Lees deur internet, klik hier >>
27 Oktober 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Hervormingsfees 29 Oktober
Prof. Dirkie Smit: kerke wat hervorm - klik bo.
Elize Morkel
SINODENUUS
1. Elize Morkel groet
- Insig in wie God is, wat genade beteken

Ons het kennis ontvang dat Elize Morkel verlede week as lid van ons sinode se moderamen, en dus ook as lid van die moderatuur, bedank het.
Nuwe geleenthede in haar sielkundepraktyk, tesame met persoonlike omstandighede, vra tans bepaalde aanpassings in haar en haar man, Jaco, se lewenstyl. Elize skryf soos volg hieroor ...
Lees gerus hier hoe Nelis Janse van Rensburg terugkyk oor Elize se betrokkenheid in die kerklike omgewing as iemand wat vir ons insig "in wie Hy is en wat sy genade vir mense beteken" verskaf het.
Elize, ons groet jou met agting. Mag daar vele geleenthede vir jou wees om in jou gemeente, sowel as in die breër NG Kerk-familie, jou werk voort te sit. Opregte seënwense aan jou en Jaco, saam met julle uitgebreide gesin.
2. Argiefkronieke
(Een)saam in Afrika 

Dit begin alles by 'n foto in 'n Bybel: twee jong mammas wat hurkend sit en toekyk hoedat hulle babas mekaar beskou  ... Toe tannie Kietie de Vos hierdie foto (links onder) in VrydagNuus van 16 Junie sien, kom die verlede helder voor haar staan. 
Dis 1951. Kietie, jong getroude en mamma vir die eerste keer, is afgesonder van alle ander geselskap daar op Mphunzi-sendingstasie. Hein is 'n paar maande oud en sy wat Kietie is, sukkel met die dinge van ma-wees en alleen kind grootmaak. Die plaaslike mede-mammas word haar geselskap en vriendinne. En wanneer sy heeltemal in donkerte toegehul is, begin sy die Woord koorsagtig lees. “Vader, help my asseblief tog om ʼn  goeie ma, vrou, vriendin en sendeling te wees ...” Tannie Kietie (vandag 91) vertel verder ...
Kietie de Vos met Hein gesels met 'n ander mamma en baba
Kietie de Vos as jong ma
Kietie de Vos vandag - steeds net krulhare!
Kietie de Vos vandag
Jannie en Susan
3. Getuienisaksie
Ontmoet die Smitte van Chandame, NO-Mosambiek

Jannie en Susan Smit het sewe jaar gelede permanent na Noordoos-Mosambiek verhuis. Jannie se doel was om die plaaslike boere te ondersteun en Susan sou begin om basiese mediese hulp aan die gemeenskap te verskaf, asook om met vroeëkindontwikkeling te help. Hulle het daar begin werk met die volle ondersteuning van ons susterskerk, die IRM (Igreja Reformada em Moçam-bique). Hier is meer van hul  bediening.  
Logo
4. Arbeidsbediening in Overberg en Tuinroete
Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek, en Lene November, haar sekretaresse, was verlede week op besoek aan die koördineerders van Arbeidsbediening op Swellendam en Stilbaai. Hulle was aangenaam verras deur dié mense se entoesiasme. Lees meer hier.
5. Kanale van hoop: Diaconia se Vigs-taakspan
Die Diensgroep Diaconia se Vigs-taakspan is saamgestel uit verteenwoordigers van die NG Kerk, VGKSA en Calvynse Protestantse Kerk. Die oogmerk van die taakspan is om gemeentes toe te rus om met deernis, kennis en vaardighede kanale van hoop te wees en MIV/Vigs-uitdagings vanuit 'n Christelike perspektief aan te spreek. Navrae: omgee@kaapkerk.co.za of 021 957 7113.
Die taakspan (sien foto onder) is v.l.n.r.:  Quarta du Toit, Louise Bruinders, Vernon Endley, Benjamin Martin, Hannes Theron (voorsitter), Aneleh Fourie-Le Roux (CABSA- koördineerder), Mariëtte Frantz, Nioma Venter en Sean Esterhuizen.
Taakspan
Grafika
6. Familiebediening Netwerk
Predikante of jeugwerkers wat verantwoordelik is vir families, word uitgenooi om deel te wees van die Familiebediening Netwerk, wat een keer per maand ontmoet.
Die lede van die netwerk lees elke maand 'n artikel as voorbereiding. Die netwerk gaan saam dink oor wat dit beteken om ruimtes te skep vir inter-generasionele geloofsvorming, hoe om families te laat tuiskom en hoe om huisgeloof aan te moedig in gemeentes.
Die eerste byeenkoms is Vr. 27 Okt. by La Rochelle Gemeente, 10:00 - 13:00 en die volgende een is op
Do. 23 November. 
Laat weet vir José by die jeugkantoor as jy wil deel wees van hierdie netwerk: jeug@sun.ac.za of 021 808 9050.
VrydagNuus-mashoofde
7. Kommunikasie: Wie is oudste leser?
Die berig oor 'n argieffoto wat deur een van ons ouer lidmate (mev. Kietie de Vos) raakgesien is (lees Argiefkroniek elders), het ons aan die dink ...
Wie is die oudste VrydagNuus-leser en waar woon u? Dalk is u sedert 2003 reeds ingeteken om die jongste nuus en inligting uit ons NG Kerk-familie te ontvang en het u 'n getroue leser/voorbidder/ondersteuner van hierdie deel van die sinode se werksaamhede gebly.
Ons hoor baie graag van ons wyse en meer ervare lesers. Stuur asb 'n e-pos  en vertel van u (of 'n bejaarde vriend of kollega) se verbintenis met VrydagNuus in 80 woorde maksimum, met 'n lekker foto daarby.  
Johan Brink
8. Goudland hou sinodesitting
Ons wens graag vir Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal) sterkte toe met hulle eendagsinodesitting op Dinsdag 31 Oktober by Helikonpark, die tuiste van Sinode Goudland. Aan Johan Brink, die nuwe voorsitter van die sinode en predikant van Fochville-Noord, sowel as elkeen betrokke by die reëlings rondom so ’n vergadering: seënwense uit die Kaap! (Goudland se naam is ’n jaar gelede bekendgestel; lees hier hoe e-Kerkbode oor die naam en logo berig het.)
ALGEMEEN
1. 
National Church Leaders’ Consultation byeen
Die Suid-Afrikaanse geloofsgemeenskap is geseënd met wonderlike geleenthede om deur verskillende forums saam te besin en uit mekaar se ervaring te put.
Op 18 Oktober het die National Church Leaders' Consultation (NCLC) in Kempton Park onder voorsitterskap van aartsbiskop Thabo Makgoba vergader. Nelis Janse van Rensburg en Gustav Claassen (onderskeidelik voorsitter en algemene sekretaris van die Algemene Sinode Moderamen), sowel as Braam Hanekom (Wes-Kaapse PSD: Publieke Getuienis) het die NG Kerk daar verteenwoordig. (Foto onder.)
Onder die fokuspunte op die agenda was gesondheid (bekamping van TB en MIV/vigs), maatskaplike ontwikkeling, volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en gesprekke met die mynbou-industrie.
NCLC-lede
Sommige van die lede van die NCLC 
Penskets van Dirkie Smit
2. US Fakulteit Teologie
2.1 Uittree-lesing van prof. Dirkie Smit

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie het as deel van die Reformasie Konferensie op  11 Oktober die uittree-lesing van prof. Dirk J (Dirkie) Smit op Stellenbosch aangebied. 
Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie het 'n karikatuur penskets deur Kobus van der Riet aan prof. Smit oorhandig (regs).
Die teks van prof. Smit se lesing is hier. Besoek gerus www.kaapkerk.co.za vir pragtige foto’s en meer inligting oor die  geleentheid - klik hier.
Prof. Smit is in Feb. aangestel as professor by die Princeton Theological Seminary in Amerika.

Gassprekers en andere Reformasie Konferensie en uittree-lesing
Kollegas by die Reformasie Konferensie en uittree-lesing:
Voor: Proff. Reggie Nel, Mary-Anne Plaatjies van Huffel
Tweede ry: Proff. Roderick Hewitt, Allan Boesak, Yolanda Dreyer, Robert Vosloo, Jerry Pillay
Derde ry: Dr. Len Hansen, proff. Dirkie Smit, Jaap Durand
Vierde ry: Proff. Michael Welker, Elna Mouton, Nico Koopman, Piet Naudé
2.2 Russel Botman-gedenklesing 
Gelykheid en transformasie
Wyle prof. Russel Botman was verbind tot die bereiking van gelykheid en het gewerk vir armoede uitwissing. 
Só het regter Zak Yacoob, afgetrede regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, op Wo. 18 Oktober gesê. Hy het die derde jaarlikse Russel Botman-gedenklesing by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) gelewer. Lees verder en geniet die spesiale foto's saam met ons!
Belangstellendes kan na ’n video-opname van regter Yacoob se lesing luisterklik regs.
Portretskets van Russel Botman
Leopold van Huyssteen en Beryl Botman by 'n portretstudie van
wyle prof. Russel Botman, geskilder deur Fiona Metcalfe 
W Jonker en F Wessels
Prof. Jonker en Francois Wessels
3. Willie Jonker-gedenklesing
Martin Luther: held of skurk?

Ons herinner: die twaalfde Willie Jonker-gedenklesing word vanjaar op Hervormingsdag (31 Okt.) om 19:30 in Tamboerskloof aangebied. Die Ring van Kaap die Goeie Hoop is vir die eerste keer bevoorreg dat een van sy leraars (en voormalige student van prof. Jonker), Francois Wessels, die lesing lewer. Sy tema behoort ook wyd byval te geniet: MARTIN LUTHER – HELD OF SKURK? Almal welkom! 
Klokke lui
4. REFO 500: Laat die kerkklokke lui!
Pretoria FM nooi alle kerke van Kaapstad tot Upington, en van Pretoria tot Perth - kortom: ALLE gemeentes, om saam met die 7-voor-7-span op Dinsdag 31 Oktober om 06:59 die kerkklokke te laat beier. Kontak linda@pretoriafm.co.za as jou gemeente van voorneme is om hieraan deel te neem. Klik hier vir meer.
5. Gemeentes: 2018 kalenders
VrydagNuus het aan die begin van die jaar gevra dat ons gemeentes hulle kalendervoorblaaie met ons deel. Ons het die allermooiste en kreatiefste kalenders ontvang!
Wees vanjaar gerus (weer) deel van hierdie lekker projek deur julle kalender se voorblad aan ons te stuur: klik hier. Vanjaar het 31 gemeentes uit die 229 reageer (bekyk die mooi versameling hier); kom ons kyk of ons dit hierdie keer ten minste 80 gemeentes kan maak, asb. So deel ons in mekaar se vreugde en bou ons die gemeenskap van gelowiges. (Foto: NG Laaiplek se kalender vir 2018.)

WCC logo
6. Raakgelees
6.1 Reformation through pilgrimage in the context of African theology

“One of the key elements coming out of the 2017 commemoration of 500 years of the Reformation is working together to heal the world by emphasizing peacebuilding, economic justice, climate justice and human dignity based on biblical mandate to all Christians.”
Giving a keynote speech during the Reformation conference at Stellenbosch University, World Council of Churches (WCC) deputy general secretary Prof. Dr. Isabel A. Phiri explored 500 years of Reformation. Click here.
Immigrante
6.2 Immigrante: inwoners van God se koninkryk
Die komplekse vraagstuk oor vlugtelinge, immigrante en onwettige immigrasie is deel van die realiteit van die wêreld waarin ons missionale kerk wil wees. Dalk effe verder verwyderd van baie van ons se daaglikse lewens as vir baie Europeërs, maar beslis ook 'n werklikheid in Suid-Afrika.
Want misplaastheid en vreemdelingskap kom op meer as een manier voor; ook in ons midde. Een reaksie hierop is ’n gebed wat in solidariteit met immigrante geskryf is. Klik hier om dit as deel van nadenke hieroor te lees.
Adventkrans
6.3 Onderweg na Advent 2017 met PKN
Die Protestantse Kerk in Nederland begelei gemeentes in die weke tot Advent* met 'n adventkalender. Hulle tema, "Kwesbaar soos 'n kind" sluit netjies aan by hulle Kersprojek om vlugtelinge te ondersteun. 
Behalwe die adventkalender bied hulle ook idees en materiaal om Advent en Kerstyd te gedenk en vier. Kerstyd is 'n geleentheid om waarlik missionaal te dink en beplan - hoe maak julle gemeente bv. in julle Kersdienste voorsiening vir mense wat slegs daardie een dag in die jaar 'n erediens bywoon? Belangstellendes kan hier klik
* Daar is vier Adventsondae voor Kersfees, waartydens ons vanuit verskillende perspektiewe met verwagting op die koms van Christus voorberei. Advent strek dus gewoonlik oor so bietjie meer as vier weke.
GEMEENTENUUS
Stef Bos by Groote Kerk 29 Oktober
Groote Kerk: Refo500 met Stef Bos - 29 Oktober  
2. NG Stellenberg: Reformasie-feesweek 6-12 November
As deel van hulle Reformasie-feesweek vind tafelgesprekke met drie bekende sprekers op 6, 8 en 9 Nov. om 18:30 by NG Gemeente Stellenberg plaas:

Reformasie en ekonomie: Prof. Piet Naudé

Reformasie en onderwys: Prof. Michael le Cordeur

Reformasie en demokrasie: Aartsbiskop Thabo Makgoba
Kaartjies: NG Stellenberg kerkkantoor - 021 976 4519.
Sprekers
Twitter Facebook
PREDIKANTENUUS
1. NG Gemeente Plettenbergbaai
Welkom, Francois en Magdeleen Cilliers!

Ons deel in die vreugde van Plettenbergbaai, wat op So. 5 November vir Francois en Magdeleen Cilliers in die gemeente verwelkom. Francois was sedert 2011 in die bediening in Sinode Goudland in die NG Gemeente Unitaspark in Drie Riviere.
Hy is vanaf 1 November amptelik in diens van die gemeente, met spesifieke fokus op die Suiderkruis-(wyks)gemeente. Ons wens hulle baie bedieningsvreugde in Plettenbergbaai toe. Hier skryf Francois kortliks iets oor hom en Magdeleen.

Magdeleen en Francois Cilliers
Magdeleen en Francois Cilliers
Vertroetel predikante - Kerkbode Okt 1997 skets
Versorg predikante - Kerkbode Okt 1997
Tydens die sinodesitting van Wes-en-Suid-Kaap is die pastorale versorging van predikante bespreek. Ouderling Johan Kirsten (NG Kenridge) se opmerking oor die
"vertroeteling van leraars - soos troeteldiere" het Kerkbode se voorblad (17 Okt 1997) gehaal
!
Hoe ondersteun en "vertroetel" julle gemeente jul predikant(e)?
Melting away
EKOLOGIE
1. Climate Change: FAQ from The New York Times
Global warming seems daunting to most of us. The New York Times provides a place to start, with a guide consisting of 17 frequently asked questions with some straightforward answers. The guide (click here) also makes suggestions about what we as individuals can do. These include:
* Switch to more efficient light bulbs
* Turn off unused lights

* Drive fewer kilos

* Take public transit
* Take one or two fewer flights per year

* Use recycled paper

* Buy local food

* Waste less food

* Eat less meat

* Share the article with friends!  
Robbeneiland
2. Robbeneiland goes green with solar energy
Robben Island has gone green with a solar energy microgrid, which will produce almost 1 million kW of electricity annually.
The solar microgrid will reduce fossil fuel consumption by 235,000 litres of diesel per annum or 50% of the previous usage, resulting in a reduction of carbon emissions of at least 820 tons. Read more.

Kaalvoet
3. Om ge-aard te lewe
Die Heilige Gees herstel ons verhouding met die aarde (grond).  Die aarde is nie net onder my voete nie, maar deel van my liggaam: “Stof is jy, en jy sal weer stof word.”(Gen. 3:19).  Wanneer laas het jy kaalvoet buite geloop?  Lees verder - met dank aan die ywerige David Botha van die Ekologie-taakspan.
BEHOU DIE HUMOR
Churches with issues
PUBLIKASIES
1.1 LiG-tydskrif
Merweville: Boekklub? Nee - OMGEEklub!

"Hier woon regtig diepgelowige mense. Ek skryf dit toe aan die gereelde droogtes. Hier heers 'n totale afhanklikheid van God."
- Herman Bruger (NG Merweville se predikant)
"Die kerkkantoor is ook die toerismekantoor. As mense inligitng benodig of verblyf soek, kom hulle dikwels heel eerste by my uit."
- Esther Fourie (NG Merweville se skriba)
Lees gerus hoe LiG van November berig oor Die Boekklub se dorp - 'n omgeeklub waar heelwat oor afhanklikheid en omgee ges
ê word. Klik hier. LiG - gehalte leesstof wat jy met vrymoedigheid kan deel!  Teken in en wen!
(Foto onder en artikel met dank en erkenning aan LiG.)
Herman en Priscilla Burger met Max voor die Merweville-pastorie
Herman en Priscilla Burger met Max voor Merweville se pastorie

1.2 LiG: bedieningshulp!

Luister gerus in die onderstaande video hoe Johan Brink (NG Fochville-Noord, en voorsitter van Goudland Sinode se moderatuur) vertel van die waarde wat hulle gemeente uit hul intekening op die LiG-tydskrif put.
Oorweeg gerus om julle lidmate ook aan hierdie opbouende tydskrif bekend te stel. Dis waarde vir geld soos min!
Video
BM Kategesegids 2018
Bybel-Media se Jeugfokus kategesegids 2018. Klik bo.
KUIERKANS
Kuierkans
Toepassing
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 3 November 2017.
Kerkbode volgende uitgawes
Gemeentes: vir beplanning!
Plasing van vakatures in Kerkbode

Gemeentes (en ander instansies) wat die advertering van vakatures d.m.v. Kerkbode beoog, kan hier lees.
As bykomende diens dui e-Kerkbode nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn.
Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode): klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak - en let dan op die inligting regs bo. Dankie, Kerkbode!
Logo
Badisa: Maatskaplike werker
Badisa in Villiersdorp wag aansoeke in van geregistreerde maatskaplike werkers vir ’n vakature in ’n 8/8 pos. Lees aangeheg meer oor die pos en reageer voor 15 November.
Reggie Nel
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Reggie Nel
Geloof, heling vir ons gemeenskappe nou dringender as ooit

Ek wonder of ons nie besig is om die stryd teen geweldsmisdaad te verloor nie. Is ons, veral as kinders van die Reformasie, nie dalk weereens (of steeds!) voor 'n oomblik van waarheid nie? Dink aan die gruwelmoorde op ons kinders in die Kaapse vlakte, die gewelddadige plaasmoorde of selfs bende- en politieke geweld wat gemeenskappe lamlê. Dit lyk asof ons magteloos is ten aansien van hierdie pynlike werklikhede – magteloos selfs in ons geloof.  
In 'n Facebook-plasing verklaar ek 'n paar weke gelede ewe breedborstig dat God die kerk roep om teen onreg en by die verontregtes en die weerloses te staan. 'n Gemeenskapsaktivis daag my toe uit en vra (tereg) waarom doen geloofsgemeenskappe dan so min om daadwerklik by mense te kom staan in hulle nood. Dit het my geruk en moet ons almal eintlik tot groter omsigtigheid, selfondersoek en kwesbaarheid bring.  
Ons uitdaging is om weereens, soos Martin Luther in 1517, dapper genoeg te wees om in diepe studie van die Woord ons roeping te herontdek en te vervul deur dienend, saam met ander, heling aan gemeenskappe te bedien. 
Hierdie reformasie is dringender as ooit. 

* * *
Reggie Nel is die aangewese dekaan* van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is 'n professor in Missiologie en die redakteur van Missionalia. Reggie is getroud met dr. Benita P Nel, 'n spesialis in Wiskunde Onderwys en het twee dogters, Ranique en Melayna.
*Prof. Nel beklee hierdie pos vanaf 1 November 2017; ons seënwense aan hom in die nuwe rol. Mag die terugkeer na Matieland vervullend wees!

Sola Gratia
Genade is soos asemhaal
Jy is onbewus daarvan
totdat jy benoud raak.


Genade is als ademhalen

je bent je er niet van bewust

totdat je benauwd wordt. 


Geseënde Hervormingsfees word
alle gemeentes toegewens!


Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.