navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Eredienste: Sondag 24 November 2024

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Schoombie

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die restauranttuin

Aanddiens om 18:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Schoombie



KATEGESE:

Annibrand Junior: kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

  Annibrand Senior: Kategese-afsluiting in die kleinsaal.

Afsluiting van die meditatiewe diens

Met die oog op die Kerssangdienste wat volgende Sondag plaasvind, word die laaste meditatiewe diens vir 2024 op Sondag 24 November aangebied.  Sluit om 09:00 by ds. Philipp Dietmann in die kapel aan om dié besondere diens te beleef. Die meditatiewe diens - 'n samestelling van musiek en die bediening van die Woord - bied ’n unieke ruimte vir nadenke, gebed en meditasie.   

Twee Kerssangdienste op 1 Desember

Die Annibrand Junior-groep bied vir ons ’n Kersprogram aan op 1 Desember om 09:00 in die kerk en nooi oud en jonk om die pragtige vertoning te kom bewonder.  Hulle oefen al ’n geruime tyd en verwelkom almal met entoesiasme.
Ons Kerssangdiens lei hierdie jaar die begin van die adventseisoen in. Na Sondag 1 Desember is daar net drie Sondae oor voor ons Kersdag vier.  Die Kerssangdiens bring ons jaarliks by ’n besondere plek uit om te ervaar hoe die realiteit van Immanuel, God by ons, opnuut in ons hede deurbreek wanneer ons saam Kersliedere sing.
Kom sing Sondagaand 1 Desember om 19:00 ’n groot verskeidendheid Kersliedere saam met Raimondo van Staden-Slabbert,  Johannes van Staden-Slabbert, Hilde Uys en ’n junior kamerkoor.  Die aand sal ’n klassieke inslag hê met klanke van ’n tjello, viool en orrel.  Kom beleef hierdie besondere aand van musiek saam met die werklikheid dat God alomteenwoordig is en ons kom nuut maak. 

Worsbroodjies en roomys


Na die Kinderkerssangdiens op Sondag 1 Desember word worsbroodjies en heerlike roomys na die diens, ten bate van die uitreik na Namibië in 2025, verkoop.  Kontant en bankkaarte word aanvaar.  Ondersteun asseblief ons uitreik.

Meer oor die gemeente se inkomste en besteding

Ons is opreg dankbaar teenoor elke lidmaat wat tot vanjaar se tiendemaandinsameling bygedra het.  Lidmate het geleentheid om tot einde Januarie 2025 tot die tiendemaandinsameling by te dra.  Bydraes kan elektronies ( ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005)  of d.m.v. SnapScan (QR-kode onderaan die nuusblad) oorbetaal word.

Goed vir liggaam en gees

Op Saterdag 16 November het ’n groep van 22 Stellenbergers saam met ds. René Potgieter die pratige staproete vanaf Majik Forest tot by D'Aria-wynplaas voltooi.  Ons is bevoorreg om God se skepping hier in die hartjie van Durbanville te kan bewonder.  Hou gerus die bulletin in 2025 dop om te wete te kom van stapgeleenthede wat gereël word.

Feesprogram 2024


Tydens die komende skoolvakansie en feesgety nooi ons jou hartlik uit om die volgende eredienste by te woon:
- Sondae: ’n Oggenddiens word elke Sondagoggend om 09:00 in die kerk en aanlyn aangebied.
- Oukersaand 24 Desember: Samesang van Kersliedere vanaf 19:00 tot 19:30 in die kerk.
- Kersdag 25 Desember: Kersdienste word om 07:30, 08:30 en 09:30 in die kerk en aanlyn aangebied. Prediker: Ds. René Potgieter. Deuroffer: Projekte in Klipheuwel. 
- Oujaarsdag 31 Desember: Oujaarsdiens om 19:00 in die kerk. Prediker: Ds. Marius Breytenbach.

Kerkkantoor sluit

Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor vanaf 23 Desember 2024 tot 3 Januarie 2025 gesluit sal wees.  Kontak gerus die leraar aan diens in geval van nood.  Ds. René Potgieter is tot 25 Desember aan diens en vanaf 26 Desember is ds. Marius Breytenbach aan diens.

Kategeseregistrasie 2025

Kategeseregistrasie vir 2025 is nou oop.  Klik op dié skakel om aanlyn te registreer.  Inskrywingsgeld is R200 per kind en betaalbaar saam met die inskrywing. Die inskrywingsgeld word gebruik om materiaalkoste te dek.  Neem asseblief kennis dat ons versoek dat almal weer registreer vir kategese, al was jy voorheen geregistreer.  Ons wil graag weet vir hoeveel kinders ons per graadgroep moet voorberei. 

VatVyf-Kersete


Ons rig ’n hartlike uitnodiging aan alle lede van die VatVyf-groep en ook ander senior lidmate van die gemeente om ons jaarlikse Kersete by te woon.
Neem asseblief kennis dat die Kersete verskuif na Donderdag 28 November om 10:30 in die kleinsaal.  Bespreek asseblief jou plek voor 26 November by Charlotte, 021 976 4519. 
Koste vir die ete is R150 per persoon. 
Die sangeres Belia Lourens gaan ook ’n Kersprogram met Kersliedere aanbied.

 
 
Leeu-Gamka-uitreik | 27-29 November
Ons het geleentheid om met ’n klein uitreikspan Leeu-Gamka te besoek. Stellenberg-gemeente het vroeër die jaar vir Amenity ECD in Leeu-Gamka gehelp om ’n nuwe klaskamer aan te skaf en met hierdie besoek gaan ons hulle help om ’n vloer in die nuwe klaskamer in te sit.  Tussenin gaan ons ook geleentheid kry om saam te kuier en saam met die kinders te speel.  Amenity ECD het ook hul gradeplegtigheid op Saterdag 30 November en ons wil hulle help met geskenkpakkies vir elke kind wat volgende jaar na graad R toe gaan.  As jy wil saamkom, skryf so gou moontlik in, aangesien daar beperkte plek is. Skryf HIER in.

Indien jy nie saamkom nie, kan jy op die volgende wyse help:
- Voorbidding vir die uitreik.
- Voorbereiding van kos vir die uitreikspan.
- Leen van gereedskap vir die insit van die vloer ( rolsaag, figuursaag, lamineervloer-lê-stel, spykergeweer, multitool,  kraggereedskapstuk, ens.).
- Help geskenkpakkies pak voor die uitreik.
Vir enige navrae kontak gerus vir sunet@stellenberg.co.za.

Graad 8-kamp | 10 tot 12 Januarie 2025

Stellenberg-gemeente, in vennootskap met Hoërskool Stellenberg, bied aan: Into The Unknown, 'n kamp waar ons jou gaan help om ’n gemaklike oorgang na die onbekende van hoërskool te maak.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember - daar is plek!

Daar was ’n paar kansellasies; dus het die gewilde gemeentekamp nou weer ’n paar staanplekke beskikbaar.  Ons kampeer weer by die pragtige Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  
 Bespreek jou staanplek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Vroue-retraite

Skryf die datum vir 2025 se vroue-retraite nou reeds in jou dagboek.

Ons gaan vanaf 14 tot 16 Februarie 2025 ’n naweek by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum deurbring.  Die koste sal R1 200 per persoon beloop.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za.


Stellenberg-sokkies – die ideale Kersgeskenk

Ons nooi alle drawwers, stappers, tuiniers en tekkieliefhebbers om ’n paar Versus-sokkies met die gemeente-embleem op, aan te skaf.  Sokkies in nommer 4 tot 7 en 8 tot 12 is teen slegs R150 per paar by die kerkkantoor te koop.  Kaartfasiliteite is beskikbaar.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Geregistreerde verpleegkundige word by Edelweiss ACVV Dienstak, ’n residensiële fasiliteit vir ouer persone, benodig.   Aansoeke word ingewag vir ’n geregistreerde suster/stafverpleegster om permanent nagdiens te doen in die versorgingseenheid (ag nagte per maand). Rig CV’s  aan edelweisshoof@acvv.org.za.  Sluitingsdatum : 31 Desember 2024 
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

-Ateljee (Studio) 6 x 5.5 m2 te huur:  Maandag - Vrydag (Dinsdag- en Woensdagoggende 07:30 - 10:30 nie beskikbaar nie). Geskik vir pilates-, dans-, jogaklasse, of menige ander vorme/tipe van klasse Geleë naby Eversdal Laerskool. Kontak Aldea Anker by 083 446 0906 of aldeaanker@gmail.com.
- Tikwerk:  Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Ons winkel se wins word ten bate van maatskaplike hulpverlening in plaaslike gemeenskappe aangewend.  Kom loer gerus in by ons openingsdag 25 Oktober 2024 by Durbanweg 176, Bellville.   Kontak Antoinette by 072 914 4676 / bellville@onswinkel.co.za.

Subscribe to our email list.