Lees deur internet, klik hier >>
9 Augustus 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Ons gereformeerde familie in Afrika
"Familie is die mense met wie jy 'n diep DNS-verbintenis het; die mense met wie jy gereeld om 'n tafel moet gaan sit as jy die bande stewig wil hou. En dis presies wat weer die afgelope naweek in Wellington by die AMSS (Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit) gebeur het toe ons met verteenwoordigers van ons Gereformeerde Familie van susterskerke in Afrika, soos elke jaar sedert 2015, weer om 'n tafel gaan sit het". Só skryf Mariëtte Odendaal van Getuienisaksie oor die afgelope naweek se byeenkoms: lees hier verder
RFF
Groep
2. Nelis gesels oor Sinode 2019 en die toekoms van die kerk
Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderatuur, reflekteer in die video onder oor die onlangse sinodesitting en beklemtoon verskillende fokusareas wat deur gemeentes en sinodegangers uitgelig is om binne die volgende vier jaar aandag te geniet.  Hy praat oor kerkeenheid, menswaardigheid, spiritualiteit en vars uitdrukkings van kerkwees. Op die foto onder is Nelis saam met Llewellyn MacMaster, moderator van die VGK Streeksinode Kaapland.
Video
Kinders
3. Tegnologie en jou kind: wenke
Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie-bediening) gee op DinkJeug se webwerf wenke vir die positiewe gebruik van tegnologie in die huis. "Die basiese behoeftes van kinders, met of sonder tegnologie, bly dieselfde. Hulle soek struktuur, erkenning, aanvaarding en liefde. Hulle kan dit nou net makliker en vinniger by ander naam- en gesiglose mense kry, as by ouers en vriende," skryf Anriëtte. Tegnologie is egter nie nét sleg nie - hier gee sy tien wenke wat kan help om hierdie - dikwels moeilike - situasie te hanteer.
Logo
4. Centre for Public Witness - WCEN meeting
The Western Cape Ecumenical Network met this week to discuss critical issues facing communities in the province, including escalating gang-related violence and challenges facing the agricultural/farming sector. Braam Hanekom from the Centre for Public Witness mentions that almost 2000 people were killed in gang-related incidents over the past few months. The agenda of the WCEN discussion included the issue of restitution within a very difficult and complex context, the continuation of the work already started in identified wards and areas, how to work towards tangible results and how to implement value formation programmes in the communities that are morally in dire straits. Farm attacks and killings, the land issue as well as the eviction and living conditions of farm workers, were also topics of discussion.
ʼn Virtuele reis na die wêreld van Bybelse manuskripte 21-22 Augustus 2019
ʼn Virtuele reis na die wêreld van Bybelse manuskripte 21-22 Aug. - klik bo
LW
6. Huweliksdokumente 
Met die uitdagings rondom die administrasie van huwelike en leraars se status as huweliksbevestigers by die Departement van Binnelandse Sake, word dit al hoe belangriker dat huweliksbevestigers afskrifte van alle huweliksdokumente maak en veilig bewaar. Daar word gesprekke hieroor gevoer – in 'n VrydagNuus-uitgawe vroeër vanjaar is 'n brief van Gustav Claassen in hierdie verband geplaas. Huweliksbevestigers word ernstig versoek om al hul dokumente veilig te liasseer, afskrifte te maak, te bêre in die "wolkie" – enigiets om te verseker dat dit nie verlore gaan nie.
Met erkenning aan die Familienuus-nuusbrief van die Oostelike Sinode.

GEMEENTENUUS
1. Gespreksaande by NG Stellenberg
Stellenberg gemeente bied in hulle kleinsaal om 19:00 'n paar gespreksgeleenthede aan gedurende Augustus. Op die 13de praat Nioma Venter (PSD: Diaconia, onder links op die foto) oor die onderwerp: "Om die stemme van stukkende mense te kan hoor", en op 19 Augustus gesels Michelle Boonzaaier (leraar by NG Brackenfell en betrokke by die IAM-organisasie) oor 'n geloof wat oor grense heen reik. Tydens die laaste geleentheid op die 29ste is Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen, aan die woord oor die tema "'n Kerk in die koninkryk". Kontak Sanèl by 021 976 4519 met navrae.
Spekers
2. Vroueoggend by Parke
Parke-gemeente se jaarlikse vroueoggend is deur ongeveer 65 vrouens by Excellencia in Klipheuwel bygewoon. Lofprysing en aanbidding onder leiding van Hilandi du Toit en Marcelle Ayres was deel van die program, terwyl die gaste ook bemoedig en versterk is deur die getuienis van radio-omroeper Louise Groenewald. Daar is hierdie jaar besluit om groen geskenke uit te deel en elke vrou is geseën met 'n spekboomplantjie wat deur die Kweek vir die Here bediening van Stellenberg gekweek is. Die fondse wat ingesamel word deur hierdie "spekkie-bediening" word teruggeploeg in die gemeente se jaarlikse jeuguitreike. Die spekboompies het terselfdertyd ook as groen dekor gedien. Parke sê dankie aan Stellenberg vir hierdie "groen" samewerking en vir almal wat by die besonderse geleentheid betrokke was.
UIT ONS RINGE
Kerk en konteks
Kerk en konteks met Jaco Strydom
Die Ring van Tygerberg nooi almal uit na 'n geleentheid by NG Parow-Welgelegen, La Provenceweg 4, Welge-legen van 18 tot 21 Augustus om 19:00.
Die spreker is Jaco Strydom, 'n predikant verbonde aan NG Villiera in Pretoria, leier van die Echo-Jeugont-wikkeling en skrywer van die boek Confessions oor Kerkwees. Hy gaan van sy reiservarings deel, vertel hoe die Echo-Jeugbeweging ontstaan het asook praat oor die rol wat plaaslike gemeentes in gemeenskappe kan speel. Die invloed van die kerk as Liggaam van Christus in ons land en in ons tyd sal ook bespreek word. Sop en brood word na die gesprek bedien - bywoning is gratis. Kontak Cobus Swanepoel met navrae hier.
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
1. Agste Winterskool by Fakulteit Teologie, US
Die Winterskool van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, is onlangs vir die agtste keer aangebied. Die Winterskool is 'n inisiatief van die fakulteit, Communitas, Ekklesia en die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, wat fokus op dialoog oor hedendaagse kwessies wat gemeenskappe en veral gemeentes raak. Dit bied ook 'n ruimte vir verdere teologiese opleiding van geestelike leiers, asook die bemagtiging van gemeentelede. Klik hier om meer te lees en vir foto's van die sprekers.
Sprekers
2. Donderdae in swart
Met Vrouedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word, herinner ons graag aan hierdie veldtog, #ThursdaysInBlack. Dra swart op Donderdae; dra 'n borsspeldjie om te verklaar dat jy deel van die wêreldbeweging is wat opstaan teen houdings en praktyke wat verkragting en geweld toelaat. Toon jou respek vir vroue wat leef in die aangesig van ongeregtigheid en geweld. Dis nie nodig om feministies of aktivisties te wees om jou stem te laat hoor nie; nooi ander om by jou aan te sluit - dis eenvoudig, maar veelseggend. Badisa ondersteun amptelik hierdie veldtog - lees meer op hul webwerf.
Die video van die Wêreldraad van Kerke onder spreek boekdele – deel dit gerus. 
Thursdays in Balck
3. Vrouedag - 9 Augustus
Ons vier Vrouedag om die geskiedkundige optog na die Uniegeboue in Pretoria in 1956 te herdenk.
Ongeveer 20 000 vroue het vreedsaam protes aangeteken teen die sogenaamde paswette. Die proteslied Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo ("you strike the women, you strike the rock") het sinoniem geword met die krag en moed van Suid-Afrikaanse vroue.  
Fourth joint conference of academic societies in the fields of religion and theology – 2020
Fourth joint conference of academic societies 2020 - click above
Logo
5. Raakgelees 
Twee uitstekende hulpbronne vir erediens en liturgie
Die Calvin Institute of Christian Worship bied 'n haas onuitputlike bron van verbeeldingryke materiaal oor erediens en aanbidding. Die insette en hulpbronne van hul 2019-jaarkonferensie is beskikbaar op hul webwerf. Van hierdie materiaal is geskik vir die toerusting en bemagtiging van liturgiese werkgroepe en -spanne in gemeentes. Uit dieselfde stal kom nog 'n webblad as hulpbron vir prediking en aanbidding, meer gerig op predikante: https://preachingandworship.org. Beide webtuistes is 'n gereelde en uitgebreide besoek werd.  Met dank oorgeneem uit Grens.Pos.
NUUSBRIEWE
ENUUS
PUBLIKASIES
Voorblad
1. Lees in September se uitgawe van LiG...
♣ wat om te doen as Bybellees en bid bloot roetine raak;
♣ van sanger Jannie du Toit;
♣ hoe 'n ouma en oupa nee dankie sê vir plastiek;
hoe om dit te hanteer as jou kind nie wil deel nie
en as dit moeilik is om 'n regverdige ouer te wees.
Daar word ook gekyk na wat ons definieer en 
♣  hoe aktrise Pascal Pienaar vertel. 
September se LiG  is van 12 Augustus op die rakke.
Klik hier om in te teken.
Logo
2. Bybel-Media kinderprodukte
Bybel-Media het 'n verskeidenheid boeke vir kinders. Onder is enkele voorbeelde - klik op die grafika om meer oor elke boek te lees. Om enige bestellings te plaas, skakel 0860 263 342 of stuur 'n e-pos na bestel@bmedia.co.za
Superhelde gebedeboek
Superhelde gebedeboek
Smurfies boek 1
Smurfies aktiwiteitsboek 
Kinderpret aktiwiteitsboek oor die OT
Kinderpret OT-aktiwiteitsboek
EKOLOGIE
Spekboom
1. Spekbome – die wonderplant van die 21ste eeu
Ons lees vandeesweek in Gemeentenuus van Kweek van die Here se spekboomprojek en Stef Delport skryf dat wetenskaplikes spekbome as ’n wonderplant beskou weens hulle unieke proses van fotosintese.  Veldstudies het bewys dat 'n gemiddelde spekboombos tot vier ton koolstof per jaar per hektaar kan vasvang. Lees hier meer oor dié besonderse plant. Vir meer inligting, kontak Koos Lamont by 082 447 2109 of via e-pos by koosl@sales.co.za.
Koos Lamont (links) oorhandig spekplantjies aan René Potgieter en Jan du Toit van Stellenberg vir die gemeente se vrouekamp.
Medal
2. Recycling for champions
With the 2020 Olympics a year away, Japan used nearly 80 000 tons of recycled electronics (which include 6.21 million cellphones!) to make the medals for the 2020 Tokyo Olympics and Paralympics. From these discarded gadgets all the necessary metals could be extracted for approximately 5 000 gold, silver, and bronze medals. Read more here.
Source: www.businessinsider.co.za.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Kuierkans - klik bo
VAKATURES
Kerkbode
Logo
1. NG Knysna: Voltydse leraarspos
NG Kerk Knysna het tans 939 belydende en 215 dooplidmate. Tydens skoolkwartale word twee oggenddienste gehou. Lees hier meer van die leraarsprofiel en fokusareas van die pos. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus.

Kerk
2.Oostersee: Saakgelastigde/gemeentekoördineerder
Die diensverhoudingekommissie van Oostersee gemeente adverteer hierdie posisie om die administratiewe, sekretariële en finansiële take, asook sekere bestuursverantwoordelikhede in die kerkkantoor, waar te neem. Kontak Jurie Hattingh by 082 348 4076 en kry die posvereistes en verdere inligting hier. Aansoeke sluit 20 Augustus.
Logo
3. Villiersdorp: Maatskaplike hulpwerker (8/8-pos)
Die beheerraad van Badisa Villiersdorp wag aansoeke in van entoesiastiese persone wat Badisa se waardes onderskryf. Hier is meer inligting oor die verantwoordelikhede en vereistes van die pos. Diensaanvaarding is so gou moontlik - doen aansoek teen 12 Augustus.
TEN LAASTE
Ons dra Kate Compston se gedig uit Bread of Tomorrow aan ons vroulike lesers op. 
In O God, who am I now? soek Kate riglyne wat steeds relevant is: "Show me the movement I must make toward a wealth not dependent on possessions, toward a wisdom not based on books, toward a strength not bolstered by might, toward a God not confined to heaven, but scandalously earthed, poor, unrecognized…"
Mag julle deur julle families, vriende, gemeenskappe en gemeentes gekoester word vir die ongelooflike waardevolle rol wat julle in ons lewens speel.

VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.