Lees deur internet, klik hier >>
26 Julie 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Getuienisaksie
Gereformeerde kerkleiers uit Sub-Sahara Afrika byeen in Wellington
Die Reformed Family Forum is een van ons kerk se belangrikste ekumeniese vennootskappe. Dit bestaan uit die algemene sekretarisse van al ons susterskerke wat sedert die 19de eeu uit die missionale werk van ons kerk in Sub-Sahara Afrika ontstaan het en vergader een maal per jaar. Hierdie jaar sal dit van 2 tot 5 Augustus by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington plaasvind – iets wat baie besonders vir ons susterskerke is, aangesien die pioniersendelinge byna almal by dié plek studeer het waar hulle nou sal tuisgaan. Dit sal ook die eerste keer wees dat 'n paar jong VGK- en NG Kerk predikante hierdie belangrike geleentheid gaan bywoon. Kontak Kobus Odendaal vir meer inligting. Op die foto onder is die RFF-groep byeen in Johannesburg in 2018.
RFF-byeenkoms
Jannie e.a.
2. Arbeidsbediening
BrightStar hoop aan gevangenes
Verlede week het Arbeidsbediening weer die BrightStar-kursus suksesvol aangebied – hierdie keer aan 27 gevangenes by die Malmesbury Medium B Gevangenis. Dit het hulle lewens onherroeplik positief verander -lees meer hier. Op die foto is die hoof van die gevangenis, mnr. Bredenkamp, en Jannie Booysen, BrightStar-fasiliteerder, Arbeids-bediening, 
tydens die oorhandiging van die sertifikate.
3. Diaconia se SmartStarters
Diaconia se SmartStart "club coaches" en opleidingsbeamptes was vandeesweek in Johannesburg vir die jaarlikse SmartStart Reflection en gevorderde opleiding. Die groep opleiers op die foto onder bedien tans 207 franchisees en help hulle om 'n kwaliteit VKO-program aan kinders tussen drie en vyf jaar te verleen. Tans het Diaconia 'n totaal van 206 vroue in hul program en bedien nog 1640 met hierdie waardevolle VKO-program. In die meeste areas is sterk gemeenteondersteuning en -betrokkenheid by die programme. SmartStart is een van Diaconia se vennote in VKO (vroeëkindontwikkeling) en fokus op die eerste vyf jaar in 'n kind se lewe deur toegang tot praktiese, bekostigbare opleiding te verskaf in die vorm van speelgroepies, dagmoeders en VKO-sentrums.

SmartStart
V.l.n.r. is Nicola Vermeulen (hoofopleidingsbeampte); Marthie du Plessis (club coach: Oudtshoorn, George, Ladismith en Calitzdorp); Mildred Joseph (club coach: Augrabies, Vredesvallei en Kakamas); Eureka Smit (club coach: Wellington, Paarl, Citrusdal, Darling en Koringberg); Hazel Herwel (club coach en mede-opleidingsbeampte: De Doorns, Touwsrivier en Laingsburg); Tesslyn McDonald (club coach: Rawsonville en Worcester); Rouxanne Opperman (geregistreerde maatskaplike werker by Badisa en club coach: Kuilsrivier, Tygerberg en Strand) en Anne-Marie Saffi (club coach: Mosselbaai, Riversdal en Heidelberg). Nie op die foto nie: Isabella de Kock (Diaconia se programleier vir SmartStart) en Erika Hougaard (operasionele bestuurder: Little Seeds).
Wilma
4. Ons groet jou, Wilma
Wilma le Roux, wat sedert Januarie 2013 by Communitas werk, tree aan die einde van Julie af. Sy skryf dat Communitas vir haar 'n veilige hawe en span-werksplek was en vertel van die omgee en versorging wat sy beleef het; van PSD-kollegas wat nie onderskeid tref tussen ondersteunings-personeel en hulself nie (wat soms vir háár koffie aangedra het) en van vriendskappe wat gesmee is oor kleur-, kultuur-, kerkverband- en taal-grense heen tydens kursusse en konferensies. Dit het haar telkens weer hoop gegee vir ons reënboogland. Lees hier hoe sy en haar kollegas skryf oor haar tyd by Communitas, asook haar toekomsplanne. Sy bedank Communitas vir die tyd waarin sy haar gawes kon uitleef in die span. Beste wense vir die nuwe fase, Wilma! 

Bridget
5. Welkom aan Bridget Leibbrandt
Ons wil graag vir Bridget Leibbrandt, wat vanaf 15 Julie by Communitas aangestel is, hartlik welkom heet. Sy het tien jaar ervaring in die korporatiewe finansiële omgewing, eers as hoof van opleiding en ontwikkeling en daarna as kantoorbestuurder, en was voor dit in die onderwys. Met hierdie ervaring sien ons uit na die waarde wat sy ten opsigte van die vereistes van hierdie pos sal toevoeg. Bridget is oorspronklik van die Vrystaat en is getroud met Heinrich. Kontak haar hier. Seënwense!

Gesprek
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
Gesprek oor gemeenskapsherstel by Atlantis
Die SPG het verlede week saam met skoolhoofde, NRO’s, die media, gemeen-skapsleiers, die polisie en kerkleiers in Atlantis vergader om die sosiale uitdagings soos o.a. geweld en misdaad in die area te bespreek. Daar is besluit op 'n waarde-gedrewe sistemiese proses waarby soveel as moontlik instansies in die gemeenskap betrek sal word. Die herstel van die gemeenskap deur 'n nuwe manier van dink en waardes is die eenvoudige visie. Daar is besluit op verskeie aksiestappe om die volgende waardes wyd te kommunikeer en te vestig: samewerking en verbintenis, respek, weerstand teen misdaad, verantwoordelikheid en om die gemeenskap te herstel. Dit is duidelik dat ook hierdie gemeenskap, soos soveel ander in ons land, genoeg gehad het. Met dank ontvang van Braam Hanekom, SPG.
Retraite
Vrouebediening retraite 9-11 Augustus 2019 - klik bo
GEMEENTENUUS
Strand gemeentelede werk by Sinethemba kinderhuis
Willem Botes (vroeër leraar van die VGK Decoligny gemeente) vertel van 12 lidmate van Lourensrivier en Suider-Strand gemeentes wat vanaf 22 - 30 Junie in die Transkei gaan herstelwerk doen het aan die woonkompleks en skool wat tussen 2008 en 2012 gebou is vir 'n groep verstandelik en fisies gestremde kinders naby Ngqeleni. Die groot werk was om hul tuin, wat gebruik word vir tuinbou-opleiding en waar vars groente vir die kinders geproduseer word, nuut te omhein met doringdraad en van sifdraad te voorsien (foto's onder). Lees hier verder - ook hoe die kamers danksy skenkings van nuwe matrasse, beddegoed en gordyne voorsien is.
PREDIKANTENUUS
Van Rooyen egpaar
Vredenburg verwelkom Van Rooyens
Op Sondag 21 Julie is Johan van Rooyen by die NG Gemeente Vredenburg deur Robert Knobel van Mosselbaai-Suid as leraar bevestig. Johan het op 15 Julie amptelik in diens getree by die gemeente. Hy skryf: "Sondag het ons feesgevier en kon ons dankie sê vir al die gebede en ondersteuning. Ons is baie opgewonde oor ons nuwe gemeente. Voor ons bevestiging het die Here al aan ons bevestig dat ons hier moet wees." Lees hier verder en gaan kyk na Sondag se foto's op Vredenburg se Facebook-blad. Beste wense in die gemeente, Johan en Nicolene!
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
Gebou
1. Fakulteit Teologie: Meestersprogram
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied 'n twee-jaar modulêre MTh in Praktiese Teologie (Bedieningspraktyk) aan. Die program wil missionale leierskapkapasiteit bou deur leeswerk, teologiese dialoog, deelname aan geestelike dissiplines, eksperimentering met missionale leierskapuitdagings in die gemeente en deurlopende persoonlike refleksie m.b.v. joernaal-skrywing. Lees hier meer en kontak Divine by dr@sun.ac.za met navrae.
2. Public lecture:  Practival Theology & Missiology
Prof Johannes Eurich is presenting this lecture on Community Based Diaconal Work as part of the PT344 class.  Wednesday 31 July at 12:00 at the Murray Lecture Room (2002) at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. 
Chris
3. Stellenbosse besprekingsgroep
Piet Walters, sekretaris van die Stellenbosch Studie- en Gespreksgroep berig dat die groep op Dinsdag 30 Julie vir Chris Jones (Eenheid vir Morele Leierskap, Teologie, US) as spreker ontvang. Sy onderwerp is "Toekomstige etiese raamwerke in 'n globaliserende wêreld". Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die kerksentrum van NG Stellenbosch-Sentraal. Kontak Piet by pew@sun.ac.za en klik hier om die volledige program vir die tweede semester af te laai.  
Kerk
4. Uitnodiging na seminaar op Mosselbaai
Vir lesers in die Suid-Kaap: die evangelisasiediensgroep van die Gereformeerde Kerk Mosselbaai nooi almal hartlik uit na 'n Saterdagoggendseminaar op 31 Augustus oor kerklike gemeen-skapsanalise. Meer besonderhede en die program is hier. Kontak Flip Buys van die evangelisasiediensgroep met navrae. Reageer teen 23 Augustus.
Logo
5. VBO-Lenteweek in Bloemfontein
Veral met die oog op lesers in die Vrystaat, deel ons inligting oor die NG Kerk Vrystaat se VBO-Lenteweek wat vanaf 1 - 4 Sep. by die NG Studentekerk (Kopanong Ouditorium op die UV-kampus) aangebied gaan word. Die tema is Uitverkiesing en Hoop / Election and Hope, en sprekers sluit in Nadia Marais, Nico Koopman, Wilhelm Verwoerd, Lisel Joubert, Trevor Nthlola en Nelis Janse van Rensburg. Klik hier vir die program en inskrywingsvorm. Die volle kursus tel 30 VBO-punte.
Nadia
Nadia Marais
Wilhelm
Wilhelm Verwoerd
Nico
Nico Koopman
Lisel
Lisel Joubert
PUBLIKASIES
Bybel-Media #WinskoopWoensdag
Bybel-Media het gereeld geleenthede waar publikasies teen verlaagde pryse te koop aangebied word. Die onderstaande publikasies is voorbeelde hiervan, maar selfs teen die gewone prys is dit 'n winskoop en oulike geskenkidees vir kinders. Bestelling kan aanlyn op die webblad geplaas word of per e-pos gestuur word. Telefoniese bestellings is ook welkom: skakel gerus vir Monique of Laetitia by 0860 263 342. 
God se groot liefde vir jou God se groot plan vir my Droomstories vir slaaptyd
EKOLOGIE
Vyf redes waarom gemeentes betrokke moet raak by spesiebewaring
Daar is intrinsieke waardigheid in alles wat God gemaak het. Daarom is dit waardevol en behoort dit bewaar te word. Ons as homo sapiens is uiteindelik self volledig afhanklik van die voortbestaan van al die ander spesies op aarde. Hulle uitsterwing beteken noodwendig ook ons uitsterwing! Het julle gemeente al 'n spesie aangeneem om dit te help keer van uitwissing? Lees meer hier - met dank ontvang van Projekspan Ekologie. Op die foto onder is die Brasiliaanse Goue Marmoset wat van moontlike uitwissing gered is danksy bewarings-inisiatiewe sedert 1980.
Marmoset
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
Kuierkans
Kuierkans 26 Julie - klik bo vir meer 
VAKATURES
Kerkbode
Kerkgebou
1. NG Laaiplek: Voltydse leraarspos
Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk, verkieslik tussen die ouderdom 35 en 50 jaar, word genooi om aansoek te doen vir die voltydse leraarspos by NG Laaiplek. Die gemeente bedien Laaiplek, Port Owen, Dwarskersbos en omliggende plase se lidmate asook die breër gemeenskap. Daar is tans 940 lidmate. Goeie samewerking met NG Velddrif en VGK St Helenabaai (Noordhoek) is 'n prioriteit. Lees hier verder - doen aansoek teen 30 Aug.

Logo
2. NG Kerk Vrystaat Vennote in Getuienis:
Uitvoerende amptenaar

Vennote in Getuienis is 'n bediening van die NG Kerk Vrystaat. Gelegitimeerde leraars in die NG Kerkfamilie word uitgenooi om vir hierdie pos aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 30 Augustus. Klik hier vir 
meer besonderhede.
Logo
3. Durbanville Kinderhuis: Bestuurder
Durbanville Kinderhuis beskik oor 'n vakature vir 'n hoof/bestuurder. Klik hier om die volledige advertensie in Engels in PDF-formaat af te laai. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 2 Augustus 2019.
Foto van die sneeubedekte berge rondom Worcester deur Jeannie Cook.
TEN LAASTE
Met koue fronte wat die land die afgelope week getref het, sluit ons af met Eugene Marais se aangrypende Winternag.  
O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade..."
Mag die Heer se genade oor ons lesers heers en ons vra dat julle ook dink aan diegene wat nie 'n veilige heenkome in hierdie veeleisende tye het nie.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.