Lees deur internet, klik hier >>
1 Mei 2020
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Vrees kan ons perspektief laat verloor
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis skryf in Die Burger se Godsdiens Aktueel kolom dat ons die afgelope tyd oorweldig word deur inligting op sosiale media. "Een van die tendense wat waargeneem is, is alarmistiese boodskappe wat, óf die einde van die wêreld voorspel, óf totale ekonomiese chaos voorspel. `n Goeie maat samesweringsteorieë word ook dikwels in die kooksel ingegooi. Wanneer ons dan behoorlik die skrik op die lyf gejaag is, word daar voortgegaan om mense op te roep tot bekering."
Lees Braam se volledige artikel hier.
Op soek na belangrike dokumente?
Die Saakgelastigde Bossie Minnaar noem dat etlike gemeentes in hierdie dae aansoek doen om Snapscan te gebruik of om ’n bank- of beleggingsrekening oop te maak.  In albei gevalle word die gemeente onder andere gevra vir drie goed wat talle gemeentes heeltemal onseker laat, naamlik ’n konstitusie  sowel as ’n stigtingsdokument en 'n nommer.
Klik hier vir 'n duidelike uiteensetting hoe om die inligting te bekom. 
‘n Malawiese lidmaat by sy kerk se handewasstasie
Kerkwees in Afrika te midde van korona
"Opskorting van openbare massas is nie 'n uitdrukking van 'n gebrek aan geloof nie, maar 'n daad van geloof: die behoud van die lewe. Die Bybel is vol gevalle waar God se getroue mense gekies het om die lewe te bewaar in plaas daarvan om roekeloosheid met geloof te verwar.” So skryf Willem-Henri den Hartog, predikant van die Protestantse Kerk in Nederland,  streekskoördineerder van GZB (Gereformeerde Zendingsbond) in Suider-Afrika en vennoot van Getuienisaksie in hulle onlangse nuusbrief.
Lees hier hoe hy die korona-uitdaging in Afrika ervaar.
Op die VBO-kalender 
Excelsus se sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing kry vanjaar ’n nuwe baadjie. Modules is nuut verpak en ’n nuwe model oor die lees van die Bybel is bygevoeg. Die tweede module Hoe lees ons die Bybel? word van 12-14 Mei aanlyn via ZOOM aangebied.  In hierdie module word daar gekyk na ‘n Gereformeerde benadering tot die lees van die Bybel en hoe dit predikante en gemeentes kan help om dit binne hulle eie konteks van toepassing te maak. Klik hier om in te skryf. Sluitingsdatum Vrydag 8 Mei. 30 VBO-punte word vir bywoning van dié module toegeken.
Kyk ook na die grafika onder vir inligting oor 'n boekbespreking van Nelus Niemandt se hartsplek. Bespreek hier.
Greetings from NID 
As an NGO, the National Institute for the Deaf (NID) is primarily reliant on financial support from the public, businesses, schools, churches and trusts to fund their operations and services to the benefit of the Deaf and persons with hearing loss. As many of these sectors are currently closed during the national lockdown, many of their fundraising projects are halted and their financial income has been severely restricted. "We humbly request that our friends, donors and partners please do not forget about us, as you are our lifeline during these challenging times." E-mail relations.fr@nid.org.za to find out how you could support NID. 

EKOLOGIE
Single use plastic in the spotlight
Witness Ministry’s Eco Team (also known as the Green Team) will be sharing a useful eco tip each week and we are looking forward to their contributions.
Watch the video below as team leader Dewald Hoffmann explains the importance of refusing single use plastic items. For more eco-friendly tips, click here to visit their website.  
Simonstad se pikkewyne loop rond
Terwyl mense regoor die land by die huis is weens die nasionale inperking, het sommige pikkewyne in Simonstad besluit om 'n draai te loop en die dorp te verken. Die drie pikkewyne het ‘n kruising oorgesteek en op die sypaadjie gespring voordat hulle straat-af gewaggel het. Die staptog van die pikkewyne kan hier gesien word in die video wat deur Mikaela Slier geneem is.

Boulders-strand tussen Simonstad en Kaappunt is wêreldbekend vir sy kolonie van Afrika-pikkewyne. Alhoewel dit in die middel van 'n woongebied geleë is, is dit een van die min plekke in die wêreld waar hierdie bedreigde voël van naby waargeneem kan word.

Ronnis Daniels, ‘n mariene veldwagter, sê die pikkewyne raak gewoonlik angstig as mense te naby is: “Aangesien daar baie minder voertuie en mense is, geniet hulle dit om hul grondgebied terug te hê.” 

GEBEDSVERSOEK
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae
Geluk aan die volgende gemeentes wat in Mei verjaar. As enige van die onderstaande datums nie korrek is nie, stel asb. die Kerkargief in kennis by argief@kaapkerk.co.za.
George-Suid se Kos-kombuis
Pieter van Santen vertel dat 'n gemeenskapskombuis in George-Suid sedert Saterdag 18 April heerlike voorbereide etes aan honger mense in die gemeenskap bedien. Spanne kostannies (foto regs) spring daagliks in om meer as 220 voedsame etes aan die hongeres van die buurt te bedien.  Daar word natuurlik streng gehou by die reëls van die grendeltyd, so almal dra kopdoekies, maskers en handskoene!
’n Oproep van raadslid Sean Snyman van die George stadsraad het gelei het tot ’n vennootskap tussen die gemeentes van George-Suid en Tuinedal, wat hande vat met die ekumeniese network Serve George, George Munisipaliteit, Bikers Church, Family Church, Hope Church en Eden gemeente – voorwaar ’n ekumeniese mengsel van vlytige vingers en helpende hande. "Van dag een af getuig ons van hoe die Here daagliks net genoeg manna gee om die hongeres te voed."  Lees Pieter se volledige brief hier.
Ysterplaat se kospakkieprojek
Die Ysterplaat Gemeenskapskerk het verlede week 207 kospakkies by gesinne in nood afgelewer. Elke kospakkie bevat genoeg items om 'n gesin vir 'n week te voed. Toe die projek aan die begin van die grendeltyd geloods is, is 40 kospakkies per week uitgedeel, maar te danke aan samewerking vanuit die gemeenskap het die projek eksponensieel gegroei. Volgens Scherlize Hayes span die gemeente saam met Laerskool Ysterplaat Junior, Laerskool Ysterplaat, verskillende gemeentelede en gemeentes buite Ysterplaat om die sukses van hierdie projek te verseker. "Ysterplaat, as 'n gemeenskap, sien die grendeltyd as ‘n geleentheid om saam te staan en om seker te maak dat soveel mense as moontlik se behoeftes gedurende hierdie moeilike tyd bevredig word."  
Kenridge maak maskers
Kenridge-gemeente is in 'n vennootskap met God's Merciful Hand Ministries in Town Two, Khayelitsha wat onder leiding van pastoor Khawulezile Msele (middel voor) werk om kinders se bewustheid van die nuwe virus te verhoog. Die gemeente het oor die afgelope tyd finansiële bystand verleen asook meer as 500 maskers vir die projek voorsien. Die projek beoog om minstens 400 maskers per week te produseer. Indien jy wil deel word van die Kenridge Maskermakers, kontak vir Teresa Visser by 072 399 6993. 
Worcester help ook
Wat gebeur op ons kerkterrein? Dis ‘n vraag wat Worcester Moedergemeente daagliks gevra word. Weens die grendeltyd kon Food Forward, die grootste voedselherverdelingsorganisasie in Suid-Afrika, nie hul gereelde verspreidingspunt op Worcester gebruik nie. Daarom het Moedergemeente hul terrein beskikbaar gestel en talle bedienings in die area kon baatvind by die aksie van barmhartigheid.
Nou kan verskeie organisasies hul produkte kom afhaal en help om daadwerklik voedselsekuriteit in weerlose gemeenskappe te verbeter. 
PREDIKANTENUUS
Prins Alfred groet Briers-egpaar
Chris Briers groet hierdie maand die gemeente van Prins Alfred, waar hy sedert 1996 bedien het. Chris het oorspronklik sielkunde studeer, maar het in 1982 sy eerste beroep na Bloukrans in Colenso, KwaZulu-Natal aanvaar.
Hy en sy vrou beplan om na 'n plekkie naby die see in die Suid-Kaap af te tree. 
Geniet die aftrede Chris en Wanda.
Welgemoed verwelkom Jakkie Strachan
Welgemoed laat weet met groot opgewondenheid dat Jakkie Strachan die beroep na hulle gemeente aanvaar het. Weens die nasionale inperking is dit nog onseker wanneer sy bevestiging en intreepreek sal plaasvind, maar Welgemoed sien daarna uit om vir Jakkie en Elzanne eersdaags persoonlik in die gemeente te verwelkom.
Ons wens julle alle voorspoed vir die toekoms.
NUUSBRIEWE
Klik op foto vir Missie Japan se nuusbrief.
ALGEMEEN
BEHOU DIE HUMOR
TEN LAASTE
Soos ons na Vlak 4 van die nasionale inperking beweeg, is dit duidelik dat die korona-krisis nog duidelik nie sy piek bereik het nie. Ons bid voortdurend vir ons gemeentes en  gemeenskappe.
Ons vind inspirasie in die deernis en omgee waarmee gemeentes by hulle plaaslike aksie-netwerke inskakel en ongelooflike werk doen. 
Deel asseblief julle Stories van Hoop met ons deur 'n e-pos te stuur aan kommunikasie@kaapkerk.co.za.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.