Lees deur internet, klik hier >>
30 Junie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
I pray to God - my life a prayer - 
and wait for what he’ll say and do.
My life’s on the line before God, my Lord,
waiting and watching till morning,
waiting and watching till morning.
SINODENUUS
1. Suid-Kaapse brande: Gemeentes vertel
1.1 NG Gemeente Plettenbergbaai
Uit Plettenbergbaai vertel Willie Smith, predikant in die Suiderkruis-wyksgemeente, hoe hulle met groot oorleg werk om skenkings en noodfondse aan te wend.
Hy beklemtoon dat hulle gemeente 'n komitee het wat saam besluite neem om die grootste behoeftes te identifiseer. Niks word vermors nie. Die noodfondse word tans gebruik vir die aankoop van voorrade wat mense normaalweg nie as skenkings sal stuur nie. Lees hier verder - daar is ook wonderlike getuienisse om te deel.
Ons vra dat gemeentes steeds getrou vir hierdie kollegas en gemeenskappe sal bid, sodat hulle kan volhou om lig en sout te wees ...

Plett - warm musse en serpe
Sorg en evangelisasie
Voertrokke
Voertrokke bring uitkoms
Knysna Leef sy Liefde
1.2 NG Gemeente Knysna
Eugene Barnard (predikant in Knysna) vertel (klik onder vir die video) van die hantering van skenkings, sowel as finansiële uitbetalings aan diegene wat op een of ander manier deur die brande geraak is. Luister gerus hoe hy verduidelik - en oorweeg asb hoe jy betrokke kan raak by hierdie groot poging.
Klik hier vir inligting oor die huidige stand van die rampfonds.
Eugene Barnard van Knysna vertel
Gee
1.3 'n  Gemeente Getuig
"Ons glo Matteus 6:33 geld nie net vir die individu nie, maar ook vir gemeentes: 'Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.' 
Wanneer ons 'n oorskot het, soek ons waar ons God sien werk, of waar daar nood is, of waar ons ervaar die Here ons lei om te gee, en deel dan die fondse uit." So verduidelik 'n Wes-Kaapse gemeente hulle ruim bydrae tot die sinode se rampfonds. Lees gerus die volledige getuienis. Nogmaals dankie vir elke bydrae, klein en groot.
Elize Morkel en Melanie Thirion
2. World Communion of Reformed Churches
Uit Leipzig in Duitsland laat weet Melanie Thirion: "Die tema van die WCRC se General Council is 'Living God renew and transform us'.
Die vroue se  voorafkonferensie het dié tema aangepas na 'Living God – in a world of violence – renew and transform us.'
Die afgevaardigdes was van Maandagoggend 26 Junie af besig om saam met vroue, van alle kontinente en tale, te luister na die onreg en geweld teenoor vroue en kinders wêreldwyd en ook in die kerk. Die uitkoms van die byeenkoms is 'n sterk verklaring en aanbevelings wat voor die General Council gaan dien in die komende week. 
Ons seënwense aan almal wat ons daar verteenwoordig.
Liesl Rabie
3. Argief lig die Hoed vir Liesl
Aan die einde van Junie 2017 groet ons vir Liesl Rabie. Sy was sedert 1 Januarie 2016 die hoofargivaris van die NG Kerk in SA se kerkargief op Stellenbosch en iemand wat met ’n besondere aanslag waarde tot die kerk se argivale dienste toegevoeg het. 
Liesl beoog om ’n eie besigheid, wat fokus op die praktykadministrasie van sielkundiges, op die been te bring. Sy sien uit na die groter vryheid ten opsigte van haar tydsbesteding wat so ’n nuwe geleentheid haar bied.
Lees onder meer hoe die argiefpersoneel (foto onder) Liesl sal onthou. Liesl, mag jou nuwe paaie spesiale oomblikke vol LEWE inhou!
Argiefpersoneel
Vlnr Isabel Murray, Susan Marais, Karen Minnaar, Liesl Rabie,
Collette de Wet, JuliaDaniels
Logo
4. Badisa se Kaleidoskoop:
Herstrukturering vir effektiewe Dienslewering

In 'n tyd van bepaalde uitdagings én nuwe vooruitsigte, nooi Kaleidoskoop (die voormalige Instituut vir Blindes) hulle donateurs en vennote om met hulle hande te vat. Groot finansiële uitdagings het tans veral 'n impak op hul dienslewering en volhoubaarheid. 'n Herstruktureringskomitee is pas aangestel om aandag aan die finansies en die bestuur van Kaleidoskoop te gee. Lees die mediaverklaring hier
ALGEMEEN
1. Global Institute of Theology
Jong SA teoloë besin saam in Duitsland

As PhD-kandidaat (Nuwe Testament) aan die US, is Nina Müller van Velden een van ses Suid-Afrikaanse studente wat tans in Duitsland aan die GIT deelneem. 
“Dit is bemoedigend om te ervaar dat, ten spyte van ongelooflike diversiteit in ons Gereformeerde familie, ons ten diepste voor dieselfde uitdagings staan. Ons vra dieselfde vrae:  Lééf ons ons belydenis in die Lewende God Drie-Enig? Maak ons aanspraak op 'n Gereformeerde (en reformerende) identiteit 'n betekenisvolle verskil in ons wêreld? Lees ons ons kontekste met genoeg deernis en begrip, om profetiese stemme te midde van ongeregtighede te wees?”
Lees gerus hier verder. Ons deel meer inligting en foto’s deurgaans op die sinode se Facebook en Twitter. Die hutsmerk #ref2017 word gebruik om inligting te deel.
GIT - SA-groepfoto
Vlnr: Katleho Mokoena (VGKSA/UP), Doret Niemandt (NGK/UP), Monyane Ntai (VGKSA/UP), Nina Müller van Velden (NGK/US), Nobuhle Mbata (UPCSA/US), Marco Koch (NGK/UP)
2. WCRC: Harde werk agter die Skerms!
Enigeen wat al betrokke was by die logistiek en administrasie van 'n groot konferensie of sinodesitting sal weet watter harde werk agter die skerms gebeur om alles vlot te laat verloop. Die organisasie rondom die vergadering van die World Communion of Reformed Churches, wat tans in Duitsland hulle General Council het, is ook geen geringe taak nie. 
En kyk nou net: toe lede van ons afgevaardigdes in Duitsland arriveer, word hulle so ewe deur bekende gesigte (Marnus en Angelique Havenga van Stellenbosch) verwelkom as deel van die groep "stewards" (foto's onder). Lees hier meer
Louis van der Riet, Angelique en Marnus Havenga
Louis van der Riet, Angelique en
Marnus Havenga
WCRC Stewards
Die "stewards" van die WCRC 
reg vir hardloop en organiseer!
Hof
3. Hofuitspraak oor Godsdiens in Skole
Die hooggeregshof in Johannesburg het op Woensdag 28 Junie 2017 uitspraak gelewer in die hofsaak oor godsdiens in openbare skole.

"Die Sinodale Taakspan Leer en Aktuele Sake (STLAS) en die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) het 
kennis geneem van die hofuitspraak oor godsdiensonderrig in skole. Uit verskeie nuusberigte wil dit voorkom of daar verskillende interpretasies aan die uitspraak geheg word of kan word. Ons sal die uitspraak graag self wil bestudeer en daarna op gepaste wyse reageer," laat weet Heerden van Niekerk (STLAS-voorsitter) en Braam Hanekom (SPG). 
Nadia Marais
4. WCRC se Lombard-prys aan Nadia Marais
Met haar essay "Refugees, Strangers, Aliens? Reformation as a cry for life" het Nadia Marais, dosent in sistematiese teologie aan die Fakulteit Teologie, US, pas die tweede prys in die Lombard Essay-kompetisie van die World Communion of Reformed Churches (WCRC) gewen.
Teoloë (30 of jonger) van oor die wêreld ding mee om dié prys, wat teologiese werk in die tradisie van die Gereformeerde denkrigting aanmoedig – werk wat elemente van geloof en teologie in verband bring met geregtigheid en vrede. 
Die WCRC het Nadia ook as spreker genooi om op ’n vrouepaneel (bestaande uit drie vroueteoloë) te dien wat in Leipzig, Duitsland gaan reageer op Jürgen Moltmann (hoofspreker) se toespraak op Vrydag 30 Junie. Hartlik geluk, Nadia!
Proff Van Huyssteen en Durand
Proff Wentzel van Huyssteen en Jaap Durand 
5. Theological Society of SA:
Wentzel van Huyssteen Vereer

’n Vereringsgeleentheid is op 23 Junie tydens die jaarlikse TSSA-konferensie (Theological Society of South Africa) gehou vir prof Wentzel van Huyssteen, Buitengewone Professor by Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, en James I. McCord, Professor of Theology and Science Emeritus, Princeton Theological Seminary.
Sy nuutste Festschrift, Human Origins and the Image of God: Essays in Honor of J. Wentzel van Huyssteen is ook bekend- gestel. Prof Danie Veldsman was die spreker. Baie geluk!
Lidmate hernu beloftes
Lidmate hernu beloftes
GEMEENTENUUS
1. 
HoutbaaiGemeente:
Oog op Sending en Uitreike

Op 11 Junie het die "Jesus vir Ander deur Ons" (JAO)-bediening van Houtbaai-Gemeente hulle jaarlikse groot Geloofs-offerfees gehou. Lidmate kon hulle beloftes hernu om met God se genade die sendingaksie finansieel en in gebed te ondersteun. Hierdie aksie van die gemeente stel hulle in staat om sendelinge en uitreike in Houtbaai en die wêreld oor te ondersteun.
Lees hier meer.
Skoolwapen
2. Stellenbosch-Noord ontvang Ou Hoër-koor
Die koor van die Hoërskool Rustenburg (alom bekend as Ou Hoër), wat vanjaar 95 jaar oud is, toer gedurende die Julie-vakansie in die Kaap. Hulle tree tydens die oggenddiens van 9 Julie om 09:00 by die NG Gemeente Stellenbosch-Noord in Ds Bothastraat op. Die koor het 'n lekker lewendige program en staan onder leiding van Ralf Schmitt. Die begeleidende orkes sluit 'n klavier, 'n stel tromme en 'n baskitaar in. Klik hier.
Vredelust Gesinsnaweek
Leon en Sara
PREDIKANTENUUS
1. Leon en Sara Fouché: Nuwe ritme in Jeffreysbaai
Leon Fouché emeriteer op 30 Junie nadat hy vanaf 28 Februarie 1988 leraar in die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen was (en vooraf in die NG Gemeente Knysna) - 'n geseënde tyd in die bediening! Leon het sy akte van demissie by emeritaat reeds vroeër ontvang en het sy afskeidspreek op So 25 Junie gelewer. Hy vertel dat hy hom voortaan met presies dieselfde dinge as tot nou gaan besig hou, "net onder my eie dak, veral in my 'eie kamertjie' en langs die see van Jeffreysbaai ..."  Baie seën word julle toegewens, Leon en Sara!
Geniet hierdie spesiale foto onder van Leon en Sara uit die Polumnia – met hulle geliefde kat, Maher-Shalal-Gash-Bash, die naam van Jesaja se een seun, wat beteken “Plunder-en-Roof-is-Naby” (Jes. 8). :-)
Leon, Sara en kat
Andrew Esterhuizen
2.1 Communitas groet Andrew Esterhuizen
Andrew Esterhuizen, sedert Junie 1991 predikant in die VGKSA Kraaifontein, emeriteer op 30 Junie 2017 nadat hy in 1980 as predikant in die NGSK Saldanha begin werk het.
“Ek het die afgelope 11-plus jaar vir Andrew as ’n hoogs gewaardeerde kollega by Buvton/Communitas leer ken waar ons baie vergaderings, gesprekke en navorsingsessies gehad het in ons soeke om die predikante van die VG Kerk en NG Kerk beter toe te rus en te versorg. Andrew is ’n man uit een stuk.  Jy kan hom met jou lewe vertrou. En jy kan maar luister as hy sy mening oor ’n saak gee.” – So skryf Pierre Goosen, tot onlangs PSD: Predikantebegeleiding, oor sy kollega, Andrew Esterhuizen. Hier is meer.
Francis en Andrew Esterhuizen
2.2 Andrew: Avontuur in die Bediening!
"Die bediening was 'n avontuur. Vandat ek in Januarie 1980 in die NG Sendingkerk Saldanha begin het, het ek ervaar dat die bediening nie net gaan oor die gemeente nie, maar hoe God deur die gemeente in die wêreld, in ons konteks, teenwoordig is.
Die pad vorentoe is seker die grootste avontuur! Ek en wyle Johan Botha en baie ander voor en na ons, droom al vir jare oor die herstel van die eenheid van die familie van NG Kerke. Dit is byna onvoorstelbaar dat ek nou na aftrede uitgenooi word – deur 'n NG gemeente nogal – om te kom help om op gemeentevlak iets van die droom waar te maak." Lees hier hoe Andrew (op die foto saam met sy vrou, Francisskryf ...
Padpredikant
2.3 Uniek! Multi-kulturele Bediening in Touwsrivier
As deel van ’n spesiale verwikkeling is dit lekker om te berig dat Andrew Esterhuizen, (dan afgetrede VGK-predikant) op 1 Augustus in ’n kontrakpos in die NG Gemeente Touwsrivier begin.
Hierdie gemeente wil alle vorme van multi-kulturaliteit ondersoek om ’n volhoubare multi-kulturele christelike bediening op die dorp te vestig. Andrew se beskikbaarheid, met sy bepaalde ervaring by Communitas op die koop toe, is uiters gepas om die gemeente en gemeenskap te begelei in gesprekke oor verskillende bedienings-modelle. Ons besondere seënwense aan hom en eggenote Francis toegebid! (Let asb daarop dat sy intreepreek op So 23 Julie plaasvind.)
Burdens
3. Laaiplek word Hennie en Esté Burden se plek!
Dit is lekker om in die vreugde van die NG Gemeente Laaiplek te deel as hulle hierdie naweek vir Hennie en Esté Burden, saam met hul twee kinders (Henry en Annemi), ontvang.
Hennie word op Sondag 2 Julie in die gemeente bevestig. Lees gerus hoe hy (wat voorheen in George-Bergsig, Windhoek-Wes en Lutzville bedien het) oor sy pad in die bediening tot hiertoe skryf.
Viljoens
4. HoutbaaiGemeente
Welkom, Cornel en Alet Viljoen!

Ons is saam met HoutbaaiGemeente dankbaar: hulle ontvang hierdie naweek vir Cornel en Alet Viljoen, saam met hulle twee seuns (Pieter en Francois), in die gemeente.
Cornel was sedert Des 2011 in die NG Gemeente Doornpoort (deel van die Noordelike Sinode) en word op So 2 Julie hier in Houtbaai bevestig. Hy lewer dan ook sy intreepreek. Mag julle deur die warm Houtbaai en sy mense omvou word met hartlikheid en sorg! Julle is baie welkom in die Kaap!
EKOLOGIE
1. Eko-ervaringsgeleentheid in die Bosveld!
Jurgens de Jager (NG Witrivier) vertel van ’n spesiale ekologiese ervarings-geleentheid vir hoërskoolleerders gedurende die September-skoolvakansie (klik hier). Só wil hulle aan jongmense die geleentheid gee om meer bewus te word van die natuur en die bewaring daarvan. Dit is ook ’n lekker kans om die Struwig Eko-reservaat (in die groter Kruger Nasionale Park-omgewing) opnuut bekend te stel.  Spesiale tariewe vir ouers word aangebied! Die week word onder toesig van die NG Kerk, (een van die trustees betrokke by die Struwig-reservaat) en Die Voortrekkers aangebied.  
Struwig
Go Green Knysna
2. Help met Genesing na Brande
Hier is 'n gulde geleentheid vir VG en NG gemeentes dwarsoor die land om deel te neem aan die genesing van die omgewing na die verwoestende brande onlangs in die Suid-Kaap. 'n Nasionale Vergroeningsprojek is begin waarby individue en organisasies betrokke kan raak. Besoek Go Green Knysna op Facebook om te sien waar jy jou deel kan doen. (Met dank aan RSG se Saterdagoggendprogram met Derrich Gardner.)
3. Entoesiastiese Eko-taakspan
VrydagNuus het verlede week die Eko-taakspan bekendgestel. Die uitleef van God se liefde teenoor die natuur is deel van ons getuienistaak. Diegene wat hierdie visie deel en belangstel om meer oor hierdie entoesiastiese groep te weet, kan hier lees, terwyl die taakspan se uitgangspunt en leuse hieronder aangedui word.
Ekologietaakspanleuse
BEHOU DIE HUMOR
Grappie
Vrygemaak
PUBLIKASIES
CLF: Pamflette vir Morele Regenerasiemaand
Die Hervorming het 'n nuwe perspektief oor hulpverlening in die Skrif ontdek.  Ek help nie sodat ek beloon word nie.  Ek gee omdat ek vry is om te kan dien en ook omdat ek die beeld van God in ander kan raaksien. 
CLF stel maandeliks gratis Reformasie 500-pamflette beskikbaar in Afrikaans en Engels, wat ook van CLF se webwerf afgelaai kan word. Lees hier meer oor Julie se pamflet, "Vrygemaak... daarom gee ons om".

KUIERKANS
Klik onder vir meer inligting oor hierdie heerlike kuiergeleenthede!
Kuierkans
Kerkbode-logo
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende gedrukte Kerkbode verskyn op 28 Julie 2017.

Logo
1. Badisa vakatures
1.1 Badisa: Huis Uitsig – Maatskaplike Werker

Badisa se Huis Uitsig, ’n tehuis vir bejaardes in Parow-Noord, het ’n vakature vir ’n maatskaplike werker. Meer besonderhede is hier. Aansoeke sluit op 10 Julie.

1.2 Badisa: Kaleidoskoop – Uitvoerende Bestuurder
Kaleidoskoop (voorheen die Instituut vir Blindes) in Worcester is ’n program van Badisa en adverteer tans ’n pos vir ’n Interim Uitvoerende Bestuurder (18 maande vastetermyn-kontrak). Hierdie persoon sal vir ’n interimperiode verantwoordelik wees vir die effektiewe bestuur van die program, asook om strategiese en operasionele verandering te dryf. Let op die sluitingsdatum van 14 Julie 2017 en lees hier meer.

NG Vasco
2. NG Gemeente Vasco: Orrelis
Aansoeke word ingewag vir die pos van orrelis. Lees hier meer oor die vereiste vaardighede en ondervinding waaroor die geskikte kandidaat moet beskik. Aansoeke sluit 27 Julie. Vir navrae, kontak Johann Vos by 084 603 3525.

NG Velddrif
3. NG Gemeente Velddrif: Orrelis
Aansoeke word deur die NG Gemeente Velddrif ingewag vir die pos van orrelis.  Die orrelis is onder meer verantwoordelik vir die sang en musiek binne gemeenteverband, asook die kreatiewe uitbou van musiek en sang in die gemeente.  Die volledige pos- en taakbeskrywings sal tydens die onderhoud met persone op die kortlys bespreek word. Reageer voor 12:00 op 14 Julie – klik hier.

Frik Bosman
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Frik Bosman
Ek glo dat die Bybel deur God geïnspireer is. Daarom kan ek alles glo wat deur verskillende skrywers geskryf en daarin opgeneem is. Ek het verskillende teksgedeeltes deel van my mondering gemaak. Een daarvan is Gal 5:6b: "Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”
In die onlangse verlede het die brande in die Suid-Kaap ons aan die hart gegryp. Ons het kennis geneem van mense wat hulle lewens verloor het. Ons is daaraan herinner dat ons nie te veel waarde aan aardse besittings moet heg nie. Daarsonder kan ons egter ook nie maklik hier op die grond voortbestaan nie.

Mense het ander mense gehelp wat niks meer gehad het nie en so gestalte gegee aan een deel van ons opdrag: “ jy moet jou naaste liefhê soos jouself”. (Lev 1:18, Mat 19:19, 22:39, Mar 12:31, Luk 10:27, Rom 13:9, Gal 5:14, Jak 2:8).
***
Frik Bosman, lid van die Wes-Kaapse moderatuur, is gebore in Wepener en skryf ’n MScAgric in Voedingsleer agter sy naam. Hy is ’n entrepreneur en aktiewe NG-lidmaat oor jare. Tans is Frik onder meer as deel van NG Strooidak se “Monte Christo Miqlat” betrokke by die verskaffing van voedsame maaltye aan kinders in Drakenstein. Kontak hom by frik.w.bosman@gmail.com
Geen VN
Vakansie-groete tot die uitgawe van 28 Julie.

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.