Stellenberg-weekliks

 26 Januarie tot 2 Februarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 28 Januarie 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.
1 Kor. 8:1-13 | Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.

Oggenddiens om 09:00 in die kerk  | Ds. Breytenbach (1/4)
(Neem asb. kennis dat ons stromingsrekenaar gebreek het en die oggenddiens dus nie op 28 Januarie aanlyn beskikbaar sal wees nie.)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aalyn | Ds. Visser (7)
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

  Kategese-registrasie na die oggenddienste en aanddiens         
 Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal

Tiendemaandinsameling oortref die mikpunt

Ons mikpunt vir die tiendemaandinsameling was R1 375 000 en die insameling het die mikpunt met R125 000 oorskry.  Ons is baie dankbaar vir die R1 500 000 wat lidmate tot die tiendemaandinsameling bygedra het.  Die insameling word benut vir die gemeente se werksaamhede.
Maandelikse dankoffers en bankkollektes toon egter ’n daling en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om lidmate aan te moedig om ook maandeliks tot die gemeente se werksaamhede by te dra  deur middel van ’n debietorder (klik HIER om die vorm af te laai), elektroniese oorbetaling (ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005), of gebruik die SnapScan-kode.  Saam kan ons ’n verskil maak.

Raak asseblief betrokke

Daar is verskeie bedieningsgeleenthede in die gemeente en ons wil jou graag aanmoedig om by een van die bedienings betrokke te raak sodat jy jou gawes op dié wyse tot uitbou van die koninkryk kan aanwend.  Ons benodig hulp met praktiese dienslewering aan bejaardes, hulp by kategese, ens. Lees meer . . .

Week van Gebed

Sluit vanaf 5 tot 8 Februarie aan by die gemeente se  jaarlikse WEEK VAN GEBED om 18:30 in die kapel.

5 & 8 Februarie: Aanbieding deur dr. Siegfried Louw

6 & 7 Februarie: Aanbieding deur dr. Mias van Jaarsveld

Geen vooraf besprekings.  Jy kan net opdaag.

Lydenstydreeks:  Jesus ruik na mirre en stof

Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Sondagviering: Kuier saam na die oggenddienste


Tee en Koffie in die kerktuin
Gratis tee en koffie is na ons oggenddienste in die tuin voor die kerkgebou beskikbaar. 

Wolhaarstories

Die ywer waarmee ons flukse breispan brei, is geen wolhaarstorie nie.  Die manne en vroue se penne klik daagliks om warm serpe en musse vir Karookinders en senior burgers te brei.  Hulle wolvoorraad is egter maar skraps en hulle is afhanklik van skenkings. Gee asb. bydraes van bruikbare wol by die kerkkantoor af om die mooi projek te ondersteun.

Gemeentebraai: Vrydag 2 Februarie

Kom begin die nuwejaar op ’n gesellige noot deur ons maandelikse gemeentebraai op Vrydagaand 2 Februarie by te woon.  Bring jou eie vleis, bykosse en drinkgoed asook ’n bord, eetgerei en glas.  Ons voorsien die kole.  Kole is vanaf 18:30 gereed.

VatVyf-vrugtefees

Ons nooi alle senior lidmate om op Woensdag 31 Januarie by die jaarlikse vrugtefees in die grootsaal in te skakel.  Toegang is gratis en die feestelikheid begin om 10:00.  Bespreek jou plek by Christine, kerkkantoorontvangs (021 976 4519) ontvangs@stellenberg.co.za voor of op Maandag 29 Januarie.

Vroue-retraite in Stellenbosch

Kom ervaar vrede en vreugde tydens die  Vroue-retraite op die Stillebosch Retraite-plaas in Stellenbosch.  Daar is nog enkele plekke beskikbaar.

Datum: 16-18 Februarie 2024.  Koste: R1 400.  Dit sluit verblyf, alle etes en vervoer in. Bespreek jou plek voor 2 Februarie 2024 by ontvangs@stellenberg.co.za of kontak die kerkkantoor by 021 976 4519.    
               

Kategese-registrasie 2024

  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za om aanlyn te registreer.  Daar is ook geleentheid om na die oggenddienste in die grootsaal te registreer, of na die aanddiens en navrae aan Annibrand-kategete te rig.  Kategesegelde kan kontant, met SnapScan of EFT betaal word.

Dis lekker om julle weer te sien . . .

Gemeentebedrywighede is weer volstoom aan die gang nadat die skole heropen het.  Dis lekker om weer al die bekende gesigte te sien asook nuwe gesigte wat by ons aangesluit het. Kontak gerus die kerkkantoor by ontvangs@stellenberg.co.za met navrae oor enige gemeenteaktiwiteite, of die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za met navrae oor kategese.

Graad 6-tot-7-kamp

Ons nooi alle graad 6’e en 7’s om vanaf Vrydagmiddag 2 Februarie tot Saterdagoggend 3 Februarie om 10:00 in te skakel by die GLOW-kamp wat op die kerkterrein aangebied word.   

Laat jou lig in 2024 elke dag skyn!

Sien aanlyn inskrywingsvorm hier onder. 

Met leedwese

Ons neem afskeid van:                                                      

   - Pieter Cilliers Kleinhans (29/06/1945 - 23/01/2024). Hy was  sedert 1973 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons meegevoel met sy seun en dogter wat hy agterlaat. Gedenkdiens: 1 Feb. om 11:00 in die kerk.

- Rudolf (Dolf) van Jaarsveldt (03/04/1935 - 21/01/2024).  Hy was sedert 2005 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons meegevoel met Anny, sy vrou, asook sy dogter en twee seuns wat hy agterlaat.  Gedenkdiens:  Vrydag 2 Feb.  Verdere besonderhede van die gedenkdiens is by die kerkkantoor beskikbaar.

Graad 8-kamp terugvoer video


Kyk gerus na dié mooi video oor die graad 8-kamp om iets te beleef van die energie op ’n kategesekamp.  

Gebedsversoeke
Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Breigroep
Die breigroep ontmoet op Maandag 5 Februarie om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.