Vlak 3 aangepas: Eredienste mag weer begin
Vlak 3 aangepas: Eredienste mag weer begin
Lees deur internet, klik hier >>
5 Februarie 2021
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Uit die moderatuur
In tye van droogte of storms is bome se wortels belangrik. As dit diep in die grond ingegroei is, anker en voed dit die boom. Die Bybel gebruik op talle plekke die metafoor van bome by waterstrome. Johannes vertel hoe ons geënt is op Christus. In die meegaande video praat Nelis Janse van Rensburg oor gelowiges se wortels en lewensbronne. In ‘n tyd soos hierdie anker dit ons en bied dit lewensnoodsaaklike inspirasie. 
Vlak 3 aangepaste regulasies
President Cyril Ramaphosa het vandeesweek aangepaste Vlak 3 regulasies aangekondig. Hiermee 'n kort samevatting van die nuwe regulasies. Vir meer inligting, klik hier vir die nuutste uitgawe van die Staatskoerant.
  • Eredienste of ander geloofsgebaseerde byeenkomste is beperk tot 50 mense in ’n gebou of 100 mense in die buitelug [Sien Artikel 36(3)(a)].  Die regulasie praat van “gatherings at faith-based institutions”.
  • Die aandklokreël geld tussen saans om 23:00 en 04:00 (vanaf 2 Februarie 2021). 
  • Restaurante moet om 22:00 sluit!
  • Begrafnisse is beperk tot 50 mense wat elkeen 1,5 meter van mekaar moet sit. Die byeenkoms mag nie langer as twee ure wees nie. [Sien Artikel 35(3)].
  • Alkohol (vir wegneem) mag weer verkoop word van Maandae tot Donderdae. Drinkplekke en restaurante mag alkohol bedien tussen 10:00 en 22:00. Wynplase kan die hele week wyn verkoop.
  • Strande, damme, mere, riviere en openbare parke is weer oop vir die publiek.
  • Maskers moet ten alle tye in die openbaar gedra word.
  • Sosiale byeenkomste is steeds verbode [Sien Artikel 36(3)(b)].
  • Skole open op Maandag 15 Februarie 2021.
Bevestiging van huwelike
Huwelike (met gaste) is beperk tot 50 in ’n gebou “at a faith-based institution”. Die huwelik sal geregistreer kan word, sodra die registrasie van huwelike by die Departement van Binnelandse Sake weer moontlik is.
Die amptelike skriftelike reaksie is as volg: “In terms of the adjusted lockdown level 3 marriage services solemnized in DHA front office by DHA staff members has been suspended until 15 Feb 2021. External Marriage Officers may however proceed with the solemnizing of marriages but hold back on the submission of the DHA-30 register to the DHA Front Office until 15 Feb 2021. No external marriage officer will be penalized for doing so.”  Neem egter kennis van die SAPD se verstaan van die saak:  “The SAPS legal team explains: weddings can only take place inside a religious institution with a limit of 50 persons only. No weddings will be allowed outside any religious institutions as it is regarded as a gathering.”
Registrasie van huwelike
Dit klink darem of daar goeie nuus in dele van die Wes-Kaap is vir predikante wat huwelike voltrek. Die Sentrum vir Publieke Getuienis het bewus geword van groot frustrasies by sommige predikante rakende die registrasies van huwelike en het in samewerking met die Westelike Provinsie Raad van Kerke en die Wes-Kaapse Ekumeniese Netwerk 'n brief in die verband aan 42 beamptes by Binnelandse Sake gestuur. Klik hier om die volledige brief te lees.
Die onderstaande reaksie is van Bongiwe Sakawuli, distriksbestuurder van die Kaapse Metro en Overberg ontvang: "I have asked all offices in Cape Metro and Overberg to have a separate queue for marriage officers as they do for death registrations. If you experience any problems in any of the offices in Cape Metro and Overberg, please feel free to contact me at 0664784060."
Predikante in hierdie gebiede word gevra om die Sentrum vir Publieke Getuienis te laat weet van enige vordering met die registrasieproses. Stuur gerus 'n e-pos aan spg@kaapkerk.co.za.
#100DorpeDialoog – SA hunker na sosiale kohesie
Ons uitdaging van sosiale kohesie in Suid-Afrika is tans groot, maar deur niks te doen nie, verloën ons ons mense en ons roeping. Die vraag is of ons as kerk ’n bydrae kan lewer? En veral hoe?
Die Sentrum vir Publieke Getuienis deel die komende week brokkies inligting oor belangrike uitgangspunte vir gemeente- en gemeenskapsleiers om sosiale kohesie te bewerkstellig. Hou gerus die sentrum se Facebook, Twitter en Instagram profiele dop vir die jongste inligting.
Die volledige hulpgids kan by media@kaapkerk.co.za aangevra word. 
Die gesprek rondom inenting
Sedert die COVID-19-pandemie wêreldwyd toegeslaan het, het gesondheidsorganisasies, regerings, die media en die algemene publiek uitsprake en menings oor entstowwe en inentings gelewer. Ons deel graag die volgende inligting van die provinsiale Departement van Gesondheid,  riglyne aan werkgewers rakende die uitrol van die inentingsprogram deur Alexander Forbes sowel as die onderstaande skyfiereeks saamgestel deur die Sentrum vir Publieke Getuienis. Volgens 'n aanlynopname blyk dit dat slegs een uit drie Suid-Afrikaners tans gewillig is om hulself te laat inent. Wat is jou opinie oor die inenting? Sal jy jou laat inent of nie? Stuur vir ons 'n kort videoboodskap na kommunikasie@kaapkerk.co.za of na Whatsapp 0832733984. Vra gerus vir jou gemeentelede, familie en vriende om van hulle te laat hoor.
COVID-19 vaccine myth busters
The World Health Organization (WHO) claims that vaccines prevented approximately 10 million deaths between 2010 and 2015. Vaccines are perhaps the best hope for ending the COVID-19 pandemic. 
Over the last couple of months, scientists all over the world have worked tirelessly to create safe and effective vaccines to protect us against SARS-CoV-2. Now, as many governments are in the process of rolling out COVID-19 vaccines, scientists and medical experts are facing a new challenge: misinformation and associated vaccine hesitancy.
It's likely you've heard claims about these COVID-19 vaccines on social media or from the people in your life. Also, the rapid development and approval of these vaccines may make you hesitant about its safety or effectiveness. 
Let's set the record straight on some of the myths circulating about COVID-19 vaccines. Click here to view the myths on our Facebook page or here for downloadable content from our website. Please share the information with others. 
EKOLOGIE
Nog geen GROEN Nuwejaarsvoornemens nie?
Dis nooit te laat om nog groen nuwejaarsvoornemens te beplan nie. Hier is 'n paar idees van ons GROEN SPAN se Rudolph Scharneck: koop vars produkte plaaslik - daarmee stimuleer jy nie net die plaaslike ekonomie nie, maar verminder ook sommer jou koolstofvoetspoor; refuse, reduce, re-use, recycle, rot (komposhoop toe!); drink meer water uit jou kraan en spaar water; plant 'n (vrugte)boom; tel rommel op waar jy ook al gaan. Kortom - dink GROEN. Rudolph vertel meer in die video onder.
Herstel ons vleilande 
‘n Vleilandprojek, Nuwejaars Wetlands Special Management Area (NWSMA), naby Kaap Agulhas, is ‘n inspirasie vir die wêreld as dit kom by omgewingsbewaring. Hierdie bewaringsonderneming werk saam met die Elim-gemeenskap om die vleilande in die omgewing ekologies gesond te maak tot voordeel van mense en die natuur.
Die werk wat NWSMA doen, is in lyn met wat organiseerders van die Wêreldvleilanddag (2 Februarie) pleit: lande moet fokus op die herstel van vleilande en die belangrikheid daarvan as bron van vars water besef. 
Klik hier om meer van die projek te lees. 
NUUS VAN ONS FAMILIE UIT AFRIKA
Gemeentes, Noordoos-Mosambiek roep jou
Getuienisaksie en die Ruvuma-netwerk nooi gemeentes hartlik uit om deel te neem aan die virtuele luister-geleentheid via Zoom op Vrydagoggend 5 Februarie van 10:00 tot 12:00.
Temas wat bespreek sal word, is: 
1)  Hoe gemeentes hulle diens (sending) in die wêreld sien.
2)  Hoe 'n vennootskap se diens aan Mosambiek sou lyk.

3) Hoe genoeg energie gegenereer kan word om Noordoos-Mosambiek sinvol te kan bedien.
Lees meer hier.
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae in Februarie
Veels geluk aan die onderstaande gemeentes wat in Februarie hulle verjaarsdae vier. As enige van die onderstaande datums nie korrek is nie, stel asseblief die Kerkargief in kennis by argief@kaapkerk.co.za. 
Parow-Welgelegen gespreksgeleentheid
Die gemeente van Parow-Welgelegen laat weet dat professor Renata Schoeman, psigiater en senior lektor by die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, weer met die gemeente kom gesels op Donderdag 11 Februarie om 19:00. Die gesprek sal slegs vir 'n halfuur duur en handel oor die hantering van verandering. 
Klik hier om te registreer. 
Bid met jou sintuie
Kuilsrivier Moedergemeente deel ‘n lys van gebeds- en geloofsgewoontes wat vir persone van hulp kan wees tydens die maand van gebed. Hierdie riglyne (onder) moedig jou aan om te leer hoe om al jou sintuie tydens gebed te benut.   
LekkeLees hoekie
Wat is nou 'n beter manier om te ontspan as met 'n boek in die hand? Besoek gerus Helderberg Gemeente se LekkeLees hoekie in die tent op die perseel waar daar boeke vir elke smaak is. Jy kan jou ou boeke kom inruil of 'n boek aanskaf teen slegs R10 per boek. Jy kan ook boeke wat jy nie meer lees nie skenk sodat ander dit kan geniet.
Die LekkeLees hoekie is weeksoggende tussen 09:00 en 13:00 oop. Maskers is verpligtend. 
Brackenfell kospakkies
Brackenfell-gemeente is dankbaar dat God hul verlede jaar so geseën het sodat hulle tot 'n seën kon wees vir vele deur middel van maandelikse kospakkies. 
"Dankie vir elkeen wat 'n bydrae gelewer het. Ons het tydens Desember bietjie groter kospakkies uitgedeel met die verstandhouding dat daar nie kospakkies tydens Januarie sal wees nie. Ons het wel gehelp waar die nood hoog gedruk het. Ons koskas is egter nou baie leeg. Help asb. dat ons ander kan help. Kontant kan ook direk in ons bankrekening inbetaal word met spens as verwysing." 
Kontak gerus die kerkkantoor by 021 981 1247 of kantoor@brackenfellgemeente.co.za vir meer inligting. 
PREDIKANTENUUS
Ds.Cornelis Johannes Lamprecht (28.8.1930 - 17.12.2020)
Ons het die hartseer nuus ontvang dat Ds. Neels Lamprecht op 17 Desember oorlede is. Hy het sy bediening by die gemeente van Suid-Rand begin. Hy was ook onder andere die sekretaris vir Ampsbediening en Evangelisasie by die NG Kerk in SA (Wes- en Noord-Kaapland). Sy laaste gemeente was Bellville-Uitsig.
Ons medelye gaan aan sy vrou Zonia, sy familie en vriende.
Sutherland verwelkom Ruan Nieuwenhuizen
Ruan Nieuwenhuizen begin in Februarie sy bediening by die gemeente van Sutherland en hy laat weet dat hy baie opgewonde is om 'n pad saam met die gemeente te stap. 
"Ek het hierdie week in die pastorie ingetrek en ek is ontvang met ongelooflike gasvryheid. Ek voel al amper klaar tuis. Ek sien uit daarna om al die stories van die omgewing te hoor, weer opnuut saam met mense te soek na ons roeping vir die gemeenskap en om te sien hoe ek die koue gaan oorleef. Ek wonder dikwels hoe mense ten tye van ernstige uitdagings steeds hoop het, steeds moed hou en steeds aanhou. Ek dink ek gaan hier iets daarvan kom leer. My hoop is dat ons op reis die somers en die winters van die lewe aanpak, saam, met waagmoed, genadige oë en deurleefde liefde. En het ek al gesê ek kan nie wag vir die eerste sneeu nie?"
Weens COVID-maatreëls is die reëlings vir Ruan se bevestiging nog nie gefinaliseer nie. Sy broer, predikant in King Williams Town, sal die bevestiging waarneem. 
Foto: Ruan saam met sy verloofde Liezel-René Vermeulen. Liezel-René is ‘n 3de jaar oudit klerk by PwC in Worcester en die troudag is d.v. Augustus 2021. 
Alles van die beste vir jou bediening in Sutherland, Ruan! 
GEBEDSVERSOEK
VAKATURES
Verpleegsposte: Calitzdorp
Vygieshof Tehuis in Calitzdorp adverteer tans betrekkings vir assistent, ingeskrewe sowel as geregistreerde verpleegsters. Ervaring van geriatriese sorg en goeie menseverhoudinge word verlang. Registrasie by die SARV is noodsaaklik. Klik hier vir posbeskrywings. Aansoeke sluit 15 Februarie.  
Maatskaplike werker en hulpwerker: Prins-Albert
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekkings ingewag. 'n Kwalifikasie in maatskaplike werk, registrasie by die Raad van Maatskaplike Diensberoepe, 'n geldige rybewys en Afrikaans as eerste taal is vereistes. Klik hier vir meer inligting. Aansoeke vir beide poste sluit 12 Februarie. 
Administreerder: Citrusdal
Badisa Matzicare het tans 'n vakature vir 'n administreerder/ontvangsdame. Die aangewese kandidaat het goeie interpersoonlike- en kommunikasievaardighede en moet akkuraat en noukeurig wees. Rekenaargeletterd en ondervinding in Word en Excel is verdere vereistes. Klik hier vir die volle posbeskrywing. Aansoeke sluit 15 Februarie. 
Adminbeampte/boekhouer: Heidelberg
Huis Zenobia du Toit adverteer tans die bogenoemde betrekking. Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik.  Akkuraatheid en vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Pastel en VIP, word vereis. Klik hier vir meer inligting. Aansoeke sluit 14 Februarie. 
Manager: Strand 
Pam Brink and Huis Esperanza are looking for candidates to apply for the position of manager at these facilities for older persons. The ideal candidate has a Bachelor’s degree backed by five years’ experience at senior management. Click here for more information. Closing date: 12 February.
Klik bo vir meer inligting.
NUUSBRIEWE
Klik bo vir Missie Japan se jongste nuusflits.
PUBLIKASIES
Bybel-Media se kategeseprogram nou beskikbaar
Jeugfokus se nuwe reeks fokus op geloofsvorming van kinders en jongmense deur blended learning, ’n benadering wat aanlyn onderrigmateriaal, interaktiewe geleenthede in die erediens en huisgeloof kombineer met die meer tradisionele ontmoetings. 
Kry toegang tot Jeugfokus se nuwe kategesereeks vir 2021. Hierdie materiaal is nou aanlyn beskikbaar by missio.org.za
Word deel van die Vriend van Kerkbode veldtog
Kerkbode bied nou die geleentheid vir ondersteuners om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die oorspronklike doel om “godsdienskennis te versprei.” Volgens redakteur Le Roux Schoeman wil hulle kerknuus toeganklik hou en voortbou op die groei wat die afgelope drie jaar aanlyn beleef is. "Om ’n volhoubare en innoverende kerknuusdiens te wees, moet ons die afname in intekenaars op die gedrukte koerant aanvul met digitale inkomste. Ons nooi jou graag uit om ’n Vriend van Kerkbode te word. Klik hier vir maklike opsies om ’n verskil te maak."
ALGEMEEN
Raakgelees: Geloof, hoop en liefde is onmeetbaar
Braam Hanekom, van die Sentrum vir Publieke Getuienis, skryf dat geloof, hoop en liefde as begrippe sentraal in die Christelike geloofstradisie staan. "Dit kan nie met een of ander fisiese instrument gemeet word nie en daar bestaan ook nie numeriese mate om dit te weeg nie. Tog is dit onmoontlik om die bestaan daarvan te ontken. Dit is geanker in gemeenskap, maar dra ook ‘n baie intieme, persoonlike karakter. Dit is nie verkeerd om soms daaroor te debatteer nie, maar soms moet jy net daaroor getuig.
Vra vir diep denkende gelowiges en hulle sal vir jou sê dat hul geloof ‘n koherente antwoord op die soeke na sin en betekenis in die lewe gee. Een so ‘n antwoord het ek gevind in die boek van Professor Hennie Rossouw, Die sin van die lewe (Tafelberg 1981). Hy het dit na die tragiese dood van sy seun, Hans, geskryf. Ek is oortuig dat hierdie soeke na sin en betekenis diep in die psige van die mens vasgelê is. Wanneer jy dié soeke verloor, gaan daar ‘n stuk van jou menswees dood." 
Klik hier om die volledige skrywe te lees. 
Terug skool toe!
Skole heropen Maandag 15 Februarie. Volgens die South African Anxiety and Depression Group (SADAG) is dit noodsaaklik om die simptome van stres en angs onder ons kinders te herken.
'n Nuwe jaar bring in elk geval nuwe uitdagings, maar die 2021 skooljaar begin onder moeilike omstandighede.
Kliniese en opvoedkundige sielkundiges spreek die kwessie aan tydens SADAG se weeklikse Facebook Fridays van 13:00 - 14:00 en weer van 19:00 - 20:00.
Neem gerus deel aan die gesprek op hulle Facebook blad.
BEHOU DIE HUMOR
KUIERKANS
TEN LAASTE
Na die jongste aanpassings van Vlak 3 inperkingsregulasies mag eredienste weer plaasvind onder streng voorwaardes. Alhoewel baie mense uitsien om weer fisies deel van ons geloofgemeenskap te word, moet almal tog waaksaam wees. Behou 'n veilige afstand van ander lidmate, saniteer jou hande en dra asseblief jou masker (oor jou neus en mond).
Laat weet asseblief vir ons van jou ervaring met jou eerste terugkeer na 'n erediens of geleentheid in julle kerkgebou. 
Ons sluit af met Leza Liversage se weergawe van God is hier teenwoordig. Mag almal in die volgende week die teenwoordigheid van God ervaar.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.