Subscribe to our email list
 5 Augustus 2016

Beste Leser
SINODENUUS
1.  Sentrum vir Publieke Getuienis
ECCOC: Vir vrye en regverdige Verkiesing

Woensdag was Suid-Afrika so bevoorreg om as deel van ons demokratiese stemproses 'n groep mense vanuit godsdienstige groeperinge en die burgerlike samelewing te hê wat as lede van die Electoral Code of Conduct Observer Commission (ECCOC) by stemlokale optree.
Dit is 'n liggaam wat 'n sleutelrol speel om te help verseker dat die munisipale verkiesings vry en regverdig verloop. Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis en deel van ECCOC) het vroegoggend een van vier gebede vanuit verskillende goddienstige groeperinge by die IEC-sentrum in Century City waargeneem.
Die ECCOC-voorsitter en beskermheer, aartsbiskop Thabo Makgoba, verduidelik: "ECCOC works in conjunction with the Independent Electoral Commission and it aims to help create and maintain conditions in which elections run smoothly." Lees gerus meer.
Braam Hanekom doen gebed namens ECCOC
Braam Hanekom doen vroegoggend 'n gebed by die IEC-sentrum voor die verkiesing
Thabo Makgoba en Braam Hanekom
Aartsbiskop Thabo Makgoba en Braam Hanekom in Khayamandi
2. NGK Wes-Kaapland
Reglemente en Kerkorde beskikbaar

Die 2015-uitgawe van die Kerkorde en Reglementebundel van Wes-Kaapland is reeds op ons webwerf beskikbaar. Die gedrukte kopieë het ook pas gearriveer.
Daar is vir elke kerkkantoor en bevestigde predikant in 'n gemeente in die Wes-Kaap 'n gratis kopie beskikbaar. Dit kan afgehaal word by die NG Kerksentrum, De Langestraat 5, Bellville (Sanet), of by die Argiefkantoor, Stellenbosch (Collette).  
Help ons asb met die verspreiding van die bundels na alle verafgeleë gemeentes. As iemand van geleenthede weet wanneer kollegas na Bellville of Stellenbosch reis (bv vir die moderamenvergadering op 30 en 31 Augustus) en sodoende onnodige koste rondom posgeld kan help vermy, kontak asb vir Sanet by 021 957 7155 of skriba@kaapkerk.co.za

Addisionele kopieë is beskikbaar teen R40 elk, plus posgeld. Bestel dit per e-pos by  skriba@kaapkerk.co.za.  
Arbeidsbediening-logo
3. Arbeidsbediening 
Biblia Hawesending Mosselbaai
 
Dit is nou al byna 23 jaar dat Daniël Bruwer van Mosselbaai die seelui in die hawe daar met die evangelie bedien. Dit is ’n groot uitdaging om die geestelike behoeftes van geharde vissers en seemanne reg te hanteer en betekenisvol met hulle te kommunikeer. Lektuur van CLF en die Sendingpers in Bellville is vir Daniël van groot hulp, asook die volgehoue ondersteuning van die NGK Mosselbaai. Lees meer van Daniël se volhardende bediening by http://bit.ly/2awlU8s.
Run Alpha
4. Getuienisaksie: Alpha
“Equipping a generation to reach their generation”
Annalise Petersen, koördineerder van Alpha Wes-Kaap, laat weet: "Ons is so opgewonde dat Toby Flint, Alpha Film Series-gasheer van Alpha Internasionaal, saam met ons hierdie wonderlike geleentheid sal bywoon op 19 en 20 Augustus in Johannesburg, en op 26 en 27 Augustus in Kaapstad". Die koste is R150 per persoon en belangstellendes kan hier registreer. Kontak Annalise Petersen (087 752 4077) of besoek Alpha se webwerf
5. Seisoen van Menswaardigheid
Konferensie oor Restitusie: 9 en 10 November

Van Elize Morkel (Taakspan Menswaardigheid) ontvang ons hierdie belangrike nuus. Maak nou reeds 'n nota van hierdie konferensie, wat onder meer in samewerking met die Groote Kerk in Kaapstad aangebied word deur die Restitution Foundation, die Human Sciences Research Council en die Kasteel van Goeie Hoop. Rig navrae aan Deon Snyman by deon.snyman@telkomsa.net en lees hier meer.  
Restitution Conference
6. NIMSA - vir brugpastoraat
NIMSA, die Nasionale Brugbedieningsorganisasie, hou vanjaar sy jaarlikse konferensie vir brugpredikante op 24 en 25 Augustus by Communitas op Stellenbosch.  
Dit is ‘n byeenkoms vir reeds opgeleide brugpredikante, maar hulle nooi ook ander persone uit wat in die toekoms by brugbediening betrokke wil raak. Arnold Smith hanteer die tema: "Wat word gevra van leiers in ons tyd" en Heerden van Niekerk gesels oor: "Geestelike leierskap vir gemeentes en die Kerk". Andrie Killian sal 'n verhaal uit 'n vorige brugskap en praktiese ervaring deel. Inskrywings sluit op Vrydag 21 Augustus 2016. Kontak Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za vir meer inligting.
7. VBO: Bou jou eie pizza vir musiekbediening!
Sommige pizza-plekke laat jou toe om jou eie pizza te bou, want verskillende mense het verskillende smake.
Musiekbediening werk dieselfde: sommige gemeentes hou nie van dromme nie, terwyl ander nie kan sing sonder techno-klanke nie. En wat van gemeentes wat nie ’n orkes het nie?
Kom woon hierdie kursus, aangebied deur Faani Engelbrecht en Nico Simpson, op 25 Augustus 2016 in Wellington by: Bou jou eie pizza –  Gemeentehulpmiddels vir musiekbediening. Meer inligting oor die inhoud, sowel as die inskryfvorm is hierby aangeheg. Reageer voor 16 Augustus. Let wel: daar is slegs vir 10 persone plek! 
Faani en Nico
8. VBO: Spirituele Intelligensie
Deon Bruwer (PSD: Pastoraat) bring weer die programme van Brian Draper oor Spiritual Intelligence wat olv André Kilian tussen 19 en 23 September plaasvind onder belangstellendes se aandag. (Die VBO-kantoor het reeds inligting hieroor uitgestuur.)
LW: Dag 2, wat spesifiek gemik is op predikante en pastors, dra vier VBO-punte, en die Retreat van dag 5 dra ses VBO-punte.
Belangstellendes kan meer lees by http://shifthappens.org.za/events/. Klik op die spesifieke datum/geleentheid en skryf ook op die webwerf in. 
Brain Draper en Andre Killian
Brian Draper en Andre Killian
ALGEMEEN
1. Ring van Oudtshoorn kuier saam
Op besoek aan die Ring van Oudtshoorn vroeër die week het Gielie Loubser (PSD: Gemeentebegeleiding) en Bossie Minnaar (saakgelastigde) ook die geleentheid gehad om met 'n goeie koppie koffie in die hand saam met die predikante te ontspan. Seën vir julle verdere nadenke oor 'n volhoubare bediening, kollegas!
Ring van Oudtshoorn ontspan
Vlnr Gielie Loubser (Gemeentebegeleiding), Gerhard van Tonder, Wilmar Matthee, Jan Marais, Hennie van Loggerenberg en Jannie Fourie ontspan in Beans about Coffee
Mark Braverman
2. Beyers Naudé Sentrum: Openbare Lesing
Mark Braverman oor Profetiese Ekklesiologie

A prophetic ecclesiology for the present Kairos: Status Confessionis for the Global Church, word op Woensdag 10 Augustus om 18:00-19:30 in die kapel van die Fakulteit Teologie op Stellenbosch deur dr Mark Braverman (Programdirekteur: Kairos USA) aangebied. Meer oor die lesing is onderaan en alle belangstellendes is
welkom. Bespreek voor 5 Augustus per e-pos by maritasnyman@sun.ac.za.
Ramot Jaarvergadering
4. Algemene Jaarvergadering, Huis Zonnekus
Op Woensdag, 24 Augustus om 18:00 vind Huis Zonnekus se Algemene Jaarvergadering plaas. RSVP by Kim-Lynn voor 17 Augustus (021 552 2074 of info@huiszonnekus.co.za). Lees hier vir meer inligting.
Kerkgeboue van SA
5. Kerkgeboue op Facebook
Twee interessante Facebook-bladsye oor kerkgeboue en plekke van aanbidding is:
- Kerkgeboue van Suid-Afrika (klik hier), en
- South African Places of Worship (klik hier).
Op eersgenoemde word daar dikwels baie interessante agtergrondgegewens oor kerkgeboue, gemeentes en selfs ook ander wetenswaardighede gee. Van die plasings oor beide die kerk se sonderlinge en ook mees gewone mense lees tog te lekker. Klik bv hier om te lees hoe Graaff-Reinet se eerste kerkgebou afgebrand het.
Die tweede blad se skopus is uiteraard wyer, en foto's van ander godsdienste se plekke van aanbidding word ook geplaas.
Beide vier die besondere erfenis wat godsdienstige geboue in Suid-Afrika verteenwoordig. (Met dank aan Danie Mouton in Grens.Pos van 28 Julie 2016)
5.1 NG Hartbeesspruit-Queenswood: Spesiale geskiedenis!
Diegene wat belangstel in die geskiedenis van die NG Kerk-familie se pragtige kerkgeboue, mag dit geniet om hier meer te lees van die NG Gemeente Hartbeesspruit-Queenswood in Pretoria se verhaal. Dit is 'n pragtige ou kerkgebou van klip (vandaar die benaming "Klipkerk") en vandag is hierdie kerkterrein die tuiste van die NG Kerk Algemene Sinode se kantore. 
Binne Klipkerk Klipkerk se orrel Klipkerk binne
Aartsbiskop Desmond Tutu
6. Aartsbiskop Tutu: What the world needs
"You and I, and everyone else, were born with the same purpose: for love, for goodness and for one another." So skryf aartsbiskop Demond Tutu in 'n brief aan 'n pasgebore dogtertjie aan die ander kant van die wêreld.
Die brief, wat deur die Desmond and Leah Tutu Foundation as outentiek bevestig is, het intussen wêreldwyd opslae gemaak. Lees die berig op News24 hier. (Foto en berig: met dank aan News24)
Kaleidoscope-logo
7. Stemdag
Spesiaal vir Kaleidoskoop-inwoners

Woensdag was stemdag. In Worcester is daar Maandag ook vir ongeveer 100 blinde inwoners voorsiening gemaak om deur middel van spesiale stemming aan die verkiesing deel te neem. Hiervoor is 'n spesiale stemlokaal in die saal van Kaleidoskoop (voorheen bekend as die Instituut vir Blindes, en 'n Badisa-program) ingerig. 
"The Electoral Commission of SA (IEC) uses a universal ballot template to accommodate the blind. It is a voting aid made of hard, black plastic into which the ballot paper is inserted. According to the IEC’s website, the right front side of the template has a flap with cut-out windows numbered in Braille and in large, raised white print." Lees gerus hier verder. (Met dank aan News24)
Olimpiese Spele Rio 2016
8. Olimpiese Spele
8.1 Alles nie net spele(tjies!)

"The Olympic Games bring people together across nations, faiths and backgrounds.
Whether it was ever intended to be or not, the festive competition may just be the largest interfaith gathering in the world. More than 10,000 athletes from over 200 countries will compete in the Rio 2016 Olympics.
With such a turnout, the Olympic committee is preparing for a high demand on spiritual resources. To satisfy that need, Olympic and Paralympic Village feature a multi-faith center with chaplains and prayer spaces representing Christianity, Islam, Hinduism, Buddhism and Judaism." Lees hier meer, met dank oorgeneem uit The Huffington Post van 27 Julie.
Olimpiese Spele
8.2 Vlugtelinge-span in Spele
Om die kollig behoorlik op die wêreldwye vlugteling-krisis te plaas, sal 'n span bestaande uit vlugtelinge vanjaar vir die eerste maal aan die Olimpiese Spele in Rio deelneem. Die World Council of Churches (WCC) ondersteun hierdie veldtog en met die NG Kerk-familie se fokus op menswaardigheid is dit iets waarvan hier ook kennis geneem kan word. 
Lees aangeheg meer oor die span, wat vóór die gasheerland, Brasilië, sal stap in die openingseremonie. (Met erkenning aan www.olympics.org). Thomas Bach, IOC-president, beskryf die motivering rondom die deelname van hierdie vlugteling-span soos volg:
Vlugteling-span na Spele
Dr Ockert Meyer
GEMEENTENUUS
NG Gemeente Durbanville 190 Jaar Oud
Eerskomende naweek vier die NG Gemeente Durbanville sy 190ste verjaarsdag.
Lees hier die geskiedenis van hoe Durbanville sy ontstaan gehad het toe 'n paar boere byna twee eeue gelede 'n versoek aan Goewerneur Charles Somerset gerig het vir 'n eie gemeente.
Op Sondag 7 Augustus word hierdie besondere verjaardag feestelik gevier. Alle gemeentelede, oud-gemeentelede en ander belangstellendes word vriendelik na die erediens die oggend om 09:00 uitgenooi (klik hier).
Die diens word gelei deur ‘n oud-leraar, dr Ockert Meyer, wat al die pad van Australië hier is vir die geleentheid.
Seënwense aan André van Wyk, Tinus van Zyl en Rian Verster (predikante), saam met die kerkraad, personeel en elke lidmaat!
NG Kerk Durbanville 1917
NG Durbanville 2016
NG Kerk Durbanville 2016
Twitter Facebook YouTube
EKOLOGIE
1. Die storie agter die WWF-logo
Hierdie wit en swart panda is wêreldwyd seker een van die mees herkenbare logo's, maar waar kom dit vandaan? 'n Reuse-panda, Chi-Chi, wat in 1961 (die WWF se stigtingsjaar) na die Londen dieretuin toe gebring is, was die inspirasie.  Die stigters van die WWF het saamgestem dat 'n sterk, herkenbare simbool gekies moet word wat alle taalgrense oorbrug. Gerald Watterson, Britse omgewingsdeskundige, het die eerste sketse gemaak. Op grond hiervan het Sir Peter Scott, een van die WWF-stigters, die eerste logo geteken en gesê: "We wanted an animal that is beautiful, is endangered, and one loved by many people in the world for its appealing qualities. We also wanted an animal that had an impact in black and white to save money on printing costs". Op hierdie manier is daar met iets so eenvoudig soos die kies van 'n logo aan die bewaring van die natuur gedink vir dekades vorentoe! 

Bron:  http://wwf.panda.org/who_we_are/history/
Fietsry
2. Snelweg vir fietse!
Dink net: 'n snelweg uitsluitlik vir fietse! Dis dalk net die Duitsers, met hulle presisie, wat dit so netjies kan doen om tien stede deur 'n snelweg van 62 myl (ongeveer 99km) te verbind! "The goal? To take some 50,000 vehicles off the actual highways and make commuting by bike a much easier - and safer - proposition." Belangstellendes kan hier lees.
Kyk gerus ook na die video om te sien hoe trap sowat 3 miljoen fietsers in die vars lug! (Met dank aan www.ecowatch.com)
PUBLIKASIES
1. Bybel-Media: Twee kraakvars Bybelstudiegidse én Kerkbode
Hans Steyn stuur oudergewoonte nuus vanaf ons mediavennoot, Bybel-Media.
Vir meer inligting en bestellings, kontak Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook www.bybelmedia.org.za.
Beelde van die koninkryk
Beelde van Koninkryk
Hans Steyn Bybel-Media
Hans Steyn
Gereed vir die koninkryk
Gereed vir Koninkryk
1.1 Kerkbode van 5 Augustus 2016
Lees in die jongste uitgawe ...

... hoe bejaardes in die middestad van Pretoria nie net ontvangers van hulp is nie, maar ook gewers daarvan word. 

Daar is die verhaal van die NG Gemeente Kloofendal aan die Wes-Rand wat dissipelskap in aksie laat oorgaan, 'n reaksie van ’n gay lidmaat van die NG Kerk op besluite en debatte van die kerk oor gay-seksualiteit, en 'n verhaal oor hoe God se liefde kom in die vorm van chicken a la King

Lees ook oor die nuwe been van die Pelgrimstog van Hoop, oor hoe die doop op Stellenbosch lewendig gehou word in lidmate se gemoedere, oor die Christelike Lektuurfonds, en Atlete vir Christus.

"Die helende Jesus" (soos in die onderstaande skets oudergewoonte treffend uitgebeeld deur Nico Simpson), fokus op 'n genesende manier van leef. Klik hier.
Die helende Jesus
CLF-logo
2. CFL bied hoop in Vrouemaand
Augustus is die maand wanneer ons vroue vier, met 'n spesiale dag hiervoor opsygesit. Die vroue in ons land was nog altyd die troosters, versorgers en planmakers, maar wie ondersteun en dra húlle? Christelike Lektuurfonds (CLF) daag gemeentes uit om gedurende vanjaar se Vrouemaand op verskillende maniere hoop te bring aan die vroue om ons met hierdie kreatiewe idees. CLF vra ook dat gemeentes hul vrouemaand-uitreike en foto’s sal deel op hul Facebook-blad.
Vir meer inligting of bestellings, besoek www.clf.co.za, stuur ’n e-pos aan info@clf.co.za of skakel hulle by 021 873 6964. Onder is enkele voorbeelde van CLF se Vrouemaand-
publikasies.
CLF-publikasies
KUIERKANS
Klik onder vir nuus oor markte en feeste! Hou ook die sinode se Facebook dop. 
1. Alle Bergfietsryers, welkom!
"Huis Mostertshoek
hou hulle jaarlikse MTB op 13 Augustus 2016. Alle fondse gaan na Huis Mostershoek en dit  is reeds die agste MTB wat ons reël." So skryf die bestuurder, Flip Erasmus, uit Wolseley. Lees gerus hier vir meer inligting.
Huis Mostertshoek is 'n program van Badisa, die NG Wes-Kaapland en VGK Kaapland se gesamentlike bedieningsaksie. 
Erinvale
2. CLF Gholdag 21 September
CLF bied op 21 September 'n gholfdag aan op een van die mooiste gholfbane ter wêreld - Erinvale. Die alombekende Wikus van der Merwe is die spesiale gas vir die dag.
Lees hier oor die verskillende opsies wat beskikbaar is vir borge en spelers, en klik hier vir die inskrywingsvorm.
Kuilsrivier Gholfklub
3. VGKSA Gholfdag 15 September
Nog 'n gholfdag wat entoesiaste beslis kan aanteken, is dié van die VGKSA op 15 September 2016 by die bekende Kuilsrivier Gholfklub.
Dié dag vind plaas ter ondersteuning van die beursfonds vir die opleiding van VGKSA teologiese studente. Kry die inskrywingsvorm hier, en meer inligting vanaf dr Natie Philander (van die VGKSA Kuratorium) in sy aangehegte brief.
Songs of Praise
Songs of Praise
7 Augustus 2016
NG Laingsburg en Strooidak Winterfees
Laingsburg-Strooidak Winterfees
5 Augustus 2016
Leipoldtville Kuier
Leidpoldtville Kuier 
6 Augustus 2016
Jy is Vrou-advertensie
CLF-Vrouefees
8 Augustus 2016
NG Gemeente Laingsburg
VAKATURES
1. NG Gemeente Laingsburg: Leraarspos

Laingsburg is in die Karoo geleë tussen Worcester en Beaufort-Wes met die N1-snelweg wat deur die dorp loop. Dis 'n plattelandse dorp met 'n uitgestrekte boerderygemeenskap.
Hier is tans 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Meer oor die leraarsprofiel, vergoeding en aansoekproses is onderaan. Reageer voor 7 September. 
2. Badisa Huis Zonnekus
Geregistreerde Verpleegkundige

Huis Zonnekus in Milnerton is 'n tehuis vir ouer persone en 'n diens van Badisa. Aansoeke van verantwoordelike en gemotiveerde persone met geriatriese ondervinding word voor 15 Augustus vir die bogenoemde betrekking as geregistreerde verpleegkundige (suster in bevel) ingewag. Klik hier.
Kerkbode-logo
Vakatures op e-Kerkbode
Inligting oor vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Klik hier vir die jongste inligting.

As jy wil saampraat oor wat in die NG Kerk - en breër kerklike omgewing - gebeur, teken in om e-Kerkbode te ontvang. 
Elna Mouton
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Elna Mouton
Eerskomende Dinsdag (9 Aug) word Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika mondig. 'n Goeie oomblik om bestek op te neem: Wat het ons gebaat, wat motiveer ons om oor die waardigheid van vroue te blý nadink, en wat bly nog oor op ons lysie? Sekerlik het ons 'n groter bewussyn ontwikkel van mede-mense rondom ons. Strukture, praktyke en taal is in die proses aangepas – óók ons Godstaal!

Met al die goeie wat ons mag opnoem, bly die lakmoestoets egter: Hoe ervaar vroue dit alles? Dalk sou ons die woorde van die Afro-Amerikaanse digter Maya Angelou in gedagte kon hou as ons in hierdie dae ons (ou)ma’s, vroue, dogters én huishulpe se bydrae in ons land gedenk: “I’ve learned that people will forget what you said and what you did, but they will never forget how you made them feel.”
* * *
Elna Mouton is professor in Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch. Sy is ook mederedakteur van die wenboek van die 2016 Andrew Murray-Desmond Tutuprys. Meer oor hierdie merkwaardige vrou, wie se pad via Stellenbosch en die Hugenote Kollege op Wellington na die Oos-Kaap gelei het, is te lese in die aangehegte berig in e-Kerkbode van 26 Mei 2016. 
Herfsblaar
Ps 127 - 'n Uittreksel
Wagter op ons stad se mure, bevry ons asseblief ook
van die reddelose tevergeefsheid van alle nuwe vrese.
Keer ons oë weg van onsself en ons eie klein kommer
en rig dit dan op U, die gewer, van wie ons hulp kom.
Dra ons op u hande, en ons belange op u hart.
Druk ons teen u bors, maak ons rustig.
En maak ons asseblief sonder sug aan die slaap.
Sodat ons teen wakker-word-tyd opnuut sal leer
hoe U ons toe alles gegee het wat u hart begeer.
- Barend Vos uit Die Ewigheid in my Hart
Vriendelike groete - en 'n spesiale langnaweek vir diegene wat so gelukkig is.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za