Subscribe to our email list
5 Oktober 2015

Beste Leser

NG Kerk-logo
Dagprogram
Na ontbyt  (soggens tussen 06:30 en 08:00) en die dagwyding om 08:30 begin die dagprogram daagliks om 09:30. 
Saans na aandete en die aandwyding, is daar telkens geleentheid vir tydelike taakspanne, sowel as sinodes se afgevaardigdes, om te vergader - laasgenoemde dan in sinodeverband.

Rut
Dagwyding
Die kern van ons manier van onderskei, is om met die Woord besig te wees. Onder leiding van die Noordelike Sinode is die vergadering die week vanuit verskillende perspektiewe met die boek Rut besig.
Die span wat hierin voorgaan, skryf soos volg oor die reis met die boek Rut: Die oorhoofse tema is God by mense, deur mense.
Bowenal is dit ʼn storie wat mens weer laat kyk na God en jou laat raaksien hoe sy oorvloedige goedheid na vore kom in die oorvloedige goedheid van mense. Jy merk hoe die vraag na God beantwoord word met 'n eenvoudige “God is by mense, deur mense”.
Liturg: Drian Viljoen
Verskillende liturge is deur die Ontwerpspan, in samehang met die Noordelike Sinode as gasheer, ingespan om die daaglikse dagwyding afwisselend te behartig. 
Die eerste dagwyding is hanteer deur Drian Viljoen van die NG Gemeente Kameeldrif.
Sy tema: "Verhoudings dra ons deur verandering."
"Rondom kos en die etenstafel word verhoudings gebou. Rondom kos word die onmoontlike moontlik. Rondom ’n tafel kan ons mekaar in die oë kyk en verhoudings versterk."

Verkiesing van Moderatuur
Die volgende lede van die Moderatuur van die NG Algemene Sinode is vandag verkies: 
Moderator: Nelis Janse van Rensburg (Wes-en-Suid-Kaap)
Assessor: Dirkie van der Spuy (Oostelike Sinode)

Aktuarius: Johan van der Merwe (Oostelike Sinode)
"Laat, Heer, U seën op hul daal ..."

Nelis Janse van Rensburg
Nelis Janse van Rensburg
Dirkie van der Spuy
Dirkie van der Spuy
Johan van der Merwe
Johan van der Merwe
Gustav Claassen en Kobus Gerber seen Nelis
Gustav Claassen en Kobus Gerber seën Nelis Janse van Rensburg
Die nuwe Moderator aan die woord
Nelis Janse van Rensburg het vanmiddag met 'n sterk teologies gefundeerde toespraak 'n besondere indruk op sinodegangers gemaak. Hy het begin deur níe oor homself nie, maar oor Jesus te praat. Jesus is nie die seremoniële hoof van die kerk nie. Jesus is die Heer. Bely alleen is nie genoeg nie. Ons moet dit lééf, ons moet Hom volg. Lees gerus Charl Stander se kriptiese notas hieroor ...
Ekumene:
Blootstelling aan Liggaam van Christus in talle
G
estaltes
Die internasionale en nasionale ekumeniese verhoudinge is volgens Artikel 43 van die Kerkorde 'n kernfunksie van die Algemene Sinode. So word die NG Kerk blootgestel en gevorm deur die liggaam van Christus in talle gestaltes – ons teologiese en etiese besinning, ons groeipad tov ʼn verantwoordelike erediensvernuwing en ons werk aan strukture getrou aan ons gereformeerde identiteit en omgee vir ʼn immer-veranderende wêreld word só gedien. Ons is ook bevoorreg om in dié verhoudinge op talle plekke ʼn geweldige verskil te maak en die liggaam van Christus te dien – daar is talle kerke wat na ons opsien vir teologiese leiding en profetiese standpuntinname. (Aangehaal uit Agenda)
Lees gerus Sinodebode se artikel oor groeteboodskappe hier.
Malawi Sinode gaste
Ds Dirkie van der Spuy, ds Vasco Kachipapa, dr Gustav Claassen,
dr Kobus Gerber, dr Chatha Msangaambe en dr Kobus Odendaal
Constant Viljoen
Artikel 1
As 'n eerste tree in die hantering van Artikel 1 het die voorsitter die vergadering die geleentheid gegee om te deel hoe die proses beleef is.
"In hierdie paradoks van uiteenlopende standpunte rondom die artikel en die Belydenis van Belhar, en in 'n proses wat mag lyk na 'n doodloopstraat, het ons op 'n punt gekom waar ons as sinode tog seker weet dat ons in God se hande is en mekaar bly vashou. Ons wag op die Here."
- 'n Sinodeganger se indrukke oor vandag se gesprek.
Genl Constant Viljoen:
Ons het mekaar nodig

"Ons moet hierdie stem respekteer, anders verloor ons ons integriteit. Die huidige situasie kan tot verdere verdeling lei. Ons het mekaar nodig. Hier is nie wenners en verloorders nie. Ons moet mekaar vind en nuwe planne maak. Ons moet!"
(Genl Viljoen is 'n afgevaardigde van die Oostelike Sinode.)
Raakgehoor in Groeteboodskappe
"As ons die eenheid in Christus vergeet, skeur die veelheid ons uit mekaar." - Biskop Horst Müller van die Evangelies-Lutherse Kerk. 
"On the road to church unity the question is: 'Do we have to keep waiting, turn back, build new roads or get a 4X4?" - Dr Dawid Kuyler, scriba van die VGKSA Algemene Sinode.
'n Fotoblik op  die Sinode 
Enkele foto's wat help om die storie van die 16e sitting van die Algemene Sinode te vertel. Facebook het nog meer foto's - klik hier.
Sinodesakke
Lees gerus hier meer.
Identifikasie-kruise
Sinodegangers se identifikasie kruise
Heerden, Nadia, Tiana en Monty
Heerden van Niekerk, Nadia Marais, Tiana Bosman en Monty Sahd
Strydom en Melanie
Strydom Bruwer en Melanie Thirion in vergadersaal
Dinsdag op die Agenda
Môre sal waarskynlik 'n baie vol dag wees. Die Agenda dui die volgende sake aan wat DV onder bespreking sal wees: 
Gemeentes, Jeug en Predikantesake 
Verskeie "Oop Gesprekke" vind ook plaas. Die volledige (en Aanvullende) Agenda is elektronies hier beskikbaar.
Nuus uit die Sinode
Mense wat gebeure by die Algemene Sinode wil volg, het ʼn verskeidenheid kanale waardeur hulle die nuus kan kry. Dit sluit Twitter, Facebook, die Sinodebode-webwerf en die daaglikse Sinodebode-nuusbrief in.
Onthou: Teken HIER in om Sinodebode direk te ontvang.
Hou gerus ook Wes-en-Suid-Kaap se Twitter en Facebook vir nuus en inligting dop.
Bottels water
Dis warm in Pretoria. Elke sinodeganger het sy/haar eie bottel vir heerlike yswater, 'n gesogte item by hierdie groen sinode!
Fay van Eeden het juis vanoggend aan die vergadering vertel dat die gemiddelde sinodeganger se familie twee-en-’n-half planete se hulpbronne benodig om hul leefstyl te volhou. Lees gerus meer hieroor op die Sinodebode-webwerf.

Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za