Lees deur internet, klik hier >>
2 Augustus 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Vrouedag
Balle
2. Breiversoek aan gemeentes!
Die bevordering van vroeëkindontwikkeling via gemeentes bly een van die sinode se fokusareas. Van die noodsaaklike vaardighede wat 'n drie- tot vierjarige kind moet bemeester, sluit in fynspierkoördinasie, oog-handkoördinasie, sowel as tekstuur, kleur- en vormherkenning. Balspel help in die ontwikkeling van al hierdie vaardighede en daar is 'n groot behoefte aan hierdie gebreide balle (en aan breiers self). Dit kos min (afvalstukkies wol word gebruik) en is maklik om te doen - hier is die patroon.  Enigiemand wat belangstel om te help deur te brei óf net wol of ou koerante en gebruikte lemoen- en broodsakkies te skenk, waarmee die bal opgestop word, kan Nicola Vermeulen  kontak by 021 957 7188 of 071 383 7937. 
GEMEENTENUUS
1. Somerset-Wes vier 200 jaar
Somerset-Wes Moedergemeente vier hulle 200ste bestaansjaar van 9-11 Augustus. Die feesnaweek sluit in 'n heerlike kuiergeleentheid met vertonings, kaas en wyn, 'n voorbereidingsdiens en kranslegging asook 'n feesnagmaal en samesyn. Sien die naweek- program hier.
Die imposante aansig van die 1919 fasade
Johan en Christine van Niekerk  en Mareli en Fourie Rossouw
Book launch
Book launch at Groote Kerk on 14 August - click above. 
PREDIKANTENUUS
Franz
Franz Burger na Heidekoppie
Anton Roux by NG Gemeente Heidekoppie bevestig op Sondag 4 Augustus om 08:30 vir Franz Burger in 'n deeltyds termynbepaalde pos vir een jaar vir bediening aan seniors. Franz is vanaf 1 Augustus in die gemeente aangestel en sy vorige gemeentes is Drieankerbaai, VGK Porterville en Pearston. Hy lewer tydens Sondag se diens ook sy intreepreek. Seënwense, Franz! 
GEBEDSVERSOEK
Gebed
ALGEMEEN
Matthias
1. Public lecture on Jazz Ministry
Swiss pastor and theologian Matthias Krieg will be presenting Jazz Ministry in a Mixed Economy of Church as part of the Missional Worship Conference. He is the founder of Blue Church, a pioneering ministry which brings together improvised jazz music, words and silence in different church settings throughout Switzerland. His presentation is on Wednesday 7 August at 17:30 for 18:00 at the Hofmeyr Lecture Room (2003), Faculty of Theology, Stellenbosch University. RSVP to Bridget Leibbrandt by 5 August. 
Book launch 19 August - click above
Logo
3. Seminar: The challenges facing the URCSA after 25 years
In light of the success of the seminar on "URCSA 25 years" that was held at the University of the Free State in April, a follow-up seminar has been organised to discuss the future challenges facing the URCSA. This conference will commence at 08:30 on 24 September at the Hofmeyr Lecture Room, Faculty of Theology, Stellenbosch University. Attendance is free - RSVP by 13 August. Click here to register and read more. 
Sakov en VOBKK 2019 - uitnodiging
SAKOV en VONKK 2019 - uitnodiging: klik bo.
Willem Nicol
5. Begeleierskursus fokus op spiritualiteit
Met spiritualiteit as een van die hooffokusse van ons sinode, is dit goed om ook kennis te neem van geleenthede wat hierop fokus in ander sinodes van die NG Kerk. Een daarvan is 'n Excelsus-kursus om as spirituele begeleiers opgelei te word, aangebied deur Willem Nicol in sewe blokke van drie dae oor 'n tydperk van 15 maande. Dit vind meestal by Stellastraatgemeente in Pretoria plaas, maar ook naby Rustenburg. Lees hier en reageer voor 30 September.        
Ds. Tienie
6. Raakgelees - Moenie bang wees nie!
Prof. Julian Müller, bekende teoloog, skryf onlangs op sy Facebook-blad: "As ek weer in 'n posisie sou wees om studente te leer oor preek, sou ek hulle na die film Dominee Tienie, gebaseer op 'n teks van Dana Snyman, laat kyk het. Die film sou uitstekende stof wees vir 'n bespreking oor homeletiek (predikkunde). Daar is min skrywers wat die Afrikanerpsige van die huidige tyd so raakvat soos Dana Snyman. Die Afrikaner wat bang geraak het - bang vir vernuwing, bang vir ander mense, bang vir waag, bang vir vreemde kulture, bang vir die toekoms, bang vir armoede en bang vir sukkel. Daarom die aangrypende preek uit Klaagliedere oor, 'Moenie bang wees nie'!".
Lees hier verder. Met dank aan VRYPOS, NG Kerk Vrystaat se elektroniese nuusbrief.
NUUSBRIEWE
Badisa Trio
Badisa Trio newsletter - click above
URCSA
URCSA newsletter - click above
PUBLIKASIES
Uit die Beek
1. Bybel-Media: Uit die Beek 2020
Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos.
Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Die goeie nuus vir gemeentes is dat Bybel-Media hierdie gewilde dagboek – Uit die Beek 2020 – teen 15% afslag aanbied: R 165 i.p.v. R 190.
Die boeke word reeds op 15 Augustus 2019 van die drukker ontvang en bestellings sal daarna gepos word. Koop hier.
Kerkbode
2. Lees in Kerkbode van 2 Augustus:
♦ In die jongste Kerkbode word berig oor Bybelvertaling ná 'n dominee 'n boek geskryf het wat 150 interessante verskille tussen vertalings lys en bespreek. 
♦ Daar word gepraat met kerkleiers oor Manenberg op die Kaapse Vlakte, waar die weermag nou help om die vrede te bewaar te midde van bendegeweld. "Hierdie gemeenskappe het ons as kerk en geloofsgemeenskappe nou, meer as ooit, nodig om lig en sout te wees," sê Llewellyn MacMaster, moderator van die VGK. 
♦ Op die middelblaaie, in die gereelde Op Die Kerkstoep-rubriek, skryf Chris van Wyk oor die onderskeid tussen ware en valse kerk. Hou www.kerkbode.co.za dop vir vars nuus deur die week. 
CLF-publikasie
CLF-publikasie - klik bo vir meer.
4. “Ek wil deel wees van die oplossing!”
Die Christelike Lektuurfonds, een van die amptelike mediavennote van die Sinode van Wes-Kaapland, het verskeie inisiatiewe ondersoek om voort te gaan om die boodskap van die Bybel deur gratis en bekostigbare literatuur aan mense te bring. In samewerking met Helpcor Tust stel CLF 'n gedifferensiëerde debietorderprogram bekend waarvolgens donateurs kontantterugbonusse van tussen 3 en 15 % kan ontvang. Skenkings is belasting-aftrekbaar. Besoek CLF se webwerf vir meer inligting en kyk die video onder waar die program verduidelik word. Kontak gerus vir Ina Willemse by 021 873 7134 met navrae.
Video
EKOLOGIE
1. Waarom 'n vegetariër?
Dit is absoluut belangrik dat ons as Christene sensitief moet word vir die impak wat ons eetgewoontes op die omgewing het en hoe dit bydra tot klimaatsverandering. Die meeste mense reken dat 'n mens net 'n vegetariër word om gesondheidsredes, maar dit was nie die geval met David Botha van Projekspan Ekologie nie. Hier deel hy iets van sy eie verhaal.
2. Afrikaleeus bedreig
Die nuwe weergawe van die lokettreffer The Lion King is op die rooi tapyt, maar in werklikheid is die koning van die diere nader aan uitwissing as wat ons besef.  Volgens 'n artikel in National Geographic berig die Wildlife Conservation Network dat die leeubevolking gehalveer het sedert die uitreiking van die oorspronklike Disney-fliek in 1994.  
Plastieknalatenskap
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Parow-Noord Gemeenskapskerk: Basaar 3 Augustus
Parow-Noord Gemeenskapskerk - 
Basaar 3 Augustus
Medihelp Tekkie Challenge t.b.v. Jan Kriel se kinders – 7 Sep. 2019
Medihelp Tekkie Challenge t.b.v. Jan Kriel se kinders - 7 September

VAKATURES
Kerkbode
1. NG Boesmanland en NG Simon van der Stel: Voltydse leraarspos
NG Boesmanland en NG Simon van der Stel is gevestigde plattelandse gemeentes in Springbok en Nababeep, 20 km buite Spring-bok. Die gemeentes bestaan uit ongeveer 350 en 60 lidmate. Die suksesvolle kandidaat vir die pos sal by beide hierdie gemeentes bedien. Lees meer hier - die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus.

Logo's
2. Aan Oewer Dienssentrum, Velddrif: Bestuurder
Hierdie is 'n halfdagpos. Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing en bemarking is 'n vereiste. Klik hier om die advertensie af te laai. Aansoeke sluit 9 Augustus.
3. Huis van Heerde: Inwonende kinder- en jeugsorgwerker
Huis van Heerde Kinder- en Jeugsorgsentrum op Moorreesburg is 'n program van Badisa en beskik oor 'n vakature vir 'n inwonende kinder- en jeugsorgwerker. Diensaanvaarding is 1 September of so spoedig moontlik daarna. Lees hier verder en doen aansoek teen 13 Augustus.
4. Huis Martina: Geregistreerde verpleegkundige
Die aangewese kandidaat moet oor 'n goeie kennis van bejaardes en persone met gestremdhede se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheidstoestande beskik en geregistreer wees by die SARV. Hier is meer - aansoeke sluit 11 Augustus.
5. Huis Martina: Ontvangs- en administratiewe beampte
Huis Martina, 'n program van Badisa in Parowvallei, adverteer 'n pos vir 'n ontvangs- en administratiewe beampte. Klik hier vir volledige besonderhede oor die vaardighede en voordele gekoppel aan die pos. Doen aansoek teen 15 Augustus.

6. Alta du Toit Nasorgsentrum in Boston: Onderhoudsbestuurder
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Die aangewese kandidaat moet 'n gekwalifiseerde ambagsman wees en die nodige kwalifikasies kan voorlê. Lees hier verder oor die pligte en vereistes. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 19 Augustus met diensaanvaarding so gou moontlik.
7. Alta du Toit Nasorg: Geregistreerde verpleegkundige/stafverpleegster
Die geskikte kandidaat moet onder meer aan die volgende vereistes voldoen: bewese ervaring in die verpleging van intellektueel gestremde persone, uitstekende probleem-oplossingsvaardighede, verpleegsorgvaardighede sowel as goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede. Klik hier vir meer en doen aansoek teen 19 Augustus.
Logo
8. Badisa Trio: Bellville en Kraaifontein
Maatskaplike hulpwerkers

Badisa Trio het twee voltydse betrekkings vir maatskaplike hulp-werkers. Voorsien 'n volledige CV voor 5 Augustus aan Karen Uys by karenuys@badisa.org.za. Skakel 084 482 5215 met navrae - klik hier om die volledige advertensie in PDF af te laai.
Logo
9. Ons Tuiste ACVV Dienstak - Suster-in-bevel
Ons Tuiste ACVV Dienstak het 'n vakature vir 'n Suster-in-bevel. Verantwoordelikhede sluit in die opstel van skofroosters, toesig-houding, opleiding  en bestuur van personeel en rapporteer aan die bestuurder. Doen aansoek teen 9 Aug. - klik hier om meer te lees.
TEN LAASTE
Ons staan dikwels verwonderd voor die oorweldigende omvang van die Godsgeskape natuurskoon. Soos winter-reëns in die Wes-Kaap val, begin die Namakwaland reeds regskud om te betower met sy lente blommeprag.  
Coenie De Villliers se Karoonag roep beelde en herinneringe op:
"Ruik jy katbos en kambro as dit reën in die Kleinkaroo..."
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.