweeg om jou maandelikse bydrae, of op Sondae jou bankkollekte, of aankope by die kafeteria met SnapScan te betaal, volg gerus die volgende riglyne. Dit is ’n gerieflike en veilige wyse van betaling. Jy moet eers die SnapScan-toep op jou slimfoon aflaai en dan daarop registreer. Sodra jy geregistreer het en jou bankkaart aan die toep gekoppel het, kan jy by verskeie besighede, of instansies deur middel van SnapScan betaal. Jy maak ’n betaling deur die toep oop te maak en die betrokke QR-kode (soos links bo) met die kameralens in die toep, te skandeer.
| |
Dankie vir jou finansiële bydrae- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkelpersoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.
- Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025. Verwysing: Hanna Theart 076 149 1684.
- Huishulp beskikbaar. Agnes benodig werk as huishulp. Sy is baie betroubaar en ywerig om te werk. Kontak Elize Roelofse by 082 839 1040 vir verdere besonderhede.
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!
📍 51 Amandelweg, Eversdal manager@eversdalortho.co.za
| |
|
|
|
|
|